Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Mooiste Perth
Mooiste Perth [boodskap #24032 is 'n antwoord op boodskap #24037] Do, 17 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Shirley Richardson  is tans af-lyn  Shirley Richardson
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message
>
> Ek is nuuskierig om te weet: wat maak stede vir julle so lekker? Ek besef elke
> ou sal na 'n ander askek/te van 'n stad kyk, maar vertel ons bietjie waarvan hou
> jy in 'n stad en waarvan nie.

Ek het die sketse al een keer tevore geplaas, vergeef tog maar die repetisie
... net so ietsie van die mees geisoleerde stad ter wêreld ...
>
Perth – beautiful, beautiful Perth.

Die stad koester teen die oewers van die Swan Rivier en skuil in die
omhelsing van Kings Park, ‘n lower groen park teen ‘n heuweltjie aan die
westekant van die stad.

As jy teen laat aand jou weg vind na Kings Park toe en rustig gaan sit op
een van die bankies, kan jy jouself regmaak vir een van die mees
asemrowendste panoramas wat hom ooit voor jou oog kon afspeel.
Die majestieuse Swan wat skielik die stad sien en dan sy bors uitstoot om te
pronk – die dun lopie wat in die hartland van Westelike Australië begin,
strek skielik sy oewers twee kilometers van mekaar af wat jou aan ‘n meer
herinder, eerder as ‘n rivier. Terwyl die son op die westerkim huiwer maak
Perth hom gereed vir die skouspel. Hier en daar flikker ‘n liggie aan en dan
nog een en dan nog een, totdat die son maar bes gee en gaan rus.

Die kraaie bêre hul treurig kerm-skree geluide, en die Fremantle dokter waai
die twee-en- veertig-grade van jou gesig af weg. En siedaar… ‘n pragtige
stad omhang met pêrel liggies verrys uit die donker. Die karre se ligte op
River Side Drive wissel mekaar af in ‘n kleurspel van wit en rooi strepe, en
geleidelik buig hulle ook die knieg voor die grote stad en die stilte daal
neer.

En daar sit jy… mesmerized. Die ferries linger lui-lui van oewer tot oewer,
hul liggies oordadig geprojekteer op die water wat dit skommel en rondgooi.
En dis moeilik om te glo dat jy werklik daar is, en dat dit nie als net ‘n
fairy tale is nie.

En êrens in Northbridge skud die naguile in die disko’s en kroeë hul vere
reg , vasbeslote om te keer dat die hartklop van Perth nie gaan staan nie…

Hay Street Mall

Jy stap jou vinnige pas oudergewoonte en kyk die rustige mense wat hier voor
jou drentel verwyted aan. Die linker arm pomp op en af, gesig toe en terug,
want dis tyd wat saakmaak. Jy storm deur Haystreet Mall sonder om links of
regs te kyk, gretig om die minute te verdrink in die hustle en bustle van
die stad. Afrika man met 'n mission.

Maar net soos jy amper op die drumpel tree van Barrack street slaan Big Ben
in London Court se hekke sy twaalf massiewe slae - ding dong ....en jy kan
nie help om saam met die skare in die wandellaan op te kyk nie. En dis asof
iets vir jou sê: vertoef 'n wyle. En dis wanneer jy die nar op sy stelte
sien met 'n silwer kostuum en massiewe engel vlerke wat die verbygangers
vermaak. En die musikant met sy saxofoon, en die kêrel met die kortbroek en
lang hare wat sy vingers laat dartel oor die snare van sy boks kitaar.

Jy sien die ou man wat die juke box opwen en die puppet op sy strings laat
dans langs die ou tannie wat met haar ratelende blikkie geld insamel vir die
blindes. Jy sien hoe Hungry Jacks en Macdonalds se drumpels deurgetrap word
vir 'n vinnige ete wat sommer daar op die sypaadjie verorber word. Die
sambrele verdring mekaar om die 15 UV faktor van die vel af weg te hou. Die
geur van vars gebroude koffie in die kroegies sypel lui-lui by jou verby in
die wandellaan af, verby die kêrel wat naarstiglik 'n paar jeans luidkeels
halfprys adverteer op 'n PA system wat beter dae geken het.

En jy wonder wat die haas is. Stop. Neem twee tree terug, haal die horlosie
van jou arm af. Verkyk jou aan die Sjinese toeris wat 'n duisend foto's per
minuut neem, en steeds nog tyd het om in 'n babelse gebrabbel die vrou en
kinders stategies te plaas voor die winkelpop met die stoute klere aan in
Barbarellas se venster.

Dan skielik sense jy die rustigheid van Perth. Jy kyk om jou heen en jy
wonder of die mense ooit gaan klaarkry waarmee hulle besig is. Want tyd
bestaan nie hier nie... tomorrow is another day.


Alwyn - uit pragtige Perth
ook te siene op my werf http://passengers.netship.net/nelja/
Re: Mooiste Perth [boodskap #24037 is 'n antwoord op boodskap #24032] Do, 17 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn,
Jy skilder 'n pragtige prentjie - jy sal glad nie sleg doen as 'n reisverhaal
skrywer nie.

Jy kan asb meermale vir ons van julle rustige mooi lewe skryf - dit gaan baie
goed af!

Dankie!
Re: Mooiste Perth [boodskap #24058 is 'n antwoord op boodskap #24037] Vr, 18 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Dan skielik sense jy die rustigheid van Perth. Jy kyk om jou heen en jy
> wonder of die mense ooit gaan klaarkry waarmee hulle besig is. Want tyd
> bestaan nie hier nie... tomorrow is another day.

Na al die jare wat ek hier woon bly Perth steeds betowerend. Weet
julle wat W.A. voor staan?
.............................................. Wait Awhile
Paul van der Merwe
Vorige onderwerp: Bizar rede om te emigreer nr. 1
Volgende onderwerp: Besoek aan Wene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:01:11 MGT 2024