Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar kan ek........?
Waar kan ek........? [boodskap #23505] Ma, 31 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Vinnige dagsê aan al die bekendes !!

Waar kan ek op die Internet, sonder on mense kwaad te maak, adverteer dat 'n
vriend van my sy Namib plaas wil verkoop ???? (Dit sluit ons ng dus uit)

Dis 'n 20 duisend hektaar skaapplaas, naby gelee aan heelwat toeriste
besienswaardighede en is self van so aard dat dit sonder veel moeite as
ekotoeristeoord of gasteplaas ontwikkel kan word.

Die ou vriend het aan die Internet gedink as wegspringplek - Duitsland, VSA,
miskien Engeland. Dis nou om die agente uit sny..........

Enige raad ??? URL's. ??

Nee Leendert, jou dierbare oom het nie die tydige met die ewige verwissel
nie. Hy handel net vinnig 'n projek af en sal daarna weer aandag gee aan
die ng. Intussen het dit nog jagtyd ook geword..................

Maar ek "watch" julle so van die kantlyn af.

Gegroet en fyntrap almal
Omie
Re: Waar kan ek........? [boodskap #23532 is 'n antwoord op boodskap #23505] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Omie wrote in message ...
> Vinnige dagsê aan al die bekendes !!
>
> Waar kan ek op die Internet, sonder on mense kwaad te maak, adverteer dat 'n
> vriend van my sy Namib plaas wil verkoop ???? (Dit sluit ons ng dus uit)
>
> Dis 'n 20 duisend hektaar skaapplaas, naby gelee aan heelwat toeriste
> besienswaardighede en is self van so aard dat dit sonder veel moeite as
> ekotoeristeoord of gasteplaas ontwikkel kan word.
>
Hallo oom Hans,

Ook maar goed die omgewing waar die plaas geleë is, is nie gemeld nie,
anders kon iemand dalk oom beskuldig van advertering op die ng! ;-))

> Nee Leendert, jou dierbare oom het nie die tydige met die ewige verwissel
> nie. Hy handel net vinnig 'n projek af en sal daarna weer aandag gee aan
> die ng. Intussen het dit nog jagtyd ook geword..................

My skoonsus se seun het nou die dag op 13 jarige ouderdom sy eerste jag
geleentheid gehad en die rooibok-ram, van voor, direk in die hart getref.
Nodeloos om te sê, hy kon nie die glimlag van sy gesig af kry, vir die
volgende 24 uur nie! Gelukkig weens die tipe koeël is dit nie deur na die
binnegoed nie.
>
> Maar ek "watch" julle so van die kantlyn af.
>
> Gegroet en fyntrap almal
> Omie

Groete

Shannon
Vorige onderwerp: VERKIESING
Volgende onderwerp: Gansbaai se Kroeg.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 13:29:51 MGT 2024