Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ek wil huis toe (vir biltong)
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #22937] Sa, 15 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Tobie de Villiers  is tans af-lyn  Tobie de Villiers
Boodskappe: 50
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Leon, biltong is wat die Amerikaners jerky noem, of seker maar 'driedmeat'
dit is seker 'n bietjie droër as die haring wat julle rou eet:-)
groete
Tobie
---------------------------------------------
Leon Mol wrote in message ...
> Vraagje uit Nederland / Holland.
>
> Wat is tocht Biltong ??
> Ik lees vrij regelmatig deze nieuwsgroep en iedereen heeft het hier druk
> over. Maar ik weet niet wat ik me hierbij voor moet stellen ??
>
> Sorry, ik kan geen Afrikaans, hopelijk kunnen jullie het nederlands lezen.
>
> Leon
>
> Haat gedigte wrote in message
> news:01be9a7e$45c55670$7c92cbc1@brio...
>> 7 jaar nou al rits ek rond. Gelukkig het ek my kop gebruik en myself deur
>> universiteit gesit terwyl ek hier oor die waters woon.
>>
>> Nou wil die hart terugkeer daar na die land van sonskyn en boerewors en
>> biltong en Rooibos en droeewors en Castle Lager en groot oop ruimte en . .
>> .en . . .en . . .die kop se: "Nee, mannetjie, jy gaan daar vasval en nooit
>> weer uitkom nie, die Rand is te swak, salarisse te laag, rentekoerse te
>> hoog, inflasie te hoog, geweld te veel en . . . .en . . "
>>
>> n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong nie,
>> drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
>> kinders.
>>
>> Die regering belet my om vir my eie land te stem want volgens hulle woon ek
>> te lank al oorsee (en ek dra nie eens 'n tweede paspoort nie)
>>
>> Is dit 'n wyse besluit om terug te keer na die Vaderland?
>>
>> Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
>> biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar RESPEK
>> sommer iets heeltemal anders beteken.
>>
>
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #22966 is 'n antwoord op boodskap #22937] So, 16 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Willem-Jan Markerink wrote in message ...
> In article ,
> "Tobie" wrote:
>> Leon, biltong is wat die Amerikaners jerky noem, of seker maar 'driedmeat'
>> dit is seker 'n bietjie droër as die haring wat julle rou eet:-)
>
> Weet iemand ook de (etymologische) oorsprong van het woord 'biltong'?
>

In Afrikaans beteken die woord 'bil' die boud van 'n mens of dier. (Dit is
egter nie 'n woord wat meer algemeen gebruik word nie) Biltong word gemaak
van die lang spiere langs die rugstring asook die boud. Is daar iemand iets
meer het of kan bevestig?

> (nee, van haring weet ik het zelf ook niet....:-))
>
>
> --
> Bye,
>
> Willem-Jan Markerink
>
>
> The desire to understand
> is sometimes far less intelligent than
> the inability to understand
>
>
>
> [note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #22967 is 'n antwoord op boodskap #22937] So, 16 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Tobie" wrote:
> Leon, biltong is wat die Amerikaners jerky noem, of seker maar 'driedmeat'
> dit is seker 'n bietjie droër as die haring wat julle rou eet:-)

Weet iemand ook de (etymologische) oorsprong van het woord 'biltong'?

(nee, van haring weet ik het zelf ook niet....:-))

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #22998 is 'n antwoord op boodskap #22937] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Shannon wrote in message
...

> In Afrikaans beteken die woord 'bil' die boud van 'n mens of dier. (Dit is
> egter nie 'n woord wat meer algemeen gebruik word nie)

Ha-ha-ha-ha!

Vergeef my, Shannon, maar ek kan nou nie help om uit te bars van
die lag nie! Jy probeer nou hier om vir 'n Hollander te
verduidelik dat 'n bil 'n boud is! Eerstens hoef jy nie vir 'n
Hollander te verduidelik wat 'n "bil" is nie. Die woord is 'n
"common" Hollandse woord en in alledaagse gebruik daar. (Is
"bil" trouens 'n Afrikaanse woord? Was dit ooit 'n Afrikaanse
woord gewees?) Tweedens glo ek nie dat meeste Hollanders sal
weet wat die Afrikaanse woord "boud" beteken nie. Jy probeer dus
hier om 'n woord wat geen verduideliking nodig het nie, te
verduidelik met 'n woord wat self verduideliking nodig het.

Swart Simon
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #22999 is 'n antwoord op boodskap #22937] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan Markerink) writes:

> "Tobie" wrote:
>> Leon, biltong is wat die Amerikaners jerky noem,
of seker maar 'driedmeat'

> Weet iemand ook de (etymologische) oorsprong van het woord 'biltong'?
>
>
> Willem-Jan Markerink

Biltong is nie presies wat die
Noord-Amerikaners "jerky" noem
nie. Ek dink beef jerky word
gemaak deur die vleis eers in
soutwater te laat sit, en dit
dan droog te maak, somtyds deur
dit te rook.

Die etimologie van biltong, volgens
ons Dictionary of South African
English:
"Air-dried salted strips of
boneless meat, cut usually
from the haunch.... probably
from Dutch "bil" (buttock) +
tong (tongue)....

Rudyard Kipling "Five Nations" 1903
"Ah there, Piet! be'ind 'is stony kop
With 'is Boer bread and biltong
an' 'is flask of awful Dop."

Gloudina
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23027 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Simon van der Schans" writes:
>
> Vergeef my, Shannon, maar ek kan nou nie help om uit te bars van
> die lag nie! Jy probeer nou hier om vir 'n Hollander te
> verduidelik dat 'n bil 'n boud is! Eerstens hoef jy nie vir 'n
> Hollander te verduidelik wat 'n "bil" is nie. Die woord is 'n
> "common" Hollandse woord en in alledaagse gebruik daar. (Is
> "bil" trouens 'n Afrikaanse woord? Was dit ooit 'n Afrikaanse
> woord gewees?) Tweedens glo ek nie dat meeste Hollanders sal
> weet wat die Afrikaanse woord "boud" beteken nie. Jy probeer dus
> hier om 'n woord wat geen verduideliking nodig het nie, te
> verduidelik met 'n woord wat self verduideliking nodig het.
>
> Swart Simon

Dit lyk asof die woord “biltong” ‘n
Hollandse maaksel is. Hier is uittreksels
uit die literatuur in die Dictionary of South-
African English:

1884 Narrative - Buck Adams
“The old lady told us that her present
husband was a Dutchman - I had
guessed that the moment I saw the
Bel Tong, as this kind of meat is
seldom found in the houses of
Englishmen.”

1980 - Farmer’s Weekly
“These two muscles are part of the
silverside - the round muscle is
known as the ‘ronde’ or ‘predikants-
biltong’ and the rectangular... as the
‘regtebiltong.”

Eastern Province Herald 1982:
“Shark biltong is made from the vaalhaai
and ratelhaai sharks.... Shark biltong is
R3.90 a kg.... the general reaction ‘ Haai,
maar dis lekker’ “

Wat vir my baie snaaks is, is hoekom die woord
‘bil’ in die woord ‘biltong’ nie wyer gebruik is nie.
Hoekom het dit totaal verdwyn sodat dit nie as ‘n
Afrikaanse woord beskou kan word nie. Hoekom
is dit in Afrikaans verplaas deur ‘boud’ - wat ook
Germaans is en familie is van die Engelse woord
‘buttock.” Ek het altyd gedink ‘boud’ bestaan
ook in Nederlands, maar toe ek dit naslaan, sien ek
dat ‘boud’ in Engels vertaal word met ‘bold.’
Dus nog ‘n plek waar ons ‘n Nederlandse woord
verloor het of nooit gehad het nie. As jy die Engels
‘bold’ in Afrikaans vertaal, vertaal jy dit op verskeie
maniere : dapper, moedig, voor op die wa, vermetel,
skerp of duidelik.
Ek wonder: is die ‘boud’ in die naam ‘Boudewijn”
dus so te verklaar - the bold one?

Gloudina
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23028 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven...
> Wat vir my baie snaaks is, is hoekom die woord
> "bil" in die woord "biltong" nie wyer gebruik is nie.
> Hoekom het dit totaal verdwyn sodat dit nie as 'n
> Afrikaanse woord beskou kan word nie. Hoekom
> is dit in Afrikaans verplaas deur "boud" - wat ook
> Germaans is en familie is van die Engelse woord
> "buttock." Ek het altyd gedink "boud" bestaan
> ook in Nederlands, maar toe ek dit naslaan, sien ek
> dat "boud" in Engels vertaal word met "bold."
> Dus nog 'n plek waar ons 'n Nederlandse woord
> verloor het of nooit gehad het nie. As jy die Engels
> "bold" in Afrikaans vertaal, vertaal jy dit op verskeie
> maniere : dapper, moedig, voor op die wa, vermetel,
> skerp of duidelik.

"Boud" wordt in het Nederlands in de betekenis van dapper/moedig niet zo
heel vaak meer gebruikt. Zoals Hilda al schreef kennen we wel bouten in de
betekenis van botten (van dieren), maar ook als die dingen waar je een moer
op kunt schroeven (een stuk schroefdraad met een kop) of als een bargoense
term voor politieagent.

Ik ken wel het werkwoord "bouten" (dit woord aub niet gebruiken indien je in
beschaafd gezelschap verkeert!). Dat doe je in het kleinste kamertje ;-) Ik
weet niet of dit een algemeen bekend woord is in het Nederlands (mijn 26e
druk van Wolters woordenboek kent het niet). Misschien is dit nog een
laatste band met het Afrikaanse woord "boud" :-)

Groeten,
Arthur
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23029 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Ek het altyd gedink 'boud' bestaan
> ook in Nederlands
Ons het die woord "bout" soos in "kippenbout" en dit beteken
"hoenderboudjie" - Dit bestaan ook nog in "schapenbout" en enkele ander
saamgestelde woorde waar "bout" telkens die dier se "boud" beteken.
Groete. Hilda.
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
http://myhuisie.webjump.com
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23030 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message
...

> As jy die Engels
> "bold" in Afrikaans vertaal, vertaal jy dit op verskeie
> maniere : dapper, moedig, voor op die wa, vermetel,
> skerp of duidelik.
> Ek wonder: is die "boud" in die naam "Boudewijn"
> dus so te verklaar - the bold one?

En was daar in die geskiedenis nie ook 'n "Karel de Stoute" nie?
(En ek glo nie hy was stout in die Afrikaanse sin van die woord
nie - die Engelse het hom, dink ek, "Charles the Bold" genoem.)

Swart Simon
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23072 is 'n antwoord op boodskap #22937] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
  "Simon van der Schans"  wrote:
> Shannon  wrote in message
> ...
>
>> In Afrikaans beteken die woord 'bil' die boud van 'n mens of dier.  (Dit is
>> egter nie 'n woord wat meer algemeen gebruik word nie)
>
> Ha-ha-ha-ha!
>
> Vergeef my, Shannon, maar ek kan nou nie help om uit te bars van
> die lag nie!  Jy probeer nou hier om vir 'n Hollander te
> verduidelik dat 'n bil 'n boud is!  Eerstens hoef jy nie vir 'n
> Hollander te verduidelik wat 'n "bil" is nie.  Die woord is 'n
> "common" Hollandse woord en in alledaagse gebruik daar.  (Is
> "bil" trouens 'n Afrikaanse woord?  Was dit ooit 'n Afrikaanse
> woord gewees?)  Tweedens glo ek nie dat meeste Hollanders sal
> weet wat die Afrikaanse woord "boud" beteken nie.  Jy probeer dus
> hier om 'n woord wat geen verduideliking nodig het nie, te
> verduidelik met 'n woord wat self verduideliking nodig het.

Dat is niet aardig hoor, dat kan zij toch niet weten....;-))

Maar inderdaad, elke Nederlander gaat blozen als je vertelt dat hij/zij
mooie billen heeft....geen misverstand mogelijk....:-))

"Mooie bout" is daarentegen niet echte een kompliment....zou dan maar snel
wegrennen....;-))

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

     The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
    the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23073 is 'n antwoord op boodskap #22937] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SocketZero  is tans af-lyn  SocketZero
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 19 May 99 02:13:11 GMT, w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan
Markerink) wrote:

> (ik kan me overigens nog wel vaag een soort vlees-bereiding herinneren,
> waarbij het vlees onder het zadel werd bewaard....culinair/hygienisch lijkt
> het me niks, maar wie weet is dat de oorsprong)

Dit sal steak tartare wees. Oorlewering het dit dat die Tartare op
reis vleis onder die saal sag gemaak het, en dit dan rou geëet het. Ek
weet nie van alle Boere nie, maar dis sekerlik 'n vlak van higiëne wat
my eie voorsate nie maklik sou aanvaar nie!

s0.
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23074 is 'n antwoord op boodskap #22937] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> soc...@hotmail.com (SocketZero)

> Ek
> weet nie van alle Boere nie, maar dis sekerlik 'n vlak van higiëne wat
> my eie voorsate nie maklik sou aanvaar nie!

"The abode of the Boers was a small mud cottage ... a hole in the roof served
as window and chimney. The rafters and bare mud walls were adorned with a
profusion of skins of wild animals, and endless festoons of 'biltongues'.
Green fields or gardens there were none whatever" [ Gordon Cumming (1850).
Five years of a hunter's life in South Africa]

"Flies prevailed in fearful swarms in the abodes of the Boers ... On entering
... I found the walls ...actually black with these disgusting insects ... It
often requires considerable ingenuity to eat one's dinner or drink a cup of
coffee without consuming a number of them" [Cumming again]

"[at a trekboer home] ... I tore open my waistcoat and found my bosom with
innumerable swarms of fleas" [Le Vaillant, F. (1790). Travels into the
interior parts of Africa, Vol.1]

"As they (trekboers) and their servants relieved themselves in the open they
created ... an unsanitary encirclement around their living places. Fleas and
flies were an established part of their lives" [Noel Mostert, 1992, Frontiers]
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23075 is 'n antwoord op boodskap #22937] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , wrote:
> w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan Markerink) writes:
>
>
>> "Tobie" wrote:
>>> Leon, biltong is wat die Amerikaners jerky noem,
> of seker maar 'driedmeat'
>
>> Weet iemand ook de (etymologische) oorsprong van het woord 'biltong'?
>>
>>
>> Willem-Jan Markerink
>
>
> Biltong is nie presies wat die
> Noord-Amerikaners "jerky" noem
> nie. Ek dink beef jerky word
> gemaak deur die vleis eers in
> soutwater te laat sit, en dit
> dan droog te maak, somtyds deur
> dit te rook.
>
> Die etimologie van biltong, volgens
> ons Dictionary of South African
> English:
> "Air-dried salted strips of
> boneless meat, cut usually
> from the haunch.... probably
> from Dutch "bil" (buttock) +
> tong (tongue)....

Yep, dat had ik ook al bedacht....:-))
Maar geen van beide helften klinkt logisch....samen al helemaal
niet....8-))

(ik kan me overigens nog wel vaag een soort vlees-bereiding herinneren,
waarbij het vlees onder het zadel werd bewaard....culinair/hygienisch lijkt
het me niks, maar wie weet is dat de oorsprong)

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23076 is 'n antwoord op boodskap #22937] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Simon van der Schans" writes:
>>
>> Vergeef my, Shannon, maar ek kan nou nie help om uit te bars van
>> die lag nie!

Gloudina

Dankie vir jou deeglike navorsing. Simon, lyk my jy het jou lag gesluk!
Jy behoort mos te weet jy kan nie die Nederlanders op die ng se
intelligensie onderskat nie!

Groete

Shannon
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23077 is 'n antwoord op boodskap #22937] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message ...
>> soc...@hotmail.com (SocketZero)
>
>> Ek
>> weet nie van alle Boere nie, maar dis sekerlik 'n vlak van higiëne wat
>> my eie voorsate nie maklik sou aanvaar nie!

Leswin, hy het op ligte trant gespot!

Die res van jou opmerking was onvanpas.
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23138 is 'n antwoord op boodskap #22937] Vr, 21 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , wrote:
> "Simon van der Schans" writes:
>>
>> Vergeef my, Shannon, maar ek kan nou nie help om uit te bars van
>> die lag nie! Jy probeer nou hier om vir 'n Hollander te
>> verduidelik dat 'n bil 'n boud is! Eerstens hoef jy nie vir 'n
>> Hollander te verduidelik wat 'n "bil" is nie. Die woord is 'n
>> "common" Hollandse woord en in alledaagse gebruik daar. (Is
>> "bil" trouens 'n Afrikaanse woord? Was dit ooit 'n Afrikaanse
>> woord gewees?) Tweedens glo ek nie dat meeste Hollanders sal
>> weet wat die Afrikaanse woord "boud" beteken nie. Jy probeer dus
>> hier om 'n woord wat geen verduideliking nodig het nie, te
>> verduidelik met 'n woord wat self verduideliking nodig het.
>>
>> Swart Simon
>
>
>
> Dit lyk asof die woord "biltong" 'n
> Hollandse maaksel is. Hier is uittreksels
> uit die literatuur in die Dictionary of South-
> African English:
>
> 1884 Narrative - Buck Adams
> "The old lady told us that her present
> husband was a Dutchman - I had
> guessed that the moment I saw the
> Bel Tong, as this kind of meat is
> seldom found in the houses of
> Englishmen."
>
> 1980 - Farmer's Weekly
> "These two muscles are part of the
> silverside - the round muscle is
> known as the "ronde" or "predikants-
> biltong" and the rectangular... as the
> "regtebiltong."
>
> Eastern Province Herald 1982:
> "Shark biltong is made from the vaalhaai
> and ratelhaai sharks.... Shark biltong is
> R3.90 a kg.... the general reaction 'Haai,
> maar dis lekker' "
>
> Wat vir my baie snaaks is, is hoekom die woord
> "bil" in die woord "biltong" nie wyer gebruik is nie.
> Hoekom het dit totaal verdwyn sodat dit nie as 'n
> Afrikaanse woord beskou kan word nie. Hoekom
> is dit in Afrikaans verplaas deur "boud" - wat ook
> Germaans is en familie is van die Engelse woord
> "buttock." Ek het altyd gedink "boud" bestaan
> ook in Nederlands, maar toe ek dit naslaan, sien ek
> dat "boud" in Engels vertaal word met "bold."

Bout bestaat in het Nederlands wel, zoals lamsbout, reebout etc.

> Dus nog 'n plek waar ons 'n Nederlandse woord
> verloor het of nooit gehad het nie. As jy die Engels
> "bold" in Afrikaans vertaal, vertaal jy dit op verskeie
> maniere : dapper, moedig, voor op die wa, vermetel,
> skerp of duidelik.
> Ek wonder: is die "boud" in die naam "Boudewijn"
> dus so te verklaar - the bold one?

Klinkt redelijk.

En zoals Arthur al schreef, het werkwoord 'bouten' is niet erg
fatsoenlijk, maar absoluut afkomstig van 'bout' in de betekenis van 'bil'.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23140 is 'n antwoord op boodskap #22937] Vr, 21 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Die grensboere was grensboere, en van
> hulle het in die uiterste armoede en
>somtyds agterafgeit gelewe. Net soos
>sommige van die huidige Afrikaners ook
>die afstammelinge is van die "armblankes"
> wat in die dertigerjare in die uiterste
>ellende gelewe het, en in nie baie
> higieniese omstandighede nie.

Wel, dis nie 'n skande om arm te wees nie. In Europa het die meeste mense
ook in armoede gelewe.
Groete.
Hilda.
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23141 is 'n antwoord op boodskap #22937] Vr, 21 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Shannon" writes: >

> ProPacem wrote in message ...
>>> soc...@hotmail.com (SocketZero)
>>
>>> Ek
>>> weet nie van alle Boere nie, maar dis sekerlik 'n vlak van higiëne wat
>>> my eie voorsate nie maklik sou aanvaar nie!
>
> Leswin, hy het op ligte trant gespot!
>
>
> Die res van jou opmerking was onvanpas.

O so, sommige van ons kan op "'n ligte
trant" spot, maar ander kan nie die
werklikheid onder die lig van die
geskiedkundige feite sien nie. Dis tyd
dat die sg Afrikaners hulle pose van
die afstammelinge van stoere boere te
wees opgee. Gaan lees die literatuur.
Die grensboere was grensboere, en van
hulle het in die uiterste armoede en
somtyds agterafgeit gelewe. Net soos
sommige van die huidige Afrikaners ook
die afstammelinge is van die "armblankes"
wat in die dertigerjare in die uiterste
ellende gelewe het, en in nie baie
higieniese omstandighede nie. Wie lees
nog vir "Ampie."

Een van die meer verfrissendste opinies
wat ek nog gehoor het van Afrikaner-
voorsate, was toe een van die afstammelinge
van Retief, na ek gloeiende bewondering
vir Piet Retief uitgespreek het, vir my
vertel dat hulle Piet Retief in sy familie
beskou as maar nog net 'n ander grensboer
wat gevlug het omdat hy nie sy skuld wou
betaal nie.

Gloudina
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23161 is 'n antwoord op boodskap #22937] Sa, 22 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Shannon" writes: >
>
>> ProPacem wrote in message
...
>>>> soc...@hotmail.com (SocketZero)
>>>
>>>> Ek
>>>> weet nie van alle Boere nie, maar dis sekerlik 'n vlak van higiëne wat
>>>> my eie voorsate nie maklik sou aanvaar nie!
>>
>> Leswin, hy het op ligte trant gespot!
>>
>>
>> Die res van jou opmerking was onvanpas.
>
>
> O so, sommige van ons kan op "'n ligte
> trant" spot,

Ek is bevrees ons 'ver-Kanadeesde eks-Afrikaner' bewys weereens dat sy
voeling met Afrikaans verloor het. SocketZero het defnitief nie na al sy
voorsate verwys, tot so vér terug, as net voor Jan van Riebeeck die
beskawing na SA gebring het nie. (ek hoor alreeds hoe skree Gloudina op die
laaste opmeking van Jan v R en die beskawing! :-) )

maar ander kan nie die
> werklikheid onder die lig van die
> geskiedkundige feite sien nie.

Die feite ontken sekerlik geeneen nie. Net so sal mens kan dieselfde
'agterafgeit' in boeke kan vind oor elke nasie en selfs van die stywe lip
Engelse. Kan ook nie dink dat die Kanadese dit sal vry spring nie.

> Een van die meer verfrissendste opinies
> wat ek nog gehoor het van Afrikaner-
> voorsate, was toe een van die afstammelinge
> van Retief, na ek gloeiende bewondering
> vir Piet Retief uitgespreek het, vir my
> vertel dat hulle Piet Retief in sy familie
> beskou as maar nog net 'n ander grensboer
> wat gevlug het omdat hy nie sy skuld wou
> betaal nie.

Praat van Voortrekkers, my wederhelf het ook al 'n keer opgemerk dat die
spul defnitief nie elke dag gebad het en skoon was nie!

Groete

Shannon
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23162 is 'n antwoord op boodskap #22937] Sa, 22 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacoba Viljoen  is tans af-lyn  Jacoba Viljoen
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
En so word beskawing gestig, ons staan op uit die as en werk hard om die
armoede agter te laat.
Ek is trots op my voorvaders en hulle gesukkel, want sonder hulle sou die
ANC nou niks gehad het om af te breuk nie.

JHV
@igs.net wrote in message ...
> "Shannon" writes: >
>
>> ProPacem wrote in message
...
>>>> soc...@hotmail.com (SocketZero)
>>>
>>>> Ek
>>>> weet nie van alle Boere nie, maar dis sekerlik 'n vlak van higiëne wat
>>>> my eie voorsate nie maklik sou aanvaar nie!
>>
>> Leswin, hy het op ligte trant gespot!
>>
>>
>> Die res van jou opmerking was onvanpas.
>
>
> O so, sommige van ons kan op "'n ligte
> trant" spot, maar ander kan nie die
> werklikheid onder die lig van die
> geskiedkundige feite sien nie. Dis tyd
> dat die sg Afrikaners hulle pose van
> die afstammelinge van stoere boere te
> wees opgee. Gaan lees die literatuur.
> Die grensboere was grensboere, en van
> hulle het in die uiterste armoede en
> somtyds agterafgeit gelewe. Net soos
> sommige van die huidige Afrikaners ook
> die afstammelinge is van die "armblankes"
> wat in die dertigerjare in die uiterste
> ellende gelewe het, en in nie baie
> higieniese omstandighede nie. Wie lees
> nog vir "Ampie."
>
> Een van die meer verfrissendste opinies
> wat ek nog gehoor het van Afrikaner-
> voorsate, was toe een van die afstammelinge
> van Retief, na ek gloeiende bewondering
> vir Piet Retief uitgespreek het, vir my
> vertel dat hulle Piet Retief in sy familie
> beskou as maar nog net 'n ander grensboer
> wat gevlug het omdat hy nie sy skuld wou
> betaal nie.
>
> Gloudina
>
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23163 is 'n antwoord op boodskap #22937] Sa, 22 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:

> Wel, dis nie 'n skande om arm te wees nie. In Europa het die meeste mense
> ook in armoede gelewe.
> Groete.
> Hilda.

Iemand het egter 'n veralgemening gemaak
en gesê dat meeste Afrikane in baie on-
higieniese toestande lewe, iets wat die
voorsate van meeste Afrikaners nie sou
geduld het nie. Toe het iemand anders
daarop gewys dat die wit trekboere maar
ook in onhigieniese toestande gelewe het
(hy het uit reisverhale van die laaste
eeue aangehaal.) Dit is welbekend dat
daar ook in hierdie eeu Afrikaners was
wat so agteruitgegaan het wat geletterd-
heid en higiene betref, dat die kerk
daadwerklik moes begin om hulle "op te
hef." Dis 'n politieke wapen om altyd
"die ander kant" as fisies vuil te
skilder. Ek merk dat die regses in SA
nou vigs by hulle arsenaal van smet
gevoeg het. Hulle vergeet egter dat
die vigs epidemie in SA vroeg al sy kop
uitgesteek het onder die letterkundige
en kunsgemeenskap van veral die
Afrikaners.

Gloudina
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23185 is 'n antwoord op boodskap #22937] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Jacoba Viljoen" writes:

> Ek is trots op my voorvaders en hulle gesukkel,
want sonder hulle sou die
> ANC nou niks gehad het om af te breuk nie.

Ondertussen breek jy jou taal af
deur dit sonder respek te behandel.
Van wanneer af gebruik jy "breuk"
as 'n werkwoord?

En vertel my asseblief: wat het
jou voorvaders opgebou in die
afgelope half-eeu, wat die ANC
nou afbreek? Verwys jy na die
diktatorskap, wat die ANC vervang
het met demokrasie? Verwys jy na
die plase waar die handjievol
wit mense in die land in 'n land
van melk en heuning gelewe het
terwyl meer as drie-kwart van die
bevolking op die kantlyne geisoleer
is? Verwys jy na die myne waar
essensieel wit kapitaliste hulle
geld gemaak het deur die goedkoop
swart arbeid?

Gloudina
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23186 is 'n antwoord op boodskap #22937] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Shannon" wrote:
>
> Praat van Voortrekkers, my wederhelf het ook al 'n keer opgemerk dat die
> spul defnitief nie elke dag gebad het en skoon was nie!

Je mag dit allemaal niet los zien van de opvattingen over hygiene in die
tijd....
Een paar eeuw geleden was baden een decadente luxe....denk maar aan de
(Franse) adel die hun haar nooit waste, maar met talkpoeder
bestrooide....schijnen akelige broeinesten van bacterieen te zijn
geweest....8-))
Wat dat betreft waren alle mensen van 1-2 eeuwen geleden de grootst
mogelijke viespeuken....riolering is ook nog maar een hele recente
uitvinding, voor die tijd liep de stront gewoon over straat....8-))

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23187 is 'n antwoord op boodskap #22937] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 May 1999 07:59:07 -0400, "Jacoba Viljoen" wrote:

<<>En so word beskawing gestig, ons staan op uit die as en werk hard om die
> armoede agter te laat.
> Ek is trots op my voorvaders en hulle gesukkel, want sonder hulle sou die
> ANC nou niks gehad het om af te breuk nie.>>

En sonder die swartmense sou jou voorvaders niks gehad het om te steel
nie, of wat?
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23189 is 'n antwoord op boodskap #22937] So, 23 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
 w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan Markerink) wrote:
>  In article ,
>     "Shannon"  wrote:
>>
>> Praat van Voortrekkers, my wederhelf het ook al 'n keer opgemerk dat die
>> spul defnitief nie elke dag gebad het en skoon was nie!
>
>  Je mag dit allemaal niet los zien van de opvattingen over hygiene in die
>  tijd....
>  Een paar eeuw geleden was baden een decadente luxe....denk maar aan de
>  (Franse) adel die hun haar nooit waste, maar met talkpoeder
>  bestrooide....schijnen akelige broeinesten van bacterieen te zijn
>  geweest....8-))
>  Wat dat betreft waren alle mensen van 1-2 eeuwen geleden de grootst
>  mogelijke viespeuken....riolering is ook nog maar een hele recente
>  uitvinding, voor die tijd liep de stront gewoon over straat....8-))

Hmmmm..... Wel ja. Jou beskrywing van die teertoue is wel akkuraat van
die mense van Wes-Europa van enkele eeue gelede. Dit is byvoorbeeld nie
korrek van die Japannese van daardie tyd nie. En ook nie van die baie
Bantusprekende Afrikane van daardie tyd nie. By albei hierdie groepe is
die badritueel baie diep in die kultuur ingewortel :-))))

Groete, Leendert
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23212 is 'n antwoord op boodskap #22937] Ma, 24 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Sat, 22 May 1999 07:59:07 -0400, "Jacoba Viljoen"
> wrote:
>
> om die
>> armoede agter te laat.
>> Ek is trots op my voorvaders en hulle gesukkel, want sonder hulle sou die
>> ANC nou niks gehad het om af te breuk nie.>>
>
> En sonder die swartmense sou jou voorvaders niks gehad het om te steel
> nie, of wat?

Wat het hulle nou weer gesteel, Ferdi?

Hoe se die DP nou weer in hulle verkiesing - 20 miljard Rand gesteel
deur korrupte ANC amptenare? En niemand het nog 'n woord oor die
advertensies gesê nie? En as dit nie waar was nie sou ek verwag het dat
wie ookal die verkiesing monitor laaankaal oorcal sou wees deur klagtes?
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23410 is 'n antwoord op boodskap #22937] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Pijotter wrote:
>
> lou wrote in message ...
>> Ferdi Greyling wrote:
>>>
>>> On Sat, 22 May 1999 07:59:07 -0400, "Jacoba Viljoen"
>>> wrote:
>>>

>>>> Ek is trots op my voorvaders en hulle gesukkel, want sonder hulle sou die
>>>> ANC nou niks gehad het om af te breuk nie.>>
>>>
>>> En sonder die swartmense sou jou voorvaders niks gehad het om te steel
>>> nie, of wat?
>>
>>
>> Wat het hulle nou weer gesteel, Ferdi?
>>
> Soory ek is nie Ferdi nie, maar volgens my het hulle gewoon vryheid
> gesteel...

Nou hoe doen jy dit? Definieer vryheid :)
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23411 is 'n antwoord op boodskap #22937] Vr, 28 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...
> Ferdi Greyling wrote:
>>
>> On Sat, 22 May 1999 07:59:07 -0400, "Jacoba Viljoen"
>> wrote:
>>
>> > om die
>>> armoede agter te laat.
>>> Ek is trots op my voorvaders en hulle gesukkel, want sonder hulle sou die
>>> ANC nou niks gehad het om af te breuk nie.>>
>>
>> En sonder die swartmense sou jou voorvaders niks gehad het om te steel
>> nie, of wat?
>
>
> Wat het hulle nou weer gesteel, Ferdi?
>
Soory ek is nie Ferdi nie, maar volgens my het hulle gewoon vryheid
gesteel...
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23507 is 'n antwoord op boodskap #22937] Ma, 31 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hey Lou,

Dis eintlik 'n bietjie moeilik om vryheid sommer so te definieer. Maar ek
sal nogtans probeer. Dit is natuurlik dan maar ook maar net my siening.

Vryheid is die reg wat elke persoon het om sy eie keuses te maak sonder dat
die hoeveelheid keuses verminder word deur onderdrukking van ander mense.
Vryheid is 'n gevoel van veiligheid wat verskaf word deur die illussie dat
jy vry is om alles te doen. Soos wat ek hier my gedagtes van vryheid
neerskryf kom ek eintlik agter dat die begrip vryheid maar net 'n illussie
is. Ek dink ek het 'n groot fout gemaak as ek se hulle het vryheid gesteel,
want daar is nie so iets soos vryheid nie. Die keuses wat die lewe beheer
is gewoonlik 'n resultaat van ander keuses en omstandighede; m.a.w wat ek
probeer se is dat alles is gewoonlik afhanklik van iets anders en kan dus
nie as vryheid bestempel word nie, dus as 'n mens nie eens vryheid het om
keuses te maak nie, dan is vryheid maar net 'n ilussie.

Sorry maar ek dink ek het die konteks van die "thread" heeltemal mis gesit.

Wat ek wel kan se is dat apartheid definitief nie vryheid was nie, en dis
wat ek probeer se het met dat vryheid gesteel is. Want deur 'n ander
kultuur of mensgroep te onderdruk, breek die ilussie van vryheid af.

groetjes
Pijotter

lou wrote in message ...
> Pijotter wrote:
>>
>> lou wrote in message ...
>>> Ferdi Greyling wrote:
>>>>
>>>> On Sat, 22 May 1999 07:59:07 -0400, "Jacoba Viljoen"
>>>> wrote:
>>>>
>
>>>> >Ek is trots op my voorvaders en hulle gesukkel, want sonder hulle sou die
>>>> >ANC nou niks gehad het om af te breuk nie.>>
>>>>
>>>> En sonder die swartmense sou jou voorvaders niks gehad het om te steel
>>>> nie, of wat?
>>>
>>>
>>> Wat het hulle nou weer gesteel, Ferdi?
>>>
>> Soory ek is nie Ferdi nie, maar volgens my het hulle gewoon vryheid
>> gesteel...
>
>
> Nou hoe doen jy dit? Definieer vryheid :)
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23508 is 'n antwoord op boodskap #22937] Ma, 31 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Pijotter wrote:
>
> Hey Lou,
>
> Dis eintlik 'n bietjie moeilik om vryheid sommer so te definieer. Maar ek
> sal nogtans probeer. Dit is natuurlik dan maar ook maar net my siening.
>
> Vryheid is die reg wat elke persoon het om sy eie keuses te maak sonder dat
> die hoeveelheid keuses verminder word deur onderdrukking van ander mense.
> Vryheid is 'n gevoel van veiligheid wat verskaf word deur die illussie dat
> jy vry is om alles te doen. Soos wat ek hier my gedagtes van vryheid
> neerskryf kom ek eintlik agter dat die begrip vryheid maar net 'n illussie
> is. Ek dink ek het 'n groot fout gemaak as ek se hulle het vryheid gesteel,
> want daar is nie so iets soos vryheid nie. Die keuses wat die lewe beheer
> is gewoonlik 'n resultaat van ander keuses en omstandighede; m.a.w wat ek
> probeer se is dat alles is gewoonlik afhanklik van iets anders en kan dus
> nie as vryheid bestempel word nie, dus as 'n mens nie eens vryheid het om
> keuses te maak nie, dan is vryheid maar net 'n ilussie.
>
> Sorry maar ek dink ek het die konteks van die "thread" heeltemal mis gesit.
>
> Wat ek wel kan se is dat apartheid definitief nie vryheid was nie, en dis
> wat ek probeer se het met dat vryheid gesteel is. Want deur 'n ander
> kultuur of mensgroep te onderdruk, breek die ilussie van vryheid af.
>
> groetjes
> Pijotter
>

Heavy swaer - nie gedink ek vra so 'n diep vraag nie.

Interesant dat mense dikwels vergeet dat 'vryheid' en
verantwoordelikheid nogal nou saam gaan. Soos in die nuwe SA - dis nie
te sê oor almal nou 'vry' is kan ons skielik maak en breek nie. Mense
bly maar soos kinders - daar moet altyd 'n ou met 'n kierie wees wat
hulle dophou wat hulle liggies oor die harspan kan kielie as hulle nou
te 'vry' gaan staan en word.

'n Ander ding is hoe ons self ons 'vryheid' inperk soos ons ouer word jy
bou net meer en meer dinge op wat jou keer om werklik net te wees -
besittings, belegings, verwantskappe met familie, vriende, kollegas, die
groepe waaraan jy behoort - elkeen skryf op sy eie manier aan jou voor
hoe jy moet optree, wat jy kan en nie kan nie. Sjees - ek is besig om
myself hier in 'n depressie of 'n voortydige midlife krisis in te praat.

Ek dink al keer wat jy rerig vry is as jy die dag met jou handjies
gekruis op die bors lê - geen worries oor kos, klere, huis, vrou of
kinders nie. As ek nou agnosties was sou ek kon sê dan is dit seker wat
die hemel is - as jy rerig vry is van al die aardse goed - en net kan
ronddryf. En die hel - seker as jy nie kan laat los nie :)

Cheers
Lou

>>>>
>>> Soory ek is nie Ferdi nie, maar volgens my het hulle gewoon vryheid
>>> gesteel...
>>
>>
>> Nou hoe doen jy dit? Definieer vryheid :)
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23509 is 'n antwoord op boodskap #22937] Ma, 31 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Pijotter" writes:

dan is vryheid maar net 'n ilussie.

> wat ek probeer se het met dat vryheid gesteel is. Want deur 'n ander
> kultuur of mensgroep te onderdruk, breek die ilussie van vryheid af.

Johan, 'n lussie is iets wat aan 'n
skoen is, of in die nabyheid van 'n
knoop. Of wanneer jy deur jou bedmaat
van die hand gewys word, met 'n "ek is
nie lussie". Want jy is so bo-o-o-ring.

Sherlock-Holomisa
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23534 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Alwyn Nel" writes:

> Ag Gloudina moet nou nie begin hare kloof oor 'n ou spelfoutjie nie.
> Het jy nie geweet dat dit as slegte maniere beskou word om mense op
> spelfoute te wys op die Internet nie? En los nou jou ewige heksejag
> asseblief, want dit raak bo-o-o-ring.
>
> Alwyn - uit Perth (en niemand anders as Alwyn - uit Perth nie.)

So nou begin jy ook preek daar in jou
afgeslote hoekie van Australia. Begin
jy al cabin fever kry?

En merk jy op, ek is die enigste een
wat nog vir ou Johan in al sy half-
dosyn aliasse bietjie aandag gee.
Ek gee aandag aan hom, en hy leer
bietjie beter spel. Hy kry nie eens
mense vir sy poging om mense te laat
praat oor sy Cape-Dutch teorie nie.
Wat dink jy daarvan?

Gloudina
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23536 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , wrote:
> "Pijotter" writes:
>
> dan is vryheid maar net 'n ilussie.
>
>> wat ek probeer se het met dat vryheid gesteel is. Want deur 'n ander
>> kultuur of mensgroep te onderdruk, breek die ilussie van vryheid af.
>
>
> Johan, 'n lussie is iets wat aan 'n
> skoen is, of in die nabyheid van 'n
> knoop. Of wanneer jy deur jou bedmaat
> van die hand gewys word, met 'n "ek is
> nie lussie". Want jy is so bo-o-o-ring.

Een O-ring is eigenlijk ook een lussie....:-))

Of is dat teveel Engels....;-))

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23537 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wie is Johan? So ver soos wat ek weet is my geboorte name Pieter Jan
Groenewoud. Ek woon in Zwanenburg Nederland, ek werk in die IT besigheid
by KLM, my werk telefoonnommer is (023) 568 596 en die by die huis is (020)
407 1054. My internet e-mail is pijo...@hotmail.com en my werk e-mail is
pieter.g...@klm.nl

Ek dink nie jy is Sherlock-Holomisa nie ek dink dis meer so iets van
Kakpraat-Gloudina

@igs.net wrote in message ...
> "Pijotter" writes:
>
> dan is vryheid maar net 'n ilussie.
>
>> wat ek probeer se het met dat vryheid gesteel is. Want deur 'n ander
>> kultuur of mensgroep te onderdruk, breek die ilussie van vryheid af.
>
>
> Johan, 'n lussie is iets wat aan 'n
> skoen is, of in die nabyheid van 'n
> knoop. Of wanneer jy deur jou bedmaat
> van die hand gewys word, met 'n "ek is
> nie lussie". Want jy is so bo-o-o-ring.
>
> Sherlock-Holomisa
>
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23540 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ag Gloudina moet nou nie begin hare kloof oor 'n ou spelfoutjie nie.
Het jy nie geweet dat dit as slegte maniere beskou word om mense op
spelfoute te wys op die Internet nie? En los nou jou ewige heksejag
asseblief, want dit raak bo-o-o-ring.

Alwyn - uit Perth (en niemand anders as Alwyn - uit Perth nie.)

skryf in boodskap news:7iuqs5$j4k$1@news.igs.net...
> "Pijotter" writes:
>
> dan is vryheid maar net 'n ilussie.
>
>> wat ek probeer se het met dat vryheid gesteel is. Want deur 'n ander
>> kultuur of mensgroep te onderdruk, breek die ilussie van vryheid af.
>
>
> Johan, 'n lussie is iets wat aan 'n
> skoen is, of in die nabyheid van 'n
> knoop. Of wanneer jy deur jou bedmaat
> van die hand gewys word, met 'n "ek is
> nie lussie". Want jy is so bo-o-o-ring.
>
> Sherlock-Holomisa
>
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23541 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Jun 1999 17:15:33 GMT, wrote:

| Ek praat van pijotter-Johan wat, soos
| kalkoene in die agterplaas,

It can only be someone like you who would keep turkeys in their back yard.
Pijotter told you his name was not Johan, you old fool =|:^)

| hierdie
| nuusgroep bevuil met sy onbenullige
| aliasse, wat niemand ernstig opneem
| nie. (Behalwe stupid ek)

You seem to be the only one taking yourself seriously....
And you are quite right - nobody else thinks that I have lots of alliases -
least of all the poor individuals you so discredit.
|
| Wat doen jy met al
| die Afrikaanse boeke wat jy Noord-
| Amerika toe gebring het?
|
| Minnehaha (een setlaar, een kalkoen)
As my dad always said : "Wat wil jy maak as jy weet?"

=|:^)

Johan
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23542 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Please specify which Johan you are talking to - I see there are quite
> a few of us on the newsgroup currently - and guess what, I suspect we
> are all different people!

Ek praat van pijotter-Johan wat, soos
kalkoene in die agterplaas, hierdie
nuusgroep bevuil met sy onbenullige
aliasse, wat niemand ernstig opneem
nie. (Behalwe stupid ek)

Ek neem kennis van die feit dat jy
nou Engels op die nuusgroep praat.
Een-en-'n-half jaar uit jou
Afrikaanse omgewing , en jy pro-
beer nou saaitse aansit. Geen wonder
dat jou skoonma Zantac by die ton
moes koop nie. Wat doen jy met al
die Afrikaanse boeke wat jy Noord-
Amerika toe gebring het?

Minnehaha (een setlaar, een kalkoen)
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23544 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 31 May 1999 20:19:17 GMT, wrote:

| Johan, 'n lussie is iets wat aan 'n
| skoen is, of in die nabyheid van 'n
| knoop. Of wanneer jy deur jou bedmaat
| van die hand gewys word, met 'n "ek is
| nie lussie". Want jy is so bo-o-o-ring.

Please specify which Johan you are talking to - I see there are quite
a few of us on the newsgroup currently - and guess what, I suspect we
are all different people!

=|:^)

Johan
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23545 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Jun 1999 17:15:33 GMT, wrote:

| Ek neem kennis van die feit dat jy
| nou Engels op die nuusgroep praat.
| Een-en-'n-half jaar uit jou
| Afrikaanse omgewing , en jy pro-
| beer nou saaitse aansit.

YOU complained when I addressed you in Afrikaans!

=|:^)

Johan
Re: Ek wil huis toe (vir biltong) [boodskap #23546 is 'n antwoord op boodskap #22937] Di, 01 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, ek is ook n leunstoel PI, maar ek moet met jou verskil. Die
pijotter se ID file sê nl . Johan sin sê citicom of so iets, so dit kan
nie een en dieselfde wees nie. En die jotter vent gebruik kras woorde, iets
wat Johan nie gebruik nie.

So gee Johan en sy kalkoenmaatjies n break.

Pat Pimlico in Platberg se Provinsie

@igs.net wrote in article ...
> e...@dot.com (Johan ) writes:
>
>
>> Please specify which Johan you are talking to - I see there are quite
>> a few of us on the newsgroup currently - and guess what, I suspect we
>> are all different people!
>
> Ek praat van pijotter-Johan wat, soos
> kalkoene in die agterplaas, hierdie
> nuusgroep bevuil met sy onbenullige
> aliasse, wat niemand ernstig opneem
> nie. (Behalwe stupid ek)
>
> Ek neem kennis van die feit dat jy
> nou Engels op die nuusgroep praat.
> Een-en-'n-half jaar uit jou
> Afrikaanse omgewing , en jy pro-
> beer nou saaitse aansit. Geen wonder
> dat jou skoonma Zantac by die ton
> moes koop nie. Wat doen jy met al
> die Afrikaanse boeke wat jy Noord-
> Amerika toe gebring het?
>
> Minnehaha (een setlaar, een kalkoen)
>
Vorige onderwerp: Re: Aksie Vrouekrag Kultuurmiddag - 16 Junie 1999
Volgende onderwerp: Daasy - gestem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 14:17:22 MGT 2024