Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkiesingsbarometer
Verkiesingsbarometer [boodskap #23356] Do, 27 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Met die verkiesing 6 dae weg, het ek dit goed gedink om 'n opsomming te
maak van tendense en beleidsverskille van partye, om dit vir almal
sodoende makliker te maak om vir die regte party te stem:

1.) Die goeie nuus is dat 'n mens nie jou kop hoef te breek om moeilike
ideologieë te probeer verstaan nie. Die verkiesing word hoegenaamd nie
op ideologiese verskille beveg nie. Behalwe miskien vir die
VRYHEIDSFRONT wat hom vir selfbeskikking beywer, en daarmee saam ook
ander groeperings wil oortuig om daarby in te val.

2.) Al die partye, insluitend die ANC, gaan daadwerklik optree teen
misdaad en korrupsie. Die NUWE NASIONALE PARTY deur die terugbring van
die doodstraf. (Dis verblydend om te weet dat ons oor 'n week in 'n
vredeliewender plek sal bly, en daar geld sal wees om bv. skoolboeke te
koop.)

3.) Die ANC sê hulle het meer tot stand gebring in 5 jaar as wat daar
in die voorafgaande 300 jaar tot stand gebring is, en lê ook sterk klem
op werkskepping. (Een moedswillige ou het gesê hier is nou definitief
meer potholes in ons distrik as wat hy van 300 jaar terug kan onthou.)

4.) Die DEMOKRATIESE PARTY sê dis alles goed en wel, maar hoekom het
die ANC in die eerste plek 500 000 werksgeleenthede laat verlore gaan.
'Slaan Terug' sê hulle, maar nie waarmee nie.

5.) Die UNITED DEMOCRATIC MOVEMENT sê hulle gaan van SA 'n wêreldklas
land maak, en wil weet hoekom die NNP en DP nie al daardie goed wat
hulle sê hulle gaan doen, gedoen het toe hulle die kans gehad het nie.

6.) Die ANC sê in die Transkei word kiesers deur tradisionele leiers
voorgesê om vir die UDM te stem. Dis intimidasie, sê hulle, wat nooit
in die vorige verkiesing sou gebeur het nie.

7.) Mnr. Mbeki sê die probleem met misdaad is dat polisiemanne mekaar
doodskiet. Mnre. Mandela en Mufamadi sê dit is nie so nie, die pers het
hom buite konteks aangehaal.

8.) Die FEDERALE ALLIANSIE sê ons voed en huisves reeds 8 miljoen
buitelanders, daar is geen rede hoekom ons dit nie vir ons eie mense
ook kan doen nie.

9.) Die AFRIKANER EENHEIDSBEWEGING sê hulle glo in God Drie�nig, maar
sê nie of agnostici en moslems vir hulle mag stem nie.

10.) Die AFRICAN CHRISTIAN DEMOCRATIC PARTY en die MUSLIM PARTY wil
aborsie op aanvraag afskaf.

11.) Mnr. Mandela sê die ANC soek 'n 2/3 meerderheid, maar hy sê nie om
wat mee te maak nie.

12.) Al die ander partye sê dis om die grondwet te verander. (Minstens
een waarnemer het opgemerk dat nie een van die ander partye hulle
manifes sal kan implimenteer, sonder om die grondwet te verander nie!)

13.) Laastens sê Mnr. Jaap Marais van die HERSTIGTE NASIONALE PARTY 'n
mens moet stem soos voorheen, deur nie te gaan stem nie.

Daarmee, gespreksgenote, behoort dit vir almal baie duidelik te wees
waar om julle kruisies te gaan trek. Dis minstens vir my duidelik -
hier by Tzaneen se skousaal, natuurlik! Vir wie, is 'n ander storie...

(Dit amuseer my om te dink dat Frikkie en Gloudina se non-stemme saam
vir die HNP gaan tel!)

Groete

Henri

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Verkiesingsbarometer [boodskap #23393 is 'n antwoord op boodskap #23356] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-deja.com wrote:
>
> Met die verkiesing 6 dae weg, het ek dit goed gedink om 'n opsomming te
> maak van tendense en beleidsverskille van partye, om dit vir almal
> sodoende makliker te maak om vir die regte party te stem:
>

Wat ek snaaks vind is dat die ANC geen beleid verkondig nie, hulle
plakate sê net 'STEM ANC' - seker hule les geleer uit die vorige
verkiesing. VErder lieg en bedrieg hulel net soos al die ander partye.
Dit is ongelukkig die probleem - hulle (die ANC) het so groot
meerderheid dat hulle heel Blasé is oor die verkiesing. Die ander partye
is individueel so klein dat die beleid'e wat hule verkondig net 'n
gepiepie teen die wind is maar saamstaan - NEVER!!

Die DP het allerhande beskuldigings in hulle advertensies waarop die ANC
nie eers antwoord nie - as die kieserskorps enigsins meer gesofistikeerd
was sou hulle dalk ander opgetree het.

Die NNP - weier om meningsopnames te glo.

Die meningsopnames - somtyds sulke groot verskille dat jy nie weet wie
om te glo nie!
Re: Verkiesingsbarometer [boodskap #23394 is 'n antwoord op boodskap #23356] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:7ik6f3$5e0$1@nnrp1.deja.com...


> 3.) Die ANC sê hulle het meer tot stand gebring in 5 jaar as wat daar
> in die voorafgaande 300 jaar tot stand gebring is, en lê ook sterk klem
> op werkskepping. (Een moedswillige ou het gesê hier is nou definitief
> meer potholes in ons distrik as wat hy van 300 jaar terug kan
onthou.)

Ek vra om verskoning om die ernstige onderwerp 'n oomblik te
onderbreek maar dit herinner my aan die volgende wat ek onlangs
raakgeloop het

Q: What do you do if you are travelling at night and you see
cats-eyes on the road?

A: Hit the brakes, its probably a giraffe in a pothole.

Groete, en dankie vir al die advies!
Re: Verkiesingsbarometer [boodskap #23476 is 'n antwoord op boodskap #23356] Ma, 31 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het hen...@my-deja.com die
volgende te sê gehad ...
>
> (Dit amuseer my om te dink dat Frikkie en Gloudina se non-stemme saam
> vir die HNP gaan tel!)
>

Pragtig!

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: Verkiesingsbarometer [boodskap #23604 is 'n antwoord op boodskap #23356] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 31 May 1999 11:04:33 +0200, j...@gmx.net (JLR) wrote:

> In skrywe het hen...@my-deja.com die
> volgende te sê gehad ...
>>
>> (Dit amuseer my om te dink dat Frikkie en Gloudina se non-stemme saam
>> vir die HNP gaan tel!)
>>
>
> Pragtig!
>
> ___
> Johan le Riche (JLR)
> Bfn.

Skitterend..
Frikkie
Re: Verkiesingsbarometer [boodskap #23605 is 'n antwoord op boodskap #23356] Do, 03 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ja, en dan weet ons mos almal in die nuwe SA waarvoor HNP staan:

Hunker Na Pensioen!!

Ok gister gaat stem ja: Maar glattie so lank soos Ferdi 'ie. Sommer so
onner 'ie twie minute:
Tjoef tjaf klaa' gelag en nous' it ma' vasbyt virrie volginne 5 jaar my bra'
Gegroet uit die skoonste Kaap waarie mêse boekaaps praat: Soe lekka plat is
nettie waarrie!

Frikkie Potgieter wrote in message ...
> On Mon, 31 May 1999 11:04:33 +0200, j...@gmx.net (JLR) wrote:
>
>> In skrywe het hen...@my-deja.com die
>> volgende te sê gehad ...
>>>
>>> (Dit amuseer my om te dink dat Frikkie en Gloudina se non-stemme saam
>>> vir die HNP gaan tel!)
>>>
>>
>> Pragtig!
>>
>> ___
>> Johan le Riche (JLR)
>> Bfn.
>
> Skitterend..
> Frikkie
>
Vorige onderwerp: Korder homopage
Volgende onderwerp: waarom?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:24:18 MGT 2024