Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Verskil
Re: 'n Verskil [boodskap #24778 is 'n antwoord op boodskap #24498] Di, 20 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Och. Nog een van hierdie soort Suid-Afrikaners
> wat spog hoe hard hulle werk. Ek het al agtergekom:
> die mense in SA wat nou spog dat hulle so hard werk,
> en so baie belasting moet betaal, ensovoorts,
> ensovoorts, is die mense wat maar in 'n lekker ou
> joppie gesit het voor 1994, en nou skielik in 'n
> nuwe wereld wakkerskrik. Die mense in SA wat hard
> gewerk het in die ou SA lyk dit my voel nie bedreig
> nie. En hulle kla nie. Nie een van my familie kla
> nie. Hulle het natuurlik ook nooit gedink dat hulle
> beter as nie-blanke mense was nie. Hulle harte was
> gedurig seer oor die godgegewe talent wat verlore
> gegaan het, en hulle swart broeders wat soos slawe
> moes werk om die goud en die diamante uit die grond
> uit te haal, en die plaaswerk te doen, en so aan en
> so aan. So ghoebaai, ou Krokie. (sien, daar is 'n
> tikfout.)
>
> Gloudina

Ag ou Gloutina

Soos ek al voorheen gesê het toe jy so uitbrei oor jou familie se
voortreflikhede - hulle het ook maar lekker geskep toe dit pap gereent
het, nie waar nie? Die arme 'slawe' jammer gekry van hulle voorstoep
terwyl die vet van hulle kenne gedrup het! As jy my vra het jou
selektiewe geheue weer ingeskop.

Cheers
Lou
Re: 'n Verskil [boodskap #24779 is 'n antwoord op boodskap #24498] Di, 20 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> @igs.net wrote:
En hulle kla nie. Nie een van my familie kla

> Ag ou Gloutina
>
> Soos ek al voorheen gesê het toe jy so uitbrei oor jou familie se
> voortreflikhede - hulle het ook maar lekker geskep toe dit pap gereent
> het, nie waar nie? Die arme 'slawe' jammer gekry van hulle voorstoep
> terwyl die vet van hulle kenne gedrup het! As jy my vra het jou
> selektiewe geheue weer ingeskop.
>
> Cheers
> Lou

Die aksent hierbo, Lou, is op die alewige
geklaery. Dit is vir my opmerklik dat min
van my familie of skoonfamilie sit en kla
oor die huidige toestande in SA.( Daar is
een wat steen en been oor die poswese kla,
maar al die briewe en pakkette kom darem
gereeld aan. Die feit is, die poswese na
en van SA is nou vinniger as tien jaar
gelede.) En nie een van hulle wil emigreer
uit SA nie. En as CNN teveel negatiewe dinge
oor SA uitsaai, dan vertel my suster in
Pretoria ons om nie alles vir soetkoek op te
eet nie.Ek dink sy's bang ons dwing haar om
te emigreer!

Gloudina
Re: 'n Verskil [boodskap #24780 is 'n antwoord op boodskap #24759] Di, 20 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Haai Leendert,

Ek het vanoggend gou 'n paar stringe afgelaai, is 1600 plasings agter,
volgens die diensverskaffer. Ek kan nie anders as om jou geluk te wens met
jou uiters goed-nagevorsde artikels, en jou onverskrokke waagmoed om jou
opinies te lewer - selfs al vind baie mense dit uitputtend. Dis die balans
in 'n mal wereld wat noodsaaklik is.

Ek is so besig dat ek nie eers op die kantlyn kan rondsit nie, maar het
hierdie rondte artikels besonder baie geniet. Die nuusgroep het beslis 'n
paar lekker inspuitings gekry. Die humor is verfrissend.

Jou perspektief (weer eens met akkurate aanhalings) van " 'n sekere
deelnemer" se donker -en ligte kant wat jy meesterlik uit die kas uitgeruk
het, was uitstekend. Jy weet, ons geykte ou vriendin wie se irrelevante
geblabber oor 'n antieke Afrikanerskap nog net moet omval en stink - dit is
lankal dood.

Ek vryf so lank die beker vir jou blink. Jy verdien dit.

Natuurlike dink ek ook Royleen is briljant - selfs in die manier wat sy jou
hanteer:-)))))))))))))

Lekker dag vir almal.

Leendert van Oostrum wrote in article
...
>
> sb...@my-deja.com wrote in message ...
>>
>>
Re: 'n Verskil [boodskap #24782 is 'n antwoord op boodskap #24498] Di, 20 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
sb...  is tans af-lyn  sb...
Boodskappe: 9
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
dat dit huisvlieë was wat so byt, en nie deer flies of black flies nie.
> Nou waarsku ek jou maar net, Johan, die huisvlieë byt vreeslik
> op die see by Tobermory, erger as muskiete. Nie op die land nie,
> maar op die bote. Miskien is dit 'n spesiale soort huisvlieg wat daar
> in die Great Lakes ontwikkel het om te aas op die bloed van die
> toeriste.

Jy is reg, hulle but ontsettend. Dit regtig seer. Maar dit is nie huisvliee
nie. Ek dink hulle word "barnflies" genoem maar ek is nie seker nie. Hulle
byt juis op die water. Hulle pak jou beet as jy swem en sal sommer jou hand
gryp sodra jy hom bo die water uitsteek. Gelukkig is dit maklik om hulle te
klap, hulle is nie rats nie. Maar dan moet jy maar aanhoudend slaan en hande
afspeol... Die baie stekende en bytende insekte in Noord Amerika maak dit
regtig ondraaglik met tye, veral omdat dit so asemrowend mooi kan wees.

Ek het eenmaal op n rots gesit en lees. Dit was in die dae voordat ek geweet
het dat die goed so kan byt. Die blackflies het my so bygedam dat my hemp
oortrek was van die bloed. Mens voel hulle nie byt nie, jy sien net die gate
later in jou vel. Dan kom die groot pyn...

Billy.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Verskil [boodskap #24783 is 'n antwoord op boodskap #24498] Di, 20 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Griet" writes:

> Jou perspektief (weer eens met akkurate aanhalings) van " 'n sekere
> deelnemer" se donker -en ligte kant wat jy meesterlik uit die kas uitgeruk
> het, was uitstekend. Jy weet, ons geykte ou vriendin wie se irrelevante
> geblabber oor 'n antieke Afrikanerskap nog net moet omval en stink - dit is
> lankal dood.

O grote Griet, hier kom sy weer aan,
so oop en toe, oop en toe. Bad jy nog
met die geykte kerse en die geykte
blomme langs die geykte bad?

Tant Hessie.
Re: 'n Verskil [boodskap #24784 is 'n antwoord op boodskap #24498] Di, 20 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Jul 1999 15:41:46 GMT, wrote:

| Gelukkig is daar hierdie jaar nie baie muskiete nie. Die hittegolf
|wat ons vir omtrent 'n week in Maart of April gehad het, het seker hul
|larwes doodgemaak. En die droogte wat ons in die noordooste van
|Noord-Amerika het, help seker ook nie.
|
By ons dieselfde - 'n mens kan skemer maar buite wees sonder enige
aanvalle soos laas jaar hierdie tyd.

Ons het ook nog glad nie die honderde paddatjies op die grasperk soos
laasjaar nie. En ons dae is nou so lekker - ons probeer elke aand
wat ons program toelaat, iewers langs die mere of in die woude gaan
stap. Dis darem maar lekker dat dit selfs nou nog nege uur in die
aand lekker lig is.

Ek wonder hoe die herfs gaan wees - ons het verlede jaar 'n
buitengewone mooi herfs beleef, terwyl die ouens so vierhonderd myl
suid oos in Illinois se herfs nie so spectacular was nie. En ons 1997
herfs was ook nie wat wonders in vergelyking met verlede jaar nie.
Re: 'n Verskil [boodskap #24785 is 'n antwoord op boodskap #24759] Di, 20 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
sb...  is tans af-lyn  sb...
Boodskappe: 9
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
> Daar is 'n veel erger gevaar - dat ons wandade toeskryf aan "ons landgenote"
> wat hulle nie gepleeg het nie - dat "ons" wolf-wolf skreeu. Daardeur verloor
> "ons" legitimiteit - mense se ore gaan toe vir ons stem, en dan word ons nie
> gehoor wanneer 'n ware wolf verskyn nie.
>

Jy laat my dink aan die dae wat ons as kinders "wolf wolf hoe laat is dit?"
gespeel het. Ons het altyd histeries aan die skree en hardloop geraak as die
"wolf" omdraai en se dat dit etenstyd is... Nou maar Leendert, vertel my nou
mooi, wannner is dit, volgens jou, die wolf se etenstyd. En wie presies is
die wolf? Is daar ook net een wolf?

Ek sien n paar jakkalsies ook, maar ek wil graag hoor wat jy se.

Ek hoor dat jy diep dink oor die saak en soos n ekonomis en politiekus
besluite maak. Sien, ek kan dit nie doen nie. Want wat ek sien in die
"townships" is die kinders se oe. Die oe van die ou vrouens wat so hard werk
en so swaarkry. Dan is dit vir my moeilik om te vergeet dat ek as witmens
bygedra het tot hulle smart.

Natuurlik is ek nie blind vir die groter prentjie nie. Maar ons moet iewers
begin. Dan begin mens maar by jouself en jou mense.

> wat die seën wegdra van die kommentators wat CNN selekteer.
>
> Dit is van kardinale belang dat ons nie in die waan verval dat alles pais en
> vree is, dat die goeie geseëvier het en die bose vir altyd verslaan is, nou
> dat "apartheid" die onderspit gedelf het nie.
>

Nee ek dink nie dat die wa deur die drif is net omdat apartheid verby is nie.
Die land is n lewende organisme en ontwikkel elke dag. Ons hoef nie net
eenmaal die kiem hof te slaan nie. Dit is n groeiproses - soos alles maar
is.

blame-it-on-apartheid argument; dis die CNN-argument;

Ek kyk uiters min CNN. Het daarvoor nie tyd nie. Ek was eenmaal in n
vreeslike arm, agterlike plek in Botswana. Die stank en die hitte was
ondraaglik. Die bokke het gele en vrek van die honger en siektes en al die
kinders se magies was opgeswel van die parasiete. Maar daar was n TV en CNN
het dag en nag oor ons uitgebasuin. Dit was so siek dit spook nou nog by my.

> as ons weier om ook die teenargument aan te hoor: "Die townships is oor
> jare, as doelbewuste politieke beleid, deur ons huidige regering
> onregeerbaar gemaak. Dit het misdaad daar laat floreer. Wat nou oorspoel, is
> die onregeerbaarheid en daarmee saam die misdaad."
>
> Want as ons die huidige onregeerbaarheid op apartheid blameer sal die
> toekoms erger wees as die beweringe wat oor die verlede gemaak word.

Wat presies bedoel jy hier? Hoe kan die townships duer n regering
onregeerbaar gemaak wees as hulle nog nie bestaan het nie?

Ons moet kan onderskei tussen dinge wat werklik gebeur het,
> en die politiek korrekte persepsie van wat gebeur het.

En wie se opinie is die geldige een? Is dit nie die groot vraag nie? Talle
mense het apartheid beleef. Ons het almal verskillende opinies. Watter een
is reg? En wie het die reg om te besluit watter opinie gaan aanvaar word as
die absolute, op-skrif-gestelde- waarheid?

Jy sien, anders as Gloudina, is ek nie van oordeel dat die geldigheid van 'n
> stelling bepaal word deur die getal mense wat daarmee saamstem nie.
>

My opinies is myne en ek voel vere of dit my populer maak of nie. Ek is n
baie private, stil mens en het nie die goedkeuring van andere nodig om my
gang te gaan nie. Maar op een of ander punt moet mens met andere interaksies
he om die samelewing aan die gang te hou.

>
> Die feit is bloot dit: Ian Smith se Rhodesië het so 'n beleid gevolg. Ek
> dink SA is vandag in elke opsig in 'n veel beter toestand as die voormalige
> Rhodesië. Ek dink ook SA se toekoms is veel meer hoopvol as daardie land
> s'n. En ek is oortuig dat dit so is omdat Afrikaners "aan die mag vasgeklou
> het" totdat die omstandighede gunstig geword het vir verandering.
>

Ek is bly om dit te hoor. Wat nou in Zimbabwe aangaan stem my baie treurig.
Ek vrees ook vir SA se toekoms. Ek sien soveel woede dat dit my skrikmaak.
Ek dink nie ons is net besig met apartheidsgevolge nie, nee. Maar hoe kan n
mnes dit uit die prentjie sny en n gabalanseerde idee van Suid Afrika kry?
Ons het op die ou end met die menslike natuur te make. Ons almal s'n. Juis
daar le my punt. Ons is nie net statisiteke en tegnieke wat kan balanseer op
n kontrak nie. Ons speel nie skaak nie, hierdie is ons lewens, ons is almal
mens.

Billy.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Verskil [boodskap #24799 is 'n antwoord op boodskap #24498] Wo, 21 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> "Griet" writes:
>
>> Jou perspektief (weer eens met akkurate aanhalings) van " 'n sekere
>> deelnemer" se donker -en ligte kant wat jy meesterlik uit die kas uitgeruk
>> het, was uitstekend. Jy weet, ons geykte ou vriendin wie se irrelevante
>> geblabber oor 'n antieke Afrikanerskap nog net moet omval en stink - dit is
>> lankal dood.
>
> O grote Griet, hier kom sy weer aan,
> so oop en toe, oop en toe. Bad jy nog
> met die geykte kerse en die geykte
> blomme langs die geykte bad?
>
> Tant Hessie.
>

Hmmmm..... Die aasvoël beskou 'n bad as "geykte" praktyk.

Hoekom verbaas dit mens geensins nie?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Verskil [boodskap #24800 is 'n antwoord op boodskap #24498] Wo, 21 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> lou writes:
>
>> @igs.net wrote:
> En hulle kla nie. Nie een van my familie kla
>
>> Ag ou Gloutina
>>
>> Soos ek al voorheen gesê het toe jy so uitbrei oor jou familie se
>> voortreflikhede - hulle het ook maar lekker geskep toe dit pap gereent
>> het, nie waar nie? Die arme 'slawe' jammer gekry van hulle voorstoep
>> terwyl die vet van hulle kenne gedrup het! As jy my vra het jou
>> selektiewe geheue weer ingeskop.

Nah! - Sien, lou, ons het mos lankal verneem Gloudina is uit 'n stam
van aasvoëls.

Hulle het die vorige bedeling vir hul eie voordeel uitgebuit (volgens
Gloudina) en nou is hulle weer by die huidige heeremeesters ingekruip
sodat hulle kan aanhou uitbuit (ditto).

>>
>> Cheers
>> Lou
>
> Die aksent hierbo, Lou, is op die alewige
> geklaery. Dit is vir my opmerklik dat min
> van my familie of skoonfamilie sit en kla
> oor die huidige toestande in SA.

Natuurlik nie - hulle is reeds weer in die bottervat, volgens jou.

> ( Daar is
> een wat steen en been oor die poswese kla,
> maar al die briewe en pakkette kom darem
> gereeld aan. Die feit is, die poswese na
> en van SA is nou vinniger as tien jaar
> gelede.)

Nou waarom gebruik Insig, Leserskring, en selfs Reader's Digest dan
private verspreidingsnetwerke om hul pos te versprei? In Pretoria vind
hulle dit nodig om die goed by my huis te laat aflewer deur 'n antie
wat met haar kinders in haar ou stasiewa van deru tot deur ry eerder
as om dit aan die poskantoor toe te vertrou.

Sanlam het so pas sy aandeelhouers gevra om bankrekeningnommers te
verskaf om dividende in te betaal. Weens "diefstal en vertragings van
pos" wil hulle nie tjeks pos nie. Aldus Sanlam.

Die bewerings oor betroubaarheid is poskantoorpropaganda.

Wat ek nie ervaar nie. Desember het ek 'n hele besending uitgaande pos
verloor (omtrent 30 stukke) - dit het eenvoudig verdwyn. Dit het
verskeie boeke, ter waarde van 100de Rande ingesluit.

My bankstate (en die gewisselde tjeks) vir Februarie het verlede week
uit die bloute opgedaag - nadat ek die bank al gek gehad het met
navrae. Die posstempel toon dat dit gepos is toe die bank gesê het dis
gepos (in Maart).

Verlede maand het 'n belangrike en dringende posstuk teruggekom -
"adres onbekend". Die posstuk is teen hoë koste vir oornagpos -
toonbank-tot-deur ingedien. Ons het dieselfde posstuk, steeds in die
"express"-koevert, binne-in 'n ander koevert gesit, en weer gepos - na
dieselfde adres. Dit was vier dae later daar. (Hulle kon nie stry teen
die bewyse nie, en het die posgeld terugbetaal - maar die verlies as
gevolg van die vertraging sal hulle nie terugbetaal nie.)

> En nie een van hulle wil emigreer
> uit SA nie. En as CNN teveel negatiewe dinge
> oor SA uitsaai, dan vertel my suster in
> Pretoria ons om nie alles vir soetkoek op te
> eet nie.Ek dink sy's bang ons dwing haar om
> te emigreer!

Ah! CNN is nie te vertrou wanneer hy "teveel negatiewe dinge" oor die
Nuwe Suid-Afrika uitsaai nie.

Maar is wel te vertrou wanneer hy positiewe dinge daaroor uitsaai -
soos sy sanktifikasie van Mandela? Of negatiewe dinge oor die vorige
bedeling?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Verskil [boodskap #24801 is 'n antwoord op boodskap #24498] Wo, 21 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
sb...@my-deja.com wrote:


> Ek hoor dat jy diep dink oor die saak en soos n ekonomis en politiekus
> besluite maak. Sien, ek kan dit nie doen nie. Want wat ek sien in die
> "townships" is die kinders se oe. Die oe van die ou vrouens wat so hard werk
> en so swaarkry. Dan is dit vir my moeilik om te vergeet dat ek as witmens
> bygedra het tot hulle smart.
>

Jy weet Billy mens moet 'n keuse maak - ek was op 'n stadium in Malawi
om aan 'n projek te werk. Ek kon nie wag om daar uit te kom nie - die
meeste mense daar het nie 'n snowballs hope om ooit iewers te kom nie -
ek sou heeltemal depressief geraak het daar. Kon ek 'n verskil aan hulle
lewens maak - nie so dat jy sou agterkom nie. Selfde in SA - ons kan ons
klere skeur en as op ons koppe gooi oor apartheid (en moenie my
misverstaan nie - ek praat nie apartheid goed nie) maar wonder of dinge
werklik anders sou gewees het sonder apartheid. Sal ek soos die Anties
van die Black Sash elke nou en dan sop in die agtergeblewene gebiede
aflewer maar saans terug na Houghton (I wish) gaan om so bietjie te rus?
Die normale man op die straat het te veel om hom oor te bekommer - soos
om nie self in die strata te land nie - om nog oor ander se probleme te
tob.
Re: 'n Verskil [boodskap #24802 is 'n antwoord op boodskap #24498] Wo, 21 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> Leendert van Oostrum writes:
>
>> a) Swaarkry is nie beperk tot townships nie. Ek is oortuig daarvan dat,
>> as jy Gloudina se oë kon sien, jy sou skrik van die swaarkry wat jy
>> sien.
>
> Ek breek my besluit om jou te ignoreer,
> Leendert, nou hierdie eenkeer, net om
> vir jou nou vir die laaste maal te vra
> om my uit jou geskrifte uit te laat.

Ag nee, wat, ou aasvoël! Jy breek nie jou besluit nie. Jy sal jou rug
breek om my by te kom!

Want so lank as wat jy lees wat ek skryf, sal jy reageer. Ek ken jou te
goed, sien. Ek weet net wat om te sê om jou te laat vibreer!

> Dis
> jy wat die ikone uitspoeg, en jy het my
> nou tot ikoon verhef. Tel die aantal kere
> wat jy my naam noem in skrywe na skrywe.
> Ek dink dis 'n neurose. Gaan soek hiervoor
> professionele hulp.

Nee, nee. Jy verstaan verkeerd. In jou het ek 'n live, kicking monster
gekry van 'n anti-apartheidsaktivis. Soos die nare ou Deense vroutjie
wat my eenkeer op 'n eilandbus in Griekeland met haar vuiste toegetakel
het. Al wat sy van my geweet het, was dat ek van SA kom. As sy nog mooi
was, was dit dalk plesierig.

Maar ek het nou so 'n groot monster van jou, ek kan vyf jaar lank
ontleed daaraan. En al die tyd sal ek kommentaar hê op die nuusgroep.

Analise is lekker, sien!

> Daar moet sielkundiges
> in SA wees wat mense kan help wat post-
> apartheid sindroom het.
>
> Terloops, as jy in my o"e kan kyk, sal jy
> heelwaarskynlik sien dat ek 'n bedorwe
> brokkie is. Maar ek dink ook dat ek oor die
> jare 'n vreeslose uitsig op die lewe gekry
> het, en dinge dikwels sien vir wat hulle is.

Dikwels, miskien. Maar dikwels ook nie.

> En dit sluit nie jou interpretasie van my
> opinies en gedagtes in nie.

Ja. ek weet. Jy sien my interpretasies van jou gedagtes en opinies nie
vir wat hulle is nie.

>
> Nou vra ek vir jou vir die laaste keer,
> Leendert, los my uit. Moenie weer my naam
> gebruik nie. Gaan soek 'n ander ikoon.Of
> reinig jou van al die ikone en soek die
> koninkryk.

tut...tut.... Jy laat jou uit in die openbaar, Gloudina. Terwyl jy dit
doen, moet jy kommentaar in die openbaar verwag.

En kommentaar sal ek lewer. Ongeag wat jy daarvan dink.

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Verskil [boodskap #24803 is 'n antwoord op boodskap #24498] Wo, 21 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum writes:

> a) Swaarkry is nie beperk tot townships nie. Ek is oortuig daarvan dat,
> as jy Gloudina se oë kon sien, jy sou skrik van die swaarkry wat jy
> sien.

Ek breek my besluit om jou te ignoreer,
Leendert, nou hierdie eenkeer, net om
vir jou nou vir die laaste maal te vra
om my uit jou geskrifte uit te laat. Dis
jy wat die ikone uitspoeg, en jy het my
nou tot ikoon verhef. Tel die aantal kere
wat jy my naam noem in skrywe na skrywe.
Ek dink dis 'n neurose. Gaan soek hiervoor
professionele hulp. Daar moet sielkundiges
in SA wees wat mense kan help wat post-
apartheid sindroom het.

Terloops, as jy in my o"e kan kyk, sal jy
heelwaarskynlik sien dat ek 'n bedorwe
brokkie is. Maar ek dink ook dat ek oor die
jare 'n vreeslose uitsig op die lewe gekry
het, en dinge dikwels sien vir wat hulle is.
En dit sluit nie jou interpretasie van my
opinies en gedagtes in nie.

Nou vra ek vir jou vir die laaste keer,
Leendert, los my uit. Moenie weer my naam
gebruik nie. Gaan soek 'n ander ikoon.Of
reinig jou van al die ikone en soek die
koninkryk.

Gloudina
Re: 'n Verskil [boodskap #24804 is 'n antwoord op boodskap #24498] Wo, 21 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

Sal ek soos die Anties
> van die Black Sash elke nou en dan sop in die agtergeblewene gebiede
> aflewer maar saans terug na Houghton (I wish) gaan om so bietjie te rus

Wel, ongelukkig, ou Lou, het die manier van
doen en dink wat jy hier aandui, gelei tot
die gebeure van die sewentigs en tagtigerjare,
toe Suid-Afrikaanse seuns as stooges van die
CIA op die grense van SA en Angola geveg het,
toe die swart vryheidsvegters besluit het om
te begin veg vir hulle vryheid, meer spesifiek
deur die land onregeerbaar te maak. Alles, ou
Lou, omdat jong mans soos jy nie na die ou
tannies van Houghton wou luister nie, blykbaar
omdat hulle in Houghton gebly het. Hoekom het
jy en mense soos jy nie gaan sit en dinge mooi
probeer uitdink nie. Hoekom het mense soos jy
nie vir die politici vir wie julle gestem het,
aangedui wat julle wou laat gebeur nie. Nou sit
en verskoon jy jou dat jy te besig was, en wat
kon jy nou aan die sakie doen. Wees 'n man en
verklaar openlik dat daar foute gemaak is, en
dat jou eie verskonings die dade van die apartheids-
varke moontlik gemaak het (die Lucas Mangopes, die
Eugene Terreblanches, ensovoorts ensovoorts.)

> Die normale man op die straat het te veel om hom oor te bekommer - soos
> om nie self in die strata te land nie - om nog oor ander se probleme te
> tob.

Normale manne in die straat het stemreg gehad,
al was dit 'n beperkte stemreg, beperk tot net
een-tiende van die bevolking van SA. Maar dis
die stemme van daardie een-tiende van die
bevolking wat 'n wit diktatorskap vir amper
'n halfeeu in SA in stand gehou het. En as jy
jou hande in onskuld was, kry ek vir jou jammer,
want dan sal daar altyd iets in jou siel gis.
Kyk na die Duitsers: hulle het aktief begin om
die foute van die verlede in die gesig te kyk,
instede van om verskonings te maak.

Gloudina
Re: 'n Verskil [boodskap #24805 is 'n antwoord op boodskap #24498] Wo, 21 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Sien, ek kan dit nie doen nie. Want wat ek sien in die
>> "townships" is die kinders se oe. Die oe van die ou vrouens wat so
> hard werk
>> en so swaarkry. Dan is dit vir my moeilik om te vergeet dat ek as
> witmens
>> bygedra het tot hulle smart.
>
> 'n Paar opmerkings in hierdie verband:
>
> a) Swaarkry is nie beperk tot townships nie. Ek is oortuig daarvan dat,
> as jy Gloudina se oë kon sien, jy sou skrik van die swaarkry wat jy
> sien.
> b) As individu is ek tevrede at ek geen bydrae gemaak het tot die
> besondere vorm van swaarkry in townships nie. "As witmens", dink ek
> daar is beperkte situasies waar ek nominaal bygedra het tot swaarkry in
> townships. Die vernietiging van gemeenskappe soos dié in Distrik Ses,
> byvoorbeeld, en die gevolge daarvan.
> c) "As witmens", egter, is ek dankbaar dat die bevolkings in die
> townships die veel erger swaarkry kon ontwyk wat vir hulle bestem was
> as enige van die alternatiewe beleidsrigtings wat beskikbaar was gevolg
> is. Elkeen van die alternatiewe beleidsrigtings se resultate is
> waarneembaar in Zimbabwe, Mosambiek en Angola.
> d) "As witmens", eweneens, is en word ek daagliks geskok oor die mate
> waartoe swartmense _in_ die townships die oorsaak was en is van
> swaarkry in die townships - suiwer uit heb- en magsug gemotiveer.
> e) "As witmens", in die finale analise, maak ek ernstig beswaar
> daarteen dat "ek" die skuld kry vir die swaarkry wat swartmense aan
> swartmense toedien.

Mooi verwoord....ek stem saam!....:-))

>
>> Ek sien soveel woede dat dit my skrikmaak.
>
> Hmmm.... Die "woede" wat verborge is in sosiale idees soos die wat
> uitgekom het in my gesprek (oor evolusie) met Willem-Jan Markerink is
> vir my veel meer kommerwekkend as enigiets wat ek in SA sien.

Prima.
Maar dan moet je ook de consequentie aanvaarden, en bijna alle medische
gesleutel staken. De kern van mijn betoog is dat deze medaile twee kanten
heeft, medisch & psychologisch/opvoedkundig.
Ik las trouwens net dat in Amerika 1 op de 4 kinderen per keizersnede ter
wereld komt....heb je er al wel eens bij stilgestaan wat dat voor invloed
op genen en psychologie (van moeder en kind) kan hebben?
Idem voor kinder-vaccinaties....een nogal wrang concept als je anderzijds
12 miljard mensen verwacht in 2050.

> Maar jy sien, Afrikaners is nie meer so hulpeloos as tien jaar gelede
> nie. Nuusroepe soos hierdie stel ons in staat om beter te antwoord op
> die persepsiedrywing van mense met ander motiewe.

Trouwens, heeft een van jullie zich ooit wel eens afgevraagd/voorgesteld
hoe anders de politieke situatie was geweest als Internet (en/of intensieve
beeld-journalistiek) 10/20/30/40/50 jaar geleden al zou hebben bestaan?

Eenzelfde hypotetische vraag als wat er gebeurd zou zijn als de Berlijnse
Muur niet was gevallen (en de kiem van die gebeurtenis lag in Hongarije,
dat politiek asiel bood aan gevluchte DDR-burgers).

Hopelijk is dit niet te filosofisch Leendert....;-))

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: 'n Verskil [boodskap #24807 is 'n antwoord op boodskap #24498] Wo, 21 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
sb...@my-deja.com wrote:
>
> Jy laat my dink aan die dae wat ons as kinders "wolf wolf hoe laat is dit?"
> gespeel het. Ons het altyd histeries aan die skree en hardloop geraak as die
> "wolf" omdraai en se dat dit etenstyd is... Nou maar Leendert, vertel my nou
> mooi, wannner is dit, volgens jou, die wolf se etenstyd.

Die crux van die speletjie is dat niemand weet wanneer dit etenstyd is
nie - voordat etenstyd aanbreek.

> En wie presies is
> die wolf? Is daar ook net een wolf?
>
> Ek sien n paar jakkalsies ook, maar ek wil graag hoor wat jy se.

"Die Wolf" is deur Van Wyk Louw (as ek reg onthou)beskryf as die Hond
van God. Hy is in ons almal, en teenwoordig in al ons dade. Hy praat
mee in al ons woorde.

Maar in hierdie bepaalde konteks dink ek hy manifesteer as die
voortgesette pogings om van Afrikaners die sondebok te maak - die een
op wie se kop die sondes van almal geplaas word, en wat met daardie las
die woestyn in gejaag word - die een vir Asasel.

>
> Ek hoor dat jy diep dink oor die saak en soos n ekonomis en politiekus
> besluite maak.

Ek weet nie daarvan nie. Ek probeer besluit volgens die feite tot my
beskikking. En ek doen moeite om te verseker dat die feite tot my
beskikking so geldig en betroubaar moontlik is.

(Volgens my waarneming is dit nie hoe 'n politikus sy besluite maak nie
- oor ekonome weet ek gladnie.)

> Sien, ek kan dit nie doen nie. Want wat ek sien in die
> "townships" is die kinders se oe. Die oe van die ou vrouens wat so hard werk
> en so swaarkry. Dan is dit vir my moeilik om te vergeet dat ek as witmens
> bygedra het tot hulle smart.

'n Paar opmerkings in hierdie verband:

a) Swaarkry is nie beperk tot townships nie. Ek is oortuig daarvan dat,
as jy Gloudina se oë kon sien, jy sou skrik van die swaarkry wat jy
sien.
b) As individu is ek tevrede at ek geen bydrae gemaak het tot die
besondere vorm van swaarkry in townships nie. "As witmens", dink ek
daar is beperkte situasies waar ek nominaal bygedra het tot swaarkry in
townships. Die vernietiging van gemeenskappe soos dié in Distrik Ses,
byvoorbeeld, en die gevolge daarvan.
c) "As witmens", egter, is ek dankbaar dat die bevolkings in die
townships die veel erger swaarkry kon ontwyk wat vir hulle bestem was
as enige van die alternatiewe beleidsrigtings wat beskikbaar was gevolg
is. Elkeen van die alternatiewe beleidsrigtings se resultate is
waarneembaar in Zimbabwe, Mosambiek en Angola.
d) "As witmens", eweneens, is en word ek daagliks geskok oor die mate
waartoe swartmense _in_ die townships die oorsaak was en is van
swaarkry in die townships - suiwer uit heb- en magsug gemotiveer.
e) "As witmens", in die finale analise, maak ek ernstig beswaar
daarteen dat "ek" die skuld kry vir die swaarkry wat swartmense aan
swartmense toedien.

>
> Natuurlik is ek nie blind vir die groter prentjie nie. Maar ons moet iewers
> begin. Dan begin mens maar by jouself en jou mense.
>

Nee. Mens moet begin by die feite.

Dit beteken dat mens 'n verpligting het om jou uiterste bes te doen om
te onderskei tussen feit en vergissing.

> Nee ek dink nie dat die wa deur die drif is net omdat apartheid verby
is nie.

Jy is oënskynlik een van 'n klein minderheid.

> Die land is n lewende organisme en ontwikkel elke dag. Ons hoef nie net
> eenmaal die kiem hof te slaan nie. Dit is n groeiproses - soos alles maar
> is.

Ek stem hieroor 100% saam.

Maar alles wat groei kan kanker kry. Kanker, per slot van rekening, is
groei wat siek geword het.

>
> blame-it-on-apartheid argument; dis die CNN-argument;
>
> Ek kyk uiters min CNN. Het daarvoor nie tyd nie. Ek was eenmaal in n
> vreeslike arm, agterlike plek in Botswana. Die stank en die hitte was
> ondraaglik. Die bokke het gele en vrek van die honger en siektes en al die
> kinders se magies was opgeswel van die parasiete. Maar daar was n TV en CNN
> het dag en nag oor ons uitgebasuin. Dit was so siek dit spook nou
nog by my.

Sien wat ek bedoel oor swaarkry hierbo? Maar kyk hoe konkreet en
aktueel is die lyding wat jy in Botswana beskryf, vergeleke by die
abstrakte en "poetiese" tekens van swaarkry wat jy in Suid-Afrikaanse
township beskryf.

En dan, moet jy weet, is daar baie mense wat Botswana voorhou as die
groot suksesverhaal onder Afrikastate.

>
>> as ons weier om ook die teenargument aan te hoor: "Die townships is oor
>> jare, as doelbewuste politieke beleid, deur ons huidige regering
>> onregeerbaar gemaak. Dit het misdaad daar laat floreer. Wat nou oorspoel, is
>> die onregeerbaarheid en daarmee saam die misdaad."
>>
>> Want as ons die huidige onregeerbaarheid op apartheid blameer sal die
>> toekoms erger wees as die beweringe wat oor die verlede gemaak word.
>
> Wat presies bedoel jy hier? Hoe kan die townships duer n regering
> onregeerbaar gemaak wees as hulle nog nie bestaan het nie?

Die feit dat hulle nie aan bewind was nie, beteken nie dat hulle nie
bestaan het nie. "Hulle" het baie beslis bestaan, en hulself beskou as
die "helde" van die struggle.

Gaan kyk in die argiewe van enige koerant (in die geval van Die Burger
gaan Naspers s'n, wat jy op die web kan raadpleeg, terug tot '84)

Dit was oor dekades die beleid van die ANC en sy medewerkers om Suid-
Afrika "onregeerbaar" te maak. Vanaf die laat sewentigs het hulle
daarin geslaag om swart townshipgebiede met verdrag meer onregeerbaar
te maak, totdat hulle "no-go areas" geword het vir die owerheid. Die
polisie kon nie daar polisieer nie, ambulanse kon nie beseerdes haal
nie, stadsrade kon nie dienste lewer nie.

Die instrument waarmee die onregeerbaarheid afgedwing is, was naakte
terreur. Die enigste manifestasie daarvan wat jy ongetwyfeld gesien
het, was TV-beelde van halsnoermoorde. Maar dit was maar die top van
die ysberg. Die res van die swaarkry wat die "bevryders" veroorsaak het
sien jy net in die oë van die mense in die townships.

Een van die vaders van onregeerbaarheid as strategie, was Steve Biko.
Die grootste voorstander en implementeerder daarvan was Thabo Mbeki -
veral toe hy in die tagtigs uit Lusaka gewerk het.

Nou vertel dieselfde Mbeki vir ons dat die misdaad wat witmense nou
ervaar, bloot dieselfde is as die misdaad wat die townships "nog altyd"
ervaar het. Wanneer hy dit sê, blameer hy die wittes vir die ding wat
hy self veroorsaak het.

Dit is nie die optrede van 'n staatsman nie.

Dit is die optrede van 'n smeerlap.

>
> Ons moet kan onderskei tussen dinge wat werklik gebeur het,
>> en die politiek korrekte persepsie van wat gebeur het.
>
> En wie se opinie is die geldige een? Is dit nie die groot vraag nie? Talle
> mense het apartheid beleef. Ons het almal verskillende opinies. Watter een
> is reg?

Almal is in 'n mate reg - want die opinie wat iemand oor 'n saak het,
is vir hom die feit. Maar opinies wat gevorm is deur ikoondrywers soos
CNN en Gloudina Bouwer sal vir my altyd min gesag dra.

> En wie het die reg om te besluit watter opinie gaan aanvaar word as
> die absolute, op-skrif-gestelde- waarheid?

Die ANC, die SABC en Beeld sal graag wil hê dat die Waarheidskommissie
hierdie eer moet kry.

Ongelukkig werk dit nie so nie.

Wanneer 'n Arno in Nederland en 'n Gloudina in Kanada berig ontvang van
ene Steyn - 'n witman- wat uit rassehaat 'n swart baba, Angelina, op
die rug van haar suster doodgeskiet het, ervaar hulle gevoelens van
afsku, haat, en minagting vir Steyn in besonder en vir Afrikaners in
die algemeen.

Die tersaaklike "feit" - dat Steyn uit rassehaat opgetree het, is vals.

Maar die emosionele ervaring van Gloudina en Arno is nie net feitelike
werklikheid nie. Dit is ook historiese werklikheid. As historiese
werklikheid kan dit nie ongedaan gemaak word nie. Daardie gevoelens van
haat en veragting wat hulle ervaar het is feitelik en histories deel
van apartheid. Hulle is in elke opsig "waar".

Vir my, wat die feite nagaan, is Steyn net so veel slagoffer as wat
Anglina en haar familie dit is. By my is die gevoelens gemik op die
politici en die media wat met persepsies smous, en op die Gloudinas wat
nog 'n ikoon van apartheid met gulsige vreugde verwelkom.

Nou: My persepsie van die geval Angelina is net so feitelik en net so
histories as Gloudina s'n, Arno s'n, en die persepsie van elkeen van
die miljoene kykers oor die wêreld wat die betrokke program van die BBC
world service gesien het.

Die enigste verskil is dat daar net 'n paar duisend mense is wie se
persepsie van die Angelina-geval dieselfde is as myne, terwyl daar
miljoene is wie se persepsie dieselfde is as Gloudina en Arno s'n.

Wat wel waar is, is dat 'n historiese gebeurtenis soos die geval
Angelina gebruik kan word om politieke mag - en daardeur verskillende
ander vorme van mag - uit te oefen. Vir hierdie doel maak dit dan ook
hoegenaamd nie saak hoe "waar"of "vals" die ikoniese werklikheid rondom
Angelina is nie - al wat saak maak is die gevoelens wat dit by mense
skep.

Dis hoekom Gloudina so gretig is om sulke ikone te vestig.

Maar dis ook hoekom ek geen waarde heg aan 'n historiese waarheid,
bloot omdat baie mense dit glo nie.

Wat geld vir Angelina, geld vir Gloudina se onverhole vreugde oor haar
idee dat PW Botha onder huisarres is - die feit dat sy haar misgis maak
nie saak nie. Dit geld vir die genot wat sy daaruit put om ongegronde
bewerings te maak oor die onderwyser wat afgedank is weens sy hantering
van 'n teks van Herman Charles Bosman. Dit geld die ANC-senator wat die
storie vertel het van die boervrou wat haar werkster se baba vir haar
varke gevoer het. Dit geld die koerantberigte oor die aspersieboere wat
hul werkers drie per bed laat slaap. Dit geld die storie dat die '76
onluste gemotiveer was deur Afrikaans wat op swart skoolkinders
afgedwing is. Dit geld vir duisende berigte wat oor dekades die wêreld
ingesuur is. Dit geld, les bes, die storie dat die deursnee Afrikaanse
kieser deur hebsug gemotiveer is om vir die NP-regering te stem.

Dit geld, ongetwyfeld, die persepsies wat in jou gedagte vorm as jy die
oë van vrouens in die townships waarneem, en "swaarkry" daarin lees.

>
> Jy sien, anders as Gloudina, is ek nie van oordeel dat die
geldigheid van 'n
>> stelling bepaal word deur die getal mense wat daarmee saamstem nie.
>>
>
> My opinies is myne en ek voel vere of dit my populer maak of nie. Ek is n
> baie private, stil mens en het nie die goedkeuring van andere nodig om my
> gang te gaan nie. Maar op een of ander punt moet mens met andere interaksies
> he om die samelewing aan die gang te hou.

Dit is op daardie punt waar Gloudina wil hê dat alle Afrikaners haar
persepsie van apartheid moet aanvaar as hulle toegelaat wil word tot
interaksies met die samelewing. Dit is wat sy bedoel wanneer sy
Afrikaners wil "suiwer".

Maar ek staan daarop dat my persepsie van "apartheid" ten minste net so
geldig is as hare - en vir my natuurlik veel meer geldig.

Ek weier om "gesuiwer" te word soos Gloudina of die redaksie van Beeld
dit wil hê. En ek weier ook om interaksie ontsê te word omdat ek nie
aan die vereiste "suiwerheid" van historiese persepsie voldoen nie.

> Wat nou in Zimbabwe aangaan stem my baie treurig.
> Ek vrees ook vir SA se toekoms.

Geen hoeveelheid vrees gaan ons, of enigeen anders tot voordeel strek
nie.

> Ek sien soveel woede dat dit my skrikmaak.

Hmmm.... Die "woede" wat verborge is in sosiale idees soos die wat
uitgekom het in my gesprek (oor evolusie) met Willem-Jan Markerink is
vir my veel meer kommerwekkend as enigiets wat ek in SA sien.

Maar ja. Woede is gevaarlik. Dis waarom sommige mense dit doelbewus
aanblaas - want dit gee 'n vorm van mag. Ikoondrywery soos dié wat
Gloudina hier beoefen het natuurlik ten doel om woede teen Afrikaners
aan te blaas.

> Ek dink nie ons is net besig met apartheidsgevolge nie, nee. Maar hoe kan n
> mnes dit uit die prentjie sny en n gabalanseerde idee van Suid Afrika kry?
> Ons het op die ou end met die menslike natuur te make. Ons almal s'n. Juis
> daar le my punt. Ons is nie net statisiteke en tegnieke wat kan balanseer op
> n kontrak nie. Ons speel nie skaak nie, hierdie is ons lewens, ons is almal
> mens.

Jy is reg. Dis ons lewens. Daarom het ek 'n jaar of wat gelede vir
Gloudina daarop gewys dat sy 'n besondere verantwoordelikheid aanvaar
wanneer sy woede teen Afrikaners aanblaas. Want sy hoef nie met die
gevolge saam te leef wanneer daardie woede tot uitbarsting kom nie.

Dieselfde geld vir enige Sweed, Belg, Engelsman of Afrika-leier wat
Afrikaners gebruik as nuttige sondebok om die aandag weg te lei van sy
eie sondes en probleme.

Maar jy sien, Afrikaners is nie meer so hulpeloos as tien jaar gelede
nie. Nuusroepe soos hierdie stel ons in staat om beter te antwoord op
die persepsiedrywing van mense met ander motiewe.

Groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Verskil [boodskap #24822 is 'n antwoord op boodskap #24498] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jul 1999 23:36:59 GMT, wrote:

| Kyk na die Duitsers: hulle het aktief begin om
| die foute van die verlede in die gesig te kyk,
| instede van om verskonings te maak.
|
Hoe verklaar jy dan die sterk opkoms van die nieuw-Nazi beweging in Duitsland?

Ek dink jy vereenvoudig alles te maklik in een of twee sweeping statements in.

Netso maklik kan ons sê: dis mense soos jy, wat stert tussen die bene gevlug
het in stede van om in die land te bly en dinge te probeer verander, wat vir
ander die idee gegee het daar is geen moontlikheid om iets binne die land te
verander nie.
Re: 'n Verskil [boodskap #24823 is 'n antwoord op boodskap #24498] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> lou writes:
>
> Sal ek soos die Anties
>> van die Black Sash elke nou en dan sop in die agtergeblewene gebiede
>> aflewer maar saans terug na Houghton (I wish) gaan om so bietjie te
rus
>
> Wel, ongelukkig, ou Lou, het die manier van
> doen en dink wat jy hier aandui, gelei tot
> die gebeure van die sewentigs en tagtigerjare,
> toe Suid-Afrikaanse seuns as stooges van die
> CIA op die grense van SA en Angola geveg het,

Ag sies tog! Hier kom die nou band tussen Gloudina en die Frikkies weer
so duidelik na vore - selfs dieselfde ou suur samesweringsteorieë. (En
ja, Piet Pretorius het verloor in die lastersaak wat teen hom gemaak is
oor hierdie soort beweringe wat hy maak in sy boek "Volksverraad". Dit
kos hom nogal heelwat geld.)

> toe die swart vryheidsvegters besluit het om
> te begin veg vir hulle vryheid, meer spesifiek
> deur die land onregeerbaar te maak.

Hmmm.... Dit was hulle doel - wat hulle in die 80's nooit bereik het
nie. (Nou vorder hulle goed in daardie rigting.)

Al wat hulle bereik het was om hul eie mense te onderwerp aan die mees
onderdrukkende terreurveldtog sedert die Gestapo ontbind is. Onthou
daardie prettige prentjies van mense met brandende motorbande om die
nek?

Dis die "vryheid"wat die dapper "vryheidsvegters" gebring het vir hul
mense. Dis die "vryheid" wat hulle nou so weldadiglik oor die hele land
laat stroom.

> Alles, ou
> Lou, omdat jong mans soos jy nie na die ou
> tannies van Houghton wou luister nie, blykbaar
> omdat hulle in Houghton gebly het.

Nee, dis nie hoekom hulle nie na die ou tannies wou luister nie. Mense
het nie na die ou tannies geluister nie, omdat hulle eensydig was in
hul veroordeling van geweld. Soos Gill Wentzel (wat self uit daardie
stal kom) getoon het in haar boek "The Liberal Slideaway", het die ou
tannies van Houghton hul eie beginsels verkrag deur konsekwent wit
misstappe te veroordeel en swart misstappe te vergoeilik. Daardeur het
hulle alle geloofwaardigheid verloor.

En dis om dieselfde rede dat ou aasvoëls in Ontario geen
geloofwaardigheid het nie.

Met jou eensydige boerehaat is jy besig om jou eie standpunt te
ondergrawe, Gloudina, net soos die ou tannies van Houghton.

> Hoekom het
> jy en mense soos jy nie gaan sit en dinge mooi
> probeer uitdink nie.

Ek dink mense soos lou het _juis_ dinge mooi gesit en uitdink. En die
geskiedenis is besig om te toon dat hulle die beste ding gedoen het vir
al die mense in SA.

Hoekom het mense soos jy
> nie vir die politici vir wie julle gestem het,
> aangedui wat julle wou laat gebeur nie.

Ek dink mense soos lou _het_ vir die politici aangedui wat hulle wou
laat gebeur - deur vir hulle te stem.

> Wees 'n man en
> verklaar openlik dat daar foute gemaak is,

Die probleem met 'n omgewing van eensydige veroordeling, is dat dit vir
die meeste mense onmoontlik gemaak word om te erken dat hul eie party
foute gemaak het. Want dit is net deel van die waarheid, en daarom
onwaarheid.

En elkeen wat volhou om Afrikaners eensydig te veroordeel hou 'n
atmosfeer in stand wat dit onmoontlik maak om "openlik te verklaar dat
foute gemaak is".

en
> dat jou eie verskonings die dade van die apartheids-
> varke moontlik gemaak het (die Lucas Mangopes, die
> Eugene Terreblanches, ensovoorts ensovoorts.)

Presies watter "dade" het Mangope en Terreblanche gepleeg, waarteen jy
nou beswaar het, Gloudina?

So ver ek weet het Terreblanche nooit in enige verkiesing gestaan waar
mense vir hom kon stem nie.

Waar dit Mangope aangaan lyk dit asof sy mense nogal hou van die "dade"
wat hy gepleeg het - hulle het hom so pas weer parlement toe gestuur.

(Die storie loop in Mafikeng rond - na Mangope se skuldigbevinding dat
hy R20 miljoen verduister het: "Mangope was 'n beter opsie - hy het net
R1 miljoen per jaar gesteel. Die ANC se amptenare steel R20 miljoen per
jaar")

>
>> Die normale man op die straat het te veel om hom oor te bekommer - soos
>> om nie self in die strata te land nie - om nog oor ander se probleme te
>> tob.
>
> Normale manne in die straat het stemreg gehad,
> al was dit 'n beperkte stemreg, beperk tot net
> een-tiende van die bevolking van SA. Maar dis
> die stemme van daardie een-tiende van die
> bevolking wat 'n wit diktatorskap vir amper
> 'n halfeeu in SA in stand gehou het.

En daardie "diktatorskap" was die redding van die ganse bevolking - ons
kan maar kyk na die toestand in die lande rondom ons waar die Smiths
van Rhodesië, die Belge en die Portugese die "diktatorskappe" te vroeg
afgetakel het.

En as jy
> jou hande in onskuld was, kry ek vir jou jammer,
> want dan sal daar altyd iets in jou siel gis.
> Kyk na die Duitsers: hulle het aktief begin om
> die foute van die verlede in die gesig te kyk,
> instede van om verskonings te maak.

Wel, die Duitsers het ernstige foute in die verlede om "in die gesig te
kyk".

Afrikaners kan trots wees op die wyse waarop hulle - teen alle
weerstand in van ou tannies in Houghton, Ontario en Amsterdam - die
land bewaar het totdat dit eendag moontlik sou word om grondwetlike
demokrasie vir almal daar te stel.

(Interessant - die doel van grondwetlike demokrasie vir almal was al
die jare die uitgesproke mikpunt van die Nasionale Party.

Die ANC, daarenteen, moes traag-traag gedwing word om 'n grondwetlike
oorgang te aanvaar. Hulle wou aanvanklik bloot die grondwet opskort
sonder om iets in sy plek te sit. Hulle het slegs aanvaar dat die
oorgang grondwetlik sal wees, toe dit duidelik vir hulle gestel is dat
"dan veg ons voort" die enigste alternatief vir 'n grondwetlike oorgang
is. Vreemd om te dink dat die ANC se geweldenaars nou voorgee dat
_hulle_ demokrasie in SA gevestig het.

Die anties van Houghton en Ontario het die ANC ondersteun. Mense soos
lou het die NP ondersteun.

Ek sou my doodskaam oor so 'n verlede as ek een van die anties van
Houghton was.)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Verskil [boodskap #24824 is 'n antwoord op boodskap #24498] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jul 1999 23:36:59 GMT, wrote:

| Wel, ongelukkig, ou Lou, het die manier van
| doen en dink wat jy hier aandui, gelei tot
| die gebeure van die sewentigs en tagtigerjare,
| toe Suid-Afrikaanse seuns as stooges van die
| CIA op die grense van SA en Angola geveg het,

As ek dit reg het, het jy in hierdie tydperk in die buiteland gesit en nie 'n
cooking clue gehad van wat in die land aangaan nie, allermins van die agtergrond
waarteen SA seuns diensgedoen het. Jy het geen reg om jou daaroor uit te spreek
nie.
Re: 'n Verskil [boodskap #24825 is 'n antwoord op boodskap #24498] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> Gloudina - my standpunt teenoor apartheid is op die net vir almal om te
> lees

Sal jy dit weer hier herhaal, vir almal
om te lees. Iemand wat so giftig is teen
die Black Sash kan beswaarlik nou verklaar
dat hy "teen apartheid" was. Maar probeer
ons oortuig.

> Insake die Black Sash - dit is nou die klomp wat vir die PFP gestem het
> maar tog te dankie vader bly was dat die NP die verkiesings gewen het.
> Dis nou die spul wat in nou Kanada en Australië bly? Wat 'n string
> bediendes gehad het? Lekker pap geskep het? En Afrikaanses en swartes
> ewe veel verag het? Ken jy 'n paar van hulle?

Lou, ek raak so siek vir hierdie ou holrug-
geryde gesegdes wat mense kwytraak oor mense
wat die moed gehad het om te wys dat hulle
geweet het die duiwel is los in apartheid-SA.
Hoe kan jy dink dat hierdie gekweel jou veront-
skuldig. In die stilte van jou eie binnekamer,
raak jy nie skaam vir hierdie soort gepraat
nie.

> Terloops - wat doen jy oor die Indiane oeps sorry Eerste Nasies
> en ander minder bevoorregtes wat in J�� land
> krepeer?

En wat, meneer Lou, weet jy van my dade in
Kanada? En wat weet jy van die Eerste
Nasies van Kanada. Hulle krepeer nie. Hou
maar jou histeriese gegiggel vir jouself.
Dit tipeer jou net vir wat jy blykbaar is:
iemand wat sy hande wil was deur ander te
beswadder. Wees 'n man. Kyk na die geskiedenis
van die laaste helfte van die twintigste eeu
in Suid-Afrika, sien wat gebeur het, en hou
op om verskonings te maak. Alleen dan is jy
werklik man, en ware Afrikaner.

Gloudina
Re: 'n Verskil [boodskap #24826 is 'n antwoord op boodskap #24498] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> On 21 Jul 1999 23:36:59 GMT, wrote:
>
> | Wel, ongelukkig, ou Lou, het die manier van
> | doen en dink wat jy hier aandui, gelei tot
> | die gebeure van die sewentigs en tagtigerjare,
> | toe Suid-Afrikaanse seuns as stooges van die
> | CIA op die grense van SA en Angola geveg het,
>
> As ek dit reg het, het jy in hierdie tydperk in die buiteland gesit en nie 'n
> cooking clue gehad van wat in die land aangaan nie, allermins van die agtergrond
> waarteen SA seuns diensgedoen het. Jy het geen reg om jou daaroor uit te spreek
> nie.

En watter cooking clue het jy gehad, daar
reg in Suid-Afrika, van al die onheile
wat die mense op Vlakplaas uitgevoer het,
van die mense wat "met trappe afgeval" het
en uit vensters gestoot is en as selfmoorde
beskryf is. Jy is nou een van die mense wat
vertel dat hulle "nie geweet het wat aange-
gaan het nie." Moenie naief wees nie. Mense
buite SA het in baie gevalle veel meer
informasie gehad oor die werklike toestand van
sake, as jy en jou soort wat binne in Suid-
Afrika gesit en mompel het oor die "rooi
gevaar" en die snert. Mense buite SA het ook
veel vinniger geweet dat die einde van die
apartheidsvarke aan die kom was as die wat
in Suid-Afrika gesit het met oogklappe aan.

Gloudina
Re: 'n Verskil [boodskap #24827 is 'n antwoord op boodskap #24498] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> lou writes:
>
> Sal ek soos die Anties
>> van die Black Sash elke nou en dan sop in die agtergeblewene gebiede
>> aflewer maar saans terug na Houghton (I wish) gaan om so bietjie te
rus
>
> Wel, ongelukkig, ou Lou, het die manier van
> doen en dink wat jy hier aandui, gelei tot
> die gebeure van die sewentigs en tagtigerjare,
> toe Suid-Afrikaanse seuns as stooges van die
> CIA op die grense van SA en Angola geveg het,

Ag sies tog! Hier kom die nou band tussen Gloudina en die Frikkies weer
so duidelik na vore - selfs dieselfde ou suur samesweringsteorieë. (En
ja, Piet Pretorius het verloor in die lastersaak wat teen hom gemaak is
oor hierdie soort beweringe wat hy maak in sy boek "Volksverraad". Dit
kos hom nogal heelwat geld.)

> toe die swart vryheidsvegters besluit het om
> te begin veg vir hulle vryheid, meer spesifiek
> deur die land onregeerbaar te maak.

Hmmm.... Dit was hulle doel - wat hulle in die 80's nooit bereik het
nie. (Nou vorder hulle goed in daardie rigting.)

Al wat hulle bereik het was om hul eie mense te onderwerp aan die mees
onderdrukkende terreurveldtog sedert die Gestapo ontbind is. Onthou
daardie prettige prentjies van mense met brandende motorbande om die
nek?

Dis die "vryheid"wat die dapper "vryheidsvegters" gebring het vir hul
mense. Dis die "vryheid" wat hulle nou so weldadiglik oor die hele land
laat stroom.

> Alles, ou
> Lou, omdat jong mans soos jy nie na die ou
> tannies van Houghton wou luister nie, blykbaar
> omdat hulle in Houghton gebly het.

Nee, dis nie hoekom hulle nie na die ou tannies wou luister nie. Mense
het nie na die ou tannies geluister nie, omdat hulle eensydig was in
hul veroordeling van geweld. Soos Gill Wentzel (wat self uit daardie
stal kom) getoon het in haar boek "The Liberal Slideaway", het die ou
tannies van Houghton hul eie beginsels verkrag deur konsekwent wit
misstappe te veroordeel en swart misstappe te vergoeilik. Daardeur het
hulle alle geloofwaardigheid verloor.

En dis om dieselfde rede dat ou aasvoëls in Ontario geen
geloofwaardigheid het nie.

Met jou eensydige boerehaat is jy besig om jou eie standpunt te
ondergrawe, Gloudina, net soos die ou tannies van Houghton.

> Hoekom het
> jy en mense soos jy nie gaan sit en dinge mooi
> probeer uitdink nie.

Ek dink mense soos lou het _juis_ dinge mooi gesit en uitdink. En die
geskiedenis is besig om te toon dat hulle die beste ding gedoen het vir
al die mense in SA.

Hoekom het mense soos jy
> nie vir die politici vir wie julle gestem het,
> aangedui wat julle wou laat gebeur nie.

Ek dink mense soos lou _het_ vir die politici aangedui wat hulle wou
laat gebeur - deur vir hulle te stem.

> Wees 'n man en
> verklaar openlik dat daar foute gemaak is,

Die probleem met 'n omgewing van eensydige veroordeling, is dat dit vir
die meeste mense onmoontlik gemaak word om te erken dat hul eie party
foute gemaak het. Want dit is net deel van die waarheid, en daarom
onwaarheid.

En elkeen wat volhou om Afrikaners eensydig te veroordeel hou 'n
atmosfeer in stand wat dit onmoontlik maak om "openlik te verklaar dat
foute gemaak is".

en
> dat jou eie verskonings die dade van die apartheids-
> varke moontlik gemaak het (die Lucas Mangopes, die
> Eugene Terreblanches, ensovoorts ensovoorts.)

Presies watter "dade" het Mangope en Terreblanche gepleeg, waarteen jy
nou beswaar het, Gloudina?

So ver ek weet het Terreblanche nooit in enige verkiesing gestaan waar
mense vir hom kon stem nie.

Waar dit Mangope aangaan lyk dit asof sy mense nogal hou van die "dade"
wat hy gepleeg het - hulle het hom so pas weer parlement toe gestuur.

(Die storie loop in Mafikeng rond - na Mangope se skuldigbevinding dat
hy R20 miljoen verduister het: "Mangope was 'n beter opsie - hy het net
R1 miljoen per jaar gesteel. Die ANC se amptenare steel R20 miljoen per
jaar")

>
>> Die normale man op die straat het te veel om hom oor te bekommer - soos
>> om nie self in die strata te land nie - om nog oor ander se probleme te
>> tob.
>
> Normale manne in die straat het stemreg gehad,
> al was dit 'n beperkte stemreg, beperk tot net
> een-tiende van die bevolking van SA. Maar dis
> die stemme van daardie een-tiende van die
> bevolking wat 'n wit diktatorskap vir amper
> 'n halfeeu in SA in stand gehou het.

En daardie "diktatorskap" was die redding van die ganse bevolking - ons
kan maar kyk na die toestand in die lande rondom ons waar die Smiths
van Rhodesië, die Belge en die Portugese die "diktatorskappe" te vroeg
afgetakel het.

En as jy
> jou hande in onskuld was, kry ek vir jou jammer,
> want dan sal daar altyd iets in jou siel gis.
> Kyk na die Duitsers: hulle het aktief begin om
> die foute van die verlede in die gesig te kyk,
> instede van om verskonings te maak.

Wel, die Duitsers het ernstige foute in die verlede om "in die gesig te
kyk".

Afrikaners kan trots wees op die wyse waarop hulle - teen alle
weerstand in van ou tannies in Houghton, Ontario en Amsterdam - die
land bewaar het totdat dit eendag moontlik sou word om grondwetlike
demokrasie vir almal daar te stel.

(Interessant - die doel van grondwetlike demokrasie vir almal was al
die jare die uitgesproke mikpunt van die Nasionale Party.

Die ANC, daarenteen, moes traag-traag gedwing word om 'n grondwetlike
oorgang te aanvaar. Hulle wou aanvanklik bloot die grondwet opskort
sonder om iets in sy plek te sit. Hulle het slegs aanvaar dat die
oorgang grondwetlik sal wees, toe dit duidelik vir hulle gestel is dat
"dan veg ons voort" die enigste alternatief vir 'n grondwetlike oorgang
is. Vreemd om te dink dat die ANC se geweldenaars nou voorgee dat
_hulle_ demokrasie in SA gevestig het.

Die anties van Houghton en Ontario het die ANC ondersteun. Mense soos
lou het die NP ondersteun.

Ek sou my doodskaam oor so 'n verlede as ek een van die anties van
Houghton was.)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Verskil [boodskap #24828 is 'n antwoord op boodskap #24498] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
> Sal ek soos die Anties
>> van die Black Sash elke nou en dan sop in die agtergeblewene gebiede
>> aflewer maar saans terug na Houghton (I wish) gaan om so bietjie te rus
>
> Wel, ongelukkig, ou Lou, het die manier van
> doen en dink wat jy hier aandui, gelei tot
> die gebeure van die sewentigs en tagtigerjare,
> toe Suid-Afrikaanse seuns as stooges van die
> CIA op die grense van SA en Angola geveg het,
> toe die swart vryheidsvegters besluit het om
> te begin veg vir hulle vryheid, meer spesifiek
> deur die land onregeerbaar te maak. Alles, ou
> Lou, omdat jong mans soos jy nie na die ou
> tannies van Houghton wou luister nie, blykbaar
> omdat hulle in Houghton gebly het. Hoekom het
> jy en mense soos jy nie gaan sit en dinge mooi
> probeer uitdink nie. Hoekom het mense soos jy
> nie vir die politici vir wie julle gestem het,
> aangedui wat julle wou laat gebeur nie. Nou sit
> en verskoon jy jou dat jy te besig was, en wat
> kon jy nou aan die sakie doen. Wees 'n man en
> verklaar openlik dat daar foute gemaak is, en
> dat jou eie verskonings die dade van die apartheids-
> varke moontlik gemaak het (die Lucas Mangopes, die
> Eugene Terreblanches, ensovoorts ensovoorts.)

Gloudina - my standpunt teenoor apartheid is op die net vir almal om te
lees (Hint: Dejanews) en jou insinuasies sal dit nie verander nie. Joune
is ook - dit was om te vlug en jou taal te versaak net omdat 'n paar
jongmanne dit in Soweto gebruik het. Nou wil jy - Gloudina Bruwer - vir
my kom preek oor wat ek moes gedoen het teen apartheid? HA! Dink bietjie
jong DINK voor jou vingers oorneem! (Die selektiewe snip van my skrywe
help ook nie juis nie)

Insake die Black Sash - dit is nou die klomp wat vir die PFP gestem het
maar tog te dankie vader bly was dat die NP die verkiesings gewen het.
Dis nou die spul wat in nou Kanada en Australië bly? Wat 'n string
bediendes gehad het? Lekker pap geskep het? En Afrikaanses en swartes
ewe veel verag het? Ken jy 'n paar van hulle?

>
>> Die normale man op die straat het te veel om hom oor te bekommer - soos
>> om nie self in die strata te land nie - om nog oor ander se probleme te
>> tob.
>
> Normale manne in die straat het stemreg gehad,
> al was dit 'n beperkte stemreg, beperk tot net
> een-tiende van die bevolking van SA. Maar dis
> die stemme van daardie een-tiende van die
> bevolking wat 'n wit diktatorskap vir amper
> 'n halfeeu in SA in stand gehou het. En as jy
> jou hande in onskuld was, kry ek vir jou jammer,
> want dan sal daar altyd iets in jou siel gis.
> Kyk na die Duitsers: hulle het aktief begin om
> die foute van die verlede in die gesig te kyk,
> instede van om verskonings te maak.
>

Maar jy mag jou hande in onskuld was :) sien my vorige opmerking. Sê my
- kan mens die probleme beter in die gesig kyk as jy oorsee sit? Dit lyk
ook al of die geheues hier in SA agtergebly het? Onthou die klomp Nazis
wat Suid Amerika toe gevlug het? Hulle het ook vreeslik aan
vergeetagtigheid gelei! :)

Terloops - wat doen jy oor die Indiane oeps sorry Eerste Nasies
en ander minder bevoorregtes wat in JÓÚ land
krepeer? Hoekom het jy nie eerder iets gedoen om die lewe van mense in
SA te verbeter in plaas daarvan dat jy gewaai het nie? Me thinks the
lady protests too much!!

Ek is maar net 'n gewone mens ou dier, en daar is 'n paar prioriteite -
my gesin, my familie en as ek tyd en geld oor het sal ek iets vir die
ander doen. Maar ek is nog hier, ek doen my deel en ek betaal hope
belasting (+50%) ter opheffing van die land. Wat sommer baie meer as wat
jy kan sê!!!
Re: 'n Verskil [boodskap #24829 is 'n antwoord op boodskap #24498] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Leendert van Oostrum writes:
>
>> a) Swaarkry is nie beperk tot townships nie. Ek is oortuig daarvan dat,
>> as jy Gloudina se oë kon sien, jy sou skrik van die swaarkry wat jy
>> sien.
>
> Ek breek my besluit om jou te ignoreer,
> Leendert, nou hierdie eenkeer, net om
> vir jou nou vir die laaste maal te vra
> om my uit jou geskrifte uit te laat.

Het jou Katvis!!!!
Re: 'n Verskil [boodskap #24834 is 'n antwoord op boodskap #24498] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Jul 1999 20:28:39 GMT, wrote:
| En watter cooking clue het jy gehad, daar
| reg in Suid-Afrika, van al die onheile
| wat die mense op Vlakplaas uitgevoer het,
| van die mense wat "met trappe afgeval" het
| en uit vensters gestoot is en as selfmoorde
| beskryf is. Jy is nou een van die mense wat
| vertel dat hulle "nie geweet het wat aange-
| gaan het nie." Moenie naief wees nie. Mense
| buite SA het in baie gevalle veel meer
| informasie gehad oor die werklike toestand van
| sake, as jy en jou soort wat binne in Suid-
| Afrika gesit en mompel het oor die "rooi
| gevaar" en die snert. Mense buite SA het ook
| veel vinniger geweet dat die einde van die
| apartheidsvarke aan die kom was as die wat
| in Suid-Afrika gesit het met oogklappe aan.
|
Ek kan maar net herhaal - jy en jou soort praat te maklik oor dinge
waarvan julle niks weet nie.

Daar is geen manier dat mense in die buiteland 'n OBJEKTIEWE beeld sou
hê van wat in SA aangaan nie - ek het darem self met my eie ore gehoor
die snert wat in Amsterdam by anti-Apartheids rellietjies oor SA
kwytgeraak is.

Ag nee wat, Gloudina, hoe verkeerd dit ook nou al sou wees, die ou SA
het nie NET uit Vlakplaas bestaan nie. Daar was dan mense soos jy wat
goeie inter-rasse verhoudings gekweek het in die pre-70's skole....

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: 'n Verskil [boodskap #24835 is 'n antwoord op boodskap #24498] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 Jul 1999 10:58:12 GMT, afro...@my-deja.com wrote:

|Dertig Silwer Sikkels
|
|Deur Anton Goosen
|
|Jou voete het nie vlerke nie, jy kom op 'n Boeing-vlug
|'n onverwagte wedervaart - ons dag jy kom nooit terug
|ons sien deur jou mondering tot waar die waarheid lê
|klatergoud's net veldiep is wat ons vir jou sê
|
|En jy kan nie op die water loop nie, jou rug het jy op als gedraai
|jy kan nie op die water loop nie, kyk onder jou
|as alles om jou wil vou dan't jy darem
|DERTIG SILWER SIKKELS by jou
|dertig silwer sikkelsby jou en 'n botteljie blou
|
|jou woorde het nie vlerke nie dis jy wat jouself net glo
|al die make-up wat jy dra verskuil glad nie jou oë
|almal sien die slenter, almal weet jy's die fool
|jy word nie ernstig opgeneem nie al is jy supercool
|
Gloudina, jy't ons nooit vertel Anton Goosen het jou so goed geken
nie!

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: 'n Verskil [boodskap #24836 is 'n antwoord op boodskap #24498] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Jul 1999 23:56:11 GMT, wrote:
| om te lees. Iemand wat so giftig is teen
| die Black Sash kan beswaarlik nou verklaar
| dat hy "teen apartheid" was. Maar probeer
| ons oortuig.
|
Dis werklik nie moeilik om anti Black Sash te wees nie. Daardie
mislike ou giftige lot anties wat uit hulle wit ivoor torings so
maklik luidrugtig kon word, maar nooit werklik enige verandering in
hulle eie harte te weeg gebring het nie.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: 'n Verskil [boodskap #24837 is 'n antwoord op boodskap #24498] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
afro...  is tans af-lyn  afro...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
wrote:

knip
> En as jy jou hande in onskuld was, kry ek vir jou jammer,
> want dan sal daar altyd iets in jou siel gis.
>
knip

Dertig Silwer Sikkels

Deur Anton Goosen

Jou voete het nie vlerke nie, jy kom op 'n Boeing-vlug
'n onverwagte wedervaart - ons dag jy kom nooit terug
ons sien deur jou mondering tot waar die waarheid lê
klatergoud's net veldiep is wat ons vir jou sê

En jy kan nie op die water loop nie, jou rug het jy op als gedraai
jy kan nie op die water loop nie, kyk onder jou
as alles om jou wil vou dan't jy darem
DERTIG SILWER SIKKELS by jou
dertig silwer sikkelsby jou en 'n botteljie blou

jou woorde het nie vlerke nie dis jy wat jouself net glo
al die make-up wat jy dra verskuil glad nie jou oë
almal sien die slenter, almal weet jy's die fool
jy word nie ernstig opgeneem nie al is jy supercool

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: 'n Verskil [boodskap #24838 is 'n antwoord op boodskap #24498] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan )
> Date: Fri, 23 July 1999 09:37 AM

> Gloudina, jy't ons nooit vertel Anton Goosen het jou so goed geken
> nie!

Hel Johan, ek weer het gedink jy is die een wat die heer goosen so goed besing.
Re: 'n Verskil [boodskap #24839 is 'n antwoord op boodskap #24498] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan )

> Daar is geen manier dat mense in die buiteland 'n OBJEKTIEWE beeld sou
> hê van wat in SA aangaan nie -

En hiermee sê jy dat mense in Suid-Afrika wel 'n objektiewe beeld gehad het -
wat met die selektiewe medie-beriggeweging en blatante sensuur, wat met mense
wat 'n klipgooi van die townships gebly het en nie geweet het wat daar aangaan
nie, nooit moeite gedoen het om uit te vind nie, en nou sê ons het nie geweet
nie.
Re: 'n Verskil [boodskap #24841 is 'n antwoord op boodskap #24498] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>> Gloudina - my standpunt teenoor apartheid is op die net vir almal om te
>> lees
>
> Sal jy dit weer hier herhaal, vir almal
> om te lees. Iemand wat so giftig is teen
> die Black Sash kan beswaarlik nou verklaar
> dat hy "teen apartheid" was. Maar probeer
> ons oortuig.

Ek het mos gesê hoe jy dit kan sien. Gaan na jou web browser - tik in
www.dejanews.com - gaan na die search window - soek ...

>
>> Insake die Black Sash - dit is nou die klomp wat vir die PFP gestem het
>> maar tog te dankie vader bly was dat die NP die verkiesings gewen het.
>> Dis nou die spul wat in nou Kanada en Australië bly? Wat 'n string
>> bediendes gehad het? Lekker pap geskep het? En Afrikaanses en swartes
>> ewe veel verag het? Ken jy 'n paar van hulle?
>
> Lou, ek raak so siek vir hierdie ou holrug-
> geryde gesegdes wat mense kwytraak oor mense
> wat die moed gehad het om te wys dat hulle
> geweet het die duiwel is los in apartheid-SA.
> Hoe kan jy dink dat hierdie gekweel jou veront-
> skuldig. In die stilte van jou eie binnekamer,
> raak jy nie skaam vir hierdie soort gepraat
> nie.

So jy sê hulle is nog almal hier. Hulle het nie lekker geleef in die ou
SA nie? Jou gekweel Gloudina maak my net so siek - jy sit nou lekker in
anner land en vertel vir ons wat om te doen? (Ek verwag nie 'n antwoord
nie - jy dodge mos altyd as iemand jou hierna vra) Maar dan het jy
CNN/BBC/CBC en jou familie wat jou 'n juiste prentjie gee van wat in SA
aangaan. Die meeste Black Sash anties het hulle eie gewetes gesalf deur
hulle betrokkenheid by die struggle en is ook as sulks gesien deur die
'strugglers'.

Verduidelik bietjie jou binnekamer storie - as dit oor godsdiens gaan
hoop ek vir jou dat jy ernstig is.

>
>> Terloops - wat doen jy oor die Indiane oeps sorry Eerste Nasies
>> en ander minder bevoorregtes wat in JÓÚ land
>> krepeer?
>
> En wat, meneer Lou, weet jy van my dade in
> Kanada? En wat weet jy van die Eerste
> Nasies van Kanada. Hulle krepeer nie. Hou
> maar jou histeriese gegiggel vir jouself.
> Dit tipeer jou net vir wat jy blykbaar is:
> iemand wat sy hande wil was deur ander te
> beswadder.

Jammer ek vertel maar net wat ek op CNN sien, hulle lieg mos nie. Snaaks
Gloudina - baie keer as ek jou posts lees dink ek onwillekeurig aan die
Fariseers. Maar nog steeds is my vraag - wat doen jy vir die minder
bevoorregtes in jou land Gloudina? En wat weet jy van my dade Gloudina?
Maar jy i slankal getipeer ... pla die gewete baie?

> Wees 'n man. Kyk na die geskiedenis
> van die laaste helfte van die twintigste eeu
> in Suid-Afrika, sien wat gebeur het, en hou
> op om verskonings te maak. Alleen dan is jy
> werklik man, en ware Afrikaner.

Wat is 'n ware Afrikaner Gloudina? Wat is 'n werklike man - en hoe
verskil dit van 'n ware vrou? Diskrimineer jy dalk hier op grond van
geslag? :|
Re: 'n Verskil [boodskap #24842 is 'n antwoord op boodskap #24498] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan )

> Daardie
> mislike ou giftige lot anties wat uit hulle wit ivoor torings so
> maklik luidrugtig kon word, maar nooit werklik enige verandering in
> hulle eie harte te weeg gebring het nie.

Dis baie moeilik om "in mense se harte te kyk". Gevolglik het baie van ons
maar oordeel gefel aan die hand van mense se aksies en gedrag. Na hierdie
rigsnoer, Johan, het ek nie jou gesig gesien by anti-apartheidrallies nie, by
union proteste nie, op die trappe van die parlement nie, was jy nie die een wat
daardie ou soppies aangery het nie, of vervoer verskaf het vir aangeklaagdes
nie, of prokureurs in die hande gekry het (en voor betaal het) om aktiviste te
verdedig nie, of dokters gekry het om wonde te verbind nie - hoe mislik
liberaal jy dit ookal beoordeel, die black sash anties het apartheid aktief
beveg terwyl jy en ander hier by "porkies in die zillertal" gejol het.
Re: 'n Verskil [boodskap #24858 is 'n antwoord op boodskap #24498] Sa, 24 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

Maar dan het jy
> CNN/BBC/CBC en jou familie wat jou 'n juiste prentjie gee van wat in SA
> aangaan.

Dit amuseer my dat jy my familie in
Suid-Afrika in dieselfde asem meld
as CNN. Skielik is "my familie" nou
ook van so 'n aard dat hulle nie
geglo kan word nie. Hoe het dit nou
gebeur? Al die dinamiek wat ek kan
sien, is dat CNN en my familie se
verslaggewing nie strook met die soort
stories oor die huidige SA waarvan jy
hou nie. Of anders kan jy doen wat
Leendert probeer doen - my familie
swartsmeer en hulle van allerhande
dinge beskuldig.Alles bring jou of
Leendert egter niks in die sak nie.
Hou dus op om smalend van die Black
Sash te praat. Hulle was bakens van
lig in die donker van apartheid-SA,
wit vrouens wat geprotesteer het toe
swart vrouens wat dieselfde wou doen
in die tronke gegooi is.

Die meeste Black Sash anties het hulle eie gewetes gesalf deur
> hulle betrokkenheid by die struggle en is ook as sulks gesien deur die
> 'strugglers'.

Natuurlik. Die "strugglers" het groter
wild gejag. Hulle wou hulleself van die
wit imperialisme bevry. Hulle het 'n
vryheidsoorlog geveg (waarin daar verbasend
min wit bloed verspil is.) Maar ek dink
nie jy sou een vryheidsvegter kry wat
smalend van die Black Sash gepraat het
nie. En die feit dat jy so hatig teen hul
is, bewys dat dit jy is wat hulle as
bedreiging gesien het.

Gloudina
Re: 'n Verskil [boodskap #24859 is 'n antwoord op boodskap #24498] Sa, 24 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jul 1999 14:53:10 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|Dis baie moeilik om "in mense se harte te kyk". Gevolglik het baie van ons
|maar oordeel gefel aan die hand van mense se aksies en gedrag. Na hierdie
|rigsnoer, Johan, het ek nie jou gesig gesien by anti-apartheidrallies nie, by
|union proteste nie, op die trappe van die parlement nie, was jy nie die een wat
|daardie ou soppies aangery het nie, of vervoer verskaf het vir aangeklaagdes
|nie, of prokureurs in die hande gekry het (en voor betaal het) om aktiviste te
|verdedig nie, of dokters gekry het om wonde te verbind nie - hoe mislik
|liberaal jy dit ookal beoordeel, die black sash anties het apartheid aktief
|beveg terwyl jy en ander hier by "porkies in die zillertal" gejol het.

Hoe weet jy hoe en waar ek my bevind het? Ek dink jy sal nogal
aangenaam verras wees as jy werklik die waarheid sou weet. Net omdat
ek nie van die Black Sash hou, beteken nie dat ek minder liberaal hoef
te gewees het nie. Maar ek moet byvoeg dat ek ook nie van aktivisme
hou nie en radikale denke stoot my gewoonlik af.

Sien, ek is toe ook nie perfek nie :-)
Re: 'n Verskil [boodskap #24860 is 'n antwoord op boodskap #24498] Sa, 24 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

Ek dink jy sal nogal
> aangenaam verras wees as jy werklik die waarheid sou weet. Net omdat
> ek nie van die Black Sash hou, beteken nie dat ek minder liberaal hoef
> te gewees het nie. Maar ek moet byvoeg dat ek ook nie van aktivisme
> hou nie en radikale denke stoot my gewoonlik af.

Wel komaan, Johan, verras ons nou
aangenaam. Vertel ons wat jy gedoen
het om te werk vir die einde van
die apartheids-sisteem.

Gloudina
Re: 'n Verskil [boodskap #24861 is 'n antwoord op boodskap #24498] Sa, 24 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jul 1999 14:46:52 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|>e...@dot.com (Johan )
|
|>Daar is geen manier dat mense in die buiteland 'n OBJEKTIEWE beeld sou
|>hê van wat in SA aangaan nie -
|
|En hiermee sê jy dat mense in Suid-Afrika wel 'n objektiewe beeld gehad het -
|wat met die selektiewe medie-beriggeweging en blatante sensuur, wat met mense
|wat 'n klipgooi van die townships gebly het en nie geweet het wat daar aangaan
|nie, nooit moeite gedoen het om uit te vind nie, en nou sê ons het nie geweet
|nie.
|
Nee whoooo!!!!! Moenie die afleidings te ver vat nie. Ek het NIKS
van die mense in SA gesê nie. Ek was self daar en ek weet ek het ook
nie 'n objektiewe beeld gehad van wat om my aangaan nie. Maar dan,
binne so 'n samelewing, kan IEMAND 'n objektiewe siening hê??? Ek
twyfel.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: 'n Verskil [boodskap #24862 is 'n antwoord op boodskap #24498] Sa, 24 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jul 1999 14:56:17 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|>e...@dot.com (Johan )
|>Date: Fri, 23 July 1999 09:37 AM
|
|>Gloudina, jy't ons nooit vertel Anton Goosen het jou so goed geken
|>nie!
|
|Hel Johan, ek weer het gedink jy is die een wat die heer goosen so goed besing.

Nee jong, ek sit maar so half op die draad as dit by sy musiek kom -
soms hou ek daarvan en soms nie - gewoonlik hou ek meer daarvan as
iemand anders dit sing.
Re: 'n Verskil [boodskap #24880 is 'n antwoord op boodskap #24498] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes: > On 24 Jul 1999 23:39:42 GMT,

> Hier in die vroeë tagtigs was ons so 'n groepie wat gereeld daar in
> Hammanskraal se omgewing veelrassige byeenkomste bygewoon het wat ten
> doel gehad het dat daar Christelike grondslag sou wees aan enige
> toekomstige nuwe regering. Ek het daar vir die eerste keer ouens
> soos Franklik Sonn ontmoet en respek vir hom, byvoorbeeld, gekry, al
> het ek nie altyd saamgestem het met wat hy gesê het nie.

Kan jy meer vertel van wie Franklik Sonn was?

Ek moet sê die naam Hammanskraal stem my altyd
treurig. My laaste werk in Suid-Afrika was as
onderwyseres by die skool Kilnerton, wat toe nog
in Pretoria was, daar naby die botaniese tuine.
Maar dit was natuurlik in 'n "wit gebied" en
die regering het besluit dat dit uitgeskuif moet
word na Hammanskraal, daar op die haai vlakte.
Die oorspronklike skool in Pretoria was op so
'n mooi plek. Daar was 'n heuweltjie agter die
skool wat jy kon klim en jy sou nie kon dink
dat jy binne 'n stad was nie.

Nou Johan, in die lig van hierdie stukkie
geskiedenis van jou verlede, hoekom het jy dan
jou lewe op hierdie nuusgroep begin deur uit
te vaar oor hoe lui swartes is en, as ek reg
onthou, hoe vuil swartes is, en hoe sleg SA
daaraan toe is noudat dit deur 'n merendeels
swart party regeer word?

Gloudina
Re: 'n Verskil [boodskap #24881 is 'n antwoord op boodskap #24498] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Jul 1999 23:39:42 GMT, wrote:

| Wel komaan, Johan, verras ons nou
| aangenaam. Vertel ons wat jy gedoen
| het om te werk vir die einde van
| die apartheids-sisteem.
|
Laas toe ek dit wou doen, Gloudina, was jy die een wat my weereens
afgeskiet het - nou het jy in 'n sirkel geloop met hierdie een - heel
aan die begin van my deelname het ek jou al vertel en toe was jou
antwoord so stink dat ek besluit het dat jy nie regtig balangstel nie,
en net moeilikheid soek.

Maar netnou word ek weer beskuldig daarvan dat ek nie kan staaf wat ek
sê nie, né.

Hier in die vroeë tagtigs was ons so 'n groepie wat gereeld daar in
Hammanskraal se omgewing veelrassige byeenkomste bygewoon het wat ten
doel gehad het dat daar Christelike grondslag sou wees aan enige
toekomstige nuwe regering. Ek het daar vir die eerste keer ouens
soos Franklik Sonn ontmoet en respek vir hom, byvoorbeeld, gekry, al
het ek nie altyd saamgestem het met wat hy gesê het nie.

Nie almal pas in jou kassies nie, Gloudina.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: 'n Verskil [boodskap #24882 is 'n antwoord op boodskap #24498] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Jul 1999 16:39:03 GMT, wrote:

| min wit bloed verspil is.) Maar ek dink
| nie jy sou een vryheidsvegter kry wat
| smalend van die Black Sash gepraat het
| nie.

En vandag? Vandag is hulle gereduseer tot klein ou kantoortjies soos
die een wat hulle in die Bosmanstraat kerk (NG) in Pretoria huur om ou
klere te versprei en met drie ou Singers naaldwerk klasse te gee.

Vir my het dit ook maar gelyk asof hulle nou opgebruik is en nie meer
nodig is nie en eenvoudig eenkant gestoot word - allermins vereer word
vir hulle werk in die tyd van die struggle.
Re: 'n Verskil [boodskap #24898 is 'n antwoord op boodskap #24498] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan )

> Maar ek moet byvoeg dat ek ook nie van aktivisme
> hou nie en radikale denke stoot my gewoonlik af.

Ek skat verskillende mense heg verskillende betekenisse aan sekere woorde.
Aktivisme, na my mening is van die weinige meganismes waarlangs sosiale of
politieke doelwitte gerealiseer word. Inderdaad, na my definisie was
martin-luther king, margaret mead, einstein, sojourner truth, jose horta,
biskop tutu, wilberforce, die dalai lama almal aktiviste. Wat hou jy nie van
nie? En waar dit aktivisme naas radikalisme aangaan - definitief nie dieselfde
dier nie, maar dit lyk my asof jy hulle wel so beoordeel.
Vorige onderwerp: kyk
Volgende onderwerp: Would someone be kind enough to translate something for me ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:33:09 MGT 2024