Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die ligtere sy........
Die ligtere sy........ [boodskap #24150] Wo, 23 Junie 1999 00:00
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan wrote in message ...
>
> Sit nou die paar goed saam, Hans, en dan vra ek jou, hoe beantwoord jy
> meeste van Gloudina se plasings!?!?
>

Op so 'n manier dat jy EN Gloudina oormore nog met MY sal wil praat........

Ek analiseer net diegene met ernstige opvoedingsgebreke en kry daarvoor
Askar toekennings. Dit het my so ge-"ego-boost" dat ek dit van nou af NET
teen betaling sal doen)

> As jy lank genoeg kans gee en tot by tien tel, kan 'n mens nogal die
> kragwoorde minder maak en ook uit jou plasings uithaal net voor jy dit
> stuur.
>
Waar vir argumentvoering - maar om weer aan te sluit by ons onderwerp -
sommige stories sal hulle trefkrag verloor as daardie effe sterker woordjie
uitgelaat word.

Vriendelik hiervandaan en minder moerig as gister
Omie
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24173 is 'n antwoord op boodskap #24150] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jun 1999 13:22:24 +0200, "Hans" wrote:

|Ook UIT:
|Sarkasme en snedigheid.
|Banaal vloek. "Sterker" woorde wat 'n situasie beter beskryf, kan, met
|perke verduur word.
|Enige storie wat iemand se menslikheid degradeer.
|Dubbelsinnige woordspeling waar die effek eintlik net in die geskrewe woord
|gesien kan word - a la Readers Digest.
|Sarkasme en snedigheid.

Sit nou die paar goed saam, Hans, en dan vra ek jou, hoe beantwoord jy meeste
van Gloudina se plasings!?!?

As jy lank genoeg kans gee en tot by tien tel, kan 'n mens nogal die kragwoorde
minder maak en ook uit jou plasings uithaal net voor jy dit stuur.

En als dit sonder dat 'n mens eers probeer snaaks wees! Wat nog as jy oor haar
'n grappie probeer maak het!!!!

=|:^)

Johan
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24174 is 'n antwoord op boodskap #24150] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jun 1999 15:17:29 +0200, "Hans" wrote:
|
|Werklike snaakse sêgoed wat bedoel is om te sny, is veral in die vorige
|eeu(e) bedryf deur mense soos Oscar Wilde, Mark Twain, Churchill, Disraeli,
|Shaw, Dickens,ens, ens. Selfs ou queen Vic en die Duke of Windsor het
|snaaksighede kwytgeraak. Laasgenoemde : "The thing that impresses me
|most about America is the way parents obey their children"

Ek verstaan ou Oom Paul Sauer was glo net so pittig en skep - ek wens ek kon
baie van sy kwinkslae te lese kry.
|

=|:^)

Johan
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24175 is 'n antwoord op boodskap #24150] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jun 1999 13:22:24 +0200, "Hans" wrote:

|Wat is vir JOU snaaks ?? Waaroor lag jy ?? Net so belankrik - sou
|iets as 'n "grap" bedoel word, waarvoor lag jy NIE ??
|
|Probeer nou hierdie drie vrae antwoord met UITSLUITING van die invloed wat
|"public opinion" op jou het.

Lekker laat-jou-dink plasing van jou, Hans!

Ek het lekker gelag, telkens, vir Jan Spies se storie van die groot antie met
die pink rok wat voor die ou in die kerk gesit het met die rok wat "in die gleuf
vasgeknyp was".

Ek het Tolla VdMerwe se skets oor die besoek aan die tandarts ewe veel geniet.

Ek het hardop gelag vir die beskrywing in "The Power of One" van die groot ou
tannie wat in die trein kompartement tussen die twee banke op die vloer
vasgeknyp was en nie kon opstaan nie.

Ek het baie lekker gelag vir my Rat Terrier se gedarg toe hy die eerste keer 'n
kat sien - eers braaf nader gedraf en geblaf - ek toe met sy naderkom besef die
wollerige ding is heelwat groter as hy. Hy het sy groot ore platgetrek en met
een wit en swart streep huis toe gepyl.

Ek het baie lekker vir myself gelag toe ek in ons nuwe Amerikaanse woonstel die
repairman laat kom het oor 'n muurprop wat nie werk nie (hulle het nie
skakelaars nie - jy prop net in). Hy skakel hom toe net aan met 'n skakelaar
wat by die deur sit! Die idee is dat jy daar 'n staanlamp in die muurprop sit
(daar is gewoonlik in meeste vertrekke nie daklampe nie) en dat jy dan die lamp
kan aanskakel as jy by die deur inkom.

Ek geniet die humor van die TV program Frasier baie.

Ek dink Victor Borge is een van die wereld se beste komediante en beskou myself
as buitengewoon bevoorreg om hom te kon sien optree in die Coloseum in Jhb. Ek
het daardie aand vir ongeveer twee ure aanmekaar - sonder ophou - voluit gelag.
Ek dink sy tipe humor is seker die tipe humor wat ek die meeste van hou.

Sou nou en dan kan ek 'n bietjie Britse humor ook verdra - as ek in die regte
mood is. So 'n bietjie Mr Bean. Of een maal in ses maande so bietjie "Keeping
up appearances" of "Are you being served".

Galge humor wat ontstaan na een of ander ramp was nog altyd vir my te __?__ om
snaaks te wees.

=|:^)

Johan
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24176 is 'n antwoord op boodskap #24150] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
rosenveer wrote in message
...
>
>
> Snaaks, ek weer hou van sarkasme en snedigheid, veral
> a la Don Rickles, n lekker belediging maak die lewe
> interessant.
>
>
Ek ook. Sommer baie ook. En hoewel dit gilsnaaks kan wees, is daar
altyd iets of iemand aan die ontvangkant. Miskien kan mens dit as 'n
onderafdeling van humor beskou maar dis nog steeds kwetsend.

Werklike snaakse sêgoed wat bedoel is om te sny, is veral in die vorige
eeu(e) bedryf deur mense soos Oscar Wilde, Mark Twain, Churchill, Disraeli,
Shaw, Dickens,ens, ens. Selfs ou queen Vic en die Duke of Windsor het
snaaksighede kwytgeraak. Laasgenoemde : "The thing that impresses me
most about America is the way parents obey their children"

Ook oor Amerika : H.L. Mencken (1880-1956) : "No one ever went broke
underestimating the taste of the American public".

Oor Gladstone het ou queen Vic kwytgeraak : "He speaks to me as if I were a
public meeting" en Disraeli het ook nie ooghare vir Gladstone gehad nie :
"He has not a single redeeming effect" en "He has made his conscience
not his guide but his accomplice".

Die Chamberlains het dit ook hotagter gehad by Churchill :
Oor Austen Chamberlain : "He always played the game and he always lost it"
Oor Neville Chamberlain : "He looked at foreign affairs through the wrong
end of a municipal drainpipe"
en
"In the depths of that dusty soul there is nothing but abject surrender"

En dan het ONS vir Langenhoven gehad. Wens ek kon hom hoor as hy op sy
stukke geraak het op 'n verhoog self al was hy stukkend :-)))

Groetnis
Omie
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24177 is 'n antwoord op boodskap #24150] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
rosenveer  is tans af-lyn  rosenveer
Boodskappe: 6
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hans wrote in article witte vanoggend net kerk toe aangehad". "Trek die bloue aan - die witte[/color]
is
> vuil", skree sy ma terug. "Hoe weet ma die witte is vuil ? Ma het nie eens
> kom kyk nie !!" "As jy twyfel, kind, IS hy vuil". Kyk net hoe
> sneuwel baie van ons seksgrappe nou.................
>
>
> Wat is dan nou IN ?
>
> Die hele wye wêreld. Dink weereens aan die bestes wat jy gehoor het. Een
> eienskap van humor wat dikwels voorkom, is die element van drieë.
> (1) Die situasie word geskep
> (2) Die situasie word effe gekleur en mooi staangemaak.
> (3) Die situasie kry 'n kinkel.
>
> Baie stories met goeie potensiaal verloor hulle trefkag met te veel of te
> min voor die kinkel.
> Die Transvaler vat sy Suidwester vriend Paasskou toe. Voete gaargestap klim
> die twee op die voorstedelike trein huis toe die aand maar die trein is vol
> en hulle staan. Sien die Suidwester 'n vrou met 'n poedel langs haar op
> die sitplek. "Dame, sal jy omgee om jou hondjie op jou skoot te hou ??
> My voete is op en ek sal graag daardie sitplek wil hê".
>
> "Meneer", kom dit uit die hoogte - "ek het die volle reisgeld vir Fifi
> betaal en sy's geregtig op haar sitplek".
>
> "Ag mevrou - EK sal dan vir Fifi op MY skoot hou - As ek tog net kan sit.
> Asseblief". "Meneer, ek het jou klaar gesê........" en toe maak
> meneer die venster oop, gryp die poedel, smyt hom by die trein uit, maak die
> venster toe en hy gaan SIT.
>
> Sy Transvaler vriend was min ge-imponeer. Toe die stof uiteindelik gaan l�,
> sê hy vir hom: "Julle verbrande Suidwesters doen ook niks reg nie. Julle
> braai julle vleis verkeerd. Julle maak julle mieliepap verkeerd. En nou
> foeter jy nog die verkeerde teef ook uit....."
>
> Sien jy die "drieë" ?? Dis maar een element gewees.
>
> 'n Ander BAIE effektiewe vorm van humor het Hennerietjie vir julle gewys.
> Afgesien daarvan dat dit briljant gedoen was, besef julle wat se harde werk
> die skep van DAARDIE humor was ??
> Oorspronklike humor is HARDE werk.
> (Ek verkwalik steeds diegene wat Hennerietjie so die donner in gemaak het
> dat hy geloop het. Hierdie ng is sigbaar, hoorbaar en voelbaar armer
> sonder hom. )
>
> Die suksesvolste openbare sprekers is die wat die KUNS bemeester het om
> humor in 'n voordrag in te weef op so 'n wyse dat dit selfs 'n punt wat
> gemaak word, toelig en versterk. Die werklike kunstenaars "glip" so
> onopgemerk in die humorgedeeltes in dat dit 'n eenheid vorm met sy voordrag.
>
> Gepraat van openbare optrede - dié ouens het werklik 'n probleem - eerstens
> om die aandag van die gehoor te vang en as hulle dit het, te hou.
> Hulle metodes verskil maar van die bestes wat ek al aangehoor het, was die
> een ou, klein van postuur, "unasuming" sal die Engelse sê, bleskop en goed
> verrimpeld al, wat na 'n gloeiende verwelkoming deur 'n lofprysende
> voorsitter, langsaan die katerdertjie gaan staan het (sodat die gehoor hom
> darem kon sien) : "Ladies & gentlemen ! After such a glowing introduction,
> isn't it sometimes funny what pops up in front of you ?" Die dak het
> gelig van die applous.
>
> ('Skuus vir die Engels maar ek maak 'n punt)
>
> 'n Ander ou het weer (voordat hy iets behandel het wat vir sommige in die
> gehoor kontensieus kon wees) die "communial insult" op die gehoor losgelaat.
> "Ladies & gentlemen ! What an honour to look at such a sea of faces
> .......................and BY JOVE, some of these faces need some looking
> into !" Almal het gelag want "hy praat nie met my nie - hy praat met
> die oulangsaan" en die gees van vergewingsgesinde gemoedelikheid was geskep
> vir wat ookal moes kom.
>
> As iemand my ooit sou vra hoe om NIE op te tree nie, vat ek hom terug na
> enige van die honderde huweliksonthale toe waar ek as fotograaf moes optree.
> Ek sal 99 % van al daardie ou p�re wat heidronke ingestel het, oplyn, en ek
> laai 'n haelgeweer met growwe sout, en dan ................dan gee ek hulle
> wat hulle verdien vir die "mental prostitution" wat hulle die gaste aan
> onderwerp het. Dieselfde geld vir die vuil baardbekke wat onder
> dekmantel en beskerming van kuns op okkasies (soos die Karoo kunstefees)
> hulle verstopte riole kom leegmaak. Voordat julle my probeer blits
> hieroor - ek maak 'n verskil tussen dit (openbare optrede) en gepubliseerde
> hygings en versugtinge. Die verskil is maar klein en hoogs debatteerbaar
> en ek dra kennis van die feit dat hierdie ng nog nie konsensus daaroor
> bereik het nie. Randeier wat ek op die gebied is, sal ek nie hiermee
> volstaan. Maar ek is NIE bereid om toe te gee oor OPENBARE
> vuilbekkigheid nie. Maar OOK : To each his own.
>
> Ter afsluiting - en daarmee SAL ek afsluit - my skoot growwe sout in hierdie
> bondel in : Ek volg julle al lank genoeg om dit te kon waarneem (en ek
> weier om name te noem). By SOMMIGE van julle het ek die afgelope twee
> jaar nog nie enige bewyse gevind dat julle tot 'n miligram humor in staat is
> nie. Die juwele wat wel verskyn het, het by julle verbygegaan.
> Bewys my verkeerd.
> Asseblief.
>
> Half moerig hier uit Wavis uit
> maar altyd bereid tot vriendelikheid.
>
> Omie
>
>
> NS: Was twee dae hier in die Namib in op 'n plaas - wil julle fotos sien
> ??
> Weet julle wat "grandioos" en "majestueus" REGTIG beteken ???
>
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24178 is 'n antwoord op boodskap #24150] Wo, 23 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan wrote in message .............

En dis presies wat ek wou gehad het. Strandjakkals, Jakes en nou Johan.
Waar's Bees, Royleen en Shannon ?? Moet ek julle een-een uitgrawe ???
Johan van Zyl (Somerset) - luister jy ?? Skryf mense, skryf - die veld
lê braak.

Lekker storie Johan. Hospitale bly 'n onuitputlike bron van vermaak. T.O.
Honiball het lank gelede al die spot gedryf dmv. sy Jakkals & Wolf stories
oor die snaaksighede daar. (Honiball was 'n sieklike man met baie
hospitaalervaring). Jan Spies (reeds salig) se storie oor die klomp
valstande wat deurmekaar geraak het........

Weet nie of dit vandag nog so is nie maar in die jare toet toe mens nog met
of chloroform of 'n voorhamer of brandewyn uitgesit is vir 'n operasie, was
dit GROOT sports onder die "nursies" om so ou wat besig is om wakker te
word, te kruisvra oor sy doen en late. So 'n "wakker word" kon maklik 30
minute duur voordat mens op volle positiewe kon aanspraak maak en in daardie
"twilight minutes" het die meisies in wit die wêreld rooi geverf met die
ouens wat so williglik oor hulle "highlight minutes" kon praat..

'n Ou neef se nooi was so aster in wit - en die alleenbron van my voorraad
hospitaalstories. Vir gemengde geselskap onvertelbaar, ongelukkig. Maar
ek kan darem net noem van die oubaas wat ook amper op 80 vir die eerste keer
moes hospitaal toe. Blindederm. Eerste probleem - geen verpleegster
kon naby die ou kom om die operasie areatjie skoon te skeer nie. Dokter
beloof hom toe plegtig hulle sal maar die operasie net so doen en op grond
daarvan stem die oubaas in vir narkose. Poef - daar gaat hy en hulle haal
die seep en skeermes uit. Seep het hulle toe baie nodig gehad want die
oukêrel het Springbok tabak gerook (die 4 ons lapsakkies met die lyntjie wat
hom toeryg). Gebruik maar jou verbeelding verder.

Die oubaas wou net prosedeer. Sy prokureur het so tussen die lagbuie deur
aan die dokter vertel - Oom XXX sê hy's bereid om julle te vergewe vir die
skeer want hy was nie by toe dit plaasgevind het nie en kan dus nie bewys
dat 'n vroumens aan hom gevat het nie. Ook kan hy nie bewys dat dit nie
die dokter was wat die twaksakkie verwyder het nie.

Maar daardie blou lint met die mooi strikkie gebind - g'n man kan 'n
strikkie so netjies bind nie en op grond daarvan wil hy die dokter aankla
vir elke soort "crimen" wat die wetboeke beskryf..........

Gegroet
Omie
Vorige onderwerp: Afrikaans
Volgende onderwerp: Oor dit en dat.......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 09:17:04 MGT 2024