Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » The Long Walk of Nelson Mandela
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24219 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Laat my dink aan die meisie wat in 'n stampvol bus opklim en 'n ou omie
staan op, Nee Nee sê sy en druk hom terug in die stoel, ek sal maar staan.

Na die ou omie se 3 de probeerslag om op te staan en weer deur die meisie
platgedruk word, vererg hy hom en sê, maar my hel man ek is nou al 5 blokke
weg van waar ek wou afklim
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24220 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:


> Free Agent is verniet - ek sal kyk of ek die oorspronklike file kan
> opspoor en dan e-mail ek dit vir jou.

Free Agent is afgelaai op ons rekenaar-
al vir 'n baie lang ruk. Ek het dit te
tydberowend en onbetroubaar gevind toe
ek dit vir 'n rukkie gebruik het. Ek
sal weer gaan kyk.

Laat iemand jou help dit
> installeer

Het jy die implikasie bostaande sin
besef voordat jy dit hovaardig ingetik
het? Hoekom dink jy ek het hulp nodig
om dit te installeer, jong wit omie?

sodat jy kan sien dis nie 'n virus nie.

Bedoel jy sodat ek kan check dat dit nie
virusse bevat nie, of verwys jy weer na
die happy99-virus episode? Beide sinne
klink maar vir my bietjie neerbuigend.
Ek stel voor dat jy ook wat jy skryf
drie of vier keer lees voordat jy dit pos,
en as iemand vir jou daarop wys dat jy
die Amish beswadder en jy antwoord terug
"hou jou bek, jy is 'n weerwolf" dat dit
'n baie ongebalanseerde en eintlik
amusante reaksie is, as dit nie so pateties
is nie.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24221 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Jun 1999 02:57:12 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|>Basiese respek
|>teenoor die vrouegeslag hoef nie te verdwyn net omdat hulle gelyke
|>geleenthede
|>met mans deel nie.
|
|Maar JY, as man, bepaal dan nou hoe daardie respek lyk en watter vorm dit
|aanneem. Jy het besluit watter gedragsvorme kwansuis respek illustreer en
|indien vroue nie daarmee saamstem nie - wel, basta en too bad. Wanneer respek
|soos hierdie op jou terme gedefinieer word is dit bra onrespekvol.
|

Maar JY, as man, bepaal dan nou dat mans hierdie norme van respek
vasgestel het. Ek dink jy is verkeerd - ek is maar 'n eenvoudige ou,
en op my naiewe manier dink ek norme vir goeie maniere is oor die eeue
vasgestel deur beide mans en vroue. Ek dink nie Emsie Schoeman sal
veel gevlei voel as jy haar beskuldig dat haar boek se hele inhoud
netso die produk van slegs manlike chauvinisme is nie.

Ek probeer maar op my stupid manier al die goeie maniere uithaal wat
my ma my geleer het en wat ek in ettiket boeke gesien het, en as vroue
nie daarvan hou nie, hoef hulle net te sê, dan verander ek hoe ek
optree - dis hulle voorreg om ander gedrag te vra, want hulle is aan
die ontvangkant.

Hoe bepaal JY JOU norme vir goeie gedrag teenoor dames, Leswin?
Vertel ons eerder dit, dan leer ons almal iets, as wat jy my aanval
wat maar 'n baie onbeduidende ou skepseltjie is.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24222 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>> Ek het dit eerder hier met hare wat op jou gesig groei
>
> So what as hare op iemand se gesig groei - vroue inkluis? Wat in hemelsnaam is
> jou punt?

Aroooooooooooooooooooo!!!!!! :)
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24223 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Jun 1999 14:29:25 GMT, wrote:
| Free Agent is afgelaai op ons rekenaar-
| al vir 'n baie lang ruk. Ek het dit te
| tydberowend en onbetroubaar gevind toe
| ek dit vir 'n rukkie gebruik het. Ek
| sal weer gaan kyk.

Ek ondervind nie probleme met Free Agent nie - laat weet waarmee jy probleme het
dan help ek graag.
|
| Laat iemand jou help dit
|> installeer
|
| Het jy die implikasie bostaande sin
| besef voordat jy dit hovaardig ingetik
| het? Hoekom dink jy ek het hulp nodig
| om dit te installeer, jong wit omie?

Jy val my al weer persoonlik aan...
Ek sou nie wou hê dat jy nie Agent gebruik net omdat jy dit nie in die hande kan
kry nie - jy het al voorheet insinueer dat jy nie toegang tot die web het nie -
ek weet dus nie wat jou rekenaar kennis is nie en dit was maar 'n vriendelike
voorstel. 'n Ander persoon wat help sou jou kon oortuig dat ek nie besig is om
vir jou virusse te stuur nie.

| sodat jy kan sien dis nie 'n virus nie.
|
| Bedoel jy sodat ek kan check dat dit nie
| virusse bevat nie, of verwys jy weer na
| die happy99-virus episode? Beide sinne
| klink maar vir my bietjie neerbuigend.

Ek het probeer bewys dat ek nie besig is om jou te saboteer nie, dis al.
Beide sinne klink vir jou verkeerd.

| Ek stel voor dat jy ook wat jy skryf
| drie of vier keer lees voordat jy dit pos,
| en as iemand vir jou daarop wys dat jy
| die Amish beswadder en jy antwoord terug
| "hou jou bek, jy is 'n weerwolf"

Moet asseblief nie goed in aanhalingstekens sit wat ek nie gesê het nie - ek
ervaar dit dat jy my op die manier ook maar beswadder en daarom neem ek jou
kommentaar met 'n knippie sout....

| dat dit
| 'n baie ongebalanseerde en eintlik
| amusante reaksie is, as dit nie so pateties
| is nie.
|
Dit sou wees, as dit was wat ek gesê het.

Wys vir ons jy kan met mense kommunikeer wat van jou eie mening
verskil en dit doen op so 'n manier dat jy alleen van die persoon se
opinie verskil en nie sy persoon in die proses aanval nie.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24224 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Jun 1999 00:35:41 GMT, wrote:
| Ja, en dit het tyd geword om op te
| hou om vir my te skilder as 'n
| weerwolf. Dis nie snaaks nie. Dis
| snert. Dis onbeskof. Hoekom laat
| jy jouself sulke onbeskofte maniere
| toe teenoor 'n dame?

Jy lok dit uit met jou plasings soos byvoorbeeld die een wat begin
met: " Johan, dis mense soos jy wat die mite
skep dat ..."

Jou sweeping statements wat beskuldig sonder dat jy weet waarvan jy
praat.

Ek het al soveel keer vir jou gesê ek sal eerder positiewe bydraes van
jou kant af wil sien, soos die een oor die humorsin.

Maar ek is nie bereid om jou in vrede te laat solank jy oor my trap
nie. Soos jy gee, so gaan ek teruggee. As jy vrede wil hê, wys my!
Probeer mense se plasings aanvul en die onderwerk bespreek en probeer
terselfdertyd niks oor die persoon sê nie. Solank jy dit doen, sal ek
jou uitlos.

Hou op om jou eie status van dame wees af te breek. Ek sal ophou om
jou as 'n weirdo voor jou rekenaar te skilder as jy ophou om
labeltjies om my en ander op die ng se nekke te hang. Enige iets van
apartheids varke tot ou omies. Kan jy kommunikeer sonder om ander te
wil verkleineer? Wys dit vir ons! Die bal is in jou baan......

Wys vir ons jy kan met mense kommunikeer wat van jou eie mening
verskil en dit doen op so 'n manier dat jy alleen van die persoon se
opinie verskil en nie sy persoon in die proses aanval nie.

Ek hou nie daarvan nie, maar ek gaan terugskiet elke keer as jy my as
persoon aanval. Kom ons probeer dit vermei. Maar dit geld vir almal
op die ng. Jy mag niemand persoonlik aanval nie. Soos byvoorbeeld
die agtervolgings-waansinnige plasing wat jy gemaak het oor die
duitsertjie wat wou inligting hê. As hy onskuldig was, het jy hom
gruwelik beledig en aanstoot gegee. As hy skuldig was soos jy gesê
het, het jy direk in sy hand gespeel en het hy die reaksie uitgelok
wat sekerlik die doel dan met sy plasing sou wees.

Lees elkeen van jou plasings voor jy die send knoppie druk, en as jy
iemand se persoon slegsê, vee daardie deel van die boodskap uit - dan
sal ek jou uitlos.

Free Agent is verniet - ek sal kyk of ek die oorspronklike file kan
opspoor en dan e-mail ek dit vir jou. Laat iemand jou help dit
installeer sodat jy kan sien dis nie 'n virus nie.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24225 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Vir my is
> dit wonderlik dat Miesies Dole ewe maklik president kan word as Bush

En as jy dit glo is die maan werklik van kaas gemaak. "Ewe maklik?" Dit word
nie eers meer betwis dat vroue (soos vele ander minderheidsgroepe) in die
algemeen veel harder moet werk en meer struikelblokke moet oorkom om dieselfde
posisies as mans te beklee nie. Indien dit so maklik was, waarom was daar nog
nooit 'n vrouepresident nie, of waarom is daar nie groter verteenwoordiging in
die magsgange nie - institusionele seksisme, dis waarom. En jou naiwe
uitspraak wat impliseer dat die speelgrond gelyk is help om daardie
magsonewewig te handhaaf.

> Basiese respek
> teenoor die vrouegeslag hoef nie te verdwyn net omdat hulle gelyke
> geleenthede
> met mans deel nie.

Maar JY, as man, bepaal dan nou hoe daardie respek lyk en watter vorm dit
aanneem. Jy het besluit watter gedragsvorme kwansuis respek illustreer en
indien vroue nie daarmee saamstem nie - wel, basta en too bad. Wanneer respek
soos hierdie op jou terme gedefinieer word is dit bra onrespekvol.

> ...dan gebruik lelike mense sulke behaarde kreature om kinders mee bang te
> maak
> of hulle maak flieks daaroor en noem die goed weerwolwe .....

Van onsamehangend na sinneloos. Wat probeer jy met hierdie woordeslaai se?

> As jy 'n humorsin gehad het en die hele paragraaf gelees het en minder
> liggeraak
> was, sou jy verstaan het. Jy het ons al vroeër baie duidelik laat verstaan
> dat
> jy nie 'n humorsin het nie - toe dit so breedvoerig bespreek is - so, aanvaar
> dus maar dat jy nooi sal verstaan nie

Nee - JY het besluit en JY bepaal dat ek nie sal snap nie en JY weet hoe ek die
paragraaf gelees het en JY se ek het nie 'n humorsin nie. Sien jy 'n patroon,
Johan? Die wereld is net so waar soos wat jy bepaal dat dit is en wanneer iets
buite jou begripsraamwerk of siening val is dit of ongeldig, onwaar, of
"driwwel".

> My plasings is nie vir julle hiperintelekueles bedoel nie - dis vir gewone
> mense.

Ek sien nie myself as 'n "hiperintelektueel" nie - aarde, ek glo nie eens ek
wil weet wat dit beteken nie - en eien as gewone mens wat lag, huil, liefhet,
verlang, kwaad word, vergewe, en kortom leef, die reg toe om soos ander mense
daarop kommentaar te lewer.

> Ek het hier vir Gloudina angespreek en ek het aanvaar sy is slim genoeg om te
> weet waarvan ek praat.

Die vraag is liewer of jy weet waarvan jy praat.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24226 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Jun 1999 02:57:12 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|>...dan gebruik lelike mense sulke behaarde kreature om kinders mee bang te
|>maak
|>of hulle maak flieks daaroor en noem die goed weerwolwe .....
|
|Van onsamehangend na sinneloos. Wat probeer jy met hierdie woordeslaai se?
|
|>As jy 'n humorsin gehad het en die hele paragraaf gelees het en minder
|>liggeraak
|>was, sou jy verstaan het. Jy het ons al vroeër baie duidelik laat verstaan
|>dat
|>jy nie 'n humorsin het nie - toe dit so breedvoerig bespreek is - so, aanvaar
|>dus maar dat jy nooi sal verstaan nie
|
|Nee - JY het besluit en JY bepaal dat ek nie sal snap nie en JY weet hoe ek die
|paragraaf gelees het

Dit was jy wat geskryf het: "So what as hare op iemand se gesig groei
- vroue inkluis? Wat in hemelsnaam is jou punt?

Jy het nie gesnap nie......
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24227 is 'n antwoord op boodskap #24016] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Maar, ek is nie bereid om op te hou om 'n deur vir 'n dame oop te hou dat sy
> eerste kan deurstap nie.

Maar Johan, vertel nou asseblief vir
my waar jy die storie kry dat jy nie
meer die deur vir 'n vrou kan oophou
nie. Weet jy, dis 'n storie wat deur
ou wit omies versprei word omdat hulle
so giftig is teen enige vrou wat nie
weet waar "haar plek" is nie. Ek het
hierdie verskynsel nog nooit persoonlik
waargeneem nie. Vertel my asseblief wie
dit vir jou vertel het en hoekom jy dit
glo. Of is dit maar een van hierdie
figmente van die ou wit omies se
breine, 'n manier om te sê suksesvolle
vroue is nie ware dames nie?

hulle maak flieks daaroor en noem die goed weerwolwe .....
>
> | Wat in hemelsnaam is
> |jou punt?
>
> As jy 'n humorsin gehad het en die hele paragraaf gelees het en minder liggeraak
> was, sou jy verstaan het. Jy het ons al vroeër baie duidelik laat verstaan dat
> jy nie 'n humorsin het nie -

Hier is nog 'n tipiese wit ou omie
tegniek van Johan - hy eis dat hy
moet toegelaat word om enige snert
te praat, en as mense vir hom vra
wat in hemelsnaam sy punt is, dan
beskuldig hy hulle daarvan dat hulle
nie humorsin het nie. Nee, Johan,
as jy volwasse genoeg was, sou jy
geweet het dat 'n hele klomp dinge
wat jy sê net plein onbeskof is.
>
> Ek het hier vir Gloudina angespreek en ek het aanvaar sy is slim genoeg om te
> weet waarvan ek praat.

Ja, en dit het tyd geword om op te
hou om vir my te skilder as 'n
weerwolf. Dis nie snaaks nie. Dis
snert. Dis onbeskof. Hoekom laat
jy jouself sulke onbeskofte maniere
toe teenoor 'n dame? Ou wit omie,
wat "weier om op te hou om deure
oop te maak vir vroumense." Almal
kan die kontradiksie in jou geskrifte
sien, behalwe jyself.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24248 is 'n antwoord op boodskap #24016] So, 27 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Ek het, toe ek nog student was op
> Stellenbosch, die Amerikaanse konstitusie
> punt vir punt in die oorspronklike Engels van
> daardie tyd deurgewerk. En van daardie tyd
> af was ek 'n student en bewonderaar van die
> Amerikaanse konstitusie en sy amendemente.
> So, moenie na minder as twee jaar in die
> VSA nou begin die Amerikaanse konstitusie
> interpreteer nie.

Nou verduidelik dan vir ons, Gloudina, jou uitleg van die disestablishment
clause.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24250 is 'n antwoord op boodskap #24016] So, 27 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ja, dit was Charlton Heston, die
> voorsitter van die NRA (National
> Rifle Association- wat geen wette
> wil toelaat wat gewere-besit beperk
> nie) wat die tien gebooie van die
> berg Ararat afgebring het en dit
> nou in Amerikaanse skole wil ophang.

Liewe Gloudina,

As jy die simbole van ander mense se godsdiens in jou politieke argumente
wil gebruik, kan jy ten minste seker maak dat jy die besonderhede korrek
het, al verstaan jy nie die simbole nie.

Daar is geen verband tussen Ararat en die Tien gebooie nie
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24251 is 'n antwoord op boodskap #24016] So, 27 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
O ja!

En as bewonderaar van die Amerikaanse "konstitusie" sedert jou jon dae, sal
jy seker ook vir ons kan uitlê watter invloed dit gehad het op die
ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner, byvoorbeeld so lank
terug as die republieke van Swellendam en Graff-Reinet, die manifes van
Retief, en vele ander verwikkelinge tot op hede.

Vriendelike groete, Leendert

Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> @igs.net wrote in message ...
>> Ek het, toe ek nog student was op
>> Stellenbosch, die Amerikaanse konstitusie
>> punt vir punt in die oorspronklike Engels van
>> daardie tyd deurgewerk. En van daardie tyd
>> af was ek 'n student en bewonderaar van die
>> Amerikaanse konstitusie en sy amendemente.
>> So, moenie na minder as twee jaar in die
>> VSA nou begin die Amerikaanse konstitusie
>> interpreteer nie.
>
>
> Nou verduidelik dan vir ons, Gloudina, jou uitleg van die disestablishment
> clause.
>
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24287 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
> Leendert, ek weet maar min hiervan. Sal
> jy nie die invloed van die Amerikaanse
> grondwet (en die voorafgaande besprekings)
> op die politieke denke in suidelike
> Afrika beskryf nie? Ek dink dit kan 'n
> interessante thread word.

Ek beplan hoegenaamd nie om soveel tyd aan die onderwerp te bestee nie. Ek
het bloot aangeneem dat, as jy so kundig is oor die Amerikaanse grondwet as
wat jy beweer, jy ook die implikasies daarvan sou ondersoek het vir die volk
wat jy voorgee om te probeer "red".

Maar jy kan begin met iets soos WA de Klerk se "Puritans in Africa".

>
> Ek word al hoe meer gefassineer deur die
> rol wat die "Speaker" in die Amerikaanse
> sisteem speel. In die VSA het die Speaker
> omtrent soveel mag soos 'n prime minister
> in die Britse Stelsel. Wat meer is, hy word
> ook President as die President en die
> Vise-President albei nie meer kan funksioneer
> nie. Dus 'n baie magtige posisie. Heeltemal
> anders as die Speaker in die Britse Stelsel,
> waar hy maar ongeveer skeidsregter tussen
> die partye is.

Die Speaker in die Amerikaanse kongres is die leier van die
meerderheidsparty in daardie kamer. Dit is presies die posisie van 'n Briste
eerste minister. Dit is ook presies die posisie van die Suid-Afrikaanse en
vele ander staatshoofde.

Die verskil met Britanje is dat die staatshoof in laasgenoemde geen
wesenlike funksie het nie. Ander seremoniële staatshoofde is dieselfde. Dit
beteken dat, in Britanje, soos in SA, daar nie dieselfde skeiding bestaan
tussen die wetgewende gesag en die uitvoerende gesag as in die VSA (en,
byvoorbeeld, Frankryk) nie - die leier van die meerderheidsparty beheer
albei. In hierdie lande is die funksies van die amerikaanse president
(verkose amptenaar verantwoordelik vir die uitvoerende gesag) en die
amerikaanse speaker (verkose amptenaar verantwoordelik vir die wetgewende
gesag) gekombineer.

Gegee die duidelik gedemonstreerde magsbasis van die Amerikaanse speaker, is
dit dus nie vreemd dat daardie speaker ook met mag beklee word nie.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24288 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Ek beplan hoegenaamd nie om soveel tyd aan die onderwerp te bestee nie. Ek
> het bloot aangeneem dat, as jy so kundig is oor die Amerikaanse grondwet as
> wat jy beweer, jy ook die implikasies daarvan sou ondersoek het vir die volk
> wat jy voorgee om te probeer "red".

En van wanneer af probeer ek enige "volk"
red? Daar is nie so-iets soos 'n "volk"
nie. Dis 'n nazi-denkwyse, wat aanhoudend
gebruik was deur die apartheids-varke,
en in die onmiddelike verlede weer deur
Milosevitch.

Gloudina
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24289 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> Ek beplan hoegenaamd nie om soveel tyd aan die onderwerp te bestee nie. Ek
>> het bloot aangeneem dat, as jy so kundig is oor die Amerikaanse grondwet as
>> wat jy beweer, jy ook die implikasies daarvan sou ondersoek het vir
> die volk
>> wat jy voorgee om te probeer "red".
>
>
> En van wanneer af probeer ek enige "volk"
> red? Daar is nie so-iets soos 'n "volk"
> nie. Dis 'n nazi-denkwyse, wat aanhoudend
> gebruik was deur die apartheids-varke,
> en in die onmiddelike verlede weer deur
> Milosevitch.

En deur Gloudina Bouwer, wat met gereëlde tussenposes die term "first
peoples" met positiewe konnotasie aanwend wanneer sy verwys na die oervolke
van Kanada en ander dele van die Noord-Amerikaanse kontinent. (Siende dat
"volke"die korrekte Afrikaanse woord vir "peoples" is.)

Maar dit ondersteun die waarneming wat ek al tevore gerapporteer het - dat
Gloudina goed pas in die geselskap van Nazis, "apartheidsvarke" en nou ook,
volgens haar eie getuienis, Serbiese volksmoordenaars
("genocide"="volksmoord", volgens my woordeboek).

Maar dit daargelaat.

Jy gee voor dat jy 'n ongekategoriseerde entiteit, waarna jy op
ongekwalifiseerde wyse verwys as "Afrikaners", probeer red.

Ek sou steeds verwag dat jy die implikasies sou oorweeg van 'n dokument
waaroor jy hoog opgee (die grondwet van die VSA) vir bogenoemde
ongekategoriseerde entiteit ("Afrikaners") wat jy voorgee om te probeer
"red" deur hulle te "suiwer" van alles waarvan jy nie hou nie.
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24290 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Jun 1999 15:45:39 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

|Ek sou steeds verwag dat jy die implikasies sou oorweeg van 'n dokument
|waaroor jy hoog opgee (die grondwet van die VSA) vir bogenoemde
|ongekategoriseerde entiteit ("Afrikaners") wat jy voorgee om te probeer
|"red" deur hulle te "suiwer" van alles waarvan jy nie hou nie.
|
|
Sjeeee, ou Oom Nelson loop nou al ver, ná - is rerig 'n long walk - sowaar moet
hy nou al die implikasies van die VSA grondwet vir Afrikaners oorweeg....wonder
wat hy daarvan sou dink....?
Re: The Long Walk of Nelson Mandela [boodskap #24291 is 'n antwoord op boodskap #24016] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

> En as bewonderaar van die Amerikaanse "konstitusie" sedert jou jon dae, sal
> jy seker ook vir ons kan uitlê watter invloed dit gehad het op die
> ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner, byvoorbeeld so lank
> terug as die republieke van Swellendam en Graff-Reinet, die manifes van
> Retief, en vele ander verwikkelinge tot op hede.

Leendert, ek weet maar min hiervan. Sal
jy nie die invloed van die Amerikaanse
grondwet (en die voorafgaande besprekings)
op die politieke denke in suidelike
Afrika beskryf nie? Ek dink dit kan 'n
interessante thread word.

Ek word al hoe meer gefassineer deur die
rol wat die "Speaker" in die Amerikaanse
sisteem speel. In die VSA het die Speaker
omtrent soveel mag soos 'n prime minister
in die Britse Stelsel. Wat meer is, hy word
ook President as die President en die
Vise-President albei nie meer kan funksioneer
nie. Dus 'n baie magtige posisie. Heeltemal
anders as die Speaker in die Britse Stelsel,
waar hy maar ongeveer skeidsregter tussen
die partye is.

Gloudina
Vorige onderwerp: Gloudina beweer sy is 'n "dame"
Volgende onderwerp: Re: "hou van het leven" van André van Duin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 04:59:43 MGT 2024