Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » The Power of One
The Power of One [boodskap #23747] Ma, 07 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het begin om die boek van Bryce Courtenay, "The Power of One" te lees na baie
aanbevelings en nadat selfs 'n Amerikaner nou vir my gesê het hoeveel hy die
boek geniet het.

Ek sal graag wil hoor of iemand anders hier al die boek gelees het en wat julle
daarvan dink.
Re: The Power of One [boodskap #23748 is 'n antwoord op boodskap #23747] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Roots  is tans af-lyn  Roots
Boodskappe: 4
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink dit is een van die beste SA boeke. Na die boek, kry "The Power of One" op
video en dan lees "Thandia" die opvolg boek.
AML

Johan wrote:

> Ek het begin om die boek van Bryce Courtenay, "The Power of One" te lees na baie
> aanbevelings en nadat selfs 'n Amerikaner nou vir my gesê het hoeveel hy die
> boek geniet het.
>
> Ek sal graag wil hoor of iemand anders hier al die boek gelees het en wat julle
> daarvan dink.
Re: The Power of One [boodskap #23788 is 'n antwoord op boodskap #23747] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jun 1999 20:22:06 GMT, wrote:

| Julle weet, hoop ek, dat daar 'n film
| daarvan gemaak is, al baie lank gelede,
| met Alec Guinness in die rol van die
| skoolprinsipaal. Ek het nie van die
| film gehou nie, want dit het die guitig-
| heid van die boek misverstaan, en dit
| amper rassisties gemaak op 'n manier
| wat die boek nie is nie.

Ja, ek is al deur verskeie mense afgeraai om die film te sien. Het jy die boek
geniet, Gloudina?

=|:^)

Johan
Re: The Power of One [boodskap #23789 is 'n antwoord op boodskap #23747] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Johan, ek trek nou by bladsy 240 en die boek is al vol stukkies papier soos
wat ek bladsye en paragrawe merk om later weer te lees of te deel met
"significant others"!

Ek was al deur al die emosies - van huil tot agressie tot skaamte - kannie
wag nie om hier klaar te maak sodat ek kan gaan lees nie!

Gesels met my, ek sal graag wil hoor, gebruik my persoonlik emailadres as jy
wil.

Jan.
djle...@bigfoot.com
>
> Ek sal graag wil hoor of iemand anders hier al die boek gelees het en wat julle
> daarvan dink.
>
Re: The Power of One [boodskap #23790 is 'n antwoord op boodskap #23747] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel" writes:

> Johan, ek trek nou by bladsy 240 en die boek is al vol stukkies papier soos
> wat ek bladsye en paragrawe merk om later weer te lees of te deel met
> "significant others"!
>
> Ek was al deur al die emosies - van huil tot agressie tot skaamte - kannie
> wag nie om hier klaar te maak sodat ek kan gaan lees nie!

Julle weet, hoop ek, dat daar 'n film
daarvan gemaak is, al baie lank gelede,
met Alec Guinness in die rol van die
skoolprinsipaal. Ek het nie van die
film gehou nie, want dit het die guitig-
heid van die boek misverstaan, en dit
amper rassisties gemaak op 'n manier
wat die boek nie is nie. As ek reg onthou,
ontaard die boek egter aan die einde in
onrealistiese tonele.As ek reg onthou,
het die skrywer na Australi"e ge-emigreer.

Gloudina
Re: The Power of One [boodskap #23825 is 'n antwoord op boodskap #23747] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 07 Jun 1999 23:31:53 -0700, Eina wrote:

|Ek dink dit is een van die beste SA boeke. Na die boek, kry "The Power of One" op
|video

...almal vertel vir my die film skiet maar erg tekort....

=|:^)

Johan
Re: The Power of One [boodskap #23826 is 'n antwoord op boodskap #23747] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

Het jy die boek
> geniet, Gloudina?
>
>
> =|:^)
>
> Johan

Die boek is aanvanklik aan ons geleen deur 'n eks-
Suidafrikaner wie se naam Liebenberg was, maar wat be-
swaarlik Afrikaans kon praat, en Engels met 'n kwasi-Oxford
aksent. Ons het later ons eie kopie gekoop, maar dit uitge-
leen en dit nie weer terug gekry nie. Dus kan ek dit nie nou
weer herlees nie. Sover ek kan onthou, het ek dit amper
enduit geniet, omdat die vertelling saamgehang het en mens
meegevoer het. Maar sover ek kan onthou, het dit aan die
einde meer en meer weggedryf van die waarskynlike, en dus
mens nie meer oortuig nie. Dit het natuurlik vir 'n mens diep
gehinder dat die stereotipiese wit bullebak-Afrikaner vir jou
onder die neus gevryf word. En op daardie tydstip toe ek dit
gelees het, was die bullebak-Afrikaner een van die wereld se
bekendste stereotipes, courtesy of ou P.W. Botha en sy
wit apartheidsvarke.
Dit was dus vir my 'n verligting toe die Afrikaner-stereotipe
in "The Gods must be crazy" die onskuldige skooljuffertjie
en die bumbling ontleder van olifantsdrolle was.
Snaaks genoeg is die beeld van die Afrikaner op TV hier in
Kanada meer en meer die van mense wat baie professioneel en
wetenskaplik in die dierewereld rondbeweeg. Ons kry gereeld
programme in SA Parke gemaak, waar navorsing gedoen word oor
die wel en die wee van die diere in die parke. Nou die aand weer
hoor ek hoe die twee ouens in 'n Natalse Park onder mekaar
Afrikaans praat, waar hulle 'n bedwelmde leeu se gesondheids-
toestand ondersoek. Hulle glip gemaklik van Afrikaans oor na
Zulu. Dit het my weer laat verlang na my jongmeisie-dae, toe ek
kronies verlief was op die parkwardens waar ek in die Drakens-
berg rondgeklim het. 'n Suid-Afrikaanse man wat vreesloos met
diere omgaan en onbewus is van rassegrense kry my elke keer.

Gloudina
Re: The Power of One [boodskap #23849 is 'n antwoord op boodskap #23747] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
C  is tans af-lyn  C
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
> ...snip.... 'n Suid-Afrikaanse man wat vreesloos met
> diere omgaan en onbewus is van rassegrense kry my elke keer.
>
> Gloudina

My donner Gloudina, uiteindelik kom die waarhied oor jou toe uit. Mans
wat met diere omgaan .... kry jou elke keer nogal ! Geniet dit ou dier
!
Re: The Power of One [boodskap #23850 is 'n antwoord op boodskap #23747] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
C writes: >

> My donner Gloudina, uiteindelik kom die waarhied oor jou toe uit. Mans
> wat met diere omgaan .... kry jou elke keer nogal !
Geniet dit ou dier

En kyk nou watter ou platbek
platypus kruip nou daar uit
die wereld se mees geisoleerde
vasteland.

Minnehaha uit die land
van die bewer.
Re: The Power of One [boodskap #23851 is 'n antwoord op boodskap #23747] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
C wrote in message ...

My donner Gloudina, uiteindelik kom die waarhied oor jou toe uit. Mans wat
met diere omgaan .... kry jou elke keer nogal ! Geniet dit ou dier!

Moet net nie vir haar blaf nie, netnou gryp sy jou.

Sa oubaas se honne

Woef
Re: The Power of One [boodskap #23875 is 'n antwoord op boodskap #23747] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Haai Gloudina....ek het nog altyd gedink om jou 'n tweede kans te gee na my
aanvanklike "gevoel" tenoor jou gereelde bitsigheid op die NG. Maar nou
sukkel ek om by die tweede kans te bly....hierdie nuusgroep (my opinie) is
hier om Afrikaans in alle aspekte te bespreek/skryf/geniet/ens.)

En dit doen ek. En net so ook Johan met die aanvanklike pos van sy boodskap.
(Al is "The Power of One" Ingels, lok hy tog reaksie en kommentaar hier
uit). Nou kom jy met 'n dwarsheid hier in, en bring die feit dat Bryce
Courtney in Australië woon met jou bitsigheid saam.. So effing what!!!

Is dit nodig om altyd 'n politiese of persoonlike opinie van jou kant af wat
hoegenaamd niks met die onderwerp te doen het, as 'n reaksie te plaas? Wat
van 'n bietjie opbouende kritiek vir 'n verandering?

Tog geniet ek jou gereelde gedigte....dit is after-all een van die redes
waarom ek hier is.

Jan, in Perth.
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471

> En kyk nou watter ou platbek
> platypus kruip nou daar uit
> die wereld se mees geisoleerde
> vasteland.
>
> Minnehaha uit die land
> van die bewer.
Re: The Power of One [boodskap #24086 is 'n antwoord op boodskap #23747] Ma, 21 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Jun 1999 22:57:43 +0800, "Daniel" wrote:

|Johan, ek trek nou by bladsy 240 en die boek is al vol stukkies papier soos
|wat ek bladsye en paragrawe merk om later weer te lees of te deel met
|"significant others"!
|
|Ek was al deur al die emosies - van huil tot agressie tot skaamte - kannie
|wag nie om hier klaar te maak sodat ek kan gaan lees nie!
|
Ek is nou waar die laaitie na die Grend Ingelse skool toe gaan in Jhb. Ek
geniet die boek nog steeds baie.

Dis net vir my effens eensydig oor die beeld van die Afrikaners daarin. Almal
was tog nie simpatiseerders met die Duitsers nie. My een oupa het in
Noord-Afrika onder die kroon gaan veg en het sy medalje in Buckingham paleis
gaan haal, al had hy 'n Duitse van en het sy oupa uit Duitsland gekom en al het
hy verskeie familielede in konsentrasiekampe verloor.

My ander ouma se ma was weer wel deel van die OB - sy had 'n losieshuis en het
glo baie Duitsers "versteek".

Uit Courtenay se boek sou 'n vreemdeling aflei dat net die Ingelse vir Jan Smuts
ondersteun het. En dat die Afrikaners almal soos die tronkbewaarders was.

My ouma se suster was met 'n poliesman getroud wat so wreed met swartes gewerk
het en dit het self so soort van 'n familietwis en skeuring veroorsaak. Nie
almal het daardie jare gedink swart mense is submenslik nie.

Maar, soos ek sê geniet ek die boek baie! Die beskrywings daarin is super
realisties. Ek kan die binnekant van die trein ruik soos hy die groen
leerbekleedsel beskryf van die hout trein waens in die lickety-lack van die
wiele wat oor die lasse gly.

Skryf bietjie vir ons wat julle ouens op die oomblik lees.

Ek het so paar wat voor my bed lê en wag, maar ek dink die volgende een gaan ons
goewerneur se boek wees: "I ain't got time to bleed - reworking the body
politic".
Vorige onderwerp: De Kat ook oorle?
Volgende onderwerp: HIPNOTISME-EN WAT DIT IS ( NUWE BOEK BESKIKBAAR)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:56:07 MGT 2024