Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » milleniumvieringe
milleniumvieringe [boodskap #23659] Sa, 05 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal die jaar 2000 in suid-afrika binegaan, en begin nou 'n vakansie aan die
einde van die jaar beplan. terselfdertyd hoor ek op die radio hier dat chicago
se burgemeester 2 persone van elke liewe land en protektoraat op die aarde vir
'n vier dag (all expenses paid) gala uitgenooi het. Sover het hulle al
verteenwoordigers (gewone mense) van 190 lande, en so twee dosyn is nog
uitstaande. Dit laat my toe dink: hoe sou ek die jaar 2000 wou binnegaan. Ek
wonder toe ook watter vieringe en planne lesers hier het. Hoe beplan julle om
2000 binne te gaan. Of, hoe sou julle ideaal wou?
Re: milleniumvieringe [boodskap #23660 is 'n antwoord op boodskap #23659] Sa, 05 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Hoe beplan julle om
> 2000 binne te gaan. Of, hoe sou julle ideaal wou?

Presies soos elke ander dag van die jaar. Want dis maar net wat 1 Januarie
2000 gaan wees. En ten spyte daarvan dat die wêreld op hol raak oor "die
nuwe millennium" begin die 21ste eeu presies 'n jaar later: op 1 Januarie
2001.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23701 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nou sê nou vir my Kallie, wat doen mens dan nou so op jou knieë? Of
praat jy sommer kak?

Alwyn - uit Perth

Kallie Kakprater ;- ) skryf in boodskap news:3759dc5f.21878735@news.mia.bellsouth.net...
> Hiep, hiep, hoera! Dan is daar tóg andere wie besef die partytjie is
> 'n aks te vroeg... Ek reken ek sal die volgende duisend jaar binnegaan
> soos ek hoop 'n hele spul ander Afrikaners sal: Op my knieë.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23702 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Kwarantyn"

> En ten spyte daarvan dat die wêreld op hol raak oor "die
> nuwe millennium" begin die 21ste eeu presies 'n jaar later: op 1 Januarie

Ag ja wel. En as jy nou regtig tegnies wil wees het die millenium reeds gekom
en gegaan. Ons kalender, as jy van jesus se geboorte tel, is vier jaar af
sodat dit nou eintlik 2003 is.

> Presies soos elke ander dag van die jaar. Want dis maar net wat 1 Januarie
> 2000 gaan wees.

In natuurterme miskien. Maar jy weet tog wel dat mense betekenis koppel aan
sekere merkerdae - 16 of 21 of 50 of 60 verjaardae. 1850 of 1950 as halfeeue.
5 of 10 of 30 of 50jarige huweliksherdenkinge. En op dieselfde manier word die
jaar 2000 'n verwysingsmerker of sorts wat dit meer maak as net nog 'n dag in
reele terme.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23703 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 06 Jun 1999 02:26:49 GMT, kallie@nonsens.dom (Kallie Kakprater
;-)) wrote:

[/color]
>>> Hoe beplan julle om
>>> 2000 binne te gaan. Of, hoe sou julle ideaal wou?
>>
>> Presies soos elke ander dag van die jaar. Want dis maar net wat 1 Januarie
>> 2000 gaan wees. En ten spyte daarvan dat die wêreld op hol raak oor "die
>> nuwe millennium" begin die 21ste eeu presies 'n jaar later: op 1 Januarie
>> 2001.
>>
> Hiep, hiep, hoera! Dan is daar tóg andere wie besef die partytjie is
> 'n aks te vroeg...>>>

En se nou maar die mense wat telling hou, het die millennium ook n
jaar "te vroeg" begin?

Dan IS dit mos die millennium.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23704 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kallie  is tans af-lyn  kallie
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 5 Jun 1999 13:49:19 -0400, "Kwarantyn" wrote:

>> Hoe beplan julle om
>> 2000 binne te gaan. Of, hoe sou julle ideaal wou?
>
> Presies soos elke ander dag van die jaar. Want dis maar net wat 1 Januarie
> 2000 gaan wees. En ten spyte daarvan dat die wêreld op hol raak oor "die
> nuwe millennium" begin die 21ste eeu presies 'n jaar later: op 1 Januarie
> 2001.
>
Hiep, hiep, hoera! Dan is daar tóg andere wie besef die partytjie is
'n aks te vroeg... Ek reken ek sal die volgende duisend jaar binnegaan
soos ek hoop 'n hele spul ander Afrikaners sal: Op my knieë.

As ek dít op my 200vt luukse jag kan doen, soveel te beter! ;-)
Re: milleniumvieringe [boodskap #23705 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Jun 1999 17:13:13 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

verteenwoordigers (gewone mense) van 190 lande, en so twee dosyn is nog[/color]
> uitstaande. Dit laat my toe dink: hoe sou ek die jaar 2000 wou binnegaan. Ek
> wonder toe ook watter vieringe en planne lesers hier het. Hoe beplan julle om
> 2000 binne te gaan. Of, hoe sou julle ideaal wou?>>>

Ideaal langs die piramides in Egipte.

Maar dit sal seker interresat wees om te sien of die ligte nog brand
op 1 Jan!

Ek lees oral dat die VSA ironies die grootste gevaar loop om sonder
elektrisiteit te sit op 1 Jan. Ironies omdat hy so lank reeds
gerekenariseerd is.

So ek hoop Chicago se burgemeester het kerse op sy dinee!

En 'n "shelter" vir die paar dae daarna dat die krag steeds af kan
wees!

Die tydskrif Wired het juis n storie is daaroor. Vertel eintlik aan
die hand van die Kandese "black out" watter chaos dit in die winter in
Noord-Amerika kan wees as die krag ingee - soos baie mense verwag gaan
gebeur op 1 Jan!

Daar word geargumenteer dat daar letterlik miljoene chips in die
elektrisiteits-voorsieningslyne in die VSA is wat krag-lewering
reguleer.
En vreeslik baie van hulle baie oud is en waarskynlik nie die datum
2000 sal kan hanteer nie. Niemand weet eers waar presies sulke chip
geinstalleer is nie.
In talle gevalle bestaan die maatskappye wat hulle gemaak het, nie
eers meer nie.

Dit sal volgens die argument spanning op die kragnet sit - wat gebou
is om bv. eerste die platteland af te sny as daar onderbrekings is.
In Kanada word daar verwag dat hulle krag voor die VSA af sal gaan
omdat hulle krag aan die VSA verkoop en as leweransier die klient
voorop moet stel.

Gloudina, die tydskrif vertel in detail wat in Kanada op die grond
gebeur het begin verlede jaar. Dit word tereg as (as dit alles waar
is) "frozen hell" beskryf.

Geen krag vir dae in ysige toestande, stukkende telefone en later in
Quebec ook water-vorraad wat opraak omdat daar nie krag vir suiwering
is nie.
En natuurlik geen elektroniese betaling nie - net kontant - omdat
ATM's en "swipes" vir kredietkaarte nie werk nie. Jou kar ry ook net
sover as wat daar petrol in die tenk is omdat daar nie krag is om te
pomp by die vulstasies nie.

Nou wonder ek of die yanks nie almal n paar duisend dollar in kontant
gaan trek voor Nuwejaar nie - net "in case".
Sal dit n effek op die bankstelsel he?

(Koop goud ke^rels! Net in geval...!)

(he,he,he....)
Re: milleniumvieringe [boodskap #23745 is 'n antwoord op boodskap #23659] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling)

> Ek lees oral dat die VSA ironies die grootste gevaar loop om sonder
> elektrisiteit te sit op 1 Jan. Ironies omdat hy so lank reeds
> gerekenariseerd is.

Hierdie is klaarblyklik slegs waar vir plaaslike en kleiner munisipaliteite.
Groot organisasies en sisteme (sosiale sekuriteit, belasting, fbi, wall straat)
is heeltemal gereed. Dieselfde kan egter nie gesê word vir byvoorbeeld die
plaaslike polisie hoofraamrekenaar nie.

Die ander punt wat jy maak is ook geldig. Somtyds laat vooruitgang jou in die
piekel. Televisie in die vsa, bv. gebruik 'n sisteem (NTSC) wat uit tred is
met nuwer europese en suid-afrikaanse sisteme (PAL/SECAM), maar dit is hopeloos
te duur en onprakties om dit te vervang (digitale tv maak dit ook nou
onprakties). DIeslefde met selfoontegnologie. Daardie lande, soos
suid-afrika, wat later op die wa gespring het, kon van die nuwer, digitale
tegnologie gebruik maak.

> En 'n "shelter" vir die paar dae daarna dat die krag steeds af kan
> wees!
>

Daar is stories hier van sekere mense wat hulself met proviand inrig in
skuilings of mense wat hulself so gaan afsonder op 'n amperse armageddon
manier.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23746 is 'n antwoord op boodskap #23659] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neef  is tans af-lyn  Neef
Boodskappe: 20
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...

> Daar word geargumenteer dat daar letterlik miljoene chips in die
> elektrisiteits-voorsieningslyne in die VSA is wat krag-lewering
> reguleer.
> En vreeslik baie van hulle baie oud is en waarskynlik nie die datum
> 2000 sal kan hanteer nie. Niemand weet eers waar presies sulke chip
> geinstalleer is nie.
> In talle gevalle bestaan die maatskappye wat hulle gemaak het, nie
> eers meer nie.

Mens kan seker se hulle het hulle chips gehad ;-)

Ek weet net dat ek by 'n lekker paartie gaan wees.

Groete
Neef
Re: milleniumvieringe [boodskap #23783 is 'n antwoord op boodskap #23659] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> k...@dot.com (Johan)

Johan, jy bly my verstom. Na soveel boeke wat jy kwansuis gelees het en selfs
'n besoek aan 'n Amish gemeenskap, het jy nog geen begrip vir hul filosofie en
lewenswyse nie, en staar jy jou blind aan die spinnerakke op die houtwerk en
beskryf jy hulle as "terug". Jy snap net nie. Let liewer op die spinnerakke
in jou siel, as die op die houtwerk van die Amish.

Die Amish het uit die Mennoniete gegroei, en beide kan teruggevoer word tot die
Anabaptists in Europa wat geglo het dat slegs volwassenes gedoop kan word en
dat afsluiting van die breëer gemeenskap gewens is. Alhoewel daar talle
ooreenkomste is, volg die mennoniete die leer van Menno Simons, en die Amish
die van Jacob Ammon, beide priesters in die vyftien en sestienhonderds.

Pennsylvania het die grootste konsentrasie Amish en Mennoniete, hoofsaaklik
omdat meeste hier gesetel het as deel van William Penn se eksperiment in
godsdienstige buigbaarheid en toleransie. Michigan en Indiana het ook
groterige groepe (Illinois en Minnesota is maar klein gemeenskappies).

Ennvoud en 'n god-gerigtheid is allesbelangrik. Hierdie groepe kies (let wel,
Johan), kies om nie hul lewens te "clutter" met tegnologie nie en doen so om 'n
hardwerkende, eenvoudige, godvresende lewe te fasiliteer. Hul klere, voorts,
is ook 'n uitlewing van geloof in soverre dit nie versier word nie en nie
uitstaan nie - omdat nederigheid en eenvoud (en nie eie waan) nagestreef word.
Die Pennsylvania Amish praat 'n Duits wat heeltemal enig en uniek is.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23784 is 'n antwoord op boodskap #23659] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On 8 Jun 1999 00:21:51 GMT, wrote:
>
>
> Die artikel se ook die gemeenskap wat nie eers die storms agtergekom
> het nie, was die Amish!
>
Dit is nogal 'n gemeenskap waarvan ek graag meer sal wil weet. Is daar
iemand wat van 'n boek weet of sommer oor algemene inligting beskik?

Groete

Shannon
Re: milleniumvieringe [boodskap #23785 is 'n antwoord op boodskap #23659] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
prop...@aol.com (ProPacem) writes:

>
> Die ander punt wat jy maak is ook geldig. Somtyds laat
vooruitgang jou in die > piekel.

Ons hier in die Oostelike deel van Ontario
en die westelike deel van Quebec het voor-
verlede winter met die ysstorm gesien hoe
magteloos tegno-sentriese mense is wanneer
die elektrisiteit afgaan en dit nie binne 'n
paar uur weer herstel kan word nie (omdat
die pale wat die krag dra vir kilometers
omgeval het.) Onverwagte gevolge, wat niemand
kan voorsien nie, kom na vore na 'n paar
dae. Veral op plase, wat elektrisiteit
gebruik om hulle water te pomp en hulle
koeie te melk, het duisende diere doodgegaan.
Die militere hulp het eers na twee dae begin
aankom, maar toe was dit alreeds te laat.

Ons het vriende wat eks-hippies is en op 'n
plaas bly wat nie steun op sentrale elektri-
siteitsverskaffing nie. Hulle het wel 'n
paar solar panels. Toe ons vir hulle later
vra hoe hulle die ysstorm oorleef het, toe
lag hulle. Hulle het dit skaars gemerk.

Gloudina
Re: milleniumvieringe [boodskap #23786 is 'n antwoord op boodskap #23659] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jun 1999 00:21:51 GMT, wrote:

paar solar panels. Toe ons vir hulle later[/color]
> vra hoe hulle die ysstorm oorleef het, toe
> lag hulle. Hulle het dit skaars gemerk. >>

Die artikel wat ek gelees het het ook onvoorsiene dinge gemeld soos
dat wanneer koeie nie gereeld gemelk word nie, kry hulle vinnig 'n
toestand wat eers hul melk-lewering erg beinvloed en hulle maklik kan
doodmaak.

Melkboere moes in gevalle glo al hul koeie vervang nadat elektrisiteit
vir twee weke af was.

Die artikel se ook die gemeenskap wat nie eers die storms agtergekom
het nie, was die Amish!
Re: milleniumvieringe [boodskap #23787 is 'n antwoord op boodskap #23659] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Jun 1999 19:38:22 +0200, "Shannon" wrote:
|>Die artikel se ook die gemeenskap wat nie eers die storms agtergekom
|>het nie, was die Amish!
|>
|Dit is nogal 'n gemeenskap waarvan ek graag meer sal wil weet. Is daar
|iemand wat van 'n boek weet of sommer oor algemene inligting beskik?
|
Ons het al die Amish gemeenskap in Minnesota besoek en ek het sederdien heelwat
boeke oor hulle gelees. Ek weet nie of daarvan dalk in biblioteke in SA
beskikbaar sal wees nie. Kyk op Amazon.com se web bladsy vir 'n paar titels en
gaan vra dan by jou bib.

Die gemeenskap wat ons hier naby die dorpie Harmony het, is baie terug. Wat ons
die meeste van hulle opgeval het, was dat hulle redelik vuil was - die ou tannie
by wie ons gebak gekoop het, se ou voete sien seker net elke Sondag skoene en
lyk soos die swart voete wat ek jare gelede op 'n SA plaas gewoond was.

In die ou plaas winkeltjies waar die mans van hulle houtwerk verkoop, is daar
spinnerakke op van die houtwerk self en daar word nie gebodder om dit af te vee
nie.

Vrouens word baie onderdruk. As 'n kind byvoorbeeld sou trou en daar is nog nie
vir hulle 'n plaas nie, word daar iewers 'n huis gekoop en in stukke aangebou
aan die ouers se huis. Selfs wanneer 'n nuwe plaas gekoop word, word al die
waterpype en elektrisiteit uitgehaal. Water moet buite die huis gehaal word.
Vrouens mag nie hulle klere versier nie en mag dit slegs met spelde vasmaak -
nie haakspelde nie - reguit spelde.

Daar is seker nog baie om te vertel, maar kom ek sê net die volgende: ek
verstaan ons ervaring was buitengewoon en dat hierdie gemeenskap van die Amish
baie meer terug is as die oorgrote meerderheid wat in die res van Amerika te
vinde is. 'n Mens moet hulle werklik besoek om regtig te probeer verstaan hoe
hulle leef en hoe deeglik hulle onder die juk van hulle kerk onderdruk word.
Daar is baie takke van die Amish geloof (ook maar soos die Afrikaners lief om
nie met mekaar saam te stem nie) en elkeen is verskillend met verskillende grade
van afwesigheid van moderne geriewe.

=|:^)

Johan
Re: milleniumvieringe [boodskap #23821 is 'n antwoord op boodskap #23659] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 9 Jun 1999 18:33:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|Die "swart voete op die plaas" - in watter opsig was hulle "terug"?

Jy maak 'n gek van jouself. Swart voete het niks met die terugheid van die
gemeenskap te doen nie.

| (Nogal
|'n platvloerse soort uitdrukking om te gebruik, hierdie "terug" van jou, nie
|waar nie?)

Nee, kom kuier dan gaan wys ek jou wat ek bedoel.
|
|En die ding van die vrouens. Hoe bepaal jy of 'n vrou "onderdruk" is - as sy
|nie aantrek soos joune nie?

Moenie onnosel probeer klink nie - daar is boeke oor die mense beskikbaar en
heelwat op die www - gaan lees self oor hulle hele kultuur.

Ek beskou 'n vrou as onderdruk as sy iets mooi sien, in hierdie geval 'n
eenvoudige handgemaakte kant kraag aan 'n vrou se rok en jy sien die
opflikkering in haar oë en jy kan sien sy bewonder dit en sy vat daaraan en sy
sê dis mooi - en dan laat haar sosiale siteem haar nie toe om eers so iets te
besit nie. Ek noem dit 'n onderdrukte vrou.

En die prentjie van die tannie met die vuil kaalvoete in die buite kombuis, wat
geen sê het in haar eie lewe nie en geen sê het in die kerk nie - dit beskou ek
as 'n onderdrukte vrou.

Die rok wat net met die reguit speld vasgemaak word het niks met onderdrukking
te doen nie en is allermins die observasie waarop ek my siening baseer.
|
|Ek neem ook aan dat, soos in die geval van die vroue, jy ook na die
|uiterlike oordeel wanneer jy verklaar dat die mense "deeglik onder die juk
|van hulle kerk onderdruk word".

Geheel en al glad nie - gaan lees oor hulle kultuur. Jy maak hier sulke sotlike
aannames, dit regverdig nie juis te veel kommentaar nie.
|

=|:^)

Johan
Re: milleniumvieringe [boodskap #23822 is 'n antwoord op boodskap #23659] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan )

> Ek het 'n ruk terug mooi gevra dat jy my sal ignoreer

Ek weier. Jy, aan die ander kant, is heeltemal vry om mý te ignoreer.

> jy is
> heeltemaal te gespanne om met my ernstig gesprek te voer.

Gespanne is ek wraggies nie ('n uitdaging: ek wed jou $200 dat my
strestellings en spierstresindeks laer is as joue, dat my bloeddruk en hartrate
minder spanning weerspieël. Laat my weet of jy die uitdaging aanvaar en ons
kan maniere bespreek om te verifieer). Indien jy egter hierdie beskouiing van
my as gespanne nodig het as ego-verdedigingsmeganisme en rasionalisering, doen
gerus so voort.

> ek
> het bloot beskryf wat ek met my eie oë gesien het.

Nee. Jy het nie net beskryf nie. Jy het ook interpreteer, verduidelik, en
beoordeel. My renons lê daarin dat jy jou eie definisies (bv. van vooruitgang
en godsdienstige onderdrukking) gebruik om die Amish mee te beoordeel. Dit
terwyl jy ook toegang het tot hul beskryweings van hul gedrag. Maar nee, jy
gee glad nie hul interpretasies of beskrywings of verduidelikings nie, maar jou
eie fel oordeel van jou verwysingsraamwerk - "Hulle is terug".

> ondeurdagte striemende aanval te loots.

Striemend, miskien, maar nie ondeurdag nie.

> Ek sal jou wel sê dat dit amper bomenslike moed verg vir iemand wat
> wel sou KIES om die lewenswyse van die Amish te verlaat

Dit is wel waar. Hierdie eienskap is egter nie uniek tot die Amish nie. Ek
onthou 'n plakker op 'n motor in Suid-Afrika wat lees: Islam is not a religion,
but a way of life". Derhalwe, in verskeie lande en gemeenskappe waar die
behoud van 'n sekere leefwyse as belangrik geag word (OF waar die leefwyse
bedreig word deur 'n alternatief), bou die kultuur streng gevolge in vir die
groepslede wat kies om die groep te verlaat. Ek het by 'n vorige geleentheid
melding gemaak van my Afrikanervriend van Malmesbury wat aan AIDS gesterf het.
Sy familie (pa, ma, twee broers) het hom heeltemal onterf en onteien en geweier
om met hom te praat nadat hy sy seksuele (en politieke) voorkeur verklaar het.
Slegs 'n suster was by sy doodsbed. Toegegee, hierdie is 'n individuele
familie se respons en nie 'n "Afrikaner kultuurnorm" nie, maar dit illustreer
tog my punt.

>die predikante
> het 'n geweldige houvas op die mense.

God is allesbelangrik - die predikant is die boodskapper en stem van God.
Natuurlik het die predikant 'n geweldige houvas.

> Daarnaas is die keuse wat die tegnologie betref ook maar net soos dit
> hulle pas:

Nee. Dis nie heeltemal waar nie. Ek kan egter sien hoedat jy verward kan
wees. Die kerk in ELKE individuele gemeenskap het die reg om te besluit oor
die gebruik van 'n implement. Dit is dus heeltemal moontlik vir die kerk in
Harmony om te besluit dat 'n diesel-enjin okay is, maar 'n gemeenskap en kerk
vyftien myl verder kan besluit dat dit nie okay is nie. Elke nuwe uitvinding
en elke gadget word bespreek en daar word daaroor beslis.

Ek het in die vroeër pos gepraat van die unieke duits wat gepraat word deur die
Amish. Linguiste hier sal seker ook in die volgende geïnterreerd wees.
Hierdie vorm van duits word egter "Pennsylvania DUTCH" genoem en verskil van
die "Hoog Duits" waarin daar kerk gehou word en gebid word.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23823 is 'n antwoord op boodskap #23659] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Tue, 8 Jun 1999 19:38:22 +0200, "Shannon" wrote:

> Die gemeenskap wat ons hier naby die dorpie Harmony het, is baie terug. Wat ons
> die meeste van hulle opgeval het, was dat hulle redelik vuil was - die ou tannie
> by wie ons gebak gekoop het, se ou voete sien seker net elke Sondag skoene en
> lyk soos die swart voete wat ek jare gelede op 'n SA plaas gewoond was.
>
> In die ou plaas winkeltjies waar die mans van hulle houtwerk verkoop, is daar
> spinnerakke op van die houtwerk self en daar word nie gebodder om dit af te vee
> nie.
>
> Vrouens word baie onderdruk. As 'n kind byvoorbeeld sou trou en daar is nog nie
> vir hulle 'n plaas nie, word daar iewers 'n huis gekoop en in stukke aangebou
> aan die ouers se huis. Selfs wanneer 'n nuwe plaas gekoop word, word al die
> waterpype en elektrisiteit uitgehaal. Water moet buite die huis gehaal word.
> Vrouens mag nie hulle klere versier nie en mag dit slegs met spelde vasmaak -
> nie haakspelde nie - reguit spelde.
>
> Daar is seker nog baie om te vertel, maar kom ek sê net die volgende: ek
> verstaan ons ervaring was buitengewoon en dat hierdie gemeenskap van die Amish
> baie meer terug is as die oorgrote meerderheid wat in die res van Amerika te
> vinde is. 'n Mens moet hulle werklik besoek om regtig te probeer verstaan hoe
> hulle leef en hoe deeglik hulle onder die juk van hulle kerk onderdruk word.
> Daar is baie takke van die Amish geloof (ook maar soos die Afrikaners lief om
> nie met mekaar saam te stem nie) en elkeen is verskillend met verskillende grade
> van afwesigheid van moderne geriewe.

Sê my, Johan,

Die "swart voete op die plaas" - in watter opsig was hulle "terug"? (Nogal
'n platvloerse soort uitdrukking om te gebruik, hierdie "terug" van jou, nie
waar nie?)

En die ding van die vrouens. Hoe bepaal jy of 'n vrou "onderdruk" is - as sy
nie aantrek soos joune nie?

Ek neem ook aan dat, soos in die geval van die vroue, jy ook na die
uiterlike oordeel wanneer jy verklaar dat die mense "deeglik onder die juk
van hulle kerk onderdruk word".

Maar ek moet sê, ek is bly om te sien dat jou hovaardigheid en vooroordeel
nie beperk is tot swartmense en indiane nie, maar dat jy vrygewig genoeg is
om dit ook uit te brei na geloofsgemeenskappe anders as jou eie (dis nou
daardie "user friendly, suburban" groepie waar julle mekaar se rug so lekker
sit te krap oor hoe julle die omgewing bewaar deur julle bierbottels te
"recycle", nie waar nie?)
Re: milleniumvieringe [boodskap #23824 is 'n antwoord op boodskap #23659] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jun 1999 22:02:22 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|>k...@dot.com (Johan)
|
|Johan, jy bly my verstom. Na soveel boeke wat jy kwansuis gelees het en selfs
|'n besoek aan 'n Amish gemeenskap, het jy nog geen begrip vir hul filosofie en
|lewenswyse nie, en staar jy jou blind aan die spinnerakke op die houtwerk en
|beskryf jy hulle as "terug". Jy snap net nie. Let liewer op die spinnerakke
|in jou siel, as die op die houtwerk van die Amish.

Ek het 'n ruk terug mooi gevra dat jy my sal ignoreer - jy is
heeltemaal te gespanne om met my ernstig gesprek te voer.
Ek het in my vertelling hier glad nie die filosofie van die mense
genoem nie. Ek gaan nie die boeke oorskryf wat ek gelees het nie - ek
het bloot beskryf wat ek met my eie oë gesien het.
Jy is die laaste persoon wat kan oordeel oor my begrip van sake - jy
bewys dit deur my telke male verkeerd op te som.
Vul eerder aan wat ek sê, soos wat jy hieronder doen, as om telkens so
'n ondeurdagte striemende aanval te loots.
Kom kuier vir my en ek sal jou Harmony toe vat dat jy gaan kyk.
|
|Die Amish het uit die Mennoniete gegroei, en beide kan teruggevoer word tot die
|Anabaptists in Europa wat geglo het dat slegs volwassenes gedoop kan word en
|dat afsluiting van die breëer gemeenskap gewens is. Alhoewel daar talle
|ooreenkomste is, volg die mennoniete die leer van Menno Simons, en die Amish
|die van Jacob Ammon, beide priesters in die vyftien en sestienhonderds.
|
|Pennsylvania het die grootste konsentrasie Amish en Mennoniete, hoofsaaklik
|omdat meeste hier gesetel het as deel van William Penn se eksperiment in
|godsdienstige buigbaarheid en toleransie. Michigan en Indiana het ook
|groterige groepe (Illinois en Minnesota is maar klein gemeenskappies).
|
|Ennvoud en 'n god-gerigtheid is allesbelangrik. Hierdie groepe kies (let wel,
|Johan),

...ek stry nie - dit is soos ek dit ook verstaan.....

| kies om nie hul lewens te "clutter" met tegnologie nie en doen so om 'n
|hardwerkende, eenvoudige, godvresende lewe te fasiliteer. Hul klere, voorts,
|is ook 'n uitlewing van geloof in soverre dit nie versier word nie en nie
|uitstaan nie - omdat nederigheid en eenvoud (en nie eie waan) nagestreef word.

Ek sal jou wel sê dat dit amper bomenslike moed verg vir iemand wat
wel sou KIES om die lewenswyse van die Amish te verlaat. (Ek praat nou
hier net van wat in Harmony die geval is.)

Indien 'n persoon wel die gemeenskap verlaat, "they are shunned by the
community". Hulle kan byvoorbeeld wel teruggaan om te gaan kuier,
maar mag nie in een van die Amish huise slaap nie, mag nie saam met
hulle koffie drink nie en mag nie saam met hulle kerk toe gaan nie.
Hulle word ook glad nie as familie erken nie. Jy moet dus bereid wees
om jou hele familie en vriendekring af te sterf - en onthou, dit
gebeur uit 'n omgewing waar jy weinig ander mense leer ken het.

Daar is veral weinig van die meisies wat die moet het om die
gemeenskap te verlaat. Die man wat hier in St Paul 'n
oorgangsfasiliteit bestuur waar oud-Amish geleer word om in die
samelewing klaar te kom, vertel my dat hy elke jaar sowat twintig mans
en net twee dames kry uit Harmony.

Daar is dus wel die wat KIES om uit die Amish samelewing pad te gee -
die manne doen gewoonlik houtwerk en betree dus baie keer die
boubedryf.

Of hulle nederigheid en eenvoud nastreef, weet ek nie - die predikante
het 'n geweldige houvas op die mense.
Daarnaas is die keuse wat die tegnologie betref ook maar net soos dit
hulle pas:

Ek stap by een van die houtwerkwinkels op een van die plase in en daar
staan ry op ry rooi en blink Craftsman kraggereedskap. Dis bankskawe
en sae en bore en Mitres en alles wat kan druk draai en pomp. Ek vra
toe ons "English" gids (dis nou die Amish se beskrywing van iemand wat
nie Amish is nie). Sy wys my toe op die feit dat die gereedskap alles
nie deur elektrisiteit aangedryf word nie, maar daar is 'n enkele
dryfas wat van buite die werkswinkel in een hoek inloop en al die
gereedskap het dryfbande wat aangesit kan word om die aandrywing te
verskaf.

Ek gaan kyk toe buitekant en daar staan die grootste diesel enjin wat
jy jou kan indink - net om die dryfas te draai. Weer vra ek
verduideliking en die keer verskaf die Amish man dit: Die predikant
het beslis dat dit toegelaat kan word want dit belemmer nie hulle werk
nie en maak ook nie inbreuk op die godsdiensbeoefening nie.

Toe ons daar wegry, sien ons op die buurplaas hoe 'n ou met 'n EEN
skaarploegie agter twee groot Percheron tipe perde loop en ploeg. Ek
wonder toe hoe die een buurman die diesel enjin mag hê en hy haak nie
eers 'n twee of drie skaar ploegie agter die perde nie.....

O ja, en die ou met die diesel enjin se vrou was wasgoed met die
hand.... buite....

=|:^)

Johan
Re: milleniumvieringe [boodskap #23838 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan) wrote:
> On Wed, 9 Jun 1999 18:33:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
> |Die "swart voete op die plaas" - in watter opsig was hulle "terug"?
>
> Jy maak 'n gek van jouself. Swart voete het niks met die terugheid van die
> gemeenskap te doen nie.

O? Skuus. Dan het ek jou seker verkeerd verstaan.

>
> | (Nogal
> |'n platvloerse soort uitdrukking om te gebruik, hierdie "terug" van jou, nie
> |waar nie?)
>
> Nee, kom kuier dan gaan wys ek jou wat ek bedoel.

Uh, uh. Die uitdrukking "terug" as sinoniem vir "minder bevoorregd",
"agtergeblewe", "agteraf", of bloot plein "arm", is iets wat ek altyd
gehoor het by tannies wat self uit so 'n agtergrond kom, maar wat beter
getrou het, en dan uit die hoogte praat van mense wat "terug" is.

Dis waarom ek dit met platvloersheid assosieer.

> |
> |En die ding van die vrouens. Hoe bepaal jy of 'n vrou "onderdruk" is - as sy
> |nie aantrek soos joune nie?
>
> Moenie onnosel probeer klink nie - daar is boeke oor die mense beskikbaar en
> heelwat op die www - gaan lees self oor hulle hele kultuur.

O, ek sien. Jy lees 'n boek (of twee, drie, twaalf) oor mense. Die boek
sê die mense onderdruk hul vroue. En as jy dan so 'n vrou teëkom, kan
jy sommer _sien_ sy is onderdruk?

> Ek beskou 'n vrou as onderdruk as sy iets mooi sien, in hierdie geval 'n
> eenvoudige handgemaakte kant kraag aan 'n vrou se rok en jy sien die
> opflikkering in haar oë en jy kan sien sy bewonder dit en sy vat daaraan en sy
> sê dis mooi - en dan laat haar sosiale siteem haar nie toe om eers so iets te
> besit nie. Ek noem dit 'n onderdrukte vrou.

Ek kan 'n Maserati of 'n Rolls bewonder, of selfs 'n Harley of 'n
1000cc Kawasaki, of my een swaertjie (die technomusiekmaker) se
diamantoorbel. Maar ek het geen begeerte om een te besit nie, selfs al
kan ek sommige van hulle bekostig. Dit pas nie by my styl nie, en die
goed sal teen die tweede dag vir my 'n las wees.

As ek nou blinkoog hier onder voor die deur 'n menseregteproffie se
blinkgepoetste Harley staan en bewonder, maak dit my 'n "onderdrukte"?

>
> En die prentjie van die tannie met die vuil kaalvoete in die buite kombuis, wat
> geen sê het in haar eie lewe nie en geen sê het in die kerk nie - dit beskou ek
> as 'n onderdrukte vrou.

Jy oordeel dus inderdaad na die uiterlike. Net soos 'n Victoriaanse
sendeling wat reken dat die kaal borste van swart vroue "imoreel" is.

Het jy ooit met hierdie vrou gepraat oor hoe sy die wêreld beleef? Of
lees jy net boeke van skrywers wat, net soos jy, vir haar wil voorsê
hoe sy haar wêreld moet beleef?

>
> Die rok wat net met die reguit speld vasgemaak word het niks met onderdrukking
> te doen nie en is allermins die observasie waarop ek my siening basseer.
> |
> |Ek neem ook aan dat, soos in die geval van die vroue, jy ook na die
> |uiterlike oordeel wanneer jy verklaar dat die mense "deeglik onder die juk
> |van hulle kerk onderdruk word".
>
> Geheel en al glad nie - gaan lees oor hulle kultuur. Jy maak hier sulke sotlike
> aannames, dit regverdig nie juis te veel kommentaar nie.

En die skrywers van al hierdie boeke wat jy gelees het, Johan: Wie is
hulle?

Joernaliste wat publiseer vir mense soos jy wat graag meederwaardig wil
voel? Akademici wat dringend iets moet uitkry om hul publikasietempo op
te stoot sodat hulle "tenure" kan verwerf? Voormalige "Amish" wat
"ontsnap" het uit die gemeenskap en (soos Gloudina) manies probeer om
hul keuse te regverdig?

Of sluit dit darem een of twee getroue lede van die gemeenskap in, wat
hul saak stel?

En nee, Johan. Dit gaan nie hier oor die Amish nie. Dit gaan oor jou
hovaardige veroordeling van almal wat nie jou waardes in die lewe
aanvaar nie. Die Amish is maar die laaste van vele groepe oor wie jy
jou op soortgelyke wyse uitgespreek het.

Dit gaan oor die patetiese behoefte wat jy het om herhaaldelik die
meerderwaardigheid van jou keuses en waardes bo die van ander te
bevestig. Dit lyk vreeslik "terug", weet jy?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23839 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> God is allesbelangrik - die predikant is die boodskapper en stem van God.
> Natuurlik het die predikant 'n geweldige houvas.

Wie beslis dat die predikant die 'stem van God' is ? Hyself ? Natuurlik sal
hy nie weier om in God se naam te praat nie, want dan kry hy mag oor al die
mense wat dit glo (dat hy die stem van God is). Soos die pous van die
katolieke wat 'in die naam van God' in Afrika gaan verkondig dat kondome
gebruik sonde is ! Ek staan baie wantrouig teenoor enigiemand wat beweer die
stem van God te wees ! Gewoonlik is daardie mens nog baie sektaries ook.
Groete. Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be en hilda....@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: milleniumvieringe [boodskap #23840 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Jun 1999 20:28:55 GMT, wrote:

| Ek het geen persoonlike kontak met
| enige Amish gehad nie, maar ek kan
| wel getuig van die Mennoniete hier
| in Ontario. Ek het 'n semi-privaat
| hospitaalkamer gedeel met 'n vrou
| gedurende die geboorte van een van
| ons kinders in Kitchener in Ontario.
| Ek was so geimponeer deur die ver-
| fyndheid van die mens. Elke keer as
| sy ge-eet het en bybel gelees het,
| het sy haar gehekelde kappietjie
| opgesit. Maar sy was intellektueel
| baie ontwikkeld en het gladnie die
| indruk gegee dat sy onderdruk was
| nie. Met my kennis van Afrikaans
| en Duits kon ek hulle soort Duits
| praat nogal meestal volg, en dit
| het nie geklink asof sy nou eintlik
| haarself ondergeskik aan haar man
| gesien het nie. Daar is natuurlik
| onder die Mennoniete net soos onder
| die Amish 'n verskeidenheid van
| sosiale groeperings.

My niggie se man het so vier jaar terug dieselfde ervaar met die Mennoniete in
Manitoba, net hier noord van ons in die dorpie Norden, waar hy vir ses maande
gewerk het as dokter en aanvanklik by een van hulle gesinne losseer het - ek
onthou ook byvoorbeeld ivm die taal dat hy gesê het die dame by wie hy bly kon
Afrikaans redelik lees wanneer hy vir haar iets in Afrikaans gegee het.

| Maar om al die
| Amish, soos Johan dit sien, te
| veroordeel net met wat hy op "Harmony"
| sien,

Gaan kyk mooi dan sal jy sien ek het dit juis nie gedoen nie en elke keer
duidelik gestel dat ek net van die Harmony gemeenskap praat.

| is bloot om moedswillig 'n
| soort propaganda-veldtog teen die
| Amish in stand te hou.

Dis die ironie van al hierdie aanvalle van julle teen my oor die Amish. Ek is
nie behep met hulle nie, maar toe ons hulle besoek het, het dit my intereseer en
ek het oor hulle begin oplees. Ek is baie pro-Amish, soos blykbaar almal wat my
so aanval. Ek beny hulle hulle basiese lewensstyl, soos ek dit in die
literartuur teegekom het en aanvaar die Harmony gemeenskap se terugheid as 'n
uitsondering.

Kom kuier en ek vat jou soontoe en as jy dink daardie ou tannie se voete het
meer as 30dae tevore water gesien, eet ek drie van haar vrugtepasteie voor jou
op (ek sal jou laat proe sodat jy kan besef dis nie elke ou wat dit sal regkry
nie.

| Hoe weet
| Johan dat "Harmony" nou nie deur die
| toeriste-bedryf as 'n soort van 'n
| tourist trap aangehou word (met die
| samewerking van sommige Amish) sodat
| hulle winkeltjies goed kan verkoop
| aan die gapende toeriste nie?
|
Ek is nie so 'n "fool" as wat jy dink nie. Dis hoe ek weet. Kom kuier dan gaan
wys ek jou. Glo my, die toeristebedryf by Harmony sluit die Amish in ten spyte
van wat jy daar sien. Hulle sou ewe goed doen as hulle net gehou het by die
pragtige sybokhaar bedryf wat daar in die omgewing aan die gang is en die grotte
wat 'n baie groter toeriste aantreklikheid is as die Amish.

=|:^)

Johan
Re: milleniumvieringe [boodskap #23841 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum writes:

>> |En die ding van die vrouens. Hoe bepaal jy of 'n vrou
"onderdruk" is
> - as sy
>> |nie aantrek soos joune nie?

Ek het geen persoonlike kontak met
enige Amish gehad nie, maar ek kan
wel getuig van die Mennoniete hier
in Ontario. Ek het 'n semi-privaat
hospitaalkamer gedeel met 'n vrou
gedurende die geboorte van een van
ons kinders in Kitchener in Ontario.
Ek was so geimponeer deur die ver-
fyndheid van die mens. Elke keer as
sy ge-eet het en bybel gelees het,
het sy haar gehekelde kappietjie
opgesit. Maar sy was intellektueel
baie ontwikkeld en het gladnie die
indruk gegee dat sy onderdruk was
nie. Met my kennis van Afrikaans
en Duits kon ek hulle soort Duits
praat nogal meestal volg, en dit
het nie geklink asof sy nou eintlik
haarself ondergeskik aan haar man
gesien het nie. Daar is natuurlik
onder die Mennoniete net soos onder
die Amish 'n verskeidenheid van
sosiale groeperings. Maar om al die
Amish, soos Johan dit sien, te
veroordeel net met wat hy op "Harmony"
sien, is bloot om moedswillig 'n
soort propaganda-veldtog teen die
Amish in stand te hou. Hoe weet
Johan dat "Harmony" nou nie deur die
toeriste-bedryf as 'n soort van 'n
tourist trap aangehou word (met die
samewerking van sommige Amish) sodat
hulle winkeltjies goed kan verkoop
aan die gapende toeriste nie?

Gloudina
Re: milleniumvieringe [boodskap #23842 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan) wrote:
> On Wed, 9 Jun 1999 18:33:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
> |Die "swart voete op die plaas" - in watter opsig was hulle "terug"?
>
> Jy maak 'n gek van jouself. Swart voete het niks met die terugheid van die
> gemeenskap te doen nie.

O? Skuus. Dan het ek jou seker verkeerd verstaan.

>
> | (Nogal
> |'n platvloerse soort uitdrukking om te gebruik, hierdie "terug" van jou, nie
> |waar nie?)
>
> Nee, kom kuier dan gaan wys ek jou wat ek bedoel.

Uh, uh. Die uitdrukking "terug" as sinoniem vir "minder bevoorregd",
"agtergeblewe", "agteraf", of bloot plein "arm", is iets wat ek altyd
gehoor het by tannies wat self uit so 'n agtergrond kom, maar wat beter
getrou het, en dan uit die hoogte praat van mense wat "terug" is.

Dis waarom ek dit met platvloersheid assosieer.

> |
> |En die ding van die vrouens. Hoe bepaal jy of 'n vrou "onderdruk" is - as sy
> |nie aantrek soos joune nie?
>
> Moenie onnosel probeer klink nie - daar is boeke oor die mense beskikbaar en
> heelwat op die www - gaan lees self oor hulle hele kultuur.

O, ek sien. Jy lees 'n boek (of twee, drie, twaalf) oor mense. Die boek
sê die mense onderdruk hul vroue. En as jy dan so 'n vrou teëkom, kan
jy sommer _sien_ sy is onderdruk?

> Ek beskou 'n vrou as onderdruk as sy iets mooi sien, in hierdie geval 'n
> eenvoudige handgemaakte kant kraag aan 'n vrou se rok en jy sien die
> opflikkering in haar oë en jy kan sien sy bewonder dit en sy vat daaraan en sy
> sê dis mooi - en dan laat haar sosiale siteem haar nie toe om eers so iets te
> besit nie. Ek noem dit 'n onderdrukte vrou.

Ek kan 'n Maserati of 'n Rolls bewonder, of selfs 'n Harley of 'n
1000cc Kawasaki, of my een swaertjie (die technomusiekmaker) se
diamantoorbel. Maar ek het geen begeerte om een te besit nie, selfs al
kan ek sommige van hulle bekostig. Dit pas nie by my styl nie, en die
goed sal teen die tweede dag vir my 'n las wees.

As ek nou blinkoog hier onder voor die deur 'n menseregteproffie se
blinkgepoetste Harley staan en bewonder, maak dit my 'n "onderdrukte"?

>
> En die prentjie van die tannie met die vuil kaalvoete in die buite kombuis, wat
> geen sê het in haar eie lewe nie en geen sê het in die kerk nie - dit beskou ek
> as 'n onderdrukte vrou.

Jy oordeel dus inderdaad na die uiterlike. Net soos 'n Victoriaanse
sendeling wat reken dat die kaal borste van swart vroue "imoreel" is.

Het jy ooit met hierdie vrou gepraat oor hoe sy die wêreld beleef? Of
lees jy net boeke van skrywers wat, net soos jy, vir haar wil voorsê
hoe sy haar wêreld moet beleef?

>
> Die rok wat net met die reguit speld vasgemaak word het niks met onderdrukking
> te doen nie en is allermins die observasie waarop ek my siening basseer.
> |
> |Ek neem ook aan dat, soos in die geval van die vroue, jy ook na die
> |uiterlike oordeel wanneer jy verklaar dat die mense "deeglik onder die juk
> |van hulle kerk onderdruk word".
>
> Geheel en al glad nie - gaan lees oor hulle kultuur. Jy maak hier sulke sotlike
> aannames, dit regverdig nie juis te veel kommentaar nie.

En die skrywers van al hierdie boeke wat jy gelees het, Johan: Wie is
hulle?

Joernaliste wat publiseer vir mense soos jy wat graag meederwaardig wil
voel? Akademici wat dringend iets moet uitkry om hul publikasietempo op
te stoot sodat hulle "tenure" kan verwerf? Voormalige "Amish" wat
"ontsnap" het uit die gemeenskap en (soos Gloudina) manies probeer om
hul keuse te regverdig?

Of sluit dit darem een of twee getroue lede van die gemeenskap in, wat
hul saak stel?

En nee, Johan. Dit gaan nie hier oor die Amish nie. Dit gaan oor jou
hovaardige veroordeling van almal wat nie jou waardes in die lewe
aanvaar nie. Die Amish is maar die laaste van vele groepe oor wie jy
jou op soortgelyke wyse uitgespreek het.

Dit gaan oor die patetiese behoefte wat jy het om herhaaldelik die
meerderwaardigheid van jou keuses en waardes bo die van ander te
bevestig. Dit lyk vreeslik "terug", weet jy?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23843 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Jun 1999 08:46:16 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:

"agtergeblewe", "agteraf", of bloot plein "arm", is iets wat ek altyd[/color]
> gehoor het by tannies wat self uit so 'n agtergrond kom, maar wat beter
> getrou het, en dan uit die hoogte praat van mense wat "terug" is.>>

Dis soos ek die uitdrukking ook ken: Dom, ploeterend. Nie van
dieselfde standaard as die persoon wat die term gebruik nie.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23844 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Tue, 8 Jun 1999 19:38:22 +0200, "Shannon" wrote:
> |>Die artikel se ook die gemeenskap wat nie eers die storms agtergekom
> |>het nie, was die Amish!
> |>
> |Dit is nogal 'n gemeenskap waarvan ek graag meer sal wil weet. Is daar
> |iemand wat van 'n boek weet of sommer oor algemene inligting beskik?
> |
> Ons het al die Amish gemeenskap in Minnesota besoek en ek het sederdien heelwat
> boeke oor hulle gelees. Ek weet nie of daarvan dalk in biblioteke in SA
> beskikbaar sal wees nie. Kyk op Amazon.com se web bladsy vir 'n paar titels en
> gaan vra dan by jou bib.
>

Johan, dankie vir die info, ek sal op die web blad gaan kyk. Jou skrywe was
baie interressant.

Groete

Shannon
Re: milleniumvieringe [boodskap #23845 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
afro...  is tans af-lyn  afro...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

> Hierdie vorm van duits word egter "Pennsylvania DUTCH" genoem en verskil van
> die "Hoog Duits" waarin daar kerk gehou word en gebid word.
>

As hulle rekenaars gehad sou hulle op die nuusgroep mog gesels!!!!!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23846 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
afro...  is tans af-lyn  afro...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

> Hierdie vorm van duits word egter "Pennsylvania DUTCH" genoem en verskil van
> die "Hoog Duits" waarin daar kerk gehou word en gebid word.
>

As hulle rekenaars gehad sou hulle op die nuusgroep mog gesels!!!!!

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23847 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> In article ,
> e...@dot.com (Johan) wrote:
>> On Wed, 9 Jun 1999 18:33:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:

Leendert,

as jou naam nie in die skrywe gestaan het nie sou ek kon sweer dis Gloudina
wat hier sit knaag aan Johan se kommentaar.

Groete

Shannon
ns. Gloudina, skuus vir die opmerking, dis nie teen jou gemik nie!
Re: milleniumvieringe [boodskap #23848 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Jun 1999 08:46:16 GMT, Leendert van Oostrum wrote:
|
|O? Skuus. Dan het ek jou seker verkeerd verstaan.

Ja.

|
|Uh, uh. Die uitdrukking "terug" as sinoniem vir "minder bevoorregd",
|"agtergeblewe", "agteraf", of bloot plein "arm", is iets wat ek altyd
|gehoor het by tannies wat self uit so 'n agtergrond kom, maar wat beter
|getrou het, en dan uit die hoogte praat van mense wat "terug" is.
|
|Dis waarom ek dit met platvloersheid assosieer.

Nou moet dan nie jou ondervinding met skewe tannies probeer probeer toepas op
wat ander sê nie. (Ek bedoel met "terug" : agteraf, sonder self trots)
|
|O, ek sien. Jy lees 'n boek (of twee, drie, twaalf) oor mense. Die boek
|sê die mense onderdruk hul vroue.

Nee, dis my eie afleiding en siening.

| En as jy dan so 'n vrou teëkom, kan
|jy sommer _sien_ sy is onderdruk?

Nee, verstaan jy nie mooi nie? Gaan lees weer stadig wat ek geskryf het.
|
|Ek kan 'n Maserati of 'n Rolls bewonder, of selfs 'n Harley of 'n
|1000cc Kawasaki, of my een swaertjie (die technomusiekmaker) se
|diamantoorbel. Maar ek het geen begeerte om een te besit nie, selfs al
|kan ek sommige van hulle bekostig. Dit pas nie by my styl nie, en die
|goed sal teen die tweede dag vir my 'n las wees.

Maar jou samelewing verbied jou nie om dit wel te kan besit nie....
|
|As ek nou blinkoog hier onder voor die deur 'n menseregteproffie se
|blinkgepoetste Harley staan en bewonder, maak dit my 'n "onderdrukte"?

Behalwe geld en 'n gebrek aan impulsiwiteit, is daar iets wat jou samelewing op
jou afforseer wat jou verhoed om een te koop?
|
|>
|> En die prentjie van die tannie met die vuil kaalvoete in die buite
|kombuis, wat
|> geen sê het in haar eie lewe nie en geen sê het in die kerk nie - dit
|beskou ek
|> as 'n onderdrukte vrou.
|
|Jy oordeel dus inderdaad na die uiterlike.

Is maar moeilik as mens dom is nè! Lees stadig: Haar uiterlike is die gevolg
van die samelewing waarin sy haar bevind, waaruit sy nie veel bemagtiging het om
haar eie keuses te maak nie of om daaruit te ontsnap nie.

|Het jy ooit met hierdie vrou gepraat oor hoe sy die wêreld beleef? Of
|lees jy net boeke van skrywers wat, net soos jy, vir haar wil voorsê
|hoe sy haar wêreld moet beleef?

Ek wil nie vir haar voorsê nie, maar haar "Ordnung" doen dit wel. Dis nie my
plek in die wereld om te sê hoe sy moet leef of haar omgewing beleef nie, maar
ek het empatie met haar omdat sy GEEN vrye keuse oor haar persoon het nie,
behalwe miskien die keuse wat sy maak om nie gereeld haar voete te was of te
versorg nie.
|
|En die skrywers van al hierdie boeke wat jy gelees het, Johan: Wie is
|hulle?
|
|Joernaliste wat publiseer vir mense soos jy wat graag meederwaardig wil
|voel? Akademici wat dringend iets moet uitkry om hul publikasietempo op
|te stoot sodat hulle "tenure" kan verwerf? Voormalige "Amish" wat
|"ontsnap" het uit die gemeenskap en (soos Gloudina) manies probeer om
|hul keuse te regverdig?
|
|Of sluit dit darem een of twee getroue lede van die gemeenskap in, wat
|hul saak stel?

Gaan kyk self na die boeke en fel jou eie oordeel. Jou vrae is heeltemaal te
sinies om daarop te antwoord. Ek hoop nie jy het jou grootkopperige kennis uit
boeke verwerf nie!!!!!
|
|En nee, Johan. Dit gaan nie hier oor die Amish nie. Dit gaan oor jou
|hovaardige veroordeling van almal wat nie jou waardes in die lewe
|aanvaar nie. Die Amish is maar die laaste van vele groepe oor wie jy
|jou op soortgelyke wyse uitgespreek het.
|
|Dit gaan oor die patetiese behoefte wat jy het om herhaaldelik die
|meerderwaardigheid van jou keuses en waardes bo die van ander te
|bevestig. Dit lyk vreeslik "terug", weet jy?
|
|
Ek haal jou aan, soortvan, met apologie aan jou:

"En, wat meer is, jy vervies jou gruwelik
vir 'n verloopte (Akademikus?) soos
jy, wat wil kom voorskryf hoe ek moet
reageer op my daaglikse omgewing.

Ek beskou daardie soort preutse en
pedantiese politieke korrektheid as, om
die minste te sê, teenproduktief. Dis die
soort ding wat my laat soek vir (geselskap
onder die mense vir wie jy so kritiseer.)"

Tot sover die vry vertaalde aanhaling (my aanpassing in hakies).

Jy doen maar presies wat jy my hier bo van beskuldig. En soos Gloudina so lief
is om te doen as die maan vol is, ekstrapoleer jy sommer jou afleidings in jou
verbeeldingswereld in en beskuldig my nou al van veroordeling terwyl my
oorspronklike plasing net blote weergawe was van hoe ek hulle sien.

Jy kan maar dink dit is terug, maar ek leer my kinders elke dag om hulle voete
goed te skrop, ek doen elke dag die waardestelsel keuse om my voete en die res
van my te was. Almal se waardestelsels lê ongelukkig nie op dieselfde vlak nie.
So ruk terug het 'n klomp van julle wild en wakker aangehaal uit boeke om te wys
hoe vuil die swartes en die ou Boere was.

Ek is heeltemaal tevrede met my siening van hierdie mense. Ek kan maar net weer
sê dat die Amish van Harmony toeriste aanvaar en jy en enige iemand anders self
kan kom kyk.

Het jy al op hierdie nuusgroep vir ons iets geskryf oor mense wat jy bewonder of
wie jy dink se waardestelsel bo jou eie verhewe is, of verhef jy maar gedurig
jouself bo al die mense op wie jy antwoord? Skryf nou bietjie vir ons iets oor
iemand met 'n hoër waardestelsel as jou eie.

=|:^)

Johan
Re: milleniumvieringe [boodskap #23865 is 'n antwoord op boodskap #23659] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Die gemeenskap wat ons hier naby die dorpie Harmony het, is baie terug. Wat ons
> die meeste van hulle opgeval het, was dat hulle redelik vuil was - die ou tannie
> by wie ons gebak gekoop het, se ou voete sien seker net elke Sondag skoene en
> lyk soos die swart voete wat ek jare gelede op 'n SA plaas gewoond was.

>
> Vrouens word baie onderdruk. As 'n kind byvoorbeeld sou trou en daar is nog nie
> vir hulle 'n plaas nie, word daar iewers 'n huis gekoop en in stukke aangebou
> aan die ouers se huis. Selfs wanneer 'n nuwe plaas gekoop word, word al die
> waterpype en elektrisiteit uitgehaal. Water moet buite die huis gehaal word.
> Vrouens mag nie hulle klere versier nie en mag dit slegs met spelde vasmaak -
> nie haakspelde nie - reguit spelde.

Dis seker 'n teken van die feit dat Johan nog
nuut in die VSA is, dat hy so behep is met die
ways of the Amish. Mense wat lank al in Noord-
Amerika is, neem hulle aan as deel van die
diversiteit van die vasteland.

Ek vind dit egter effens onsmaaklik as iemand
gedurig VERGELYK. Daar is duidelik die poging
om te probeer vasstel waar op die totem pole
jyself nou is. Die persoon wat nou hierdie
soort vergelykende sosialisering hier in Noord-
Amerika probeer deurvoer, het seker maar die-
selfde in Suid-Afrika gedoen. Ons ken hulle in
alle gemeenskappe. Maar sielkundiges vertel vir
ons dat mense wat sulke vergelykings maak, eintlik
self ongemaklik voel oor hulle eie inpassing in
die maatskappy. Mense wat seker van hulle eie
waarde is, loop nie gedurig en vergelyk nie.

Gloudina
Re: milleniumvieringe [boodskap #23873 is 'n antwoord op boodskap #23659] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message
...

> Die Amish het uit die Mennoniete gegroei, en beide kan teruggevoer word tot die
> Anabaptists in Europa wat geglo het dat slegs volwassenes gedoop kan word en
> dat afsluiting van die breëer gemeenskap gewens is. Alhoewel daar talle
> ooreenkomste is, volg die mennoniete die leer van Menno Simons

Dit moet eintlik wees: Simonsz. = Simonszoon = die seun van
Simon. In daardie tyd (einde 15de eeu) en in die geweste waar
Menno gebore is (Friesland) het mense nie vanne gehad soos wat
ons dit vandag ken nie.

Swart Simon
Re: milleniumvieringe [boodskap #23874 is 'n antwoord op boodskap #23848] Vr, 11 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Thu, 10 Jun 1999 08:46:16 GMT, Leendert van Oostrum

> wrote:
> |
> |O? Skuus. Dan het ek jou seker verkeerd verstaan.
>
> Ja.

Hmmmmm....... Miskien moet jy dan daaraan dink om te skryf wat jy bedoel.
Sodat ons jou reg kan verstaan.

>
> |
> |Uh, uh. Die uitdrukking "terug" as sinoniem vir "minder bevoorregd",
> |"agtergeblewe", "agteraf", of bloot plein "arm", is iets wat ek altyd
> |gehoor het by tannies wat self uit so 'n agtergrond kom, maar wat beter
> |getrou het, en dan uit die hoogte praat van mense wat "terug" is.
> |
> |Dis waarom ek dit met platvloersheid assosieer.
>
> Nou moet dan nie jou ondervinding met skewe tannies probeer probeer toepas op
> wat ander sê nie. (Ek bedoel met "terug" : agteraf, sonder self trots)

Dis hoe die skewe tannies dit ook bedoel

> |
> |O, ek sien. Jy lees 'n boek (of twee, drie, twaalf) oor mense. Die boek
> |sê die mense onderdruk hul vroue.
>
> Nee, dis my eie afleiding en siening.

Ek sien. Dink die Amish vroue ook so? Is daar enigiemand anders as jy wat so
dink?

>
> | En as jy dan so 'n vrou teëkom, kan
> |jy sommer _sien_ sy is onderdruk?
>
> Nee, verstaan jy nie mooi nie? Gaan lees weer stadig wat ek geskryf het.

Ek het. Dis wat jy geskryf het.

> |
> |Ek kan 'n Maserati of 'n Rolls bewonder, of selfs 'n Harley of 'n
> |1000cc Kawasaki, of my een swaertjie (die technomusiekmaker) se
> |diamantoorbel. Maar ek het geen begeerte om een te besit nie, selfs al
> |kan ek sommige van hulle bekostig. Dit pas nie by my styl nie, en die
> |goed sal teen die tweede dag vir my 'n las wees.
>
> Maar jou samelewing verbied jou nie om dit wel te kan besit nie....

Die tersaaklike aspek is dat ek nie begeer om dit te besit nie, al waardeer
ek dit.

> |
> |As ek nou blinkoog hier onder voor die deur 'n menseregteproffie se
> |blinkgepoetste Harley staan en bewonder, maak dit my 'n "onderdrukte"?
>
> Behalwe geld en 'n gebrek aan impulsiwiteit, is daar iets wat jou samelewing op
> jou afforseer wat jou verhoed om een te koop?

Die eerste twee faktore maak die laaste een irrelevant.

> |
> |>
> |> En die prentjie van die tannie met die vuil kaalvoete in die buite
> |kombuis, wat
> |> geen sê het in haar eie lewe nie en geen sê het in die kerk nie - dit
> |beskou ek
> |> as 'n onderdrukte vrou.
> |
> |Jy oordeel dus inderdaad na die uiterlike.
>
> Is maar moeilik as mens dom is nè! Lees stadig: Haar uiterlike is die gevolg
> van die samelewing waarin sy haar bevind, waaruit sy nie veel bemagtiging het om
> haar eie keuses te maak nie of om daaruit te ontsnap nie.

Nee. Die tersaaklike aspek is of sy die wil of begeerte het om "daaruit te
ontsnap" (bloot deur jou woordkeuse maak jy asof jou eie waardes ook op haar
van toepassing is).

>
> |Het jy ooit met hierdie vrou gepraat oor hoe sy die wêreld beleef? Of
> |lees jy net boeke van skrywers wat, net soos jy, vir haar wil voorsê
> |hoe sy haar wêreld moet beleef?
>
> Ek wil nie vir haar voorsê nie, maar haar "Ordnung" doen dit wel.

Toegegee. Myne ook. En joune ook.

> Dis nie my
> plek in die wereld om te sê hoe sy moet leef of haar omgewing beleef nie, maar
> ek het empatie met haar omdat sy GEEN vrye keuse oor haar persoon het nie,
> behalwe miskien die keuse wat sy maak om nie gereeld haar voete te was of te
> versorg nie.

Maar tog haal jy (wat jy beskou as) onversorgdheid op in 'n argument oor
haar keusevryheid. Waarom?

> |
> |En die skrywers van al hierdie boeke wat jy gelees het, Johan: Wie is
> |hulle?
> |
> |Joernaliste wat publiseer vir mense soos jy wat graag meederwaardig wil
> |voel? Akademici wat dringend iets moet uitkry om hul publikasietempo op
> |te stoot sodat hulle "tenure" kan verwerf? Voormalige "Amish" wat
> |"ontsnap" het uit die gemeenskap en (soos Gloudina) manies probeer om
> |hul keuse te regverdig?
> |
> |Of sluit dit darem een of twee getroue lede van die gemeenskap in, wat
> |hul saak stel?
>
> Gaan kyk self na die boeke en fel jou eie oordeel. Jou vrae is heeltemaal te
> sinies om daarop te antwoord.

Nee, my vrae is nie sinies nie. Jou selfvoldane oordeel is sinies. My vrae
is skepties.

> Ek hoop nie jy het jou grootkopperige kennis uit
> boeke verwerf nie!!!!!

Nie alles nie.

> |
> |En nee, Johan. Dit gaan nie hier oor die Amish nie. Dit gaan oor jou
> |hovaardige veroordeling van almal wat nie jou waardes in die lewe
> |aanvaar nie. Die Amish is maar die laaste van vele groepe oor wie jy
> |jou op soortgelyke wyse uitgespreek het.
> |
> |Dit gaan oor die patetiese behoefte wat jy het om herhaaldelik die
> |meerderwaardigheid van jou keuses en waardes bo die van ander te
> |bevestig. Dit lyk vreeslik "terug", weet jy?
> |
> |
> Ek haal jou aan, soortvan, met apologie aan jou:
>
> "En, wat meer is, jy vervies jou gruwelik
> vir 'n verloopte (Akademikus?) soos
> jy, wat wil kom voorskryf hoe ek moet
> reageer op my daaglikse omgewing.

Nee, Johan. Ek het my reaksie beskryf wanneer ek benadeel word deur mense
wat wette verbreek wat op my toegepas word, maar nie op hulle nie.

Jy het geensins gerageer op jou daaglikse omgewing nie. Jy het namens oemand
anders gerageer op haar daaglikse omgewing.

>
> Ek beskou daardie soort preutse en
> pedantiese politieke korrektheid as, om
> die minste te sê, teenproduktief. Dis die
> soort ding wat my laat soek vir (geselskap
> onder die mense vir wie jy so kritiseer.)"
>
> Tot sover die vry vertaalde aanhaling (my aanpassing in hakies).
>
> Jy doen maar presies wat jy my hier bo van beskuldig.

Geensins nie. Soos gesê.

> En soos Gloudina so lief
> is om te doen as die maan vol is, ekstrapoleer jy sommer jou afleidings in jou
> verbeeldingswereld in en beskuldig my nou al van veroordeling terwyl my
> oorspronklike plasing net blote weergawe was van hoe ek hulle sien.

As dit is, dan is dit die siening van 'n smerige klein snob.

>
> Jy kan maar dink dit is terug, maar ek leer my kinders elke dag om hulle voete
> goed te skrop, ek doen elke dag die waardestelsel keuse om my voete en die res
> van my te was. Almal se waardestelsels lê ongelukkig nie op dieselfde vlak
nie.

Helaas nie. Miskien lê jou waardestelsel op 'n vlak ver benede dié van die
Amish vrou. Ons sal nooit weet nie, want dit lyk nie asof jy met haar oor
haar waardes gepraat het nie. Jy het slegs na haar uiterlike gekyk.

> So ruk terug het 'n klomp van julle wild en wakker aangehaal uit boeke om te wys
> hoe vuil die swartes en die ou Boere was.
>
> Ek is heeltemaal tevrede met my siening van hierdie mense.

Hierdie sin demonstreer die betekenis van "sefvoldaan" beter as wat die WAT
dit kan doen (wanneer WAT eendag by "S" kom). Miskien moet mens dit instuur
as 'n voorbeeld wat hulle kan insluit.

Ek kan maar net weer
> sê dat die Amish van Harmony toeriste aanvaar en jy en enige iemand anders self
> kan kom kyk.
>
> Het jy al op hierdie nuusgroep vir ons iets geskryf oor mense wat jy bewonder of
> wie jy dink se waardestelsel bo jou eie verhewe is, of verhef jy maar gedurig
> jouself bo al die mense op wie jy antwoord? Skryf nou bietjie vir ons iets oor
> iemand met 'n hoër waardestelsel as jou eie.

Kom ons begin met die volgende vraag:

Dink jy dat die Amish vrou toegelaat moet word om haar dogters op te voed om
ook so 'n "onderdrukte" lewe soos sy te ly?

Indien nie? Wat sou jy voorstel moet mens doen omtrent die opvoeding van die
dogters?

Vriendelike groete, Leendert
Re: milleniumvieringe [boodskap #23890 is 'n antwoord op boodskap #23659] Sa, 12 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Willem-Jan Markerink schreef...
> "Simon van der Schans" wrote:
>> ProPacem wrote
>>> die leer van Menno Simons
>>
>> Dit moet eintlik wees: Simonsz. = Simonszoon = die seun van
>> Simon. In daardie tyd (einde 15de eeu) en in die geweste waar
>> Menno gebore is (Friesland) het mense nie vanne gehad soos wat
>> ons dit vandag ken nie.
>
> Volgens mij is Napoleon degene geweest die in grote delen van Europa
> achternamen heeft ingevoerd, en door het verplichte karakter liet de
> kreativiteit soms nogal te wensen over....;-))
>

Dit is een vrij algemene misvatting. Onder Napoleon werd de burgelijke stand
opgezet. Dit betekende dat de achternaam die je op dat moment gebruikte voor
jou en je nageslacht onveranderlijk werd vastgelegd. De meeste mensen hadden
al lang en breed een achternaam. Als je geen achternaam gebruikte, maar
bijvoorbeeld een patroniem als "Simonsz." dan werd van je verwacht dat je
een vaste naam aannam. De meeste mensen gaven in dat geval hun patroniem op
(Jansen, Gerritsen, Pietersen, Cornelissen, etc). Een enkeling koos een
soort protestnaam (Naaktgeboren, Zondervan, Pielkenrood ed.).

Het verschilde per regio hoeveel mensen op dat moment (rond 1811) een
"echte" achternaam hadden. Hier in het westen had vrijwel iedereen er al
één, maar in de noordelijke provincies bijvoorbeeld waren dat er veel
minder.

Groeten,
Arthur
Re: milleniumvieringe [boodskap #23891 is 'n antwoord op boodskap #23659] Sa, 12 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:
> ProPacem wrote in message
> ...
>
>> Die Amish het uit die Mennoniete gegroei, en beide kan
> teruggevoer word tot die
>> Anabaptists in Europa wat geglo het dat slegs volwassenes gedoop
> kan word en
>> dat afsluiting van die breëer gemeenskap gewens is. Alhoewel
> daar talle
>> ooreenkomste is, volg die mennoniete die leer van Menno Simons
>
> Dit moet eintlik wees: Simonsz. = Simonszoon = die seun van
> Simon. In daardie tyd (einde 15de eeu) en in die geweste waar
> Menno gebore is (Friesland) het mense nie vanne gehad soos wat
> ons dit vandag ken nie.

Volgens mij is Napoleon degene geweest die in grote delen van Europa
achternamen heeft ingevoerd, en door het verplichte karakter liet de
kreativiteit soms nogal te wensen over....;-))

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: milleniumvieringe [boodskap #23910 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Subject: Re: milleniumvieringe
Date: 1999/06/13
Author: Johan

> On Fri, 11 Jun 1999 17:21:44 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:

> |Dink jy dat die Amish vrou toegelaat moet word om haar dogters op te voed om
> |ook so 'n "onderdrukte" lewe soos sy te ly?

> Nie ter sake nie - sy word tans gedwing om haar dogters so op te voed. Ek
sou graag wou dink sy >moet die vryheid om te kan kies en ook om haar
dogters groot te maak soos sy goed dink.

Wie dwing die vrou om haar dogters so op te voed?

Moet hy/sy/dit/hulle toegelaat word om dit te doen?

> |
> |Indien nie? Wat sou jy voorstel moet mens doen omtrent die opvoeding van die
> |dogters?
> |
> Dis nie "mens" se plek om iets te doen nie.

En waarom nie? Of is dit slegs "mens" se plek om neerbuigende kommentaar te
lewer oor die lewenswyse van die vrou?
Re: milleniumvieringe [boodskap #23911 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans heeft geschreven ....
> Dis Willlem-Jan wat Napoleon by die saak ingesleep het, nie ek
> nie. Ek het gepraat van die tyd van Menno (300 jaar voor
> Napoleon) en van Friesland ('n noordelike provinsie).

Ik reageerde dan ook op Willem-Jan's opmerking .... niet op de jouwe.
Re: milleniumvieringe [boodskap #23912 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Jun 1999 22:16:05 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

|Wie dwing die vrou om haar dogters so op te voed?

Die Ordnung waaronder sy leef.
|
|Moet hy/sy/dit/hulle toegelaat word om dit te doen?

Ek sou dink sy moet die vryheid hê om te kies hoe sy haar kinders wil
grootmaak.
|
|En waarom nie? Of is dit slegs "mens" se plek om neerbuigende kommentaar te
|lewer oor die lewenswyse van die vrou?
|
Ja, ek mag maar opmerk hoe die mense om my leef en ander vertel wat ek
gesien het en wat ek daarvan dink - as jy dit as neebuigend ervaar, is
dit jou probleem.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.

=|:^)

Johan
Re: milleniumvieringe [boodskap #23913 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in message ...

> Dit is een vrij algemene misvatting. Onder Napoleon werd de burgelijke stand
> opgezet. Dit betekende dat de achternaam die je op dat moment gebruikte voor
> jou en je nageslacht onveranderlijk werd vastgelegd. De meeste mensen hadden
> al lang en breed een achternaam. Als je geen achternaam gebruikte, maar
> bijvoorbeeld een patroniem als "Simonsz." dan werd van je verwacht dat je
> een vaste naam aannam. De meeste mensen gaven in dat geval hun patroniem op
> (Jansen, Gerritsen, Pietersen, Cornelissen, etc). Een enkeling koos een
> soort protestnaam (Naaktgeboren, Zondervan, Pielkenrood ed.).
>
> Het verschilde per regio hoeveel mensen op dat moment (rond 1811) een
> "echte" achternaam hadden. Hier in het westen had vrijwel iedereen er al
> één, maar in de noordelijke provincies bijvoorbeeld waren dat er veel
> minder.

Dis Willlem-Jan wat Napoleon by die saak ingesleep het, nie ek
nie. Ek het gepraat van die tyd van Menno (300 jaar voor
Napoleon) en van Friesland ('n noordelike provinsie).

Swart Simon
Re: milleniumvieringe [boodskap #23914 is 'n antwoord op boodskap #23874] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Jun 1999 17:21:44 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

|Dink jy dat die Amish vrou toegelaat moet word om haar dogters op te voed om
|ook so 'n "onderdrukte" lewe soos sy te ly?

Nie ter sake nie - sy word tans gedwing om haar dogters so op te voed.
Ek sou graag wou dink sy moet die vryheid om te kan kies en ook om
haar dogters groot te maak soos sy goed dink.
|
|Indien nie? Wat sou jy voorstel moet mens doen omtrent die opvoeding van die
|dogters?
|
Dis nie "mens" se plek om iets te doen nie.

=|:^)

Johan
Re: milleniumvieringe [boodskap #23935 is 'n antwoord op boodskap #23659] So, 13 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan) writes:
>

> Dis seker 'n teken van die feit dat Johan nog
> nuut in die VSA is, dat hy so behep is met die
> ways of the Amish.
Ek dink dit is reg so dat 'n persoon in meer as net sy eie
kultuurgroep/velkleur/omgewing belangstel, dit is ook dit wat my bekoor
omtrent ander lande.
Mense wat lank al in Noord-
> Amerika is, neem hulle aan as deel van die
> diversiteit van die vasteland.
En hier antwoord jy jou eerste stelling: Johan is nog nie lank in die VSA
nie en daarom is dit bloot natuurlik dat hy belangstel in die mense om hom.
En binne 5 jaar gaan hy dieselfde neus-in-die-lug -houding as jy hê en sê:
Mense wat lank al in Noord-
> Amerika is, neem hulle aan as deel van die
> diversiteit van die vasteland.
;-)

>
> Ek vind dit egter effens onsmaaklik as iemand
> gedurig VERGELYK. Daar is duidelik die poging
> om te probeer vasstel waar op die totem pole
> jyself nou is. Die persoon wat nou hierdie
> soort vergelykende sosialisering hier in Noord-
> Amerika probeer deurvoer, het seker maar die-
> selfde in Suid-Afrika gedoen. Ons ken hulle in
> alle gemeenskappe.
Nee, om vergelykings te tref met die om jou is normaal. Indien mens dit nie
doen nie ontaard mens in 'n persoon soos jy!
Maar sielkundiges vertel vir
> ons dat mense wat sulke vergelykings maak, eintlik
> self ongemaklik voel oor hulle eie inpassing in
> die maatskappy. Mense wat seker van hulle eie
> waarde is, loop nie gedurig en vergelyk nie.
>
Ek wonder net watter sielkundiges jy besig is om van te praat? Jy is nou
besig om gruwelik te oordryf en te veralgemeen.

Groete

Shannon

> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Verkiesing Ervaring in SA
Volgende onderwerp: Bandwydte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 20:56:12 MGT 2024