Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nomad, jy word nie verskoon nie
Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23264] Di, 25 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nomad skryf:

> Don't shoot the messenger.......

Neewat, jy verdien 'n skoot hael. Jy weet waar.

Hierdie tipe van bydrae (?) dien geen doel nie. Dit is nie interresant nie,
dit is beledigend, dit is (goeie afrikaanse woord vir "invidious"?), en dit
is nie uniek nie. Dit vereis nie meer as 'n dosyn neurone in werkende
toestand nie.

En jammer, dit is ook snaaks nie. Glad nie.

Dit herhinner my aan gesprekke met tussen blanke en swart mense toe ek kind
was. Sommige blanke mense het swartmense op hierdie manier aangespreek. Dan
praat die swart persoon terug in goeie afrikaans (vir 'n tweede, of baie
keer derde of vierde taal) en dan hou die blanke aan: "Jy vat hom die
tuinvurk, dan jy spit hom..."

Ek het baie keer gewonder wat die aangespreekte dink oor hierdie vorm van
paternalisme. Dit het my grensloos irriteer.

Tot later
Bees
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23265 is 'n antwoord op boodskap #23264] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Komaan Doudie, help my. Wat is 'n goeie woord in Afr vir "invidious"?

Bees

> Hierdie tipe van bydrae (?) dien geen doel nie. Dit is nie interresant nie,
> dit is beledigend, dit is (goeie afrikaanse woord vir "invidious"?), en dit
> is nie uniek nie. Dit vereis nie meer as 'n dosyn neurone in werkende
> toestand nie.
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23323 is 'n antwoord op boodskap #23264] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Komaan Doudie, help my. Wat is 'n goeie woord in Afr vir "invidious"?
>
> Bees
>
>> Hierdie tipe van bydrae (?) dien geen doel nie. Dit is nie interresant nie,
>> dit is beledigend, dit is (goeie afrikaanse woord vir "invidious"?), en dit
>> is nie uniek nie. Dit vereis nie meer as 'n dosyn neurone in werkende
>> toestand nie.

Ons Afrikaanse woordeboek vertaal
"invidious" met " aanstootlik,
onbenydenswaardig." Maar vir my
gee die woord "aanstootlik" nie die
slymerigheid en die afstootlikheid
van die Engelse woord "invidious"
nie.

In ons American Heritage Dictionary
word "invidious" as volg verklaar:
"Tending to rouse ill will and animosity.
offensive. Containing or implying a
slight; discriminatory. Envious (obsolete.)
From Latin invidiosus, from invidia (envy.)

Dis wat 'n mens aanvoel. Al hierdie rassistiese
neerhalende sogenaamde grappige geskrifte het
hulle wortel in invidia/envy/afguns.

Gloudina
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23324 is 'n antwoord op boodskap #23264] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 26 May 1999 14:23:02 GMT, wrote:

|"nomad" writes: >
|
|
|> Maar, jy kan tog seker nie ontken dat hierdie deel van ons Afrikaanse
|> kultuur is nie...........
|
|
| Nee, dit was nie deel van die Afrikaanse
| kultuur waarmee ek grootgeword het, dat
| mense hulle landsgenote beswadder het deur
| hulle te teken asof hulle die skuim van
| die samelewing is nie.

En tog doen jy dit so gereeld hier.
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23325 is 'n antwoord op boodskap #23264] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
'moeilikheid soek'

Bees skryf in boodskap news:e6E9sazp#GA.335@cpmsnbbsa03...
> Komaan Doudie, help my. Wat is 'n goeie woord in Afr vir "invidious"?
>
> Bees
>
>> Hierdie tipe van bydrae (?) dien geen doel nie. Dit is nie interresant nie,
>> dit is beledigend, dit is (goeie afrikaanse woord vir "invidious"?), en dit
>> is nie uniek nie. Dit vereis nie meer as 'n dosyn neurone in werkende
>> toestand nie.
>
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23326 is 'n antwoord op boodskap #23264] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"nomad" writes: >

> Maar, jy kan tog seker nie ontken dat hierdie deel van ons Afrikaanse
> kultuur is nie...........

Nee, dit was nie deel van die Afrikaanse
kultuur waarmee ek grootgeword het, dat
mense hulle landsgenote beswadder het deur
hulle te teken asof hulle die skuim van
die samelewing is nie. Deur hierdie soort
rassistiese snert op hierdie Afrikaanse
nuusgroep te plaas, beledig jy my Afrikaanse
agtergrond en my Afikaanse erfenis. Ek dink
jy moet om verskoning vra. As ek reg is,
sit jy nou in New Zealand. Sal jy dieselfde
dinge oor die Maoris kwytraak? En as jy
dit doen (ek sal nie verbaas wees nie) dan
hoop ek hulle kom teer en veer vir jou.

Gloudina
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23327 is 'n antwoord op boodskap #23264] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> Nomad skryf:
>
>> Don't shoot the messenger.......
>
> Neewat, jy verdien 'n skoot hael. Jy weet waar.
>
> Hierdie tipe van bydrae (?) dien geen doel nie. Dit is nie interresant nie,
> dit is beledigend, dit is (goeie afrikaanse woord vir "invidious"?), en dit
> is nie uniek nie. Dit vereis nie meer as 'n dosyn neurone in werkende
> toestand nie.

Die bydrae van Nomad was ook degraderend van aard. Mens kan 'n grap vertel
en spot met iemand se uitspraak, maar 'n mens moet twee maal dink wat jou
onderwerp gaan wees.

Dit heinner my aan die TV program 'Vetkoekpaleis' wat ook vir my sommer
snert is. Dit doen afbreuk aan die beeld van die blank, Afrikaanssprekende
Afrikaner.

Groete

Shannon
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23328 is 'n antwoord op boodskap #23264] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Bees skryf in boodskap news:uELRhxxp#GA.297@cpmsnbbsa05...

> Neewat, jy verdien 'n skoot hael. Jy weet waar.
>
> Hierdie tipe van bydrae (?) dien geen doel nie. Dit is nie interresant nie,
> dit is beledigend, dit is (goeie afrikaanse woord vir "invidious"?), en dit
> is nie uniek nie. Dit vereis nie meer as 'n dosyn neurone in werkende
> toestand nie.
>
> En jammer, dit is ook snaaks nie. Glad nie.

Ek het geen probleem met jou opinie nie, soos hulle sê 'horses for
courses'. Etniese humor was maar altyd tot 'n mate beledigend, bv.
Joodse, vd Merwe, Boere, Ierse, ens. grappe - dis maar net die
gewilligheid om die snaakse kant daarvan in jou eie soort te herken
(en dan vir 'n bietjie quid pro quo ook in 'n ander groep) en daaroor
dan te kan lag - dis 'n goeie manier om van frustrasie ontslae te
raak. Hierdie goed gebeur elke dag in ons samelewing - dit help niks
om jou kop in die sand te begrawe nie en dit te ontken nie. OTOH, soos
'n goeie ekonoom sal sê, is hierdie miskien nie etnies bedoel nie maar
verwys slegs na die sosiale stand van 'n groot gedeelte van die
bevolking van SA

Maar, jy kan tog seker nie ontken dat hierdie deel van ons Afrikaanse
kultuur is nie.............? Miskien nou nie die kultuur van ons op
hierdie ng wat so geleerd en belese is nie, maar wél die van die ander
(meerderheid) Afrikaanssprekendes nie? (Dink nou net bv aan van die
skare op die Oospawiljoen op Loftus hoe hulle hiervoor sou
lag.........8>)). Die Afrikaners is mos plesierig, of hoe?

> Dit herhinner my aan gesprekke met tussen blanke en swart mense toe ek kind
> was. Sommige blanke mense het swartmense op hierdie manier aangespreek. Dan
> praat die swart persoon terug in goeie afrikaans (vir 'n tweede, of baie
> keer derde of vierde taal) en dan hou die blanke aan: "Jy vat hom die
> tuinvurk, dan jy spit hom..."
>
> Ek het baie keer gewonder wat die aangespreekte dink oor hierdie vorm van
> paternalisme. Dit het my grensloos irriteer.

Bees, dit gaan nog net so op die plase waar ek in die afgelope jaar of
twee was - vanaf N-Tvl tot in die Laeveld: dis die de facto vorm van
kommunikasie, en geen hoeveelheid PC gaan dit verander nie, in elk
geval nie totdat die wit boere (met 'n klein 'b') nie meer bestaan
nie. Hierdie mag net 'n nuwe vorm van Afrikaans in wording te wees en
behoort dus op hierdie ng met ope arms verwelkom te word.
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23414 is 'n antwoord op boodskap #23264] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wanneer het jy dan groot geword en waar? As dit die Noord-Kaap is dan moet
ek se is ek redelik verbaas dat julle nie ook julle nie-blanke bevolking as
swartes bestempel het nie! Veral omdat juis onder die plattelanders 'n
groter vrees vir die "swart gevaar" bestaan het (en nog steeds bestaan)

Jy het ook sekerlik in 'n deel van Suid Afrika groot geword waar daar geen
lokasie was nie. Julle het ook seker nie "meide" in julle huis gehad nie...
jy het sekerlik baie swart broers op skool saam met jou gehad.

Apartheid het dit alles in ons Afrikaanse kultuur ingebring, of ons dit nou
wil he of nie. Then again as jy nie die humor en ironie in die lewe kan
vind nie, dan het jy 'n saaie lewe. Want dan het al jou ervarings jou geen
kennis gegee nie.

@igs.net wrote in message ...
> "nomad" writes: >
>
>
>> Maar, jy kan tog seker nie ontken dat hierdie deel van ons Afrikaanse
>> kultuur is nie...........
>
>
> Nee, dit was nie deel van die Afrikaanse
> kultuur waarmee ek grootgeword het, dat
> mense hulle landsgenote beswadder het deur
> hulle te teken asof hulle die skuim van
> die samelewing is nie. Deur hierdie soort
> rassistiese snert op hierdie Afrikaanse
> nuusgroep te plaas, beledig jy my Afrikaanse
> agtergrond en my Afikaanse erfenis. Ek dink
> jy moet om verskoning vra. As ek reg is,
> sit jy nou in New Zealand. Sal jy dieselfde
> dinge oor die Maoris kwytraak? En as jy
> dit doen (ek sal nie verbaas wees nie) dan
> hoop ek hulle kom teer en veer vir jou.
>
> Gloudina
>
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23415 is 'n antwoord op boodskap #23264] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het be...@vleis.com die volgende
te sê gehad ...

> keer derde of vierde taal) en dan hou die blanke aan: "Jy vat hom die
> tuinvurk, dan jy spit hom..."
>
> Ek het baie keer gewonder wat die aangespreekte dink oor hierdie vorm van
> paternalisme. Dit het my grensloos irriteer.
>

Al ooit gewonder waar hierdie vorm van Afrikaans vandaan kom?

Ek het ook altyd gedink dis stupid en irriterend en gaan niemand wat dit
hoor help om Afrikaans beter te praat of verstaan nie. Toe probeer ek
Sesotho aanleer. En ek sukkel my gat af met die sinskonstruksie want dit
is al verkeerdom. Tot ek eendag besef bv. 'Jy vatte hom die verk' is 'n
min of meer korrek saamgestelde Sesotho sin, wat daarna direk in
Afrikaans vertaal is. 'Vat die vurk' klink net so verkeerd as jy dit weer
direk in Sesotho (of 'n ander swart taal) vertaal.

In 'n swart mond is 'Jy vatte hom die verk' die resultaat van vreemde
woordeskat wat in bekende sinskonstruksie ingepas word. In 'n wit mond is
dit gewoonlik 'n poging om die vreemde taal verstaanbaarder te maak deur
dit in 'n bekende sinskonstruksie aan te bied. In my ondervinding slaan
mense oor na 'Jy vatte hom die verk' nadat 'Die tuin moet omgespit word'
nie die teiken tref nie. Van paternalisme weet ek nie. Dit lyk vir my
(vandag) na 'n natuurlike resultaat van kommunikasie oor taalgrense.

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: Nomad, jy word nie verskoon nie [boodskap #23464 is 'n antwoord op boodskap #23264] So, 30 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Boerseun[1]  is tans af-lyn  Boerseun[1]
Boodskappe: 15
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie ouens sal nie eens kan besef waaroor dit gaan, al word hul
Proffesore - want die goed het ook maar net soos pappagaaie geleer van 'n
vorige pappagaai.

Probeer nou korrek praat dan kry jy gewoonlik 'n Ja vir 'n Nee ens. Hoe maak
jy nou PROF.

Jy moet so praat met hulle anders is alles verkeerd.

Boerseun

> In skrywe het be...@vleis.com die volgende
> te sê gehad ...
>
>> keer derde of vierde taal) en dan hou die blanke aan: "Jy vat hom die
>> tuinvurk, dan jy spit hom..."
>>
Vorige onderwerp: WAAROM
Volgende onderwerp: 'n Gediggie vir 2 Junie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 19:32:18 MGT 2024