Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is die toekoms vir Afrikaans?
Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22524] Di, 20 April 1999 00:00 na volgende boodskap
SPECTROLAB[1]  is tans af-lyn  SPECTROLAB[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
As 'n Suid Afrikaaner wil ek graag julle opinie hoor oor die toekoms van
Afrikaans in die "nuwe" S.A. Ek is eintlik 'n soutie maar praat meer
afrikaans weens my werk plek..( ons het almal maar ons probleme :o) ).

Alle grappies op 'n stokkie, is daar nog plek vir die taal in ons land?

Wat dink julle?

Groete
Engelsman
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22535 is 'n antwoord op boodskap #22524] Wo, 21 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ploegskaar  is tans af-lyn  Ploegskaar
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Wat dink jy, hou die toekoms vir ons taal in ?Jy erken dat jy 'n
soutie is, maar praat tog meer afrikaans as engels. As dit die geval
is, behoort daar nog baie van julle souties daar buite te wees wat
afrikaans praat. Dus met julle hulp en al die anders taliges in ons
land, wat afrikaans om die een of ander rede praat, dink ek die
toekoms vir afrikaans is roos kleurig in die "reenboog land".

SPECTROLAB wrote in article
...
> As 'n Suid Afrikaaner wil ek graag julle opinie hoor oor die toekoms van
> Afrikaans in die "nuwe" S.A. Ek is eintlik 'n soutie maar praat meer
> afrikaans weens my werk plek..( ons het almal maar ons probleme :o) ).
>
> Alle grappies op 'n stokkie, is daar nog plek vir die taal in ons land?
>
> Wat dink julle?
>
> Groete
> Engelsman
>
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22559 is 'n antwoord op boodskap #22524] Do, 22 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike Calvey  is tans af-lyn  Mike Calvey
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Engels

SPECTROLAB wrote:
>
> As 'n Suid Afrikaaner wil ek graag julle opinie hoor oor die toekoms van
> Afrikaans in die "nuwe" S.A. Ek is eintlik 'n soutie maar praat meer
> afrikaans weens my werk plek..( ons het almal maar ons probleme :o) ).
>
> Alle grappies op 'n stokkie, is daar nog plek vir die taal in ons land?
>
> Wat dink julle?
>
> Groete
> Engelsman
>

--
============================================================ ========
Mike Calvey | michael...@uk.sun.com
Development Engineer |
Sun Professional Services | voice +44 (0)1276 20444
Europe, Middle East, Africa | mobile +44 (0)403 314421
Enterprise Services | fax +44 (0)1276 677945
Sun Microsystems | web
http://www.sun.com
============================================================ ========
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22592 is 'n antwoord op boodskap #22524] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On 20 Apr 1999 21:50:18 GMT, "SPECTROLAB"
> wrote:
>
> oor ander goed of om iets in Afrikaans te skryf. Oor ander
> onderwerpe..
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22593 is 'n antwoord op boodskap #22524] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Apr 1999 21:50:18 GMT, "SPECTROLAB"
wrote:

afrikaans weens my werk plek..( ons het almal maar ons probleme :o) ).>>[/color]

Eintlik is ek bored shitless deur die vraag.
Dis baie lekkerder om te gaan kakpraat in Afrikaans met my kollega's
oor ander goed of om iets in Afrikaans te skryf. Oor ander
onderwerpe..
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22618 is 'n antwoord op boodskap #22524] So, 25 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Malherbe  is tans af-lyn  Hans Malherbe
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
>> Alle grappies op 'n stokkie, is daar nog plek vir die taal in ons land?

Ek is 'n rekenaar programmeerder en weet hoe moeilik dit is om
taalsuiwerheid te handhaaf in die rekenaar wêreld. Tog, in al my
onderhandelings met ander maatskappye is dit die uitsondering dat ek moet
Engels praat omdat iemand nie Afrikaans kan verstaan nie.

Het iemand dalk 'n voorstel vir "data warehouse" en "online" in Afrikaans?

--- hou my hand,ek brand ---
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22641 is 'n antwoord op boodskap #22524] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Maar net sowel jy het nie die Afrikaanse Opera onder oë gehad nie. Die
"Afrikaans" daarin los alles behalwe 'n lied in jou hart. Hy is
vinniger asblik toe as wat ek hom afgelaai het.

Alwyn

> Opera (die alternatiewe browser) is destyds adverteer as 'Afrikaanse
> weergawe in voorbereiding', maar ek het lg. nog nooit gesien nie.
> (Die plekkie in Windows 95 waar jy die taal na Afrikaans kan stel tel
> natuurlik nie, want dit het geen effek nie.)
>
> Enige ander?
> ___
> Johan le Riche (JLR)
> Bfn.
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22642 is 'n antwoord op boodskap #22524] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 25 Apr 1999 14:04:42 +0200, "Hans Malherbe"
wrote:

> Het iemand dalk 'n voorstel vir "data warehouse" en "online" in Afrikaans?

off-line b.nw. (bv. our system is __)
van lyn (af) (bv. ons stelsel is __ __ (__)) , ongekoppel(de)(bv. ons
stelsel is ongekoppel)

on-line b.nw.
gekoppel(de)
"aanlyn" is sleng.

Meeste Afrikaanse internetterme kan by
http://www.afrikaans.com/RT.html gekry word.

Ek self werk gereeld met rekenaars en niemand wat ek ken gebruik
Afrikaanse rekenaarterme nie. Dit is net te onprakties. Niemand sal
weet waarvan jy praat nie. Ek moet darem bysê dat ek in Kaapstad bly
waar die besigheidstaal in elk geval Engels is. Boksburg
(byvoorbeeld) is seker 'n ander storie.

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22643 is 'n antwoord op boodskap #22524] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 26 Apr 1999 12:38:10 +0200, j...@gmx.net (JLR) wrote:

> In skrywe het han...@intekom.co.za die
> volgende te sê gehad ...
>> Ek is 'n rekenaar programmeerder en weet hoe moeilik dit is om
>> taalsuiwerheid te handhaaf in die rekenaar wêreld. Tog, in al my
>> onderhandelings met ander maatskappye is dit die uitsondering dat ek moet
>> Engels praat omdat iemand nie Afrikaans kan verstaan nie.
>>
>> Het iemand dalk 'n voorstel vir "data warehouse" en "online" in Afrikaans?
>
> Nee, ek gebruik 'data warehouse' en aanlyn. Kan jy my sê wat noem mens 'n
> 'cursor' sodat die leser van 'n Afrikaanse helpfile sal weet waarvan jy
> praat?

cursor = loper
(Kommentaar: die pyltjie wat met die muis beweeg word, is die wyser.)

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22644 is 'n antwoord op boodskap #22524] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het han...@intekom.co.za die
volgende te sê gehad ...
> Ek is 'n rekenaar programmeerder en weet hoe moeilik dit is om
> taalsuiwerheid te handhaaf in die rekenaar wêreld. Tog, in al my
> onderhandelings met ander maatskappye is dit die uitsondering dat ek moet
> Engels praat omdat iemand nie Afrikaans kan verstaan nie.
>
> Het iemand dalk 'n voorstel vir "data warehouse" en "online" in Afrikaans?

Nee, ek gebruik 'data warehouse' en aanlyn. Kan jy my sê wat noem mens 'n
'cursor' sodat die leser van 'n Afrikaanse helpfile sal weet waarvan jy
praat?

Laat my dink aan toe ek onlangs Pastel 5 installeer, wat ook in 'n
Afrikaanse weergawe kom, maar duidelik deur 'n pekel uit 'n woordeboek
vertaal is, want die eerste 'dialog' vra:
Waar is die lokasie van jou Pastel 4 gids?
(Vermoedelik: 'The location of your Pastel 4 directory')
en daarna raak dit erger.

Interessant, hoeveel nie Suid-Afrikaans gebaseerde rekenaarprogramme ken
julle wat Afrikaans ondersteun?
Ek weet dat Wordperfect 8 ingeboude ondersteuning vir standaard opskrifte
in Afrikaans het, terwyl 'n Afrikaanse spellchecker ook beskikbaar is.
Opera (die alternatiewe browser) is destyds adverteer as 'Afrikaanse
weergawe in voorbereiding', maar ek het lg. nog nooit gesien nie.
(Die plekkie in Windows 95 waar jy die taal na Afrikaans kan stel tel
natuurlik nie, want dit het geen effek nie.)

Enige ander?
___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22670 is 'n antwoord op boodskap #22524] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 26 Apr 1999 21:43:12 GMT, brya...@KAAPemail.com (Bryan1810) wrote:

|weet waarvan jy praat nie. Ek moet darem bysê dat ek in Kaapstad bly
|waar die besigheidstaal in elk geval Engels is. Boksburg
|(byvoorbeeld) is seker 'n ander storie.
|
Of Oostransvaalse platteland waar een van my studente saam met sy ouers 'n
rekenaar kursus bygewoon het en ons met al die snaakse terme kom vermaak het!
Ek kan min van hulle nog onthou, maar die snaakste een was "pormerk" vir cursor!
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22684 is 'n antwoord op boodskap #22524] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het ne...@netship.net die
volgende te sê gehad ...
> Maar net sowel jy het nie die Afrikaanse Opera onder oë gehad nie. Die
> "Afrikaans" daarin los alles behalwe 'n lied in jou hart. Hy is
> vinniger asblik toe as wat ek hom afgelaai het.

Dankie, nou weet ek ek het niks gemis nie. Snaaks eintlik, want hulle
gebruik mense in die verskillende lande om die vertalings te doen, en die
vertalers word dan verspreiders. Laat mens wonder wie hierdie een gepleeg
het?

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22685 is 'n antwoord op boodskap #22524] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het brya...@KAAPemail.com
die volgende te sê gehad ...
>
> cursor = loper
> (Kommentaar: die pyltjie wat met die muis beweeg word, is die wyser.)

Ja, 'loper' is die amptelike term, maar meeste mense dink dis 'n soort
sleutel of 'n mat. Ek gebruik gewoonlik 'wyser', maar soos jy tereg sê
verwys dit eerder na 'pointer' as 'cursor'. Meeste gebruikers maak
gelukkig nie die onderskeid nie. Ek het ook al variasies op 'flikker',
blinker' of 'knipper' teegekom, wat minstens die ding se gedrag mooi
beskryf, maar self oop is vir misinterpretasie.

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: Wat is die toekoms vir Afrikaans? [boodskap #22686 is 'n antwoord op boodskap #22524] Wo, 28 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Fizzer  is tans af-lyn  Fizzer
Boodskappe: 9
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hans Malherbe wrote:

>>> Alle grappies op 'n stokkie, is daar nog plek vir die taal in ons land?
>
> Ek is 'n rekenaar programmeerder en weet hoe moeilik dit is om
> taalsuiwerheid te handhaaf in die rekenaar wêreld. Tog, in al my
> onderhandelings met ander maatskappye is dit die uitsondering dat ek moet
> Engels praat omdat iemand nie Afrikaans kan verstaan nie.
>
> Het iemand dalk 'n voorstel vir "data warehouse" en "online" in Afrikaans?
>
> --- hou my hand,ek brand ---

By die technikon sê hulle dis 'n data pakhuis
Vorige onderwerp: Siener van Rensburg - Boereprofeet
Volgende onderwerp: Wanneer is 'n mens rassisties?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 16:48:07 MGT 2024