Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ook die klein mensies
Ook die klein mensies [boodskap #22542] Wo, 21 April 1999 00:00 na volgende boodskap
oumatjie  is tans af-lyn  oumatjie
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek moet tog verskoning vra dat ek nou eers weer reageer - ek het mos nie my
eie rekenaar nie en moet maar leen, of my dogter of my buurman hier onder
my. Dis nou hoeka waarom ek nie my eie adres kan gee nie - hulle het my die
dood voor oe gesweer as ek die regte adres gee. Blykbaar baie vreemde mense
in onse ou wereld - pornografie en alles word na private adresse gestuur.
Is dit nie skandelik dat mens nie eers meer openlik kan wees nie. Ook maar
goed dat die geleerde mense so agterdogtig is en my kan waarsku oor die
probleme.

En Gloudina, my ou kind, sal dit nou regtig 'n verskil maak as ek nou 'n man
was (behalwe dat my oorlede man nou nie so beindruk sou gewees het nie), en
as ek nou al jou ou vragies beantwoord (wat enige mens seker maar in 'n
geskiedenisboek of die Huisgenoot kan oplees), sal jy nou rerig tevrede
wees, of sal jy net 'n paar ander vragies vra. Soos my ou ma altyd gese
het, as ons iets slegs geruik het, "Gaan bad en was jou gesig behoorlik, dan
sal jy beter ruik.". Maar soos ek gese het, ek verstaan nou die wantroue in
vandag se wereld. Probeer maar nou om sin te maak van wat ek probeer se, en
nie wie dit se nie - dis tog seker nie so belangrik nie.

Elkeen se bydrae in die ou lewe is tog anders, maar ook nodig wanneer dit
met liefde en met toewyding gegee word. Ek is maar 'n eenvoudige mens , oud
maar jonk van gees, en soos iemand eendag gese het: "Die Liewe Here moet
seker die gewone mens baie liefhe, daarom het hy so baie van hulle gemaak.

Boeregroete
Ouma Lien
Re: Ook die klein mensies [boodskap #22543 is 'n antwoord op boodskap #22542] Wo, 21 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
oumatjie wrote in message ...
> Ek moet tog verskoning vra dat ek nou eers weer reageer
Ja toemaar, Australië lê nie hier nie.

> ek het mos nie my eie rekenaar nie en moet maar leen,
Ouma kan maar soms die werk s'n gebruik of by Roy leen?

> of my dogter
Goeie plan, die wat ouma dit aanstuur na haar sodat sy dit vir u pos.

> of my buurman hier onder my
Sowat van onbetaamlikheid

> Dis nou hoeka waarom ek nie my eie adres kan gee nie
Ek dag ouma het nie 'n adres nie
Siestog, oumatjie het seker net vergeet?

> Is dit nie skandelik dat mens nie eers meer openlik kan wees nie.
Sê ouma vir ons !

> Ook maar goed dat die geleerde mense so agterdogtig is en
> my kan waarsku oor die probleme.
En wie waarsku die geleerde mense teen iemand soos ouma?

> Elkeen se bydrae in die ou lewe is tog anders,
Sê ouma vir my !

> Boeregroete
> Ouma Lien

Boerse groete, Ouma Royleen :-)
Re: Ook die klein mensies [boodskap #22566 is 'n antwoord op boodskap #22542] Do, 22 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote in message ...
> roy...@my-dejanews.com wrote
>> Haai Kobus, ou Broer
>> Daar is darem ook ander verduidelikings,
>> Vir nou, is dit genoeg as ek se dat ons almal familie het
>> wat by ander familie gaan kuier?
>> Royleen, wie se familie darem nog lief is vir haar
>
> Royleen ek weet nie mooi wat jy bedoel nie, maar ek wou jou
> net tong in die kies uitwys as Ouma Lien.
> Ek belowe ek sal nie weer jou sluier lig nie.
> Jammer as jy iets anders daarin gelees het, hoor.
>
> Mooi groete hier uit die ou Paradys :-)
> Kobus
>

Kobus
Ek het jou opmerking ook soos jy gesien en selfs gehoop jy vang ouma Lien
aan die agterpoot! (wolf in skaapsklere)

Groete

Shannon
Re: Ook die klein mensies [boodskap #22567 is 'n antwoord op boodskap #22542] Do, 22 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-dejanews.com wrote
> Haai Kobus, ou Broer
> Daar is darem ook ander verduidelikings,
> Vir nou, is dit genoeg as ek se dat ons almal familie het
> wat by ander familie gaan kuier?
> Royleen, wie se familie darem nog lief is vir haar

Royleen ek weet nie mooi wat jy bedoel nie, maar ek wou jou
net tong in die kies uitwys as Ouma Lien.
Ek belowe ek sal nie weer jou sluier lig nie.
Jammer as jy iets anders daarin gelees het, hoor.

Mooi groete hier uit die ou Paradys :-)
Kobus
Vorige onderwerp: Spitsvondige Kobus & others
Volgende onderwerp: reviews Ingqumbo yeminyanya
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 04:53:35 MGT 2024