Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Streeksaksente
Streeksaksente [boodskap #23172] So, 23 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
.
Haai ek onthou nou skielik van mense wat my gesê het dat die Natallers die
heel lelikste Engels praat, hoekom sou dit wees, want dit is dan die " last
outpost of British colonialsm" of so iets.

Vir my is die Kaapse Afrikaans die heel mooiste, die Pretorianers en
Namibiers sin die lelikste. Johannesburg Afrikaans is nogal mooi, sonder
die jo vir ja en po vir pa wat hulle in Pretoria praat. Wat was daardie
man van se naam wat sulke lekker kampvuur stories vertel het op radio, hy
het so n uitgerekte aksent gehad en het ook Cremora versmous op TV. Ene
Spies dink ek, was hy van Namakwaland of Namibie? Ek moet se, dit het
later op mens gegroei en was heel kwynt. (Niemand het nog ooit vir my
quaint aanvaarbaar vertaal nie, wil iemand traai?)

Pat

>
> Dink jy daar sal enige kapsie wees as ek hierdie stelling herskryf na
> '.......daardie afgryslike vrot afrikaans wat in areas soos Die Kaap
> deur sekere mense gepraat word...' ?.
>
Re: Streeksaksente [boodskap #23173 is 'n antwoord op boodskap #23172] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Aai beg to differ Omietjie

By my op skool was daar talle Suidwes kinders ook (hulle was in die
koshuis, en as ek nou na daardie woord kyk klink dit darem o so vreemd.)
Meeste van hulle het sulke uitgestrekte aksente gehad, behalwe vir die
Duisters onder hulle wat weer met so n lekker Duitse twang gepraat het. Ek
wou eers sê Suidwesters, maar ek het toe nie geweet of dit PC om
Suidwesters te sê nie, klink nie dieselfde as Namibiers nie. Ook heelwat
Namakwalanders. Mooi wêreld daardie, O'Okiep en Nababeep en al die ander
mooi name. Geharde mynwerkers en mense met karakter met ook n twangy
aksent, en o daardie mooi kokerbome....

Ek is al laaank hier in die suide van die VSA Oom, baie gelukkig in hierdie
land, met n paar heimweetjies nou en dan na die Boland....

Pat

Omie wrote in article
...
>
> PAT wrote in message
...
>> .
>>
>> Vir my is die Kaapse Afrikaans die heel mooiste,
>
> Hond se kierie......
>
>> die Pretorianers en
>
> Stem saam
>
>> Namibiers sin die lelikste.
>
> Hoe sê ???? Bolloks. (Miskien - as jy alles glo wat Potch se
> kommunikasie dosente aan my dogter probeer smous het )
>
>> Wat was daardie man van se naam
>> wat sulke lekker kampvuur stories vertel het op radio, hy
>
> Jy's REGTIG van onlangs....(maw, 'n "late issue")
>
>> het so n uitgerekte aksent gehad en het ook Cremora versmous op TV. Ene
>> Spies dink ek, was hy van Namakwaland of Namibie?
>
>
> Jan Spies was 'n Suidwester in murg en been MAAR sy eie unieke spreekstyl is
> nie verteenwoordigend van ons almal hier nie. NET hy het so gepraat.
>
>>
>> Pat
>>
>
>
> Waar praat jy JOU Afrikaans, poplap ????
>
>
> Omie
>
Re: Streeksaksente [boodskap #23175 is 'n antwoord op boodskap #23172] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Willem-Jan Markerink heeft geschreven...
>
> Ik ben trouwens nog steeds nieuwsgierig waarom het Engels in SA bijna niet
> van het originele Engels in de UK is afgeweken in al die eeuwen, dit in
> tegenstelling tot Afrikaans/Nederlands....waarom is Engels zoveel zuiverder
> gebleven?
> Isolatie van de Afrikaanse gemeenschappen tov Nederland?
>

Ik denk dat het onder andere komt omdat er van "al die eeuwen" voor de
Afrikaners minstens twee maal zoveel zijn (bijna 4) als voor kolonisten van
Engelse origine (hooguit 2).

Groeten,
Arthur
Re: Streeksaksente [boodskap #23178 is 'n antwoord op boodskap #23172] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"PAT" wrote:
> ..
> Haai ek onthou nou skielik van mense wat my gesê het dat die Natallers die
> heel lelikste Engels praat, hoekom sou dit wees, want dit is dan die " last
> outpost of British colonialsm" of so iets.

Ik ben trouwens nog steeds nieuwsgierig waarom het Engels in SA bijna niet
van het originele Engels in de UK is afgeweken in al die eeuwen, dit in
tegenstelling tot Afrikaans/Nederlands....waarom is Engels zoveel zuiverder
gebleven?
Isolatie van de Afrikaanse gemeenschappen tov Nederland?

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Streeksaksente [boodskap #23179 is 'n antwoord op boodskap #23172] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
PAT wrote in message ...
> .
>
> Vir my is die Kaapse Afrikaans die heel mooiste,

Hond se kierie......

> die Pretorianers en

Stem saam

> Namibiers sin die lelikste.

Hoe sê ???? Bolloks. (Miskien - as jy alles glo wat Potch se
kommunikasie dosente aan my dogter probeer smous het )

> Wat was daardie man van se naam
> wat sulke lekker kampvuur stories vertel het op radio, hy

Jy's REGTIG van onlangs....(maw, 'n "late issue")

> het so n uitgerekte aksent gehad en het ook Cremora versmous op TV. Ene
> Spies dink ek, was hy van Namakwaland of Namibie?

Jan Spies was 'n Suidwester in murg en been MAAR sy eie unieke spreekstyl is
nie verteenwoordigend van ons almal hier nie. NET hy het so gepraat.

>
> Pat
>

Waar praat jy JOU Afrikaans, poplap ????

Omie
Re: Streeksaksente [boodskap #23194 is 'n antwoord op boodskap #23172] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hallo daar Willem-Jan!
Ek is geen hoog geleerde in taalwetenskappe en volksgeskiedenis nie, maar my
taal is vir baie dierbaar en spesiaal. Ek sal graag 'n antwoord wil waag en
sê dat die invloed van Nederlands as spreek- en skryftaal tydens die Engelse
koloniale bewind vanaf 1805/1806 gely het onder 'n verengelsingsbeleid wat
deur die Engelse koloniale heersers van die tyd toegepas is. Voorbeelde
hiervan was die onderwys, waar kinders nie in hul moedertaal onderrig is
nie, maar in Engels. Selfs in die Gereformeerde kerk van die tyd is leraars
van Skotland "ingevoer" om die Nederlandse (of dan Hollandse) leraars te
vervang. Die regering van daardie tyd se sake was alles in Engels gedoen
met Engels as ampstaal. Algaande het die Nederlandse taal dus begin
"gebrek" ly, en het 'n nuwe taal tot stand gekom. Dit verklaar moontlik
waarom Engels dan meer "suiwer" behoue gebly het as Nederlands. Afrikaans
is 'n Afrikataal wat in Afrika deur ongeveer 5 miljoen mense gepraat en/of
geskryf word, maar met sterk en kragtige onderbou uit Nederlands, Maleisies,
Engels, Duits, en nog vele ander. Ook van die inheemse Afrikatale het 'n
invloed op Afrikaans. Waar sal jy 'n beter woord as 'toi-toi' kry om die
tradisionele danse van Afrika se inheemse swart mense mee te beskryf? Ander
mense sal dalk daarna verwys as 'n 'vakbond vastrap' met verwysing na die
gebruik van stakende werkers om al dansende hulle unieke vorm van protes uit
te beeld.

As jy meer inligting hieroor wil bekom, kan ek jou in kontak bring met die
departement Afrikaans/Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch.
Groete
Willem-Jan Markerink wrote in message ...
>
> Ik ben trouwens nog steeds nieuwsgierig waarom het Engels in SA bijna niet
> van het originele Engels in de UK is afgeweken in al die eeuwen, dit in
> tegenstelling tot Afrikaans/Nederlands....waarom is Engels zoveel zuiverder
> gebleven?
> Isolatie van de Afrikaanse gemeenschappen tov Nederland?
Re: Streeksaksente [boodskap #23274 is 'n antwoord op boodskap #23172] Wo, 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Thys de Wet" wrote:
> Hallo daar Willem-Jan!
> Ek is geen hoog geleerde in taalwetenskappe en volksgeskiedenis nie, maar my
> taal is vir baie dierbaar en spesiaal. Ek sal graag 'n antwoord wil waag en
> sê dat die invloed van Nederlands as spreek- en skryftaal tydens die Engelse
> koloniale bewind vanaf 1805/1806 gely het onder 'n verengelsingsbeleid wat
> deur die Engelse koloniale heersers van die tyd toegepas is. Voorbeelde
> hiervan was die onderwys, waar kinders nie in hul moedertaal onderrig is
> nie, maar in Engels. Selfs in die Gereformeerde kerk van die tyd is leraars
> van Skotland "ingevoer" om die Nederlandse (of dan Hollandse) leraars te
> vervang. Die regering van daardie tyd se sake was alles in Engels gedoen
> met Engels as ampstaal. Algaande het die Nederlandse taal dus begin
> "gebrek" ly, en het 'n nuwe taal tot stand gekom. Dit verklaar moontlik
> waarom Engels dan meer "suiwer" behoue gebly het as Nederlands.

Het eerder genoemde argument, de faktor 'tijd', vond ik
eerlijk gezegd iets overtuigender (Engelse invloed is van een veel latere
datum dan de eerste Nederlandse kolonisten).

> Afrikaans
> is 'n Afrikataal wat in Afrika deur ongeveer 5 miljoen mense gepraat en/of
> geskryf word,

Ik heb ooit 8 miljoen als getal gehoord.

> maar met sterk en kragtige onderbou uit Nederlands, Maleisies,
> Engels, Duits,

In de meeste referenties/verklaringen komt Duits als invloed bijna nooit
voor....en veel Duits zie ik er zelf ook niet in (ik spreek/schrijf
vloeiend Duits).

> en nog vele ander. Ook van die inheemse Afrikatale het 'n
> invloed op Afrikaans. Waar sal jy 'n beter woord as 'toi-toi' kry om die
> tradisionele danse van Afrika se inheemse swart mense mee te beskryf? Ander
> mense sal dalk daarna verwys as 'n 'vakbond vastrap' met verwysing na die
> gebruik van stakende werkers om al dansende hulle unieke vorm van protes uit
> te beeld.

Iemand vertelde mij ooit dat alleen in SA de stakers vrolijkheid
uitstralen....overal elders zijn stakers meestal boos....8-))

> As jy meer inligting hieroor wil bekom, kan ek jou in kontak bring met die
> departement Afrikaans/Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch.
> Groete

Ha!, in deze nieuwsgroep leer ik veel sneller....:-))

Baie dankie!

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Vorige onderwerp: Die mooiste taal?
Volgende onderwerp: Ballingkultuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 02:24:06 MGT 2024