Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Verlore Afrodite" deur SHEILA CUSSONS
"Verlore Afrodite" deur SHEILA CUSSONS [boodskap #23081] Do, 20 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
VERLORE AFRODITE
Sheila Cussons

Het eenmaal hierdie water
saamgetrek tot spier
toe sidderend na alle einders uit
Hy kortsluit met die wier.

Onmatig om my liggaam plooi
die witteskuim, die donker see,
geen plotselinge weet bespring in my
die rooi draad van die senuwee.

Die name wat ek roep, prik
vonke langs die wind en doof - -
nooit meer breek uit die effe nag
die borrels van haar hoof.
Vorige onderwerp: "villanelle vir die oos-vrystaat" deur TOM GOUWS
Volgende onderwerp: "Odessa" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 03:05:47 MGT 2024