Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Agge nee man!
Agge nee man! [boodskap #24486] So, 04 Julie 1999 00:00
Marius Grobler  is tans af-lyn  Marius Grobler
Boodskappe: 12
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jy weet Riaan, jy is tiperend van 'n tipe mens waarmee ek niks te make wil he nie. Ongeag of ek nou met jou saamstem of nie.

Kom laat ek jou nou 'n bietjie vertel wat ek in jou pos lees.

> Frik
>
> Los die klomp kaffer boeties alleen. 1. Is dit 'n belediging? (hipotetiese aanname sonder enige fondament)
> Hulle sal self hulle deuntjie verander 2. Hulle sal almal eendag dink soos ek (onbewese versinsel; onwaarskynlik)
> as die boere terug vat wat hulle toekom. 3. As jy dit nie wil gee nie dan sal ek dit sommer vat (Ek noem dit natuurlik steel, maar dit is waarskynlik omdat ek morele waardes het)
> Probleem is net dat hulle dan sal sê maar dit is wat hulle nog altyd gesê
> het gaan gebeur. 4. Ek weet wat julle gaan doen ('n toekomsvisie sonder kwalifikasie)
> Hulle is net 'n klomp slapgatte 5. Bla bla beledigings (Slapgat: Iemand wat onverantwoordelike bewerings maak en dan weghardloop sonder om dit te verdedig/kan verdedig)
> wat net soos die NG kerk 6. En die kerk bla bla (betekenislose uitvaarding teen 'n instansie waarvan ek nie deel is nie)
> hulle mening verander om by die hoofstroom te pas 7. Hulle het eers almal saam met my gestem maar hulle dink nou anders (ongegrond; 'n Weerspreking)
> ..........of dit nou reg is of nie
8. Of ek nou dink dit is reg of nie

Eerstens: Alhoewel ek jou oordeel oor reg en verkeerd respekteer sal ek desondanks nie toelaat dat jy dit aan my opdring nie.

Nou wonder ek maar net: waaroor die bohaai? Het jy nie die moed van jou eie oortuiging nie? Of is jy nie intelligent genoeg om jou standpunt te verdedig nie? Ek glo dat jy wel in staat is om dit te doen en daarom doen ek van die hand dat jou hele filosofie niks anders as propaganda is. Met filosofie bedoel ek: die logika van ons denke.

Dit is nie nodig om al jou toys uit die kot uit te gooi nie ou bul. As jy wil he ek moet jou glo dan sal jy my moet oortuig. As ek na jou pos kyk dan het jy eintlik niks gese nie. Dit is 'n warboel van ongegrond nonsens en dermale 'n gebabbel van die swakste gehalte.

Nou gaan ek jou 'n storie vertel. Eendag was daar 'n dwase herbergier. Hy kon baie lekker kos maak en baie mense het daar gaan eet. Op 'n dag het 'n hawelose man daar verbygestap en die lekker kos geruik. Hy stap toe binne na waar die pot oor die vuur kook, en hou 'n stukkie droe brood in die stoom oor die pot. Die herbergier gryp toe die arme drommel en eis toe onmiddelik betaling. Tussen die mense was daar 'n wyse jong man wat alles deeglik betrag. Hy stap toe nader en vra aan die boemelaar of hy geld het. Die boemelaar het sy sakke uitgeskud en hy kry toe een sent. Die jong man neem toe die sent en laat val dit teen die grond. Toe se hy vir die herbergier: "Hy het van die stoom oor die pot geneem en daarvoor betaal deur die klank van die muntstuk".

Ek het jou met meer betaal as dit. Wees tog asseblief in die vervolg meer bedagsaam. Dit is duidelik dat jy relatief nuut is tot geselsgroepe. Wat jy ervaar is waarskynlik vrees. Bly gerus in ons geselskap, jy sal dermate leer om sinvol te redeneer.
Vorige onderwerp: Fort Snelling Deel 2
Volgende onderwerp: "Dolosse" deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 01:04:24 MGT 2024