Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ag, ou Gloudina - was: Daasy - gestem
Ag, ou Gloudina - was: Daasy - gestem [boodskap #23690 is 'n antwoord op boodskap #23691] Sa, 05 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ag, ou Gloudina - daar sit jy toe ook maar die pot heeltemal mis met jou
misplaasde kommentaar oor wat ek en Ferdi vir mekaar te sê had.

> Ek wonder of jy besef dat daar nou
> gereeld mense uit ander lande
> verkiesings bywoon om te sien of
> hulle "vry en regverdig" is.

Dit mag jou verstom om te weet dat ek ingelig genoeg is om dit te weet, ja.

Jimmy Carter en sy mense (knip knip ....)
> weet waarvan hulle praat.
> Hulle sal nie een "vry en regverdig"
> verklaar as dit nie so is nie.

Miskien, miskien nie. 'n Verkiesing waar mense in Thokoza by 'n "stemlokaal"
moet stem waar hulle kruisies getrek moet word op 'n tafel in die oop veld,
waar enigeen oor hulle skouer kan loer vir wie hulle stem, kan per definisie
nie vry wees nie. En een waar misdadigers in gevangenisse mag stem, maar
produktiewe lede van die samelewing wat net nie die regte ID-bewys het nie,
nie - dis nie regverdig nie. O ja, terloops: ras is NIE ter sprake nie.

> En ek wonder hoe jy sou gekla het
> oor die provinsiale verkiesing wat
> ons gister in Ontario gehad het.

Ek het dit nie oor verkiesings per se gehad nie. Net oor Ferdi wat sy eie
persoonlike stemervaring tot maatstaf verhef het vir diehele verkiesing. Wat
in Ontario gebeur, gaan my nie aan nie. Dit klink egter net soos wat op
sommige plekke in my dierbare Suid-Afrika gabeur het, as ek berigte moet
glo.

> En, as jy lank genoeg in die VSA bly,
> sal jy ook nog baie baie verkiesings-
> onreelmatighede sien. En "dirty tricks."

Jy is reg. Ek het egter nooit beweer of geïmpliseer dat onreëlmatighede nie
op ander plekker of nooit voorheen voorgekom het nie. Sedert die heel eerste
verkiesings moes daar minstens pogings gewees het om te "crook" met die
stemmery. Dis menslik, maar nie daarom vergeefbaar nie. Ek veroordeel nie
die verkiesing in my land nie; wys net daarop dat ek baie skepties staan
teenoor ENIGEEN - idealis Carter en sy trawante ingesluit - wat goedsmoeds
verklaar dat 'n verkiesing vry en regverdig is, terwyl enigeen met twee
breinselle kan sien dat dit nie sonder meer vry of regverdig was nie. As
hulle ten minste nog "vry en regverdig" kwalifiseer, kan ek hulle opinie
respekteer, maar nie die ongekwalifiseerde verklaring wat hulle volgens
berigte daaroor uitgespreek het nie.

> Jy klink egter na iemand wat maar in
> die VSA moet bly.

Daar het ons nou die kern van jou argumentasie. Dankie vir jou persoonlike
analise van wat ek moet doen of moet laat. Jy weet niks van my af nie nie,
en dan spreek jy jou so onomwonde uit.....

Jy klink na die soort
> persoon wat nie in die nuwe SA kan inpas
> nie.

Hierdie uitspraak toon die diepte van jou onkunde oor wie en wat ek is. Ek
gaan nie verder daarop reageer nie.

> Jy klink ontevrede dat die massas
> ook nou in SA kan stem.

Inteendeel. Niemand is meer daaroor verheug as ek nie. Uiteindelik het ons
nou die demokratiese proses uitgebrei om almal in te sluit.

> Wanneer massas
> stem, is daar altyd onreelmatighede.

Verkeerd. Daar is altyd potensieel onreelmatighede wanneer mense stem. Maak
nie saak of dit massas is of nie. Selfs in die ou dae, toe die (wit) NP
feitlik 'n diktatuur gevoer het en daar nie veel meer as 'n "token" (wit)
opposisie was nie, was daar onreelmatighede. Soos ek reeds probeer aantoon
het, gaan dit NIE daaroor nie. Dit gaan daaroor dat mense dit nie wil erken
en probeer regstel nie. Dis altyd die opposisie wat dit moet uitwys, en dan
die gevaar loop om van suur druiwe beskuldig te word.

Groete uit Pennsylvania - wat ek liewer sou verruil vir Pretoria, as ek kon.

Henry - alias Kwarantyn
Re: Ag, ou Gloudina - was: Daasy - gestem [boodskap #23691 is 'n antwoord op boodskap #23690] Sa, 05 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kwarantyn" writes:

'n Verkiesing waar mense in Thokoza by 'n "stemlokaal"
> moet stem waar hulle kruisies getrek moet word op 'n tafel in die oop veld,
> waar enigeen oor hulle skouer kan loer vir wie hulle stem, kan per definisie
> nie vry wees nie.

Weet jy, Kwarantyn, daar is iets
wonderbaarliks, vol hoop, in die
feit dat daar by Thokoza, in die
oop veld, 'n stemlokaal was.Simbool
van die nuwe daeraad wat aangebreek
het, dat AL die inwoners van SA
selfs in die oop veld kan stem.

En mense kyk oor jou skouer orals.
Eergister loop een van die beamptes
agter my verby, terwyl ek stem.

En een waar misdadigers in gevangenisse mag stem,

So moet tog maar nie dink om na Kanada te
emigreer nie. Hier stem mense wat in
gevangenisse sit. Hulle is nog burgers.

wys net daarop dat ek baie skepties staan
> teenoor ENIGEEN - idealis Carter en sy trawante ingesluit -


So wat staan jou nou te doen? Amerika is nie
goed genoeg nie. Suid-Afrika is nie goed genoeg
nie, en soos jy hieronder aandui, was die ou
Suid-Afrika 'n diktatuur met onreelmatighede.
Hoekom moet die huidige SA, in die middel
van 'n radikale transisie, nou skielik so
perfek wees?

> Verkeerd. Daar is altyd potensieel onreelmatighede wanneer mense stem. Maak
> nie saak of dit massas is of nie. Selfs in die ou dae, toe die (wit) NP
> feitlik 'n diktatuur gevoer het en daar nie veel meer as 'n "token" (wit)
> opposisie was nie, was daar onreelmatighede. Soos ek reeds probeer aantoon
> het, gaan dit NIE daaroor nie. Dit gaan daaroor dat mense dit nie wil erken
> en probeer regstel nie.
> Groete uit Pennsylvania - wat ek liewer sou verruil vir
Pretoria, as ek kon.

Gloudina
Re: Ag, ou Gloudina - was: Daasy - gestem [boodskap #23774 is 'n antwoord op boodskap #23691] Ma, 07 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn wrote in message
...

> Inteendeel. Niemand is meer daaroor verheug as ek nie.
> Uiteindelik het ons nou die demokratiese proses uitgebrei
> om almal in te sluit.

Hoekom herinner dit my so sterk aan die "Nat-speak" van 15 jaar
gelede? Jy wil tog nie beweer dat dit wat in jou "dierbare
Suid-Afrika" bestaan het voordat almal ingesluit is ook
demokraties was nie?

Swart Simon
Vorige onderwerp: Van Aangesig tot Aangesig
Volgende onderwerp: Re: Speak English by all means...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 15:24:47 MGT 2024