Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Post Toasties?
Post Toasties? [boodskap #23695] So, 06 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Michelle Jerling-Less  is tans af-lyn  Michelle Jerling-Less
Boodskappe: 8
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek en my vrou sit nounet en gesels en sy gebruik die woord "post toasties"
vir "corn flakes". Weet iemand waar hierdie woord vandaan kom? Was dit 'n
handelsmerk vir "corn flakes"?

Groete

Johann
Re: Post Toasties? [boodskap #23696 is 'n antwoord op boodskap #23695] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 6 Jun 1999 12:16:57 +0200, "Michelle Jerling-Lessing"
wrote:

vir "corn flakes". Weet iemand waar hierdie woord vandaan kom? Was dit 'n[/color]
> handelsmerk vir "corn flakes"?>>

Ja.
Die Post groep het dit gemaak.
Dit was "Toasties".

Ek onthou dit ook.
Sover ek kan ontjou is presies net soos corn flakes van vandag.
Re: Post Toasties? [boodskap #23697 is 'n antwoord op boodskap #23695] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nou ja goed, hier is my interpretasie

Post is soos Coca Cola
Kelloggs is die opposisie, oftewel Pepsi Cola

Albei gee "cornflakes" uit, die een noem dit Post Toasties, en die ander
een noem dit Kelloggs Cornflakes.

Dis een en die selfde.

Beide Post en Kelloggs gee ook een honderd en een ander ontbytgraankos uit,
almal wat gans te duur is, maar wat my kinders eet asof hulle betaal word.

Pat

Ferdi Greyling wrote in article
...
> On Sun, 6 Jun 1999 12:16:57 +0200, "Michelle Jerling-Lessing"
> wrote:
>
> > vir "corn flakes". Weet iemand waar hierdie woord vandaan kom? Was dit
'n
>> handelsmerk vir "corn flakes"?>>
>
>
> Ja.
> Die Post groep het dit gemaak.
> Dit was "Toasties".
>
> Ek onthou dit ook.
> Sover ek kan ontjou is presies net soos corn flakes van vandag.
>
Re: Post Toasties? [boodskap #23698 is 'n antwoord op boodskap #23695] So, 06 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ja. "Post" is deel van die naam van die maatskappy wat dit oorspronklik
gemaak het. Die graanvlokkies is liggies gerooster - vandaar die "toasties".
"Corn flakes" is 'n soort generiese naam vir die graanvlokkies. Post het ook
"rice krispies" gemaak voor dit ook deur ander maatskappye nageboots en as
"rice bubbles" en onder allerhande ander name bemark is. Die name "post
toasties" en "rice krispies" is gepatenteer, maar soos so baie ander name
(bv. kleenex, jello (die Amerikaanse benaming vir jellie) en xerox vir
fotostaat) het die handelsnaam die algemene benaming geword. Byna soos
"yebo" vir selfoon in SA na aanleiding van die advertensieveldtog en die nou
byna spreekwoordelike "yebo gogo".

Michelle Jerling-Lessing skryf in boodskap news:7jdhru$h9d$1@news.kabelfoon.nl...
> Ek en my vrou sit nounet en gesels en sy gebruik die woord "post toasties"
> vir "corn flakes". Weet iemand waar hierdie woord vandaan kom? Was dit 'n
> handelsmerk vir "corn flakes"?
>
> Groete
>
> Johann
>
Re: Post Toasties? [boodskap #23743 is 'n antwoord op boodskap #23695] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
John Meeding  is tans af-lyn  John Meeding
Boodskappe: 4
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johann

Ek dink dat "Post" die oorspronklike maker was, soos Kellogs, of Bokomo. En
dan dat die produk se naam dalk "Toasties" was - vandaar die Post Toasties.
Ek was netso verbaas toe ek hier in die VSA op die winkelrakke ontbytkos
raakloop wat gemaak is deur 'n maatskappy met die naam van "Post" - vandaar
my verduideliking.

Groete,

Jacky Meeding
Michelle Jerling-Lessing wrote in message
...
> Ek en my vrou sit nounet en gesels en sy gebruik die woord "post toasties"
> vir "corn flakes". Weet iemand waar hierdie woord vandaan kom? Was dit 'n
> handelsmerk vir "corn flakes"?
>
> Groete
>
> Johann
>
Vorige onderwerp: 'n Amerikaner en vryheid (was:Ek wil huis toe (vir biltong))
Volgende onderwerp: Van Aangesig tot Aangesig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 16:44:16 MGT 2024