Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Belaglike wet en orde
Belaglike wet en orde [boodskap #23862] Do, 10 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
'n Jong skooldogter van Rustenburg is op pad na 'n kafee deur 'n man
verkrag. Sy het daarin geslaag om weg te kom na 'n ruk en 'n kortpad deur 'n
veld gevat. Daar is sy deur vier mans oorval wat haar toe weer verkrag het.

'n Vrou in 'n motor het die voorval gesien en met haar motor op die spul
afgejaag. In die proses is twee van die aanvallers erg beseer, 'n derde lig
beseer, en die vierde een het weggehardloop.

Grap van die saak is nou word die vrou aangekla van poging tot moord.

My vraag is dus wat moet 'n mens dan nou doen in so geval ?
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23882 is 'n antwoord op boodskap #23862] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Riaan wrote:
>
> 'n Jong skooldogter van Rustenburg is op pad na 'n kafee deur 'n man
> verkrag. Sy het daarin geslaag om weg te kom na 'n ruk en 'n kortpad deur 'n
> veld gevat. Daar is sy deur vier mans oorval wat haar toe weer verkrag het.
>
> 'n Vrou in 'n motor het die voorval gesien en met haar motor op die spul
> afgejaag. In die proses is twee van die aanvallers erg beseer, 'n derde lig
> beseer, en die vierde een het weggehardloop.
>
> Grap van die saak is nou word die vrou aangekla van poging tot moord.
>
> My vraag is dus wat moet 'n mens dan nou doen in so geval ?

Selfde storie - 'n kennis kom by die huis aan, sien sy alarm liggie is
aan, sê sy vrou en kinders om in die motor te bly en die enjin te laat
luier. Hy haal sy pistool uit - want om vir die polisie te wag ... - en
gaan in die huis in - 'n man storm op hom af uit een van die vertrekke.
Hy vuur twee skote af, een tref die aanvaller in die sy - noodlottig.
Toe word hy eers van manslag en nou van moord aangekla. Sy regs kostes
is besig om hom te ruineer. Sy senuwees is gedaan. Maar die regstelsel
kies die krimineel se kant.

SA die land waar die krimineel koning is. Tye soos die dat ek wonder of
die manne aan die ander kant nie tog slimmer was nie.
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23883 is 'n antwoord op boodskap #23862] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Jun 1999 10:58:13 +0200, lou wrote:

|SA die land waar die krimineel koning is. Tye soos die dat ek wonder of
|die manne aan die ander kant nie tog slimmer was nie.

Ek sal erken - op die vliegtuig hiernatoe het ek vir my vrou gesê hoe gelukkig
ons is en hoe dankbaar ons kan wees dat ons nie self deel van die statistieke
van Sa geword het nie en dat ons nie in 'n provinsiale hospitaal of so iets
beland het nie. Ons tweede seun is 'n lewendige knaap met geen bang har op sy
kop nie en ek is dankbaar dat ons nou in 'n land is met 'n baie effektiewe 911
stelsel.

Maar hier is ook maar skeefgetrekte regspleging. Dink maar aan OJ Simpson.

En gister luister ek na en van die vorige presidentskandidate wat sterk kritiek
uitspreek met die feit dat daar so maklik in Amerika ge"sue" word. Hy het die
voorbeeld aangehaal van die skooldogter wat gedreig het om die skoolhoof te
skiet en die skool op te blaas (voor die huidige reeks skieterye by die skole)
en toe deur die skool vir vyf dae ge"suspend" is (sy mag nie skool toe gaan nie
- ek het darem op skool 'n paar latte geken wat so 'n strafstelsel van
suspension lelik sou ge(mis)bruik).

Ewenwel, die dogter se ouers het daarna die skool gedagvaar omdat sy vir vyf dae
nie kon skool toe gaan nie!!

'n Mens moet seker maar aanvaar dat daar nêrens 'n utopia is nie, maar die
"zero-tolerance" wat hier is teenoor enige oortreding, maak darem vir 'n baie
veiliger en ontspanne samelewing.

Net gou 'n staaltjie : Ek bruikhuur 'n Ford bussie - so omgeboude afleweringswa
- en deel van my kontrak is dat ek die ding gereeld moet laat diens - gelukkig
"gratis" - is natuurlik by die bruikhuur wel en deeglik ingesluit. Met die
eerste diens wat die wa moes kry, bel ek die Ford agent om te hoor wat die
prosedure is en daar deel die dametjie wat die foon antwoord my mee dat die
mechanics staak oor 'n loongeskil en hulle werkswinkel staan stil.

Die duiwel fluister in my oor (en ek was vies oor die ongerief) en ek vra haar
hoe dan nou - ek het 'n kontrak met hulle wat sê dat ek die wa moet laat diens -
as ek dan nie my deel van die kontrak kan nakom nie, kan ek hulle mechanics sue
as ek in die moeilikheid kom daaroor?

Voor ek verder kon asemhaal gesels ek met die eienaar van die agentskap en
verseker hy my daar is geen probleem nie en die ou praat vreeslik mooi. Gougou
hoor ek dat dit net die een area se ouens is wat staak en dat ek na enige ander
agent toe ook kan gaan.

Op die ou end was dit toe ook tot my voordeel, want die ander ou is 24 uur oop -
so ek vat gewoonlik die wa so teen tienuur die aand soontoe - as daar nie 'n kar
voor my in die tou is nie, wag ek net 15 minute en die hele wa is gediens en is
ek weer op pad huis toe. Ek het nou laas gevra wat die diens my sou kos as moes
betaal. $23.95

Nou wonder ek waarom ek altyd in SA die kar die heeldag moes los en dan vir 20
minute se werk R400 rand betaal???

O ja, ek was ook nuuskierig of daar werklik mense is wat byvoorbeeld drie uur in
die oggend hulle motors laat diens om die 24 uur diens te regverdig. Ja, word
ek vertel, daar is baie skofwerkers wat op pad huis toe die motor laat diens -
hulle bly dwarsdeur die nag besig!

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent of
enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op neer te
sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent of enige ander ongenoemde groep nie.

=|:^)

Johan
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23884 is 'n antwoord op boodskap #23862] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Riaan" wrote:
> 'n Jong skooldogter van Rustenburg is op pad na 'n kafee deur 'n man
> verkrag. Sy het daarin geslaag om weg te kom na 'n ruk en 'n kortpad deur 'n
> veld gevat. Daar is sy deur vier mans oorval wat haar toe weer verkrag het.
>
> 'n Vrou in 'n motor het die voorval gesien en met haar motor op die spul
> afgejaag. In die proses is twee van die aanvallers erg beseer, 'n derde lig
> beseer, en die vierde een het weggehardloop.
>
> Grap van die saak is nou word die vrou aangekla van poging tot moord.
>
> My vraag is dus wat moet 'n mens dan nou doen in so geval ?
>

Getuigen om zeep helpen.
Doden kunnen geen rechtzaak aanspannen.

(dergelijke krankzinnige rechtzaken zijn in Nederland en Europa ook
schering en inslag....als het bij mij ooit zo ver komt dan zorg ik er voor
dat er geen getuigen over blijven)

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23885 is 'n antwoord op boodskap #23862] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Willem-Jan Markerink wrote:

> Getuigen om zeep helpen.
> Doden kunnen geen rechtzaak aanspannen.
>
> (dergelijke krankzinnige rechtzaken zijn in Nederland en Europa ook
> schering en inslag....als het bij mij ooit zo ver komt dan zorg ik er voor
> dat er geen getuigen over blijven)

Ek stem saam, die misdaadsyfers mag in Europa nie so hoog wees nie, maar 'n
sulke voorval kon hier ook gebeur het. As jy bv. in Duitsland iemand met jou
motor doodry, dan sê net dat dit moord was en geen ongeluk nie -- net in die
geval dat dit moeilik is om van alle getuies ontslae te raak, want
moordenaars word hier nie so swaar gestraf as spoedperkoortreders nie...

Thorsten
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23905 is 'n antwoord op boodskap #23862] Sa, 12 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan) wrote:
> En gister luister ek na en van die vorige presidentskandidate wat sterk kritiek
> uitspreek met die feit dat daar so maklik in Amerika ge"sue" word. Hy het die
> voorbeeld aangehaal van die skooldogter wat gedreig het om die skoolhoof te
> skiet en die skool op te blaas (voor die huidige reeks skieterye by die skole)
> en toe deur die skool vir vyf dae ge"suspend" is (sy mag nie skool toe gaan nie
> - ek het darem op skool 'n paar latte geken wat so 'n strafstelsel van
> suspension lelik sou ge(mis)bruik).
>
> Ewenwel, die dogter se ouers het daarna die skool gedagvaar omdat sy vir vyf dae
> nie kon skool toe gaan nie!!

Het zieke systeem in de USA wordt veroorzaakt door jury-rechtspraak....je
kunt de meest bizarre aanklacht verzinnen, als je de jury maar kunt
overtuigen. De rechter mag alleen de strafmaat bepalen, niet of iemand
schuldig/onschuldig is.
SA heeft gelukkig geen jury-rechtspraak, toch?

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23906 is 'n antwoord op boodskap #23862] Sa, 12 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan wrote in message ...
>
> Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
> dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
> bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent of
> enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op neer te
> sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
> persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
> nasie, land, kontinent of enige ander ongenoemde groep nie.
>
>
Mooi Man,
Ek het sommer lus en pleeg plagiaat en oortree alle reëls i.v.m. kopiereg en
plak dit onder aan al my skrywes!
Hoe seker is jy dat jy ALLE aspekte gedek het? Ek wil jou amper waarborg dat
een van die Holier-Than-Thou brigade wel 'n 'loophole' in jou Disclaimer
gaan soek en vind. Aan die ander kant; hierdie NG gaan 'n skielike dood
sterf as hulle nie mag/kan kla oor iets nie.

Groetnis

Johann
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23922 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Thu, 10 Jun 1999 20:59:37 +0200, "Riaan"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23923 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jun 1999 05:25:33 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|Hmmm....... In Johan se geval, is een aspek nie gedek nie: "Lesers wat dink
|die skrywer het homself onthul as 'n sot sal nie verkwalik word nie."
|
|
Sotheid is in "the eye of the beholder".

=|:^)

Johan
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23924 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Jun 1999 15:17:43 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

[/color]
> |SA die land waar die krimineel koning is. Tye soos die dat ek wonder of
> |die manne aan die ander kant nie tog slimmer was nie.
>
> Ek sal erken - op die vliegtuig hiernatoe het ek vir my vrou gesê hoe gelukkig
> ons is en hoe dankbaar ons kan wees dat ons nie self deel van die statistieke
> van Sa geword het nie en dat ons nie in 'n provinsiale hospitaal of so iets
> beland het nie. Ons tweede seun is 'n lewendige knaap met geen bang har op sy
> kop nie en ek is dankbaar dat ons nou in 'n land is met 'n baie effektiewe 911
> stelsel.>>

Moet hom nie in Denver skool toe stuur nie.
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23925 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Johann de Jager" wrote:
>
> Johan wrote in message ...
>>
>> Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier
vertel
> om
>> dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
>> bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent of
>> enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
> neer te
>> sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige
> sodanige
>> persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
>> nasie, land, kontinent of enige ander ongenoemde groep nie.
>>
>>
> Mooi Man,
> Ek het sommer lus en pleeg plagiaat en oortree alle reëls i.v.m. kopiereg en
> plak dit onder aan al my skrywes!
> Hoe seker is jy dat jy ALLE aspekte gedek het? Ek wil jou amper waarborg dat
> een van die Holier-Than-Thou brigade wel 'n 'loophole' in jou Disclaimer
> gaan soek en vind. Aan die ander kant; hierdie NG gaan 'n skielike dood
> sterf as hulle nie mag/kan kla oor iets nie.
>
> Groetnis
>
> Johann
>
>

Buitenaardse wezens zouden zich buitengesloten kunnen voelen....;-))

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23926 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jun 99 00:34:09 GMT, w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan
Markerink) wrote:

|Buitenaardse wezens zouden zich buitengesloten kunnen voelen....;-))
|
Dankie! Ek sal dit so aanvul!

Hier is die nuwe weergawe, met sommer 'n stertjie vir Leendert ook
aangeheg....

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23927 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Jun 1999 20:59:37 +0200, "Riaan"
wrote:
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23928 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jun 1999 13:33:07 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

>

Actually nie.
Domheid kan objektief vasgestel word.
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23929 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Jun 1999 10:58:13 +0200, lou wrote:

kies die krimineel se kant.>>[/color]

Ag kak Lou. En jy weet dit.
Wat het met die krimineel gebeur?
Dis iets heel anders as die man se optrede.

Die feit dat iemand uit jou huis kom beteken nie hy is n inbreker nie.
Ek het al in iemandse huis gegaan as daar n alarm afgegaan het - om te
kyk of ek kan help.

As die mense dan daar aangekom het en my in my moer geskiet het was hy
of sy skuldig aan manslag of selfs moord.

Die feit dat iemand uit jou huis kom gee jou nie die reg om net te
begin skiet nie.
Jy moet uitvind wat aan die gang is.

As die ou dan weghardloop kan jy hom probeer stop. As hy jou aanval
kan jy jouself verdedig.

As hy in fact n polisieman van diens af is en jy skiet hom dood sonder
om te vra wat en wie hy is is jy in die moeilikheid.

Het jy regig nie geweet n mens mag nie iemand doodskiet net omdat hy
hom fisiek in jou huis bevind as jou alarm afgegaan het nie? Of is jy
maar net besig om te kerm oor die Nuwe SA?
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23930 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jun 1999 16:24:54 +0200, "Simon van der Schans"
wrote:
|
|Johan, gestel dat ek die volgende op die nuusgroep sou sê (ek sal
|natuurlik nie droom om dit ooit werklik te doen nie):
|
| "Johan is 'n poepol.
| Disclaimer: Wat ek hier skryf is nie om enige persoon te
|verneder nie."
|
|Sou ek jou dan verneder het?
|
Selfs sonder die disclaimer sou ek dit bloot beskou as jou subjektiewe
beskeie mening.

Simon - relax! Die disclaimer storie is regtig met die tong in die
kies gesê - let op die =|:^) Lees dit weer mooi deur en dan probeer
jy glimlag! Baie keer werk dit....

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23931 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jun 1999 19:39:38 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

|>
|
|Actually nie.
|Domheid kan objektief vasgestel word.
|
Daar is geen manier op aarde wat jy Leendert as objektief kan beskou
nie... Groot grap!

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23932 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jun 1999 19:39:36 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

| Ons tweede seun is 'n lewendige knaap met geen bang har op sy
|>kop nie en ek is dankbaar dat ons nou in 'n land is met 'n baie effektiewe 911
|>stelsel.>>
|
|Moet hom nie in Denver skool toe stuur nie.
|
Vertel hoekom nie ...?

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23933 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...

> Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
> dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
> bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent of
> enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op neer te
> sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
> persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
> nasie, land, kontinent of enige ander ongenoemde groep nie.

Johan, gestel dat ek die volgende op die nuusgroep sou sê (ek sal
natuurlik nie droom om dit ooit werklik te doen nie):

"Johan is 'n poepol.
Disclaimer: Wat ek hier skryf is nie om enige persoon te
verneder nie."

Sou ek jou dan verneder het?

Swart Simon
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23934 is 'n antwoord op boodskap #23862] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johann de Jager wrote in message ...
>
> Johan wrote in message ...
>>
>> Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel
> om
>> dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
>> bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent of
>> enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
> neer te
>> sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige
> sodanige
>> persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
>> nasie, land, kontinent of enige ander ongenoemde groep nie.
>>
>>
> Mooi Man,
> Ek het sommer lus en pleeg plagiaat en oortree alle reëls i.v.m. kopiereg en
> plak dit onder aan al my skrywes!
> Hoe seker is jy dat jy ALLE aspekte gedek het? Ek wil jou amper waarborg dat
> een van die Holier-Than-Thou brigade wel 'n 'loophole' in jou Disclaimer
> gaan soek en vind. Aan die ander kant; hierdie NG gaan 'n skielike dood
> sterf as hulle nie mag/kan kla oor iets nie.
>

Hmmm....... In Johan se geval, is een aspek nie gedek nie: "Lesers wat dink
die skrywer het homself onthul as 'n sot sal nie verkwalik word nie."
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23965 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:
> Leendert skryf :
>> Maar ek moet sê, hier by ons is dit deesdae omtrent elke week dat 'n
>> leerling of onderwyser iewers in 'n skool geskiet of geslag word, as
dit
> nie
>> rowers is wat die plek aanval nie. Nou die dag in Natal selfs
leerlinge
> deur
>> die skoolhoof self geskiet.
> Is dit regtig so, Leendert ? Hier hoor ons niks daarvan nie ! As daar in
> Amerika leerlinge geskiet word, dan weet ons dit wel. Hoekom weet ons dit
> nie ?
> Groete.
> Hilda.

Eenvoudig, Hilda.

Swart leerlinge, swart skoolhoof. Reuter, Associated Press, Agence
France Presse, etc. stel nie daarin belang nie. Dit staan bekend as
"Africa Pessimism"

Groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23966 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Fri, 11 Jun 1999 10:58:13 +0200, lou
> wrote:
>
> > kies die krimineel se kant.>>
>
> Ag kak Lou. En jy weet dit.
> Wat het met die krimineel gebeur?
> Dis iets heel anders as die man se optrede.

Jy lees nie wat ek geskryf het nie Ferdi. Hy het die man geskiet toe
die hom storm BINNE in sy huis. Probleem met die bril? So res van jou
pos is sommer net 'n pot str#nt!



> Het jy regig nie geweet n mens mag nie iemand doodskiet net omdat hy
> hom fisiek in jou huis bevind as jou alarm afgegaan het nie? Of is jy
> maar net besig om te kerm oor die Nuwe SA?

Ja Ferdi. Maar het jy geweet dat as jy iemand skiet wat binne IN jou
huis wat op jou afstorm dan kan jy van moord aangekla word.

Of is jy maar net weer PC?
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23967 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jun 1999 22:19:48 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

Greyling) wrote:[/color]
>
> |>
> |
> |Actually nie.
> |Domheid kan objektief vasgestel word.
> |
> Daar is geen manier op aarde wat jy Leendert as objektief kan beskou
> nie... Groot grap!>>

Dis nie wat ek gese het nie, stupid.
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23968 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Jun 1999 16:17:03 GMT, wrote:
| So, my dierbare ou Johan, hoe veilig is
| jou seuntjies in die VSA?

Baie. Ek slaap gerus.

| Ek dink nie
| hulle ondersoek alreeds vir wapens in
| meeste SA skole nie, maar hulle lyk
| my doen dit nou gereeld by meeste skole
| in die VSA.

Hier sit jy ook maar weer die pot mis. Beslis nog nie by meeste skole nie.
Ongelukkig nie.

| En moenie vir my kom vertel
| hulle skiet net in die middestede in
| die VSA nie. Die skool daar in Denver
| waar die vyftien mense dood is, was in
| een van die upscale woonstede van Denver,
| waar meeste van die kinders ryk was.

Jy is sowaar die keer reg! Al die skieterye waarvan jy gehoor het in die nuus,
was voorstedelike skole in gegoede buurtes.
|
| Kan jy vir my ook weer verduidelik hoekom
| al die "school shootings" in die VSA in die
| afgelope agtien maande (by omtrent ses
| plekke) almal wit kinders was, en almal
| seuns?

Skewe inligting - die middestad sterftes van elke dag word nie eers in ons
plaaslike pers gerapporteer nie en daardie feit word nou hier gedebatteer en
gekrittiseer. Hierdie sterftes sluit ongelukkig 'n groot persentasie
minderheidsgroepe in en daaroop gaan die kritiek hoofsaaklik - die skietery haal
net die nuus as wittes betrokke is - baie soos busongelukke in die ou SA.

=|:^)

Johan
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23969 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> | "Johan is 'n poepol.

> =|:^)
>
> Johan

Daar het jy dit nou, reg uit die
perd se jy-weet-wat.

Tant Hessie se witperd.
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23970 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Sun, 13 Jun 1999 19:39:36 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
> Greyling) wrote:
>
> | Ons tweede seun is 'n lewendige knaap met geen bang har op sy
> |>kop nie en ek is dankbaar dat ons nou in 'n land is met 'n baie effektiewe 911
> |>stelsel.>>
> |
> |Moet hom nie in Denver skool toe stuur nie.
> |
> Vertel hoekom nie ...?
>

Hmmmm..... Sedert die skietery by die skool in Colorado, verneem ek, het die
belangstelling in tuisonderwys in die VSA nog vinniger gestyg as gewoonlik.
Iemand van die National Centre for Home Education vertel my hy het 7000
mense gehad by 'n saamtrek vir nuwelinge in Florida verlede naweek.

Maar ek moet sê, hier by ons is dit deesdae omtrent elke week dat 'n
leerling of onderwyser iewers in 'n skool geskiet of geslag word, as dit nie
rowers is wat die plek aanval nie. Nou die dag in Natal selfs leerlinge deur
die skoolhoof self geskiet.

Wat my interesseer oor die skoolskieterye wat al meer gereeld in die VSA
voorkom: Dit lyk regtig na 'n simtoom van belangrike strukture in die
samelewing wat besig is om uit te rafel. Ek het so 'n idee die VSA gaan or
so tien jaar heelwat anders lyk as nou. Waarskynlik 'n beter plek vir mense
om in te leef, maar baie moeiliker vir yuppie snobs wat parasiteer op
"orde".
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23971 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Thu, 10 Jun 1999 20:59:37 +0200, "Riaan"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23972 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert skryf :
> Maar ek moet sê, hier by ons is dit deesdae omtrent elke week dat 'n
> leerling of onderwyser iewers in 'n skool geskiet of geslag word, as dit nie
> rowers is wat die plek aanval nie. Nou die dag in Natal selfs leerlinge deur
> die skoolhoof self geskiet.
Is dit regtig so, Leendert ? Hier hoor ons niks daarvan nie ! As daar in
Amerika leerlinge geskiet word, dan weet ons dit wel. Hoekom weet ons dit
nie ?
Groete.
Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23973 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jun 1999 14:38:51 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|On Sun, 13 Jun 1999 22:24:06 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
|
|Greyling) wrote:
|>
|>| Ons tweede seun is 'n lewendige knaap met geen bang har op sy
|>|>kop nie en ek is dankbaar dat ons nou in 'n land is met 'n baie effektiewe 911
|>|>stelsel.>>
|>|
|>|Moet hom nie in Denver skool toe stuur nie.
|>|
|>Vertel hoekom nie ...? >>
|
|Fokkit. Julle het mos koerante in die VSA, of hoe?
|
|
Het julle nie meer koerante in SA nie??
Daar was slegs een skietvoorval in een skool in Colorado - dit maak nie Denver
se skole onveilig nie.

Daar was een highjacking in Randburg - moenie in Randburg met jou kar ry nie.

Swak redenasie Ferdi.

As julle koerante gehad het, of as jy dit sou lees, sou jy dalk ook gehoor het
dat daar in Amerika se middestad skole in elk geval elke maand omternt 14
leerlinge sterf aan skietvoorvalle.

=|:^)

Johan
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23974 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:
> Johan wrote in message ...
>
>> Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word
> hier vertel om
>> dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon,
> godsdiensgroep,
>> bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land,
> kontinent of
>> enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of
> hofvaardig op neer te
>> sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op
> enige sodanige
>> persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele
> oortuiging,
>> nasie, land, kontinent of enige ander ongenoemde groep nie.
>
> Johan, gestel dat ek die volgende op die nuusgroep sou sê (ek sal
> natuurlik nie droom om dit ooit werklik te doen nie):
>
> "Johan is 'n poepol.
> Disclaimer: Wat ek hier skryf is nie om enige persoon te
> verneder nie."
>
> Sou ek jou dan verneder het?

Ligt aan de context....het zou een troll kunnen zijn....:-))

Akademische discussies had Johan zelf al uitgesloten, anders was dat ook
nog mogelijk geweest....;-))

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23975 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Het julle nie meer koerante in SA nie??

> As julle koerante gehad het, of as jy dit sou lees,

Ha, ha, ha. haaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa.

sou jy dalk ook gehoor het
> dat daar in Amerika se middestad skole in elk geval elke maand omternt 14
> leerlinge sterf aan skietvoorvalle.

So, my dierbare ou Johan, hoe veilig is
jou seuntjies in die VSA? Ek dink nie
hulle ondersoek alreeds vir wapens in
meeste SA skole nie, maar hulle lyk
my doen dit nou gereeld by meeste skole
in die VSA. En moenie vir my kom vertel
hulle skiet net in die middestede in
die VSA nie. Die skool daar in Denver
waar die vyftien mense dood is, was in
een van die upscale woonstede van Denver,
waar meeste van die kinders ryk was.

Kan jy vir my ook weer verduidelik hoekom
al die "school shootings" in die VSA in die
afgelope agtien maande (by omtrent ses
plekke) almal wit kinders was, en almal
seuns?

Gloudina
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23976 is 'n antwoord op boodskap #23862] Ma, 14 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jun 1999 22:24:06 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

Greyling) wrote:[/color]
>
> | Ons tweede seun is 'n lewendige knaap met geen bang har op sy
> |>kop nie en ek is dankbaar dat ons nou in 'n land is met 'n baie effektiewe 911
> |>stelsel.>>
> |
> |Moet hom nie in Denver skool toe stuur nie.
> |
> Vertel hoekom nie ...? >>

Fokkit. Julle het mos koerante in die VSA, of hoe?
Re: Belaglike wet en orde [boodskap #23990 is 'n antwoord op boodskap #23862] Di, 15 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Swart leerlinge, swart skoolhoof. Reuter, Associated Press, Agence
> France Presse, etc. stel nie daarin belang nie. Dit staan bekend as
> "Africa Pessimism"

Ek's jammer om te moet erken dat jy seker reg is. Hier in België staan die
meeste mense heeltemal onverskillig teenoor bv. Kongo, wat darem 'n
eks-kolonie is. Kinders wat nou tien jaar is, weet nie meer daarvan nie. Dit
is amper asof Afrika nie bestaan nie.
Groete.
Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Vorige onderwerp: Re: Melbourne is ook 'n Paradys
Volgende onderwerp: Baie dankie!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 23:39:30 MGT 2024