Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Engels???
Re: Engels??? [boodskap #23090] Do, 20 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
afro...@my-dejanews.com writes:

> Hoekom is Engels onwelkom en Duits of Hollands is goed genoeg vir die
> NG. Het Engels nie ook 'n bydrae gehad tot die vorming van Afrikaans
> nie. Of is dit die selfde vooroordeel as wat my Oupa en Ouma (Manie
> Maritz mense) teenoor die Engelse gehad het.

Sover ek kan sien, is daar nie baie
lewendige gesprekke in Duits op hierdie
nuusgroep nie. Nederlanders is welkom
om in Nederlands te skryf, net soos ek
ook, hoop ek, welkom is wanneer ek op
'n Nederlandse of Vlaamse nuusgroep
Afrikaans skryf. Afrikaans en Nederlands
is, op 'n sekere vlak, dieselfde.

En nee, Engels het nie bygedra tot die
vorming van Afrikaans nie. Dis in 'n sekere
opsig 'n bedreiging vir die voortbestaan
van Afrikaans (net soos dit hier in Kanada
'n bedreiging is vir die voortbestaan van
Frans.) Maar ek merk op dat Squirrel, wat
in een van sy ander aliasse steen en been
gekla het op die manier waarop Engels op
die ou SABC van Afrikaans oorneem, nou
een van die redes is dat Engels op hierdie
nuusgroep meer en meer gebruik word. Hy,
wat sweer dat sy kinders hul hele lewe in
die VSA Afrikaans sal praat, veroorsaak
dat Afrikaans-gebruikers op die nuusgroep
met hom sit en argumenteer - in Engels!
So, roei die pes uit. Antwoord hom in
Afrikaans. MINag hom. Die MINiskule
gedierte.

Nouja, miskien gee mense in SA nie om dat
Engels die Afrikaanse nuusgroep oorneem nie.
Maar ons hier in die buiteland wat graag
in Afrikaans met mekaar in kontak wil kom,
gee om.

Gloudina
Re: Engels??? [boodskap #23091 is 'n antwoord op boodskap #23090] Do, 20 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Charl Marais  is tans af-lyn  Charl Marais
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
> Hoekom is Engels onwelkom en Duits of Hollands is goed genoeg vir die
> NG.

want daar is 'n NG vir engels. hoekom is hierdie een dan geskep : om
afrikaans te praat ! en afrikaans stam van hollands en duits af...

so, as jy nie afrikaans wil praat nie, gaan na soc.culture.south-africa, so
maklik soos dit...
Re: Engels??? [boodskap #23092 is 'n antwoord op boodskap #23090] Do, 20 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nie genoeg saamstem nie. Hoekom dink julle ons sit en tjit tjat op
hier nuusgroep, omdat ons eensaam en sonder vriende is? Nei, dis omdat ons
graag die taal wil behou. In my geval is dit bietjie moeilik, want ek het
grootgeword met gemixde Engels wat ons as "cool" jongmense gepraat het (nie
dat ek ooit n mengsel in die huis mog praat nie, ons moes suiwer hou anders
is ons berispe!)

Ek gaan n poging maak om net suiwer Afrikaans te besig, en kritiek word
verwelkom

Pat Puntenerig

> Nouja, miskien gee mense in SA nie om dat
> Engels die Afrikaanse nuusgroep oorneem nie.
> Maar ons hier in die buiteland wat graag
> in Afrikaans met mekaar in kontak wil kom,
> gee om.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: Die Stemmery vanuit buiteland ..
Volgende onderwerp: The Future of Afrikaans ... Indeed!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 06:25:07 MGT 2024