Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: speak in english(maar nie op hierdie ng nie!)
Re: speak in english(maar nie op hierdie ng nie!) [boodskap #22846] Di, 11 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaners praat seker almal Afrikaans, maar nie alle
Afrikaanssprekendes is Afrikaners nie.
Afrikaner is nie 'n alternatiewe woord vir Afrikaanssprekende nie.
'n Afrikaner is 'n 'kultuurding', iets waarvan jy deel is/voel, of
nie.
Dis my opinie.

(BTW Dit is seker 'n sindroom van die mens om ander te wil 'label' en
in boksies te plaas - dit vergemaklik manipulasie - sien ook 'rassis',
'boer', 'heretic', 'heks', ens.)

Van 'n Afrikaan weet ek niks, nog nooit daai woord gehoor in goeie
geselskap nie. Dit klink soos een van daardie woorde wat omies in grys
pakke en skoene uitdink of selfs 'n oplossing van Die
Huisgenoot-blokkiesraaisel.

PAT skryf in boodskap news:01be9b4a$c48fdbc0$f1f110d1@ms660966.mindspring.com...
> Hoe kan mens Afrikaans praat, maar is nie Afrikaner of Afrikaan nie?
> Pat
>
>
>
>> skryf in boodskap news:7h76dc$ba$1@news.igs.net...
>>> Sybrand Burger writes: >
>>>
>>>
>>>> Some speak Afrikaans, but are neither African nor Afrikaner.
>>>
>>>
>>> And pray, who might they be?
>>>
>>
>> Ek sal die eerste een wees om te bieg...............
>>
>>
>>
Re: speak in english(maar nie op hierdie ng nie!) [boodskap #22847 is 'n antwoord op boodskap #22846] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
> On Tue, 11 May 1999 17:32:31 +1200, "nomad" wrote:
>
>
>
>
Ek is geïnteresseerd waar die woord so volop gebesig word/was. In die
sirkels waar ek rondbeweeg het (dit sal die non-afrikaner sirkels
wees), en waar ons nie woordeboeke gelees het nie, het ek nooit so 'n
woord teengekom nie. Moontlik sal die De Kat lesers my teregwys.

Ek wonder of Henri ons kan sê of sy manne om die kampvuur dié woord
gereeld gebruik?
Re: speak in english(maar nie op hierdie ng nie!) [boodskap #22849 is 'n antwoord op boodskap #22846] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 May 1999 17:32:31 +1200, "nomad" wrote:

Huisgenoot-blokkiesraaisel.>>[/color]

Jy het nie baie rondbeweeg in SA nie, het jy?
Anders sou jy die woord dekades gelede al gehoor het.
Dis 'n baie algemene woord.
Re: speak in english(maar nie op hierdie ng nie!) [boodskap #22851 is 'n antwoord op boodskap #22846] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 May 1999 23:41:42 +1200, "nomad" wrote:

>

Enige plek waar na "African" of "Africans" verwys was as komende van
Afrika die vasteland - in teenstelling met Afrikaner wat verwys - in
hoofsaak - na iemand wat die taal Afrikaans as sy eerste taal het.

Afrikaners wat in die land bly is Afrikane.
Re: speak in english(maar nie op hierdie ng nie!) [boodskap #22852 is 'n antwoord op boodskap #22846] Di, 11 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
nomad skryf:

> Ek wonder of Henri ons kan sê of sy manne om die kampvuur dié woord
> gereeld gebruik?

Ek sal my nie te veel steur aan die opinies van die manne van die
Hardekoolvuur as ek jy is nie. As hulle na Richard vd Westhuizen en
Lochner de Kock sit en luister, stem hulle gewoonlik saam dat hulle
'Kinders van Afrika' is. Selfs die 'Wit kaffers van Afrika' as hulle na
Anton Goosen se kommissie van ondersoek luister. Behalwe Sollie, hy
verkies dan om 'n Sjangaan te wees.

As die Bokke die dag wen, sluit Jongeling Dunn sommer die Garveys,
Teichmans en Skinstads onder die term Afrikaner in. Ons reken ons is
Afrikaners (behalwe nou vir Sollie). Nick Smith verskil. Hy reken hy is
die enigste ware Afrikaner, ook genoem Boere-Afrikaner, ons ander is
hensoppers. Afrikane? Miskien, maar nie 'n term wat ons eintlik gebruik
nie.

Elsa Joubert het in die 70's 'n reisverhaal geskryf - 'Die Nuwe
Afrikaan, 'n reis deur Angola', maar dis 'n ander storie.

Op besoek aan Kenia 'n paar jaar terug wou die locals van my weet van
watter 'tribe' ek is. Toe sê ek Afrikaner, en hulle was heel tevrede
met die antwoord. Volgens hulle was ek dus 'n 'Afrikaan'.

Na dese behoort dit vir jou so duidelik soos modder te wees.

Groete

Henri

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: speak in english(maar nie op hierdie ng nie!) [boodskap #23010 is 'n antwoord op boodskap #22846] Di, 18 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Tue, 11 May 1999 23:41:42 +1200, "nomad" wrote:
>
>
> >
>
> Enige plek waar na "African" of "Africans" verwys was as komende van
> Afrika die vasteland - in teenstelling met Afrikaner wat verwys - in
> hoofsaak - na iemand wat die taal Afrikaans as sy eerste taal het.
>
> Afrikaners wat in die land bly is Afrikane.

Ag nee, wat, ferdi! Jou PC terminologie is heeltemal verouderd. Die huidige
stand van die semantiek is so:

Afrikaan: Iemand van Afrika, behalwe iemand wat wit is of iemand wat Noord
van die Sahara woon (Hulle is "Nordafs").

Iemand wat Afrikaansmoedertaalsprekend is is 'n "Afrikaanse" (mv.
"afrikaanses".)

En as jy beweer dat jy weet wie "Afrikaner" is, moet jy lid wees van die
ANC - hulle verwys gereeld na "Afrikaners".

Die mense na wie die ANC verwys wanneer hulle praat van "Afrikaners" sluit
_nooit_ bruinmense in nie.

En die mense na wie die ANC verwys wanneer hulle praat van "Afrikaners" noem
hulself blykbaar nie "Afrikaners" nie. Hulle noem hulleself "etniese
Afrikaners", "Boere-Afrikaners", "Boere", ens.

:-) :-)
Vorige onderwerp: The future of Afrikaans..
Volgende onderwerp: Afrikaans tel punte in Oz
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 17:46:18 MGT 2024