Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat biltong is
Wat biltong is [boodskap #22911] Vr, 14 Mei 1999 00:00
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leon, biltong is stroke vleis (gewoonlik beesfilet) wat gedroog is, en met
kruie behandel is (gewoonlik koljander). Dit is in die ou dae gebruik toe
die mense te perd moes ry, en hulle nie altyd vars vleis in die hande kon
kry nie. Dit is baie sout en mens se mond trek later rimpels as jy te veel
eet. Sommige mense rasper dit en gebruik dit bv. binne in n halwe
avokadepeer as voorgereg, ander mense sny dit in repies en eet dit as n
soutigheid saam met bier of wyn. Party mense sê dis baie soos die
Amerikaanse Beef Jerky (Slim Jim) maar ek dink nie dis hoegenaamd soos dit
nie.

I can take it or leave it, ek het dit seker al ontgroei.
Pat

Leon Mol wrote in article
...
> Vraagje uit Nederland / Holland.
>
> Wat is tocht Biltong ??
> Ik lees vrij regelmatig deze nieuwsgroep en iedereen heeft het hier druk
> over. Maar ik weet niet wat ik me hierbij voor moet stellen ??
>
> Sorry, ik kan geen Afrikaans, hopelijk kunnen jullie het nederlands lezen.
>
> Leon
>
> Haat gedigte wrote in message
> news:01be9a7e$45c55670$7c92cbc1@brio...
>> 7 jaar nou al rits ek rond. Gelukkig het ek my kop gebruik en myself deur
>> universiteit gesit terwyl ek hier oor die waters woon.
>>
>> Nou wil die hart terugkeer daar na die land van sonskyn en boerewors en
>> biltong en Rooibos en droeewors en Castle Lager en groot oop ruimte en .
>> .en . . .en . . .die kop se: "Nee, mannetjie, jy gaan daar vasval en nooit
>> weer uitkom nie, die Rand is te swak, salarisse te laag, rentekoerse te
>> hoog, inflasie te hoog, geweld te veel en . . . .en . . "
>>
>> n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong nie,
>> drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
>> kinders.
>>
>> Die regering belet my om vir my eie land te stem want volgens hulle
woon
> ek
>> te lank al oorsee (en ek dra nie eens 'n tweede paspoort nie)
>>
>> Is dit 'n wyse besluit om terug te keer na die Vaderland?
>>
>> Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
>> biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar
> RESPEK
>> sommer iets heeltemal anders beteken.
>>
>
Vorige onderwerp: Re: speak in english
Volgende onderwerp: SLEGS BOERE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 04:15:12 MGT 2024