Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Motorkarre en diens
Motorkarre en diens [boodskap #23955] Ma, 14 Junie 1999 00:00
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message
>
> Nou wonder ek waarom ek altyd in SA die kar die heeldag moes los en dan vir 20
> minute se werk R400 rand betaal???
>

Ek werk self aan my rygoed as ek die tyd het. My broer het 'n plek waar jy
oordag jou kar los en dit dan vir jou reggemaak kan word, en sy groot pyne
is altyd: PRODUKTIWITEIT.
Dis hoekom jy hier die R400.00 moet stoot vir 'n dag se werk, en dan die
volgende dag maar weer moet teruggaan om dieselfde pyn te laat regsien...
'n Vriend van my neem sy BMW M5 in vir diens, kry dit terug en ry vir 'n
paar dae daarmee, gooi petrol in en kyk vir die noodsaaklike water en olie
net om uit te vind daar geen olie in die enjin is nie. Sit maar sy olie
(so 3-4 liter) in en ry voort. Rapporteer aan BMW agentskap van die olie,
en hulle antwoord was dat hulle vergeet het om olie in te sit nadat dit
afgetap is.... Lang storie kort te maak, hy het so om en by 1600 km sonder
olie in sy kar gery. Nou sit BMW maar vir hom 'n nuwe enjin in, sonder dat
hy hoef te betaal. Wie betaal vir die "grappie"? Sien dis deel van die
R400.00 fooi hier...
Vorige onderwerp: Wat doen 'n mens in Wenen?
Volgende onderwerp: Re: Eksamentyd (van die Nomad-variasie)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:55:57 MGT 2024