Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sommige Ou Tannies-Blues - Koos Kombuis
Sommige Ou Tannies-Blues - Koos Kombuis [boodskap #24673] Sa, 10 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
afro...  is tans af-lyn  afro...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Sommige Ou Tannies-Blues

Deur Koos Kombuis

Ek haat sommige ou tannies
Dus is hierdie die
sommige ou tannies blues
sommige ou tannies hang dikwels rond vir kwaadgeld
in Garlicks se teekamer
en verorber kaaskoek en scones
terwyl hulle Polaroid-kiekies smokkel in hulle handtasse
van oorlede mans en stoutgat bedorwe kleinkinders
op ander kontinente
met hulle sekslose snawels
pik-pik hulle aan borde vol koekkrummels
moers trots op hul borsspelde
oorgeërf van geslag tot geslag
of gekoop op skuld by Clicks
met hoepelbene marsjeer hulle al om die goedkoop
jewelry-toonbanke
op soek na krale wat pas by hulle tuinstoelbekleedsel
in Zonnebloem of Brackenfell
soos poedelhondjies met nat neuse
sit hulle regop agter in busse
en weet nie eers wie was
Benny B. Funk and the Sons of Ghadaffi's Barmitzvah Band
Se baskitaarspeler nie
sommige ou tannies ken geen perke nie
take them away
met hulle mislike groot onderbroeke vol zips en clips
en period-vlekke uit die dertigerjare
en geparfumeerde blackmail-erfporsies
staar hulle verby hulle brille
na hulle kleindogters se nuutste sleezy boyfriends
en vergeet dat hulle ooit jags was
vroeër toe die eerste fanfare van die twintigste eeu
gebars het oor langbroektennisbane en strandverkleehokkies
stuur hulle Robbeneiland toe
dat hulle klippe kap

Ek hou nie van sommige ou tannies nie!!!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Sommige Ou Tannies-Blues - Koos Kombuis [boodskap #24711 is 'n antwoord op boodskap #24673] Di, 13 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ani  is tans af-lyn  ani
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Lyk my die antie ignoreer jou.

Groete.

afro...@my-deja.com wrote in article ...
> Sommige Ou Tannies-Blues
>
> Deur Koos Kombuis
>
> Ek haat sommige ou tannies
> Dus is hierdie die
> sommige ou tannies blues
> sommige ou tannies hang dikwels rond vir kwaadgeld
> in Garlicks se teekamer
> en verorber kaaskoek en scones
> terwyl hulle Polaroid-kiekies smokkel in hulle handtasse
> van oorlede mans en stoutgat bedorwe kleinkinders
> op ander kontinente
> met hulle sekslose snawels
> pik-pik hulle aan borde vol koekkrummels
> moers trots op hul borsspelde
> oorgeërf van geslag tot geslag
> of gekoop op skuld by Clicks
> met hoepelbene marsjeer hulle al om die goedkoop
> jewelry-toonbanke
> op soek na krale wat pas by hulle tuinstoelbekleedsel
> in Zonnebloem of Brackenfell
> soos poedelhondjies met nat neuse
> sit hulle regop agter in busse
> en weet nie eers wie was
> Benny B. Funk and the Sons of Ghadaffi's Barmitzvah Band
> Se baskitaarspeler nie
> sommige ou tannies ken geen perke nie
> take them away
> met hulle mislike groot onderbroeke vol zips en clips
> en period-vlekke uit die dertigerjare
> en geparfumeerde blackmail-erfporsies
> staar hulle verby hulle brille
> na hulle kleindogters se nuutste sleezy boyfriends
> en vergeet dat hulle ooit jags was
> vroeër toe die eerste fanfare van die twintigste eeu
> gebars het oor langbroektennisbane en strandverkleehokkies
> stuur hulle Robbeneiland toe
> dat hulle klippe kap
>
> Ek hou nie van sommige ou tannies nie!!!
>
>
>
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
>
Re: Sommige Ou Tannies-Blues - Koos Kombuis [boodskap #24718 is 'n antwoord op boodskap #24673] Wo, 14 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
afro...  is tans af-lyn  afro...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
"ani" wrote:
> Lyk my die antie ignoreer jou.
>
Dink jy Koos sou haar geken het?

PS Ek frons terwyl ek dit se.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Vorige onderwerp: Re: Informazioni
Volgende onderwerp: Dringend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 01:01:36 MGT 2024