Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek wil huis toe
Ek wil huis toe [boodskap #22828 is 'n antwoord op boodskap #22840] Ma, 10 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Haat gedigte  is tans af-lyn  Haat gedigte
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
7 jaar nou al rits ek rond. Gelukkig het ek my kop gebruik en myself deur
universiteit gesit terwyl ek hier oor die waters woon.

Nou wil die hart terugkeer daar na die land van sonskyn en boerewors en
biltong en Rooibos en droeewors en Castle Lager en groot oop ruimte en . .
.en . . .en . . .die kop se: "Nee, mannetjie, jy gaan daar vasval en nooit
weer uitkom nie, die Rand is te swak, salarisse te laag, rentekoerse te
hoog, inflasie te hoog, geweld te veel en . . . .en . . "

n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong nie,
drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
kinders.

Die regering belet my om vir my eie land te stem want volgens hulle woon ek
te lank al oorsee (en ek dra nie eens 'n tweede paspoort nie)

Is dit 'n wyse besluit om terug te keer na die Vaderland?

Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar RESPEK
sommer iets heeltemal anders beteken.
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22840 is 'n antwoord op boodskap #22828] So, 09 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
As my vinnige kyk op jou pos se kuber-DNA reg is, is jy in Ierland.

Nou ja Afrikaner-Paddy,

Hierdie is 'n moeilke onderwerp. Jy het waarskynlik alleenlopend die
rondlopery-ding begin, toe met 'n engelse / ierse meisie getrou, nou kry jy
heimwee - meestal na goed wat mens kan eet en drink.

Al wat ek vir jou wil se, mens het beter redes as Caslte (wat is die hangup
met die bier?), rooibos en biltong nodig om so 'n groot ding te doen. Fedex
of DHL kan dit oornag uitsorteer. Oop ruimtes, bietjie moeilker.

O ja, ek dink dit is goed dat mense (mans of vrouens) nie handwapens het of
hanteer nie. Die mensdom het die goed nodig soos 'n 9mm gat in die kop.

Bees

Haat gedigte skryf in boodskap news:01be9a7e$45c55670$7c92cbc1@brio...
> 7 jaar nou al rits ek rond. Gelukkig het ek my kop gebruik en myself deur
> universiteit gesit terwyl ek hier oor die waters woon.
>
> Nou wil die hart terugkeer daar na die land van sonskyn en boerewors en
> biltong en Rooibos en droeewors en Castle Lager en groot oop ruimte en . .
> .en . . .en . . .die kop se: "Nee, mannetjie, jy gaan daar vasval en nooit
> weer uitkom nie, die Rand is te swak, salarisse te laag, rentekoerse te
> hoog, inflasie te hoog, geweld te veel en . . . .en . . "
>
> n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong nie,
> drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
> kinders.
>
> Die regering belet my om vir my eie land te stem want volgens hulle woon ek
> te lank al oorsee (en ek dra nie eens 'n tweede paspoort nie)
>
> Is dit 'n wyse besluit om terug te keer na die Vaderland?
>
> Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
> biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar RESPEK
> sommer iets heeltemal anders beteken.
>
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22841 is 'n antwoord op boodskap #22840] Ma, 10 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 10 May 1999 00:44:19 GMT, "Haat gedigte"
wrote:
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22842 is 'n antwoord op boodskap #22840] Ma, 10 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Haat gedigte" writes:

> Is dit 'n wyse besluit om terug te keer na die Vaderland?
>
> Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
> biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar RESPEK
> sommer iets heeltemal anders beteken.

Te oordeel na die woorde in jou epos-adres
is jy ietwat onstabiel. Ek sou meer bekommerd
wees oor jou toekomstige kinders wat 'n pa
het wat "haat gedigte" en "veelwywer" in sy
bewussyn na die oppervlak laat rys, as wat
ek bekommerd is dat hulle in Ierland grootword
sonder biltong. Jy trap hier in die nuusgroep
in en ek verloor onmiddellik respek vir jou
as gevolg van jou woordkeuse. Ek neem aan jy
beskuldig die jeug van Ierland dat hulle nie
die regte betekenis van die woord "respect"
ken nie. (Ek twyfel of jy hulle almal oor
dieselfde kam kan skeer.) Die ander betekenis
van "respect" hier in Noord-Amerika is natuurlik
om "respek" af te dwing deur tough te talk en
tough te act. Probeer jy nou nie dieselfde
doen deur jou woordkeuse in jou epos-adres nie?
Word groot. En onthou wat Henri Burger en
Hennerietjie vir jou vertel: Afrika is nie vir
sissies nie.

Gloudina
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22861 is 'n antwoord op boodskap #22840] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"Haat gedigte" wrote:

> Nou wil die hart terugkeer daar na die land van sonskyn en boerewors en
> biltong en Rooibos en droeewors en Castle Lager en groot oop ruimte
en . .

> n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong nie,
> drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
> kinders.

> Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
> biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar RESPEK
> sommer iets heeltemal anders beteken.

Kan jy eerstens asseblief vir my verduidelik wat die titel "haat
gedigte" met die inhoud van jou plasing te doen het?

Tweedens, as jy werklik in Ierland is, het jy die verkeerde land gekies
as sonskyn, oop ruimtes en die lekkernye wat jy opnoem, vir jou
belangrik is - dis 'n paar van die redes hoekom ons in Australie woon.
Ons koop boerewors, biltong en Rooibostee by Woollies om die hoek. Jy
kan ook jou eie maak (boerewors en biltong). Vir bier het ek nie 'n
groot voorliefde nie, maar elke land het sy uitstekende bier - veral
Ierland s'n is legendaries.

Derdens, jy kan jou vrou en kinders leer Afrikaans praat as jy wil -
alhoewel die taal wat 'n mens praat nie werklik so belangrik is nie;
kommunikasie kan in enige taal plaasvind. In elk geval, as jou epos
adres, wat na veelwywery verwys, enige aanduiding is, sal jy binnekort
dalk 'n ander vrou moet soek...

Laastens, respek het bitter min te doen met die taal wat jy praat en
die land waar jy grootword - dit hang grootliks van jou opvoeding in
die huis af.

Jou huis is waar jou hart is - en dit kan net jy vasstel.

Groete vanuit die Paradys, wat my hart en huis is
Royleen

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22862 is 'n antwoord op boodskap #22840] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-dejanews.com wrote:
>
> In article ,
> "Haat gedigte" wrote:
>
>> Nou wil die hart terugkeer daar na die land van sonskyn en boerewors
> en
>> biltong en Rooibos en droeewors en Castle Lager en groot oop ruimte
> en . .
>
>> n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong
> nie,
>> drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
>> kinders.
>
>> Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
>> biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar
> RESPEK
>> sommer iets heeltemal anders beteken.
>
> Kan jy eerstens asseblief vir my verduidelik wat die titel "haat
> gedigte" met die inhoud van jou plasing te doen het?
>
> Tweedens, as jy werklik in Ierland is, het jy die verkeerde land gekies
> as sonskyn, oop ruimtes en die lekkernye wat jy opnoem, vir jou
> belangrik is - dis 'n paar van die redes hoekom ons in Australie woon.
> Ons koop boerewors, biltong en Rooibostee by Woollies om die hoek. Jy
> kan ook jou eie maak (boerewors en biltong). Vir bier het ek nie 'n
> groot voorliefde nie, maar elke land het sy uitstekende bier - veral
> Ierland s'n is legendaries.
>
> Derdens, jy kan jou vrou en kinders leer Afrikaans praat as jy wil -
> alhoewel die taal wat 'n mens praat nie werklik so belangrik is nie;
> kommunikasie kan in enige taal plaasvind. In elk geval, as jou epos
> adres, wat na veelwywery verwys, enige aanduiding is, sal jy binnekort
> dalk 'n ander vrou moet soek...
>
> Laastens, respek het bitter min te doen met die taal wat jy praat en
> die land waar jy grootword - dit hang grootliks van jou opvoeding in
> die huis af.
>
> Jou huis is waar jou hart is - en dit kan net jy vasstel.
>
> Groete vanuit die Paradys, wat my hart en huis is
> Royleen
>

Sjym - die arme ou verlang huis toe en julle spul dinges nou almal op sy
kop! Wonder watter fase van rou hy nou is - ontkenning? Watter fase is
die spul wat geantwoord het? Snaaks elke keer as ek die nuusgroep besoek
is daar een ou wat durf waag om te sê dat hy huis toe verlang net om
van alle kante uitgedinges te word. Gee die ou bietjie ondersteuning!
Dit is seker net 'n verbygaande depressionele fase van sy rou periode :)
- vertel hom eerder hoe gelukkig hy is om nie meer in SA te bly nie.
Soos wat julle aan die spieel elke oggend vertel!

Net so terloops - jou kinders sal heel moontlik glad nie afrikaans praat
nie! (vra vir Gloudina :) ) Castle is nie wat dit was nie (Windhoek is
baie lekkerder) en Biltong is vrek duur maar dit bly darem lekker.
Rooibos - dit stink IMNSHO! Die oop ruimtes ... um jy kan altyd gaan
vrek van die koue in Kanada of tussen die Amerikaners gaan woon? Respek
- die skool, kultuur en groepsdruk speel ook 'n groot invloed en dinge
is ook nie meer wat dit was in die SA skole nie (wat miskien nie altyd
'n slegte ding is nie)! Maar mens kan jou darem beter in jou moeder taal
uitdruk - daardie fyn verskille is nie so maklik om in 'n ander taal
raak te sien nie.

Cheers
Lou
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22871 is 'n antwoord op boodskap #22840] Wo, 12 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knormoer  is tans af-lyn  knormoer
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
My afgelope jaar in SA:

1) Kar se wiele afgesteel
2) Kar se wiele amper afgesteel (was dit nie vir die locknuts wat ek na die
eerste keer opgesit het nie - kon nasty ongeluk gemaak met net die een nut
op die wiel)
3) Ingebreek in flat en cleared out (helder oordag)
4) Weer ingebreek in flat - bietjie minder gesteel die keer (weer helder
oordag)
5) Alles rondom flat wat nie vasgebout is nie gesteel, bv. "Welkom" mat voor
deur en blombak met herb garden voor agterdeur

Dis nou net die laaste jaar - vroeer is 'n rubber mat van die bakkie af
gesteel, CD's deur die movers gesteel ens. ens. ens.
My raad is dat jy bly waar jy is waar jy nie hoef te worry dat jou kar in
die oggend op bakstene staan, of dat jou flat leeg is as jy van die werk af
kom nie.

knormoer
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22885 is 'n antwoord op boodskap #22840] Do, 13 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Haat gedigte wrote in message
...
> n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong nie,
> drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
> kinders.

Ek sou die feit dat sy nog nooit 'n 9mm vasgehou het nie as 'n
groot deug beskou.

> Is dit 'n wyse besluit om terug te keer na die Vaderland?

Het jy al ooit aan jou aandele-makelaar gevra of jy sekere
aandele moet koop, of aan jou bookie of jy jou geld op 'n sekere
perd moet sit? As hy sou geweet het sou hy nie nodig gehad het
om 'n aandele-makelaar / bookie te wees nie want hy sou skatryk
gewees het.

Swart Simon
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22886 is 'n antwoord op boodskap #22840] Do, 13 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kenny  is tans af-lyn  Kenny
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
As ek jy is wag ek tot na die verkiesing om te sien of ons land nie in
burgeroorlog vergaan nie. Ek weet nie hoe dit daar met julle gaan nie, want
ek was nog nooit uit die land uit nie.
Dit is my groot hoop dat ons almal in die land sal kan saam staan en weer
van Suid Afrika 'n land maak waarop ons almal kan trots wees
Kenny

Haat gedigte skryf in boodskap news:01be9a7e$45c55670$7c92cbc1@brio...
> 7 jaar nou al rits ek rond. Gelukkig het ek my kop gebruik en myself deur
> universiteit gesit terwyl ek hier oor die waters woon.
>
> Nou wil die hart terugkeer daar na die land van sonskyn en boerewors en
> biltong en Rooibos en droeewors en Castle Lager en groot oop ruimte en . .
> .en . . .en . . .die kop se: "Nee, mannetjie, jy gaan daar vasval en nooit
> weer uitkom nie, die Rand is te swak, salarisse te laag, rentekoerse te
> hoog, inflasie te hoog, geweld te veel en . . . .en . . "
>
> n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong nie,
> drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
> kinders.
>
> Die regering belet my om vir my eie land te stem want volgens hulle woon ek
> te lank al oorsee (en ek dra nie eens 'n tweede paspoort nie)
>
> Is dit 'n wyse besluit om terug te keer na die Vaderland?
>
> Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
> biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar RESPEK
> sommer iets heeltemal anders beteken.
>
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22887 is 'n antwoord op boodskap #22840] Do, 13 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die teorie staaf nie jou empiriese ondersoek nie.............8>))

abe skryf in boodskap news:7hcnf2$jq9$1@news3.saix.net...
> My afgelope jaar in SA:
>
> 1) Kar se wiele afgesteel
> 2) Kar se wiele amper afgesteel (was dit nie vir die locknuts wat ek na die
> eerste keer opgesit het nie - kon nasty ongeluk gemaak met net die een nut
> op die wiel)
> 3) Ingebreek in flat en cleared out (helder oordag)
> 4) Weer ingebreek in flat - bietjie minder gesteel die keer (weer helder
> oordag)
> 5) Alles rondom flat wat nie vasgebout is nie gesteel, bv. "Welkom" mat voor
> deur en blombak met herb garden voor agterdeur
>
> Dis nou net die laaste jaar - vroeer is 'n rubber mat van die bakkie af
> gesteel, CD's deur die movers gesteel ens. ens. ens.
> My raad is dat jy bly waar jy is waar jy nie hoef te worry dat jou kar in
> die oggend op bakstene staan, of dat jou flat leeg is as jy van die werk af
> kom nie.
>
>
>
> knormoer
>
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22909 is 'n antwoord op boodskap #22840] Vr, 14 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leon Mol  is tans af-lyn  Leon Mol
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Vraagje uit Nederland / Holland.

Wat is tocht Biltong ??
Ik lees vrij regelmatig deze nieuwsgroep en iedereen heeft het hier druk
over. Maar ik weet niet wat ik me hierbij voor moet stellen ??

Sorry, ik kan geen Afrikaans, hopelijk kunnen jullie het nederlands lezen.

Leon

Haat gedigte skryf in boodskap news:01be9a7e$45c55670$7c92cbc1@brio...
> 7 jaar nou al rits ek rond. Gelukkig het ek my kop gebruik en myself deur
> universiteit gesit terwyl ek hier oor die waters woon.
>
> Nou wil die hart terugkeer daar na die land van sonskyn en boerewors en
> biltong en Rooibos en droeewors en Castle Lager en groot oop ruimte en . .
> .en . . .en . . .die kop se: "Nee, mannetjie, jy gaan daar vasval en nooit
> weer uitkom nie, die Rand is te swak, salarisse te laag, rentekoerse te
> hoog, inflasie te hoog, geweld te veel en . . . .en . . "
>
> n' Vrou (kan nie 'n woord Afrikaans praat nie, hou nie van biltong nie,
> drink nie Castle nie en het nog nooit 'n 9mm vasgehou nie) maar geen
> kinders.
>
> Die regering belet my om vir my eie land te stem want volgens hulle woon ek
> te lank al oorsee (en ek dra nie eens 'n tweede paspoort nie)
>
> Is dit 'n wyse besluit om terug te keer na die Vaderland?
>
> Wat van my kinders, hulle gaan groot word sonder Afrikaans en sonder
> biltong. Hulle gaan die slegte gewoontes leer van die jeug hier waar RESPEK
> sommer iets heeltemal anders beteken.
>
Re: Ek wil huis toe [boodskap #22910 is 'n antwoord op boodskap #22840] Vr, 14 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 13 May 1999 18:13:41 +0200, "Kenny" wrote:

burgeroorlog vergaan nie. >>[/color]

Nou hoekom sal dit gebeur??!!

As jy bevrees vir so iets is en dit in jou toekomsplanne in berekening
bring, kan jy net sowel maar bly net waar jy is en kyk op n meteoriet
nie die aarde uit sy baan zap in die volgende jaar nie.
Vorige onderwerp: SLEGS BOERE
Volgende onderwerp: Ons diepste Vrees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 16:26:51 MGT 2024