Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Mississippi
Die Mississippi [boodskap #24052] Do, 17 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek wou nog vra hoeveel mense het geweet dat die mighty
Mississippi rivier wat in die Gulf of Mexico inloop se
ontstaan is doer ver noord in Minnesota.

Pat
Re: Die Mississippi [boodskap #24066 is 'n antwoord op boodskap #24052] Vr, 18 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Jun 1999 23:32:29 GMT, "PAT" wrote:

|Ek wou nog vra hoeveel mense het geweet dat die mighty
|Mississippi rivier wat in die Gulf of Mexico inloop se
|ontstaan is doer ver noord in Minnesota.
|
Hy is hier ook al 'n groot rivier en word in die somer kommersieel
bevaar met groot barge wat met spesiale bote gestoot of gesleep word.

Hy krul hier om ons - ry ons oos of noord na St Paul se middestad toe,
ry ons oor die Mississippi - ry ons wes na die lughawe toe of na die
Mall of America toe, ry ons oor die amper-so-groot Minnesota river wat
so langs die lughawe by die Mississippi aansluit. Net na St Paul is
dit weer die St Croix rivier wat uit die noorde kom en ook aansluit.

Die St Croix rivier is vernoem na 'n klip wat in een van die rotswande
van die rivier is - van een kant af lyk dit soos 'n kruis en van die
ander kant af lyk dit soos George Washington se gesig.

Interesant trip is moontlik met 'n boot en is al 'n paar maal gedoen:
Stel jou die kaart van Amerika voor - in die middel bo lê die drie
groot mere, die heel lenkerkanste een is Lake Superior en Minnesota le
net so links onder sy punt. Trouens, sy noord westelike oewer is deel
van Minnesota - 'n baie mooi streek wat as "The North Shore" bekend
staan. Lake Superior eindig in 'n skerp punt by die stad Duluth - 'n
groterige bedrywige hawestad (net in die somer).

Jy vertrek by Duluth en vaar in een van die riviere suid, daar is 'n
paar kanale waarmee jy dan in die St Croix rivier kan kom. Vaar met
hom suid tot hier suid oos van die Twin Cities en sluit saam met hom
by die grote Mississippi aan. Stteds suid totdat hy jou in die golf
van Mexiko uitspoeg.

Dan vaar jy oos, om Florida en sy Keys, op noord met die ooskus van
Amerika af tot waar jy iewers noord van New England kan wes swaai en
die St Lawrence Waterway kan binnevaar (hierdie deel kan Gloudina
seker vir ons meer van vertel). Die grote waterweg neem jou op met
die St Lawrence rivier tot in die drie groot mere en so kan jy weer by
Duluth uitkom.

Die buurman in ons kantoorblok is deeleienaar van 'n seiljag op Lake
Superior en spandeer baie naweke daar saam met sy broer en nog 'n
derde eienaar. Hy vertel my dat as die weer onguur is, hulle aantrek
asof dit midwinter is op die meer. Die water kom glo nooi warmer as
45°F nie (ek dink dis maar omtrent 5°C!) Baie koud dus. Die meer is
glo te diep vir die water om te verwarm met die son.

Ek dink ook Lake Superior is die grootste of tweedegrootste reservoir
van vars water op een plek.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Vorige onderwerp: Die Lande waarin Ons Bly
Volgende onderwerp: Die goewerneur van Minnesota, land van n 1000 mere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 22:07:33 MGT 2024