Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » MAC Rides again
MAC Rides again [boodskap #2217] Do, 21 Augustus 2003 22:06 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" wrote:
> Waar het jy in RSA gebly en wanneer is jy
> landuit?
> Groete vir eers.
> ---
> Kandas die Macaw sê: "hallo-hallo-hallo"
> Sammy die Sun Conure sê: "Shutup!"
> ---

Dankie vir die foto! Wat is sy/haar naam?
Ek het in Natal gebly (Pietermaritzburg en Durban). Ek is iets soos 15
(amper 16) jaar gelede weg. Ek moet altyd daaroor dink, want die tyd
vlieg. Ek wil altyd iets sê soos 10 jaar, en dan moet ek eers mooi
dink. Dis asof die tyd op 10 vasgesteek het:-)

Lorinda
Re: MAC Rides again [boodskap #2231 is 'n antwoord op boodskap #2217] Sa, 23 Augustus 2003 16:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda"
: Dankie vir die foto! Wat is sy/haar naam?
---
Sy naam is Sammy die Sun Conure
Sal 'n leeu aanval as hy moet. Hy
is die Jack Russel in die huis.
Net soos ek jou naam in Fusia laat aflaai
verander jy weer jou ISP en moet ek weer vir
jou kleur gee.
1987 was moeilike jare vir ons land. :-(
---
Re: MAC Rides again [boodskap #2258 is 'n antwoord op boodskap #2217] Sa, 23 Augustus 2003 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" wrote:

> ---
> Sy naam is Sammy die Sun Conure
> Sal 'n leeu aanval as hy moet. Hy
> is die Jack Russel in die huis.
> Net soos ek jou naam in Fusia laat aflaai
> verander jy weer jou ISP en moet ek weer vir
> jou kleur gee.

Vertel bietjie van Sammy, hoe lank het jy hom al? Byt hy?
Jammer oor die ISP ding. In die somer is ek gewoonlik naweke in
Brighton waar ek 'n ander internet bediener het, en uit Google op
hierdie ng pos.

Lorinda
Re: MAC Rides again [boodskap #2283 is 'n antwoord op boodskap #2258] So, 24 Augustus 2003 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda"
: Vertel bietjie van Sammy, hoe lank het jy
hom al? Byt hy?
---
Sammy was nou 3 jaar oud en het nie 'n voël
ma en pa gehad om hom groot te maak nie.
Sammy is so 12" of 30cm van neus tot
stertpunt. Om dat hy reg groot gemaak en
(socialising) geleer is byt hy nie sy familie
of familie vriende nie. Hy is ma se seun en
hy is haar oppasser. Geen koppiespeldgrote
spinnekoppie of miggie sal in die kombuis
wees sonder dat Sammy nie daarvan weet nie.
Hy laat weet jou op 'n baie unieke manier
deur 'n spesiale geluid wat hy maak. Nadat
die tuit van jou ore weg is en jy weer kan
hoor sal hy jou wys deur sy kop te draai na
die indringer. Wanneer jy jou 'bifocals' wat
nog skeef gesit het reg op die neus sit, sal
jy na so 'n paar minute sien waar die
'gevaarlike' vyand is. Hy sal nog vir so paar
minute laat weet die 'vyand' is nog steeds
daar deur sulke sugte te uiter. Sou daar 'n
vreemde man die kombuis instap terwyl Elna
aleen daar is, sal hy die plek van die hoof
van die swerm inneem en die 'indringer'
bevlieg en met naels en bek in die gesig
probeer bykom, dit is wat ek die Jack Russel
'moves' noem. As ek egter teenwoordig is sal
hy alles beaam terwyl ek met die man praat,
hy sal sy kop so op en af skud terwyl ek
praat. As Elna nie tuis is nie, is ek #1 in
sy lewe en sal by my wil wees die hele dag.
As Elna se voordeur sleutel in die slot
gesteek word sal Sammy almal in die buurt
laat weet sy ma is terug en terwyl ek dronk -
dronk 'n sitplek soek, vlug hy na die nok van
sy dak en wag daar met uitroepe totdat ma
inkom en Sammy met soene en 'wat het pa nou
weer aan jou gedoen' vir hom in haar arms
neem en hy sulke gelukkige snork - snork
geluidjies maak. As sy 'n baadjie of so iets
aan het, sal hy inkruip en daar sit soos 'n
apie wat vasklou aan sy ma.
Baie mense gebruik Sun Conures as waghonde,
of in hokke op die erf, of naby 'n venster
wat voor uitkyk na die hekkie of paadjie.
Hulle is nie eintlik praters nie, maar dan
gee ek nie om nie want hulle 'tricks' wat
hulle uithaal wanneer jy wasgoed op hang is
verbysternd. Hy sal op die wasgoed lyn loop
tot hy dan onderstebo hang, hy sal aan een
been hang en so in die ronte draai, homself
ophys en spring tot binne my Jockeys, en dan
peek - a - boo speel. By die volgende
kledingstuk sal hy binne die 38c cup spring,
teen die strap op hardloop tot bo - op die
draad en dan spring na 'n t-shirt en dan
'bollie los en so 'n oulike groen / rooi
(hang af waaruit sy oggendete bestaan het)
streep los vir ma om dit weer te gaan
uitspoel.
In die oggend sê hy 'Môre Pa', of net 'môre'
wanneer hy hoor ek is op. As ons so tydjie
uit die huis was en ons kom terug en sy
welkom krete is verby, sal hy soos Kandas die
Macaw sê: "hello - hello - hello" Wanneer ek
my loopstewels in die kombuis aantrek sal hy
"bye - bye" tot vervelens toe sê totdat jy
weg is. As jy na sy sin te lank vat om te
bye - bye, sal die bye - bye, BYE - BYE word,
totdat jy weg is en hy amper hees is. As ek
iets onwettig, vir gaaie, eet, sal hy vinnig
vlieg en op my skouer kom sit met 'n sagte
"hallo pa", hy sal sy "chops" aflek soos 'n
hond, en sulke tongklap of proe geluide maak.
Ag nou ja, die stukkie 'onwettig' kos wat hy
dan kry is so klein, maar vir omtrent 5
minute hoor jy hoe tevrede hy is met die
stukkie kos. Die sagte 'hallo pa' is
natuurlik die sleutel tot pa se hart. Ek
beter ophou daar is ander mense op die groep
wat ook iets wil sê :-)
---
: Jammer oor die ISP ding. In die somer is ek
gewoonlik naweke in
: Brighton waar ek 'n ander internet bediener
het, en uit Google op
: hierdie ng pos.
---
No problem my dear, ek het maar net gewonder
wat aangaan ...... Fucia is my kleur vir my
'spesiale mense' op die ng's. Blou vir die
mense wat my koud laat, rooi, vir die wat jy
met handskoene moet aanpak, wit vir die wat
jy nie eintlik wil van weet nie. Groen vir
die van wie ek hou, hulle word gewoonlik
later ge - "upgrade" na fucia ..... hehehehe
:-)

DD jy's terug na groen oor die valse
uitlating op scsaa :-)
---
Re: MAC Rides again [boodskap #2287 is 'n antwoord op boodskap #2283] So, 24 Augustus 2003 17:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> "Lorinda"
> : Vertel bietjie van Sammy, hoe lank het jy
> hom al? Byt hy?
> ---
> Sammy was nou 3 jaar oud en het nie 'n voël
> ma en pa gehad om hom groot te maak nie.

[knip]

Ek het jou beskrywing van Sammy baie geniet! Dit het my skoon daaraan
laat dink om ook 'n macaw te kry....:-)Hy klink so oulik. Is dit nie
baie moeilik om 'n baba voeltjie groot te maak nie?

Lorinda
Re: MAC Rides again [boodskap #2288 is 'n antwoord op boodskap #2287] So, 24 Augustus 2003 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
net vinnig antwoord, sal later meer vertel
oor hand grootmaak ..........
Kandas die Macaw se lengte is 39" van neus
tot stertpunt, dink so lank daaraan hoe jy
hom in jou huis / flat gaan hou en wie na hom
gaan kyk as jy Brighton toe gaan ...........
hardloop nou ta-ta
---
"Lorinda"
: Ek het jou beskrywing van Sammy baie
geniet! Dit het my skoon daaraan
: laat dink om ook 'n macaw te kry....:-)
Re: MAC Rides again [boodskap #2290 is 'n antwoord op boodskap #2288] So, 24 Augustus 2003 23:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> net vinnig antwoord, sal later meer vertel
> oor hand grootmaak ..........
> Kandas die Macaw se lengte is 39" van neus
> tot stertpunt, dink so lank daaraan hoe jy
> hom in jou huis / flat gaan hou en wie na hom
> gaan kyk as jy Brighton toe gaan ...........
> hardloop nou ta-ta
> ---

Oeps. Ek het gedink hy is kleiner as Sammy. Kan ek hom dan nie saamvat
Brighton toe nie, of hou hulle nie van reis nie? Onthou om te vertel
van hoe jy hulle grootmaak.

Lorinda
Re: MAC Rides again [boodskap #2291 is 'n antwoord op boodskap #2290] Di, 26 Augustus 2003 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda"
: Oeps. Ek het gedink hy is kleiner as Sammy. Kan ek hom dan nie saamvat
: Brighton toe nie, of hou hulle nie van reis nie? Onthou om te vertel
: van hoe jy hulle grootmaak.
---
Kan ek maar vir jou fotos stuur op jou e-pos adres sodat jy kan sien hoe die
'setup' hier werk?
---
Re: MAC Rides again [boodskap #2300 is 'n antwoord op boodskap #2217] Di, 26 Augustus 2003 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Ja, asseblief. Stuur dit na die tiscali adres toe.

Versigtig, Lorinda. Die eerste foto wat ek van Tobie gekry het, was
ook van 'n voëltjie. Enetjie met 'n gebreekte been. Ek waarsku jou
maar net vroegtydig...
:-))))
Re: MAC Rides again [boodskap #2303 is 'n antwoord op boodskap #2291] Wo, 27 Augustus 2003 03:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:big4fl$t2$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Lorinda"
> : Oeps. Ek het gedink hy is kleiner as Sammy. Kan ek hom dan nie saamvat
> : Brighton toe nie, of hou hulle nie van reis nie? Onthou om te vertel
> : van hoe jy hulle grootmaak.
> ---
> Kan ek maar vir jou fotos stuur op jou e-pos adres sodat jy kan sien hoe die
> 'setup' hier werk?
> ---

Ja, asseblief. Stuur dit na die tiscali adres toe.

Lorinda
Re: MAC Rides again [boodskap #2308 is 'n antwoord op boodskap #2300] Wo, 27 Augustus 2003 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn"
: Versigtig, Lorinda. Die eerste foto wat ek van Tobie gekry het, was
: ook van 'n voëltjie. Enetjie met 'n gebreekte been.
---
Hey, ek het hom nog steeds in die argiewe ................ nee, ek sal dit nie
stuur nie, sover ek kan onthou het ek dit op die ng gesit. Dit is nie my natuur
om sulke x-trale na dames te stuur wat ek nie eers goed ken nie. Ek sal ook nie
jou foto waar jy in 'n bikini sit VIR ENIGEEN VAN VERTEL NIE, ALLERMINSTE VIR DD
:-)
---
Re: MAC Rides again [boodskap #2321 is 'n antwoord op boodskap #2308] Wo, 27 Augustus 2003 22:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" wrote:

> "Katryn"
> : Versigtig, Lorinda. Die eerste foto wat ek van Tobie gekry het, was
> : ook van 'n voëltjie. Enetjie met 'n gebreekte been.
> ---
> Hey, ek het hom nog steeds in die argiewe ................ nee, ek sal dit nie
> stuur nie, sover ek kan onthou het ek dit op die ng gesit. Dit is nie my natuur
> om sulke x-trale na dames te stuur wat ek nie eers goed ken nie.

Moet nou nie verskonings maak nie!! :-))

> Ek sal ook nie
> jou foto waar jy in 'n bikini sit VIR ENIGEEN VAN VERTEL NIE, ALLERMINSTE VIR DD
> :-)

Schmuck!
:-)))
Re: MAC Rides again [boodskap #2325 is 'n antwoord op boodskap #2321] Wo, 27 Augustus 2003 22:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
>
>> Ek sal ook nie
>> jou foto waar jy in 'n bikini sit VIR ENIGEEN VAN VERTEL NIE, ALLERMINSTE VIR DD
>> :-)
>
> Schmuck!
> :-)))

Kan ek hom daardie foto wys
wat geneem is net voor jy die bikini aangetrek het, Katryn?

DD
Re: MAC Rides again [boodskap #2329 is 'n antwoord op boodskap #2325] Wo, 27 Augustus 2003 23:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Kan ek hom daardie foto wys
> wat geneem is net voor jy die bikini aangetrek het, Katryn?

Sheesh, daar is ook nie salf aan julle twee te smeer nie!!
:-)
Re: MAC Rides again [boodskap #2349 is 'n antwoord op boodskap #2329] Do, 28 Augustus 2003 19:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
DD jy't blybaar vergeet dat jy het dit alreeds gestuur so 'n tydjie gelede. DD
jy sal regtig MOET werk aan jou .... aan jou ........ aan jou ....... hmmmmm
.... o ja ek wou sê 'geheue'
---
: Davie Davis
: >Kan ek hom daardie foto wys
: >wat geneem is net voor jy die bikini aangetrek het, Katryn?
Re: MAC Rides again [boodskap #2356 is 'n antwoord op boodskap #2349] Vr, 29 Augustus 2003 19:49 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> DD jy't blybaar vergeet dat jy het dit alreeds gestuur so 'n tydjie gelede. DD
> jy sal regtig MOET werk aan jou .... aan jou ........ aan jou ....... hmmmmm
> .... o ja ek wou sê 'geheue'

Van fotos en geheue gepraat... Baie baie dankie vir die fotos (Sammy
wat so op die skinkbord sit is baie oulik, bedel hy vir kos of drink
hy tee?), maar jy het nog nie vertel van hoe jy klein voeltjies
grootmaak nie. Ek het altyd gedink dit is omtrent onmoontlik om wees
baba voeltjies aan die lewe te hou...

Lorinda
Vorige onderwerp: "Only 1 torture"
Volgende onderwerp: Re: Onaardige stilte....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:36:52 MGT 2024