Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog in Suid-Afrika
Nog in Suid-Afrika [boodskap #22880] Do, 13 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Kenny  is tans af-lyn  Kenny
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hallo almal

Dit is baie lekker om te sien dat die taal nog gebruik word in die uithoeke
van die wereld.

Ek dink dat julle dit dalk meer praat as wat ek doen.
Ek bly in Johannesburg en hier praat almal omtrent net engels.

Ek oorweeg dit ook om moontlik die land te verlaat, maar ek weet nie
waarheen om te gaan as ek gaan nie. Ek het verlangse familie in Skotland,
maar het nog nooit met hulle gekominikeur nie.

Ek is 'n netwerk ingeneur met 'n paar jaar ondervinding. Op die oomblik gaan
dinge maar redelik mal hier met die verkiesing wat nou opkom. Die ekonomie
is ook nou so agteruit, ek weet nie of dit ooit weer sal regkom nie.

Maar ek wil nie kla nie

Ek is net bly om darem tussen al hierdie engels weer 'n bietjie arikaans te
kan skryf.
Dankie
Groete
Kenny.
Re: Nog in Suid-Afrika [boodskap #22990 is 'n antwoord op boodskap #22880] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kenny  is tans af-lyn  Kenny
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dit is op die oomblik nog 'n redelike deurmekaar spul. Dit lyk of die
verkiesing darem op die 2de Junie sal plaasvind. Dit lyk of dit eerder die
DP is wat hierdie jaar oposisie gaan wees ipv dir NNP. Daar is ook nog 'n
klomp kleiner parye wat meeding om 'n plekkie.

Die grootste probleem is dat die ANC dalk 'n 2/3 stem gaan kry en dit sou
beteken dat hulle dalk die konstitusie kan verander. Die ekonomie is ook
baie af agv dit omdat almal wag om te sien wat na die verkiesing gaan
gebeur. Ek hoop maar net dit ontaard nie in 'n oorlog nie.

Marr ons bly almal maar posetief en hoop vir die beste.

SGneuse skryf in boodskap news:19990516225415.13204.00001481@ng-fk1.aol.com...
> Hey, so gepraat van die verkiesing wat gaan aan? Ek sit in North Carolina en
> sal dit waardeer as jy my kan inlig!
>
> Groete
> Rolande
> Ns. Weet jy hoe geniet ek dit om weer bietjie Afrikaans te kan praat?
Re: Nog in Suid-Afrika [boodskap #22991 is 'n antwoord op boodskap #22880] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
SGneuse[1]  is tans af-lyn  SGneuse[1]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hey, so gepraat van die verkiesing wat gaan aan? Ek sit in North Carolina en
sal dit waardeer as jy my kan inlig!

Groete
Rolande
Ns. Weet jy hoe geniet ek dit om weer bietjie Afrikaans te kan praat?
Vorige onderwerp: vryheidsfront?
Volgende onderwerp: The future of Afrikaans..
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:59:41 MGT 2024