Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Cocotte" deur INA ROUSSEAU
"Cocotte" deur INA ROUSSEAU [boodskap #22741] So, 02 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
COCOTTE
Ina Rousseau
(Die verlate tuin,
1954)

Op markpleine het ek myself verbreek
en onverskillig onder vele uitgedeel.
Nou is ek wreed verspil en in die nag
verlang ek wenend terug na my geheel.

Geen wonder kan my tot volledigheid
herstel
want elk wat deel uitmaak van my
verdriet
behou in hom 'n brok van my: gering
en vaag
en onbeduidend soos 'n goedkoop
lied.
Vorige onderwerp: Re: My apologies Niklaas...
Volgende onderwerp: Korder homopage
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 11:53:39 MGT 2024