Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: So in die verbygaan - kommunisme
Re: So in die verbygaan - kommunisme [boodskap #24185] Do, 24 Junie 1999 00:00
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hans wrote:
>
> Seënwense
> (En moenie die briek mistrap nie.....julle s t o u t e r d
> s)
>
> Omie
Terwyl Omie die ding begin het......

Oom Hans moet stad toe gaan vir besigheid en Tant Grietjie sê vir hom:
"Luister Hans, jy moet nou stad toe. Ek hoor alewig oor die draadloos
van
kommunisme. Loop vind tog uit wat de hel dit beteken."
En oom Hans is daar weg met die trein.
By die stad uitgekom doen hy sy besigheid en onthou eers op die stasie
van
Tant Grietjie se versoek. Hy keer sommer die eerste ou voor en vra hom
wat
kommunisme beteken.
Die ou was 'n bietjie uit die veld geslaan oor die vraag en kyk rond vir
'n voorbeeld. Sy verduideliking was as volg:
"Sien Oom daardie klomp karre wat daar geparkeer is - was ons in 'n
kommunistiese
land, het al daardie karre aan die staat behoort. Maar ons woon in 'n
demokratiese
land en nou het elke man sy eie kar."
By die huis aangekom was Tant Grietjie se eerste vraag na die gegroetery
of hy kon
uitvind wat kommunisme beteken.
"Ja vrou, ek het" en Oom Hans kyk rond vir 'n voorbeeld. Nêrens sien hy
iets maar
toe kom daar 'n swerm vinke verby. "Sien jy daardie klomp vinke - was
ons in 'n
kommunistiese land het al daardie vinke aan die staat behoort. Maar ons
woon in
'n demokratiese land en nou het elke man sy eie vool."

Groetnisse

Jakes
Vorige onderwerp: So in die verbygaan - prostate
Volgende onderwerp: So in die verbygaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:33:00 MGT 2024