Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Fiesta de la Muerta" deur JOHAN MYBURG
"Fiesta de la Muerta" deur JOHAN MYBURG [boodskap #23917] So, 13 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
FIESTA DE LA MUERTA
Johan Myburg

Daelank het ek gebak, gebrou
omdat skimme konsuis van soetgoed
hou: borsbroodjies met versuikerde
tepels (gedagtig aan goeie Agatha)

en skottels stroopsoet skedels.
Gisteraand het ek jou buitelyne
weer duidelik in my kop afgekalk,
jou tenger geraamte in vivid visioene

vleis gegee. Ek verwag jou vannag.
Ek brand spaanders buite in die straat.
Ek loei op my kitaar. Kom jy vannag

of kom jy nie sal ek voortaan kerse brand
vir lewendes, beter omsien na
sterflinge - eer dit bitter laat is.
Vorige onderwerp: "Outspan" deur JOHAN MYBURG
Volgende onderwerp: "Meeu" deur MARLISE JOUBERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:38:20 MGT 2024