Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Raad met werksaanbod
Raad met werksaanbod [boodskap #24513] Ma, 05 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hallo almal,veral die in Engeland

My wederhelf het 'n aanbod vanaf 'n maatskappy in London ontvang. Graag wil
ons weet: wat is die salaris vir 'n gemiddelde bestaan in London of anders:
die minimum bedrag wat mens sal nodig hê, wanneer slegs die man werk. Die
pond na rand klink na 'baie rand', maar ons weet nie presies wat die
lewensonkostes sal wees nie.

Die met raad en inligting kan aan die e-mail adres skryf. Laat net die
'dot' uit die adres weg.

Baie dankie

Shannon
Re: Raad met werksaanbod [boodskap #24608 is 'n antwoord op boodskap #24513] Wo, 07 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 07 Jul 1999 10:04:17 -0800, flappie wrote:

|Shannon, ek woon nie in Engeland nie, maar in Amerika. Ons
|is gelukkig hier, maar ek wil net dit vir jou sê: om oorsee
|te gaan woon en werk (permanent of tydelik) is nie iets wat
|jy maklik moet oorweeg nie. Dit kan erg traumaties wees.
|Voor ons hierheen gekom het, het iemand gewaarksu: die
|eerste vyf jaar is hel. Met 'n groot H.

Genade Flappie, dit klink erg! Ons ervaar die trek Amerika toe net die
teenoorgestelde. Dat dit 'n groot skuif is, ja, dis nie altemit nie en ons voel
dat 'n ou jou huiswerk baie deeglik moet doen voor jy kom. Daar is boeke soos
Culture Shock USA om te lees en Amerikaanse tydskifte om te koop - ons het
omtrent 12-15 Good Housekeeping tydskrifte gekoop en hoek tot kant deurgelees om
te kyk na pryse, hoe goed teruggeroep word, watter "appliances" als beskikbaar
is, ens. Ons het die Internet gaar getrap om op te lees oor Amerikaanse skole,
lewenswyse, ens. En by dit alles moet 'n mens in gedagte hou dat al hierdie
huiswerk jou net 'n baie klein venstertjie op Amerika gee - ons ervaring was dat
die grooot prentjie net beter was!

| Nie net is jy ontwortel nie

...ons het dit eerder gesien as ons wortels verplant ....

| - skielik is jy niemand. Niemand ken jou nie, jy ken
|niemand nie

...ons het by die United Methodist kerk aangesluit en onmiddellik is ons in die
gemeenskap opgeneem. My vrou het by die skool begin volunteer werk doen en
onmiddellik is haar vriendekring vergroot met ander ouers en van die
onderwyseresse.

|en jy weet nie eers die basiese goed wat elke
|dag as vanselfsprekend aanvaar word nie.

Dis seker die lekkerste aspek van die hele avontuur! Om alles te ontdek - vrae
te vra, te lees en te sien hoe die "ander helfte leef", foute te maak en lekker
daaroor te lag, weer van voor af te leer boerewors maak en beskuit bak met
vreemde bestanddele, en om nou nog nie eers te weet watter blomme in my tuin is
blomme en watter is onkruit nie!

|Jy het skielik
|geen kredietwaardigheid nie.

Maar ook geen sleutels in jou sak nie - ai, kon dit maar langer duur as net jou
eerste dag in 'n nuwe land! En so sonder krediet oorleef ons almal baie goed!

|Selfs goed opgevoede mense wat van beter behoort te weet
|sukkel om te verstaan dat Desember in Suid-Afrika somer is.
|'n Mediese dokter het my eenkeer gevra - baie ernstig - of
|dit in Suid-Afrika en in Amerika op dieselfde tydstip
|Kersfees is. Hy het dit so sterk met winter verbind dat hy
|opsluit wou hê dat Kersfees daar in Julie moet wees - mid-
|winter.

Hierdie uitsonderings maak die lewe hier EERS interesant! Dit gebeur nie baie
dat die mense so onnadenkend is nie, maar dis bemoedigend dat hulle meeste van
die tyd uitvra en meer wil leer.
|
|Dieselfde woorde beteken verskillende goed - veral in
|Amerika, waar hulle al eeue lank nie meer Engels praat nie.
|Amerikaans lyk en klink soos Engels, maar daar is subtiele
|en sommer groot betekenisverskille.

Jy moet my in my klas sien! Eendag dramaties vir 'n student vertel dat ek NOOIT
vir hom sal jok nie. O, Ja! Kom die antwoord van die hele klas - ek jok elke
dag. Die wind is heel uit my seile en ek vra verduideliking.

Ek het gereeld oor onderwerpe gesê: "We will discuss that just now", menende
"netnou" en vir hulle het ditbeteken "onmiddellik". Almal in die klas het so
lekker gelag!
|
|Kortom: om in anderland te gaan woon en werk, is iets wat
|jy moet heroorweeg en weer bedink en weer oordink en net
|moet aanpak as jy regtig, regtig elke enkele faktor
|uitgepluis het en die implikasies daarvan uitgetorring het.

Baie belangrik, want my aanbeveling is dat as jy eers besluit het, jy nie weer
moet terugkyk nie - soos om byvoorbeeld nog jou huis in SA aan te hou nie. Die
soort van ding veroorsaak so baie pyn onder die exPats hier.

|Lewensonkoste en salaris is erg belangrike sake, maar dit
|is nie al waaroor dit gaan nie. Om anderland toe te trek is
|baie, baie moeilik en 'n langtermyn proposisie.

'n Pel van my wat drie jaar voor ons gekom het het vir my gesê toe ek aanvanklik
by hom navraag gedoen het oor pryse en omstandighede hier: "Dis 'n stap in jou
lewe wat baie 'guts' vat, maar min oorreding".
|
|Dis maar net my mening, gebaseer op twee en 'n halwe jaar
|se verblyf hier in die VSA, en my beperkte ondervinding met
|die mense in die suidoostelike deel van Pennsylvania, waar
|ek en my gesin woon.

So ook myne hier in die middeweste in Minnesota (Flappie, miskien moet jy
hiernatoe trek en kom kyk waar die goeie mense bly!!!!).

| Hulle mag nie werk nie - geen groen
|kaart nie.

My vrou is nou voltyds ma en gebruik die geleentheid ten volle. In die
skoolseisoen, soos ek sê, volunteer sy twee oggende by die skool en nou dat die
kinders op drie maande vakansie is, gee sy soggens vir hulle skool sodat hulle
nie alles vergeet voor hulle weer in September met die nuwe jaar begin nie. En
dan is daar al die huiswerk - ek dink sy is besiger as ek deur die loop van die
dag.
|
Dis vir my baie interesant hoe verskillende mense dieselfde ding verskillend
ervaar.
Re: Raad met werksaanbod [boodskap #24609 is 'n antwoord op boodskap #24513] Wo, 07 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Shannon, ek woon nie in Engeland nie, maar in Amerika. Ons
is gelukkig hier, maar ek wil net dit vir jou sê: om oorsee
te gaan woon en werk (permanent of tydelik) is nie iets wat
jy maklik moet oorweeg nie. Dit kan erg traumaties wees.
Voor ons hierheen gekom het, het iemand gewaarksu: die
eerste vyf jaar is hel. Met 'n groot H. Ek het daaroor
gelag. My kommentaar nou? Die ou wat dit gesê het, het die
understatement van die jaar gemaak. Nie net is jy ontwortel
nie - skielik is jy niemand. Niemand ken jou nie, jy ken
niemand nie en jy weet nie eers die basiese goed wat elke
dag as vanselfsprekend aanvaar word nie. Jy het skielik
geen kredietwaardigheid nie. Gewoontes, sedes en morele
waardes is anders. Jy is vir mense 'n rariteit - byna soos
in 'n dieretuin. Hier in Amerika moes ek al telkemale
verduidelik dat Pretoria nie veel anders is as enige groot
stad in die VSA nie. Tallose mense dink alles in Afrika is
in die jungle.

Die kulturele gemeengoed ontbreek.

Selfs goed opgevoede mense wat van beter behoort te weet
sukkel om te verstaan dat Desember in Suid-Afrika somer is.
'n Mediese dokter het my eenkeer gevra - baie ernstig - of
dit in Suid-Afrika en in Amerika op dieselfde tydstip
Kersfees is. Hy het dit so sterk met winter verbind dat hy
opsluit wou hê dat Kersfees daar in Julie moet wees - mid-
winter.

Dieselfde woorde beteken verskillende goed - veral in
Amerika, waar hulle al eeue lank nie meer Engels praat nie.
Amerikaans lyk en klink soos Engels, maar daar is subtiele
en sommer groot betekenisverskille.

Kortom: om in anderland te gaan woon en werk, is iets wat
jy moet heroorweeg en weer bedink en weer oordink en net
moet aanpak as jy regtig, regtig elke enkele faktor
uitgepluis het en die implikasies daarvan uitgetorring het.
Lewensonkoste en salaris is erg belangrike sake, maar dit
is nie al waaroor dit gaan nie. Om anderland toe te trek is
baie, baie moeilik en 'n langtermyn proposisie. Om terug te
trek eieland toe is dalk nog moeiliker. Wie het gesê: jy
kan nie regtig teruggaan huis toe nie? Want as jy
teruggaan, is alles tuis ook soveel anders as wat dit was
toe jy weg is. Jy kan alleen teruggaan huis toe as jy ook
in die tyd kan teruggaan.

Dis maar net my mening, gebaseer op twee en 'n halwe jaar
se verblyf hier in die VSA, en my beperkte ondervinding met
die mense in die suidoostelike deel van Pennsylvania, waar
ek en my gesin woon. Hulle mag nie werk nie - geen groen
kaart nie.

**** Posted from RemarQ - http://www.remarq.com - Discussions Start Here (tm) ****
Re: Raad met werksaanbod [boodskap #24648 is 'n antwoord op boodskap #24513] Do, 08 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met alles wat hieronder staan ! Ek het net dieselfde ervare
hier in België ! Dink goed voor jy emigreer ! Ons het nie 'n keuse gekry
nie, maar as jy een het, dink voor jy jou land verlaat !
Groete. Hilda.

> Shannon, ek woon nie in Engeland nie, maar in Amerika. Ons
> is gelukkig hier, maar ek wil net dit vir jou sê: om oorsee
te gaan woon en werk (permanent of tydelik) is nie iets wat
jy maklik moet oorweeg nie. Dit kan erg traumaties wees.
Voor ons hierheen gekom het, het iemand gewaarksu: die
eerste vyf jaar is hel. Met 'n groot H. Ek het daaroor
gelag. My kommentaar nou? Die ou wat dit gesê het, het die
understatement van die jaar gemaak. Nie net is jy ontwortel
nie - skielik is jy niemand. Niemand ken jou nie, jy ken
niemand nie en jy weet nie eers die basiese goed wat elke
dag as vanselfsprekend aanvaar word nie. Jy het skielik
geen kredietwaardigheid nie. Gewoontes, sedes en morele
waardes is anders. Jy is vir mense 'n rariteit - byna soos
in 'n dieretuin. Hier in Amerika moes ek al telkemale
verduidelik dat Pretoria nie veel anders is as enige groot
stad in die VSA nie. Tallose mense dink alles in Afrika is
in die jungle.

Die kulturele gemeengoed ontbreek.

Selfs goed opgevoede mense wat van beter behoort te weet
sukkel om te verstaan dat Desember in Suid-Afrika somer is.
'n Mediese dokter het my eenkeer gevra - baie ernstig - of
dit in Suid-Afrika en in Amerika op dieselfde tydstip
Kersfees is. Hy het dit so sterk met winter verbind dat hy
opsluit wou hê dat Kersfees daar in Julie moet wees - mid-
winter.

Dieselfde woorde beteken verskillende goed - veral in
Amerika, waar hulle al eeue lank nie meer Engels praat nie.
Amerikaans lyk en klink soos Engels, maar daar is subtiele
en sommer groot betekenisverskille.

Kortom: om in anderland te gaan woon en werk, is iets wat
jy moet heroorweeg en weer bedink en weer oordink en net
moet aanpak as jy regtig, regtig elke enkele faktor
uitgepluis het en die implikasies daarvan uitgetorring het.
Lewensonkoste en salaris is erg belangrike sake, maar dit
is nie al waaroor dit gaan nie. Om anderland toe te trek is
baie, baie moeilik en 'n langtermyn proposisie. Om terug te
trek eieland toe is dalk nog moeiliker. Wie het gesê: jy
kan nie regtig teruggaan huis toe nie? Want as jy
teruggaan, is alles tuis ook soveel anders as wat dit was
toe jy weg is. Jy kan alleen teruggaan huis toe as jy ook
in die tyd kan teruggaan.

Dis maar net my mening, gebaseer op twee en 'n halwe jaar
se verblyf hier in die VSA, en my beperkte ondervinding met
die mense in die suidoostelike deel van Pennsylvania, waar
ek en my gesin woon. Hulle mag nie werk nie - geen groen
kaart nie.

**** Posted from RemarQ - http://www.remarq.com - Discussions Start Here
(tm) ****

--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Re: Raad met werksaanbod [boodskap #24682 is 'n antwoord op boodskap #24513] Sa, 10 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin wrote in message ...
> Ek stem saam met alles wat hieronder staan ! Ek het net dieselfde ervare
> hier in België ! Dink goed voor jy emigreer ! Ons het nie 'n keuse gekry
> nie, maar as jy een het, dink voor jy jou land verlaat !
> Groete. Hilda.

Johan, Henry en Hilda

Dankie vir jul skrywe. Ek dink die hele ding lê by die 'guts' en jou
aanpasbaarheid. Dit is egter nie iets wat my bekommer nie. Ek meen, enige
iemand wat kan aanpas in Namibië....(kyk net of oom Hans nog met ons is)

Vir my lê die feit dat slegs een persoon as broodwinner gaan. Finansiële
sekuriteit bly die belangrikste oorweging. Om op te gee wat mens tans hier
het, dit daar anderkant nie te maak nie....dis alreeds so moelik om met jou
ou wit velletjie hier 'n bestaan te maak.

Ek glo egter as ons moet skuif sal alles wel in plek val.

Groete

Shannon
Re: Raad met werksaanbod [boodskap #24701 is 'n antwoord op boodskap #24513] So, 11 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin wrote in message ...
>> Vir my lê die feit dat slegs een persoon as broodwinner gaan.
> Ek werk ook, Shannon. Maar dis die hele samelewing wat so baie verskil van
> wat ek geken het ; ek kry heeltyd die gevoel dat ek 'n
> vreemdeling/buitelander is. Ek kyk na die mense en ek voel nie soos een van
> hulle nie. Ek's bang ek sê iets verkeerds want hulle reageer nie soos ek
> gewoond is van mense in Kongo nie. Wel, dis nou alreeds amper 8 jaar en ek's
> dit nog nie gewoond nie.

Ek wonder of dit wat jy ervaar nie ook tot 'n mate kan vergelyk kan word met
wat baie tieners ervaar nie: die gevoel van almal 'kyk' vir jou, terwyl die
teendeel waar is.

Ek dink dit is lekker om te weet jou familie is naby, alhoewel ek baie maal
voel ek kan nie vér genoeg van die skoonfamilie kom nie! ;-)

Sterkte!

Shannon

Maar ja, ek moet erken dat dit darem beter gaan -
> ons kinders en kleinkinders is ook hier - my ouers en skoonpa - wel , die
> hele familie. En as dit sleg gaan, kan ek met my sussie daaroor praat - sy
> is in Kongo gebore en het ook in 1991 hierheen gekom en sy verlang ook maar
> !
> Groete.
> Hilda.
>
> --
> E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
> Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
> http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
> http://myhuisie.webjump.com en
> http://www.oocities.org/EnchantedForest/Tower/9054
>
Re: Raad met werksaanbod [boodskap #24702 is 'n antwoord op boodskap #24513] So, 11 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Vir my lê die feit dat slegs een persoon as broodwinner gaan.
Ek werk ook, Shannon. Maar dis die hele samelewing wat so baie verskil van
wat ek geken het ; ek kry heeltyd die gevoel dat ek 'n
vreemdeling/buitelander is. Ek kyk na die mense en ek voel nie soos een van
hulle nie. Ek's bang ek sê iets verkeerds want hulle reageer nie soos ek
gewoond is van mense in Kongo nie. Wel, dis nou alreeds amper 8 jaar en ek's
dit nog nie gewoond nie. Maar ja, ek moet erken dat dit darem beter gaan -
ons kinders en kleinkinders is ook hier - my ouers en skoonpa - wel , die
hele familie. En as dit sleg gaan, kan ek met my sussie daaroor praat - sy
is in Kongo gebore en het ook in 1991 hierheen gekom en sy verlang ook maar
!
Groete.
Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com en
http://www.oocities.org/EnchantedForest/Tower/9054
Re: Raad met werksaanbod [boodskap #24703 is 'n antwoord op boodskap #24513] So, 11 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> die gevoel van almal 'kyk' vir jou, terwyl die
> teendeel waar is.
Eintlik is dit die teenoorgestelde - dis ek wat heeltyd verwonderd is oor
die ander mense :-). Ek glo nie iemand kyk na iemand anders hier nie ! Almal
is net met hulself besig :-). Mense is vreeslik egosentries in hierdie
maatskappy.
Maar ek sal oorlewe :-)).
Groete.
Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com en
http://www.oocities.org/EnchantedForest/Tower/9054
Vorige onderwerp: Nederland infobladsy hier te vinde
Volgende onderwerp: Re: Any 'maties' online??
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:01:25 MGT 2024