Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Oor eekhorings en nog wat
Oor eekhorings en nog wat [boodskap #23229 is 'n antwoord op boodskap #23230] Di, 25 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" writes:

> Ek koekeloer nou al 'n tydjie hier rond, en hierdie wipgat
diertjie wat in
> "Ingelse" bome woon en dink dat hy veilig is, maak
so 'n ligte "mistykie"

Welkom in die nuusgroep. Beskryf tog sommer
gereeld dele van die Boland. Daar is baie
mense oor die hele aardbol versprei wat
hulle harte daar verloor het.

Waar in die Boland is die Drakenstein-berge?

En is daar "chipmunks" in die Boland? ('n
Chipmunk lyk soos 'n eekhorinkie maar is
net so groot soos 'n groterige muis.)

Is daar eekhorinkies in ander dele van SA?

Gloudina
Re: Oor eekhorings en nog wat [boodskap #23230 is 'n antwoord op boodskap #23229] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Charl Marais  is tans af-lyn  Charl Marais
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
> Waar in die Boland is die Drakenstein-berge?

by die Paarl

> En is daar "chipmunks" in die Boland? ('n
> Chipmunk lyk soos 'n eekhorinkie maar is
> net so groot soos 'n groterige muis.)

Weet nie...

> Is daar eekhorinkies in ander dele van SA?

baie in Stellenbosch, ja. ook in Paarl gesien toe ek op skool was.
Re: Oor eekhorings en nog wat [boodskap #23231 is 'n antwoord op boodskap #23230] Di, 25 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> En is daar "chipmunks" in die Boland?

Nee.

> Is daar eekhorinkies in ander dele van SA?

Die eekhorings wat jy in die Kaap kry is die Noord Amerikaanse grys
eekhoring wat teen die eeuwisseling deur Cecil John Rhodes via Engeland
ingevoer is.

Daar is twee inheemse eekhorings in SA:

1) Die Waaierstertgrondeekhoring van die Noordweste, wat ook 'n
waaierstertmeerkat genoem word, en

2) Die Boomeekhoring van die noordelike en oostelike dele van die ou
Transvaal.

Hier anderkant Hoedspruit is 'n plek met die naam Acornhoek. Nou kyk,
'acorns' is nog skaarser as hoendertande in die Laeveld. Die plek was
eers bekend as Eekhoringhoek, maar na die Britse oorname aan die begin
van die eeu was die naaste ding aan 'n eekhoring vir hulle 'n 'acorn',
vandaar die naam.

Groete

Henri
Vorige onderwerp: Nuuskierige diere en lekker vrugte.
Volgende onderwerp: Diere beskerming - advies vir 'n beter toekoms
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 02:27:40 MGT 2024