Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » RFD soc.culture.afrikaans
RFD soc.culture.afrikaans [boodskap #23133 is 'n antwoord op boodskap #23228] Di, 25 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Vir al die wat wil spesifiseer in watter tale mense op die nuusgroep mag
pos hier is die RFD vir soc.culture.afrikaans. Sover ek kan onthou van
At se skrywes het hulle dieselfde gebruik in die RFD
soc.culture.south-africa.afrikaans. Let op dat die stigters ook Engelse
poste voorsien het sowe as ander tale met die spesifieke
veronderstelling dat die nuusgroep oor Afikaans en Afrikaanse Kultuur
sal gaan. So Basta Gloudina!

Hulle vra dan ook dat flames beperk word. Sorry Gloudina .... NOT!!!

Net so terloops is die RFD gepos deur Reinier deVos
(de...@aqua.ccwr.ac.za) op Sep 7 1994. Sien
http://www.hensa.ac.uk/ftp/mirrors/uunet/usenet/news.announc e.newgroups/soc/soc.culture.afrikaans

Enigeen wat weet wanneer die s.c.sa.a'e nuusgroep gestig is?

Cheers
Lou

____________________________________________________________ ______

VERSOEK VIR BESPREKING: SOC.CULTURE.AFRIKAANS
---------------------------------------------

(In hierdie dokument dui die " -karakter voor 'n letter 'n deelteken aan
(bv. "e), en die ^ -karakter voor 'n letter dui sirkumfleks aan (bv.
^e)).

VERSOEK VIR BESPREKING
----------------------

Hierdie is 'n Versoek vir Bespreking (VVB) (oftewel "Request for
Discussion" - RFD) vir die skepping van die USENET Nuusgroep
soc.culture.afrikaans. Dit bevat 'n voorgestelde groepnaam, enkelre"el
beskrywing, status en handves.

Hierdie artikel sal ook aan news.announce.newgroups, news.groups,
soc.culture.african, soc.culture.belgium, soc.culture.netherlands,
za.misc
en za.net.misc gepos word.

Die bespreking sal in die NEWS.GROUPS nuusgroep plaasvind. Alle
opvolgbesprekings hoort na hierdie groep gepos te word. Aanvanklike
voorstelle vir die groep, status en handves word hieronder uiteengesit.
Hierdie voorstelle is onderworpe aan veranderings en hersiening sodra
verdere opinies ingewin word. Enige persoon wat in hierdie voorstel
belangstel word aangemoedig om aan die bespreking deel te neem.

Die bespreking sal vir 30 dae vanaf die datum van die amptelike plasing
van hierdie RFD voortduur. Indien akkoord bereik word, sal daar dan 'n
Oproep tot Stemme aangekondig word.

GROEP NAAM ENKELRE"EL BESKRYWING
---------- -------------------

soc.culture.afrikaans Afrikaanse taal en kultuur

STATUS
------

Ongemodereer

VOORGESTELDE HANDVES
--------------------

Afrikaans is 'n taal wat grootliks in suidelike Afrika gepraat word
(hoofsaaklik in Suid-Afrika, Namibie en tot 'n mindere mate Zimbabwe),
alhoewel klein Afrikaanssprekende gemeenskappe elders ter wereld
voorkom. Afrikaans het in suidelike Afrika ontstaan as gevolg van die
wisselwerking tussen 17de-eeuse Nederlands, Afrika-tale, Portugees,
Maleis en ander invloede. Alhoewel dit 'n taal eie aan Afrika is, word
dit nogtans beskou as 'n lid van die Dietse taalgroep, en is soortgelyk
aan die Nederlandse/Vlaamse taal wat in Nederland en groot dele van
Belgi"e gepraat word. Daar is 'n omvangryke Afrikaanse letterkunde, en
die taal word wyd in die gedrukte en elektroniese media gebruik. Daar
is 'n aantal inrigtings vir tersi^ere onderrig waar Afrikaans die
voertaal is.

In hierdie voorgestelde handves, sluit die term 'Afrikaanssprekendes'
alle mense wat Afrikaans besig in, ongeag van ras, kleur, geloof of
nasionale oorsprong, en is nie beperk tot diegene wat hulself as
'Afrikaners' beskou nie. Dit sluit moedertaalsprekers en andere in.

Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep soc.culture.afrikaans
sal dien as 'n gepreksforum vir alle inligting aangaande suidelike
Afrika, Afrikaanssprekendes en die Afrikaanse taal. Dit beteken dat
alle besprekings rakende sosiale, kulturele, politieke, ekonomiese,
geskiedkundige, geografiese en ander sake wat op een of ander wyse
verband hou met Afrikaanssprekendes, Afrikaans of suidelike Afrika,
verwelkom sal word in hierdie nuusgroep.

Dit word verder begeer dat soc.culture.afrikaans 'n betekenisvolle
middel van skakeling tussen Afrikaanssprekendes tuis en in die
buiteland sal wees, en tussen Afrikaanssprekendes en ander mense
dwarsoor die wereld.

AGTERGROND
----------

Afrikaanssprekendes was, vanwe"e Suid-Afrika en Namibi"e se onlangse
verlede, op verskeie maniere van die res van die wereld ge"isoleer.
Een so 'n wyse was die kulturele boikotte deur verskeie regerings. Die
boikotte van die Nederlandse en Belgiese regerings in besonder, het die
kultuur- en taaluitruiling tussen Afrikaanssprekendes en
Nederlandsspekendes aan bande gel^e. Nou is nuwe regerings in
Suid-Afrika en Namibi"e aan bewind, en het dit tyd geword om hierdie,
en ander bande, te hernu. Vir hierdie doel sal die
soc.culture.afrikaans nuusgroep as 'n ideale afspringplek dien.

Suid-Afrika het sy eie za. nuusgroep hierargie. Hier word artikels
grootliks in Engels geskryf. 'n Za.culture.afrikaans nuusgroep kan as
alternatief vir 'n soc.culture.afrikaans dien vir diegene wat
besprekings in Afrikaans wil hou. Hierdie voorstel word egter gemaak,
aangesien die za.nuusgroepe minder bekend is buite Suid-Afrika, en is
in baie gevalle minder toeganklik as die USENET nuusgroepe.

Daar sal 'n gedeeltelike oorvleueling wees tussen soc.culture.afrikaans,
soc.culture.african en die pas voorgestelde soc.culture.south-africa in
besprekings rakende suidelike Afrika. Weereens vind die besprekings in
soc.culture.african hoofsaaklik in Engels plaas. Die bedoeling van die
soc.culture.afrikaans nuusgroep is nie soseer om as 'n plaasvervanger
vir
hierdie groepe te dien nie, maar aanvullend daartoe.

RE"ELS
-----

Soc.culture.afrikaans sal 'n ongemodereerde nuusgroep wees, dus sal dit
enige persoon vry staan om na hierdie nuusgroep te pos. Vryheid om te
pos beteken egter ook om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat u pos.
Alle artikels wat gepos word behoort (hoe verwyder ookal) op een of
ander wyse met suidelike Afrika, Afrikaans of Afrikaanssprekendes
verband te hou. Beledigings, "flames" of onnodige kritiek van 'n groep
of persoon word ten sterkste ontmoedig. Lees asseblief die
"netiquette" re"els in news.announce.newusers voordat u u eerste
artikel aan enige nuusgroep pos, en behou u te alle tye by hierdie
re"els wanneer u artikels pos.

TALE
----

Artikels sal hoofsaaklik in Afrikaans, Nederlands/Vlaams en Engels wees.
Artikels in ander tale word ook verwelkom om sodoende die uitruiling van
inligting met die wydste gehoor moontlik te bewerkstellig.

BESPREKINGSPLEK
---------------

Die besprekings sal in news.groups, 'n USENET nuusgroep, plaasvind.
Alle
kommentaar rakende hierdie voorstel moet na news.groups gepos word (neem
kennis van die Followup-To re"el).

BESPREKINGSPERIODE
------------------

Die besprekingsperiode sal vir 30 dae lank duur, wat met die amtelike
verskyning van hierdie RFD 'n aanvang sal neem. Indien akkoord bereik
word, sal 'n Oproep om Stemme (oftewel "Call For Votes" - CFV)
aangekondig
word, wat vir 'n tydperk van 21 to 31 dae sal duur.

HIERDIE VVB GE"INISIEER DEUR:
-----------------------------
Marco Van Het Hoog marc...@mendel.humgen.upenn.edu
Reinier de Vos de...@aqua.ccwr.ac.za
Inus Scheepers in...@aztec.co.za
At de Lange amde...@gold.up.ac.za
Re: RFD soc.culture.south-africa.afrikaans.gloudina? [boodskap #23208] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Halleluja. Dankie Gloudina, goed gestel. Ek stem volmondig saam. Ek
woon in Australie en my handel en wandel is in Engels. Die heerlike
koel bries van Afrikaans op die nuusgroep is salf vir die siel - al is
die inhoud soms heet.

Hou die nuusgroep Afrikaans.

Alwyn - uit Perth

skryf in boodskap news:7i3q75$psv$1@news.igs.net...
> nos...@please.net (Fook) writes:
>
>
>> Ag, tannie, LOS NOUUUU!!!
>
>
> Nee, hierdie tannie is soos die ratel
> wat die ou se skoen vasgebyt het in
> "The Gods must be crazy 2." Sy laat
> los nie maklik nie.
>
> Hierdie nuusgroep is geskep vir mense
> wat in Afrikaans met mekaar wil omgaan.
> Dis nie vir Afrikaners nie. Dis nie vir
> Afrikaans-sprekendes nie. Dis vir
> AFRIKAANS-SKRYWENDES. Ek is 'n Kanadese
> burger. My huistaal is Engels. Leswin
> is in die VSA (heelwaarskynlik 'n
> Amerikaanse burger?) en sy huistaal is
> heelwaarskynlik ook Engels. Hilda Hellin
> is 'n Belgiese burger en haar huistaal
> is Nederlands. Ons kom dus na hierdie
> nuusgroep vir die Afrikaans, en nie vir
> wat 'n klomp mense in Engels oor alles
> en nog wat te sê het nie. Mense in SA
> het so steen en been gekla toe Afrikaans
> se teenwoordigheid op televisie en radio
> afgeskaal is. Hoekom so bereid nou dat
> Afrikaans maar op die nuusgroep kan
> verdwyn?
>
> En ek hoop jy weet dat Squirrel 'n
> uitgewekene is van SA wat 'n voertuig wou
> skep vir sy verregse opinies, en wat te
> papbroekig is om op die Engelse nuusgroep
> te pos nadat hulle gedreig het dat hulle
> hom sal verkla oor die morsigheid van sy
> poste. Nou moet ons na hom luister, in
> Engels (nie een baie goeie Engels nie.)
> Hy bly in 'n staat in die VSA wat baie
> kalkoene het. Meer kalkoene as mense.
> Maar ons is nie almal onder 'n kalkoen
> uitgebroei nie.
>
> Gloudina
Re: RFD soc.culture.afrikaans [boodskap #23227 is 'n antwoord op boodskap #23133] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

die stigters ook Engelse
> poste voorsien het sowe as ander tale met die spesifieke
> veronderstelling dat die nuusgroep oor Afikaans en Afrikaanse Kultuur
> sal gaan.

SO, ESPERANTO, en gedagtes daaroor in
Engels is uit, ou Lou. Word jy dan oud
of is jou aandagspan so kort dat jy nie
'n paragraaf enduit kan lees nie.

> Afrikaans is 'n taal wat grootliks in suidelike Afrika gepraat word
> (hoofsaaklik in Suid-Afrika, Namibie en tot 'n mindere mate Zimbabwe),
> alhoewel klein Afrikaanssprekende gemeenskappe elders ter wereld
> voorkom. Afrikaans het in suidelike Afrika ontstaan as gevolg van die
> wisselwerking tussen 17de-eeuse Nederlands, Afrika-tale, Portugees,
> Maleis en ander invloede. Alhoewel dit 'n taal eie aan Afrika is, word
> dit nogtans beskou as 'n lid van die Dietse taalgroep, en is soortgelyk
> aan die Nederlandse/Vlaamse taal wat in Nederland en groot dele van
> Belgi"e gepraat word.

>
> In hierdie voorgestelde handves, sluit die term 'Afrikaanssprekendes'
> alle mense wat Afrikaans besig in, ongeag van ras, kleur, geloof of
> nasionale oorsprong, en is nie beperk tot diegene wat hulself as
> 'Afrikaners' beskou nie. Dit sluit moedertaalsprekers en andere in.
>
> Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep soc.culture.afrikaans
> sal dien as 'n gepreksforum vir alle inligting aangaande suidelike
> Afrika, Afrikaanssprekendes en die Afrikaanse taal.

So Esperanto is uit, en dus Thomas
Rochester. So ook die outjie wat
wil handelsnavrae doen (om geld te
maak) en wat wil oorslaan na Engels
omdat hy al klaar gesien het julle
klomp is gewillig om oor te slaan na
Engels met die geringste kans wat
julle kry. Maak julle nou die dood
van Afrikaanse gebruik op die nuusgroep
moontlik, nadat julle julle bekke
gesit en rek het op wat die ANC nou
volgens julle met die Radio en TV
in SA gedoen het?

Gloudina
Re: RFD soc.culture.south-africa.afrikaans.gloudina? [boodskap #23228 is 'n antwoord op boodskap #23133] Vr, 21 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
nos...@please.net (Fook) writes:

> Ag, tannie, LOS NOUUUU!!!

Nee, hierdie tannie is soos die ratel
wat die ou se skoen vasgebyt het in
"The Gods must be crazy 2." Sy laat
los nie maklik nie.

Hierdie nuusgroep is geskep vir mense
wat in Afrikaans met mekaar wil omgaan.
Dis nie vir Afrikaners nie. Dis nie vir
Afrikaans-sprekendes nie. Dis vir
AFRIKAANS-SKRYWENDES. Ek is 'n Kanadese
burger. My huistaal is Engels. Leswin
is in die VSA (heelwaarskynlik 'n
Amerikaanse burger?) en sy huistaal is
heelwaarskynlik ook Engels. Hilda Hellin
is 'n Belgiese burger en haar huistaal
is Nederlands. Ons kom dus na hierdie
nuusgroep vir die Afrikaans, en nie vir
wat 'n klomp mense in Engels oor alles
en nog wat te sê het nie. Mense in SA
het so steen en been gekla toe Afrikaans
se teenwoordigheid op televisie en radio
afgeskaal is. Hoekom so bereid nou dat
Afrikaans maar op die nuusgroep kan
verdwyn?

En ek hoop jy weet dat Squirrel 'n
uitgewekene is van SA wat 'n voertuig wou
skep vir sy verregse opinies, en wat te
papbroekig is om op die Engelse nuusgroep
te pos nadat hulle gedreig het dat hulle
hom sal verkla oor die morsigheid van sy
poste. Nou moet ons na hom luister, in
Engels (nie een baie goeie Engels nie.)
Hy bly in 'n staat in die VSA wat baie
kalkoene het. Meer kalkoene as mense.
Maar ons is nie almal onder 'n kalkoen
uitgebroei nie.

Gloudina
Re: RFD soc.culture.afrikaans [boodskap #23273 is 'n antwoord op boodskap #23228] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
> die stigters ook Engelse
>> poste voorsien het sowe as ander tale met die spesifieke
>> veronderstelling dat die nuusgroep oor Afikaans en Afrikaanse Kultuur
>> sal gaan.
>
> SO, ESPERANTO, en gedagtes daaroor in
> Engels is uit, ou Lou. Word jy dan oud
> of is jou aandagspan so kort dat jy nie
> 'n paragraaf enduit kan lees nie.

Nee Gloudina - jy is die een wat nie verder as gister kan onthou nie. Ek
het dit teen jou wat die nuusgroep eksklusief vir Afrikaans en
Nederlands wil afbaken. Dit is of net Afrikaans of ... . Moenie nou weer
probeer stof opskop om jou Dietse tale idee te probeer wegsteek nie.
>
>> Afrikaans is 'n taal wat grootliks in suidelike Afrika gepraat word
>> (hoofsaaklik in Suid-Afrika, Namibie en tot 'n mindere mate Zimbabwe),
>> alhoewel klein Afrikaanssprekende gemeenskappe elders ter wereld
>> voorkom. Afrikaans het in suidelike Afrika ontstaan as gevolg van die
>> wisselwerking tussen 17de-eeuse Nederlands, Afrika-tale, Portugees,
>> Maleis en ander invloede. Alhoewel dit 'n taal eie aan Afrika is, word
>> dit nogtans beskou as 'n lid van die Dietse taalgroep, en is soortgelyk
>> aan die Nederlandse/Vlaamse taal wat in Nederland en groot dele van
>> Belgi"e gepraat word.
>
>>
>> In hierdie voorgestelde handves, sluit die term 'Afrikaanssprekendes'
>> alle mense wat Afrikaans besig in, ongeag van ras, kleur, geloof of
>> nasionale oorsprong, en is nie beperk tot diegene wat hulself as
>> 'Afrikaners' beskou nie. Dit sluit moedertaalsprekers en andere in.
>>
>> Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep soc.culture.afrikaans
>> sal dien as 'n gepreksforum vir alle inligting aangaande suidelike
>> Afrika, Afrikaanssprekendes en die Afrikaanse taal.
>
> So Esperanto is uit, en dus Thomas
> Rochester. So ook die outjie wat
> wil handelsnavrae doen (om geld te
> maak) en wat wil oorslaan na Engels
> omdat hy al klaar gesien het julle
> klomp is gewillig om oor te slaan na
> Engels met die geringste kans wat
> julle kry. Maak julle nou die dood
> van Afrikaanse gebruik op die nuusgroep
> moontlik, nadat julle julle bekke
> gesit en rek het op wat die ANC nou
> volgens julle met die Radio en TV
> in SA gedoen het?
>
> Gloudina

Nee Gloudina - ek het dit oor jy op mense dinges wat in Engels pos maar
jy het geen probleme met die Nederlandses nie! DIT IS MY PUNT wat jy
ignoreer!

Wie's jou julle anyway? Het ek al engels hier gepraat? Hoop nie so nie?
:)

Oor die ANC en die SAUK - net vir jou informasie - Pasella is 'n
Afrikaanse program wat oor Afrikaanse dinge handel - (hoog op die
kyksyfer lyste!) - van die Nama trap tot die nuustste digters en die KKF
(dit sluit baie nie wit afrikaans ook in). Maar nou word dit geskuif na
'n tydgleuf wat lank verby almal se bedtyd is. Is ons te sensitief? Dink
nie so nie - dieselfde ding het byna gebeur met 50/50.

Cheers
Lou
Re: RFD soc.culture.afrikaans [boodskap #23387 is 'n antwoord op boodskap #23228] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het lo...@hotmail.dinges.com
die volgende te sê gehad ...

>
> Oor die ANC en die SAUK - net vir jou informasie - Pasella is 'n
>

SAUK?
Bedoel jy nou die spul wie se amptelike *Afrikaanse* afkorting Es-Aa-Bee-
See is, en wie se *Afrikaanse* omroepers dit as Es-Y-Bie-Sie uitspreek ?
Nee, ek dink hulle doen baie vir Afrikaans ...

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
(kong ing kieg)
Vorige onderwerp: Wyn van die Boland !!
Volgende onderwerp: handels info
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 02:21:45 MGT 2024