Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE WAARHEIDSKOMMISSIE: vir wie en waarom?
DIE WAARHEIDSKOMMISSIE: vir wie en waarom? [boodskap #6567] Sa, 08 Junie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Charl Durand verklaar dat hy sinies is oor die "damaskus-
pad" ondervindinge deesdae. "Wat ons red," se hy, "is die
ongelooflike verdraagsaamheid aan alle kante: Swart se
verdraagsaamheid van die witte... en wit se vertroue dat hy
nie gaan wraak neem nie." Is dit nie alreeds 'n gevolg van
die funksie wat die Waarheids- kommissie vervul nie?

Onthou, ook, daar is swart gewetes wat swaar dra aan dinge
wat gedoen is in die afgelope paar dekades. Soos die mense
wat 'n jong tuinwerker sommer net daar in die tuin doodmaak,
omdat hy werk toe gegaan het en nie aan die optog deur die
strate van Durban deelgeneem het nie, in die vroegsestigerjare,
net na Sharpville. Ek het altyd gewonder: het hierdie jong seun
selfs geweet van die boikot?

Gloudina Bouwer
Re: Die WAARHEID [boodskap #24254 is 'n antwoord op boodskap #6567] So, 27 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
rsa...@intekom.co.za (Frikkie Potgieter) writes:

> Wil u weet wat die waarheid is aangaande Suid Afrika.
> Sluit aan by die Fryheid2000 Nuuslys wat eenkeer per week uitgestuur
> word en waarin artikels en nuus geplaas word oor die ware
> omstandighede in Suid Afrika wat die linkse liberake koerante weier om
> te publiseer.
>
> http://Freedom2000News.listbot .com
>
> Beste Groete
> Frikkie
>
> http://members.tripod.com/Vryheid2000/
> http://www.niemoller.co.za

Kyk nou hoe het ou Frikkie al vergeet
om "vryheid" in sy eie moedertaal te
skryf. Gelukkig is dit darem reg gespel
op die site. Gelukkig is die "liberake"
Afrikaanse koerante se Afrikaans darem
nog goed. Dit lyk vir my dat mense soos
Frikkie al half-pad verengels het. Dis
nou omdat hulle gedwing word om hulle
geestesgenote (mede regse reaksioneres)
in Noord-Amerika en seker ook in Europa
in Engels aan te spreek.

Die tannie op die taalkomitee
van die derde Afrikaanse taalbeweging
in die Derde anglo-boere oorlog om
die moedertaal te beskerm teen die
hanskakies soos Frikkie wat hulle
taal vir 'n pot lensiesop verkoop.
Re: Die WAARHEID [boodskap #24255 is 'n antwoord op boodskap #6567] So, 27 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Koos Greeff  is tans af-lyn  Koos Greeff
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ag Frikkie, kry tog 'n lewe. Wanneer sal ons Afrikaners tog leer om minder
behep te wees met spoke en goeters wat bang maak in die nag en begin lewe.
Of anders - emigreer en word 'n rooinek

Koos
Frikkie Potgieter wrote in message ...
> Wil u weet wat die waarheid is aangaande Suid Afrika.
> Sluit aan by die Fryheid2000 Nuuslys wat eenkeer per week uitgestuur
> word en waarin artikels en nuus geplaas word oor die ware
> omstandighede in Suid Afrika wat die linkse liberake koerante weier om
> te publiseer.
>
> http://Freedom2000News.listbot .com
>
> Beste Groete
> Frikkie
>
> http://members.tripod.com/Vryheid2000/
> http://www.niemoller.co.za
>
Vorige onderwerp: Jews - Communism
Volgende onderwerp: toets ek se
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 22:25:46 MGT 2024