Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: "Winternag" deur EUGENE MARAIS
Re: "Winternag" deur EUGENE MARAIS [boodskap #24403] Do, 01 Julie 1999 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink hierdie is een van die mooiste gedigte wat nog in Afrikaans geskryf is.
Julle ander mense se gunsteling?

| WINTERNAG
| Eugene Marais
|
|O koud is die windjie
|en skraal.
|En blink in die dof-lig
|en kaal,
|so wyd as die Heer se genade,
|lê die velde in sterlig en skade.
|En hoog in die rande,
|versprei in die brande,
|is die grassaad aan roere
|soos winkende hande.
|
|O treurig die wysie
|op die ooswind se maat,
|soos die lied van 'n meisie
|in haar liefde verlaat.
|In elk' grashalm se vou
|blink 'n druppel van dou,
|en vinnig verbleek dit
|tot ryp in die kou!
|
|
|
Vorige onderwerp: Kritiese koerante in Afrikaans
Volgende onderwerp: Forts Snelling Verwysings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 01:40:46 MGT 2024