Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die duiwel en sy ouma
Die duiwel en sy ouma [boodskap #22482] Sa, 17 April 1999 00:00 na volgende boodskap
bent lislerud  is tans af-lyn  bent lislerud
Boodskappe: 15
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek het, terwyl ek het van die nuisgroep gelees, bemerk waanneer iemand wil
sweerwoord in afrikaans gebruik so verwys hulle na seksualiteit. Wie is iets
wie verbyster my. Ek het vertrou dat afrikaans het , wie in nederlands en in
noorwees,  geloof gebruik as `n tema vir syne sweerwoord toe `n ander
persoon.

Die duiwel en sy ouma is `n noorwees `n voorbeeld op dit.

Te julle, wie het my e-pos versend en wonder op waarom ek het met `n
afrikaans begin `n leer my, vil ek hier versoek `n antwoord op dit.
- Ek het op die televise gesien dat iemand het afrikaans gespreek maar ek
kan nie verstaan iets nie. Maar dieselfde tyd het ek sommige
reklameerplakkaats in die agterkant in afrikaans gesien. Sommige van die
woord het ek verstaan. Dit was daan ek het op die taal geinteresseer.
Dieselfde tyd het ek een leerboek van Helena van Schalkwyk plus een roman
van Karel Schoeman. Dit is nie `n maklik werk an my nie. Niemand ek kennis
spreek die taal of het sommige wete van dit.

Bent Lislerud

Faen og hans oldemor er på norsk et eksempel på dette.

Til dere som har sendt meg e-post og som lurer på hvorfor jeg har begynt med
å lære meg afrikaans ,vil jeg her forsøke å svare på dette.
- Jeg så på tv at noen snakket afrikaans, men jeg kunne slett ikke forstå
noen ting. Men samtidig så jeg noen reklameskilt i bakgrunnen på afrikaans.
Noen av de ordene forsto jeg. Det var da jeg fattet interesse for språket .
Samtidig fikk jeg tak i en lærebok av Helena van Schalkwyk pluss en roman av
Karel Schoeman. Dette var omtrent seks måneder siden. Det er slett ingen
lett oppgave for meg . Ingen jeg kjenner snakker språket eller har noen
kunnskaper om det.

Bent Lislerud
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22483 is 'n antwoord op boodskap #22482] Sa, 17 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans heeft geschreven...
>
> Ek dink nie dat die duiwel of 'n mens se ouma die tema is van
> enige Afrikaanse vloekwoorde nie.

"De duvel en z'n ouwe moer" zijn in het Nederlands wel bekend. Niet direct
als een vloek, maar meer als een gezegde. "De hele @$#*-zooi". Er zijn nog
veel meer gezegdes met "de duivel".

> 'n Mens se ma (= "moeder" of, in die geval van teel-diere,
> "moer") is wel 'n baie populêre bron vir Afrikaanse
> vloekwoorde. - "jou moer", of "jou moerskind" is voorbeelde.
> Sover ek weet word dit nie in Nederlands as 'n vloekwoord gebruik
> nie.

Soms wel hoor. Hier (in het Westland) hoor je nog wel eens zeggen "Rot naar
je ouwe moer" of "Gaat je ouwe moer pesten". Dat "ouwe" schijnt er altijd
wel bij te horen.

Een "moederskindje" kennen we ook, maar bij schelden gebruik je eerder
"papkind".

Groeten,
Arthur
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22484 is 'n antwoord op boodskap #22482] Sa, 17 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message ...
> bent lislerud wrote in message ...
>> Ek het, terwyl ek het van die nuisgroep gelees, bemerk waanneer iemand wil
>> sweerwoord in afrikaans gebruik so verwys hulle na seksualiteit. Wie is iets
>> wie verbyster my. Ek het vertrou dat afrikaans het , wie in nederlands en in
>> noorwees,  geloof gebruik as `n tema vir syne sweerwoord toe `n ander
>> persoon.
>>
>> Die duiwel en sy ouma is `n noorwees `n voorbeeld op dit.
>
> Net terloops, Bent, in Afikaans praat 'n mens van 'n "vloekwoord"
> eerder as 'n "sweerwoord".

knip-knip

> Ek dink nie dat die duiwel of 'n mens se ouma die tema is van
> enige Afrikaanse vloekwoorde nie.  Die woord "duiwel" sal
> hoogstens gebruik word in 'n verwensing of 'n baie "skoon"
> vloekwoord.  Ek sal graag van jou wil hoor in watter sin 'n mens
> se ouma in Noorweegs as 'n vloekwoord gebruik word.
>

Ek weet as 6 jarige het jy iemand ernstig beledig/sleggesê as jy vir hom
gesê het 'aag, jou ouma man'

> 'n Mens se ma (= "moeder" of, in die geval van teel-diere,
> "moer") is wel 'n baie populêre bron vir Afrikaanse
> vloekwoorde. -  "jou moer", of "jou moerskind" is voorbeelde.
> Sover ek weet word dit nie in Nederlands as 'n vloekwoord gebruik
> nie.
>

Baie interessant, ek het nooit besef wat die oorsprong van die woord is nie.

'n Duitser wat die land met besigheid besoek het, maar 'n ernstige tekort
aan Engelse woordeskat het, het die woord sh*t gebruik, maar veral in die
plek van byvoeglike naamwoorde, nie noodwendig om te sê iets is baie
swak/sleg nie.  Dit het my laat wonder of die Duitsers wel 'n soortgelyke
woord in hul taal het of andersins die neiging het om wel sulke woorde te
gebruik met die opset om te vloek?

>
> As jy gedink het geloof of religie word nie in Afrikaans gebruik
> as 'n bron vir vloekwoorde nie, dan het ek nuus vir jou.  Maar
> wag, laat ek liewer stilbly - netnou trap ek op likdorings.

...om van sommige se liddorings nie eens te praat nie! ;-)

>
> Swart Simon
>
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22485 is 'n antwoord op boodskap #22482] Sa, 17 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"bent lislerud"  writes:

> Faen og hans oldemor er på norsk et eksempel på dette.
>
> Til dere som har sendt meg e-post og som lurer på hvorfor jeg har begynt med
> å lære meg afrikaans ,vil jeg her forsøke å svare på dette.
> - Jeg så på tv at noen snakket afrikaans, men jeg kunne slett ikke forstå
> noen ting. Men samtidig så jeg noen reklameskilt i bakgrunnen på afrikaans.
> Noen av de ordene forsto jeg. Det var da jeg fattet interesse for språket .
> Samtidig fikk jeg tak i en lærebok av Helena van Schalkwyk pluss en roman av
> Karel Schoeman. Dette var omtrent seks måneder siden. Det er slett ingen
> lett oppgave for meg . Ingen jeg kjenner snakker språket eller har noen
> kunnskaper om det.
>
>  Bent Lislerud

      Bent, ek hou daarvan dat jy in Afrikaans EN
      Noorweegs skryf. Ek toets dan hoe goed ek die
      Noorweegs kan verstaan. Ek sien dat julle ook
      die woord "omtrent" in Noorweegs gebruik presies
      op dieselfde manier as wat ons dit Afrikaans
      doen.

      Watter ander soort vloek- of sweer-woorde
      gebruik julle? In Afrikaans skel ons maklik
      deur te sê "jou voet."  Ek wonder of ons die
      oorsprong daarvan nie moet soek by "voeter"
      nie, liewers as by die liggaamsdeel "voet."
      "Voeter" in Afrikaans beteken om iemand baie
      lelik te slaan. (Jy kan ook sê jy "donder"
      hom (gewoonlik uitgespreek "donner.")

      Gloudina op Thor se spoor in Valhalla
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22486 is 'n antwoord op boodskap #22482] Sa, 17 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
bent lislerud wrote in message ...
> Ek het, terwyl ek het van die nuisgroep gelees, bemerk waanneer iemand wil
> sweerwoord in afrikaans gebruik so verwys hulle na seksualiteit. Wie is iets
> wie verbyster my. Ek het vertrou dat afrikaans het , wie in nederlands en in
> noorwees, geloof gebruik as `n tema vir syne sweerwoord toe `n ander
> persoon.
>
> Die duiwel en sy ouma is `n noorwees `n voorbeeld op dit.

Net terloops, Bent, in Afikaans praat 'n mens van 'n "vloekwoord"
eerder as 'n "sweerwoord".

Dit is waar dat seks die tema is van baie Afrikaanse vloekwoorde.
"Fok" is 'n vooraanstaande voorbeeld ("fok-of", "fok-op", "fok
jou", "fokken" dit en "fokken" dat, ensovoorts). Dit is maar
net 'n ver-Afrikaansing van die ooreenstemmende Engelse woorde.
In Nederlands daarteenoor kan jy natuurlik woorde soos fokken",
en "fokkery" sonder probleme in 'n netjiese geselskap gebruik -
dit het nie daar die by-betekenis wat dit in Afrikaans het nie.
Die teenoorgestelde geld vir 'n woord soos "neuk". In Afrikaans
is dit niks snaak om te sê dat jy "verneuk" is, of dat jy iemand
gaan "opneuk" nie. Die gebruik van hierdie woorde in 'n netjiese
geselskap in Nederlands is egter nie aan te beveel nie.

Ek dink nie dat die duiwel of 'n mens se ouma die tema is van
enige Afrikaanse vloekwoorde nie. Die woord "duiwel" sal
hoogstens gebruik word in 'n verwensing of 'n baie "skoon"
vloekwoord. Ek sal graag van jou wil hoor in watter sin 'n mens
se ouma in Noorweegs as 'n vloekwoord gebruik word. Ons kan doen
met so 'n paar ekstra interessante vloekwoorde in Afrikaans. Die
gebruik van "fokken" soos 'n peperpot word soms 'n bietjie
eentonig.

'n Mens se ma (= "moeder" of, in die geval van teel-diere,
"moer") is wel 'n baie populêre bron vir Afrikaanse
vloekwoorde. - "jou moer", of "jou moerskind" is voorbeelde.
Sover ek weet word dit nie in Nederlands as 'n vloekwoord gebruik
nie.

In Afrikaans is onweer natuurlik ook die bron van 'n paar
vloekwoorde - "bliksem" is een daarvan. Is dit ook die geval in
Noorweegs, Brent? Dis mos daar by julle waar die god Thor
hierdie goed so rond-slinger as hy die moer in is?

As jy gedink het geloof of religie word nie in Afrikaans gebruik
as 'n bron vir vloekwoorde nie, dan het ek nuus vir jou. Maar
wag, laat ek liewer stilbly - netnou trap ek op likdorings.

Swart Simon
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22487 is 'n antwoord op boodskap #22482] Sa, 17 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Rood  is tans af-lyn  Hans Rood
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , "bent lislerud"
wrote:

>  Ek het, terwyl ek het van die nuisgroep gelees, bemerk waanneer iemand wil
>  sweerwoord in afrikaans gebruik so verwys hulle na seksualiteit. Wie is iets
>  wie verbyster my. Ek het vertrou dat afrikaans het , wie in nederlands en in
>  noorwees,  geloof gebruik as `n tema vir syne sweerwoord toe `n ander
>  persoon.
>
>  Die duiwel en sy ouma is `n noorwees `n voorbeeld op dit.
>
>  Te julle, wie het my e-pos versend en wonder op waarom ek het met `n
>  afrikaans begin `n leer my, vil ek hier versoek `n antwoord op dit.
>  - Ek het op die televise gesien dat iemand het afrikaans gespreek maar ek
>  kan nie verstaan iets nie. Maar dieselfde tyd het ek sommige
>  reklameerplakkaats in die agterkant in afrikaans gesien. Sommige van die
>  woord het ek verstaan. Dit was daan ek het op die taal geinteresseer.
>  Dieselfde tyd het ek een leerboek van Helena van Schalkwyk plus een roman
>  van Karel Schoeman. Dit is nie `n maklik werk an my nie. Niemand ek kennis
>  spreek die taal of het sommige wete van dit.
>
>  Bent Lislerud
>
>  Jeg har oppservert, mens jeg har lest meldingene fra denne gruppen, at når
>  noen vil bruke banneord i afrikaans så referer de til områder som omhandler
>  seksualitet. Hvilket er noe som forbauser meg da jeg trodde at afrikaans
>  brukte, som i hollansk og norsk, religion som et tema for sine forbannelser
>  ovenfor en annen person.
>
> Faen og hans oldemor er på norsk et eksempel på dette.
>
> Til dere som har sendt meg e-post og som lurer på hvorfor jeg har begynt med
> å lære meg afrikaans ,vil jeg her forsøke å svare på dette.
> - Jeg så på tv at noen snakket afrikaans, men jeg kunne slett ikke forstå
> noen ting. Men samtidig så jeg noen reklameskilt i bakgrunnen på afrikaans.
> Noen av de ordene forsto jeg. Det var da jeg fattet interesse for språket .
> Samtidig fikk jeg tak i en lærebok av Helena van Schalkwyk pluss en roman av
> Karel Schoeman. Dette var omtrent seks måneder siden. Det er slett ingen
> lett oppgave for meg . Ingen jeg kjenner snakker språket eller har noen
> kunnskaper om det.
>
>  Bent Lislerud

"Tusend tak for mal." (Babette's Feast)
"Tusend tak for snakker Afrikaans" (Bent's Feast)
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22499 is 'n antwoord op boodskap #22482] So, 18 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Shannon wrote in message
...
> Simon van der Schans wrote in message
...

>> 'n Mens se ma (= "moeder" of, in die geval van teel-diere,
>> "moer") is wel 'n baie populêre bron vir Afrikaanse
>> vloekwoorde. - "jou moer", of "jou moerskind" is voorbeelde.
>> Sover ek weet word dit nie in Nederlands as 'n vloekwoord gebruik
>> nie.
>>
>
> Baie interessant, ek het nooit besef wat die oorsprong van die
woord is nie.

Moet ek nou ook nog aan jou verduidelik hoekom die ding waarin 'n
skroef pas 'n moer genoem word? Jy sien, Shannon, ons voorouers
het maar 'n one-track mind gehad.

Swart Simon
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22503 is 'n antwoord op boodskap #22482] Ma, 19 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Eric prinsloo  is tans af-lyn  Eric prinsloo
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:

> sny>
>
> Watter ander soort vloek- of sweer-woorde
> gebruik julle? In Afrikaans skel ons maklik
> deur te sê "jou voet." Ek wonder of ons die
> oorsprong daarvan nie moet soek by "voeter"
> nie, liewers as by die liggaamsdeel "voet."
> "Voeter" in Afrikaans beteken om iemand baie
> lelik te slaan. (Jy kan ook sê jy "donder"
> hom (gewoonlik uitgespreek "donner.")
>
> Gloudina op Thor se spoor in Valhalla
>

Gloudina,Net 'n regstelling: die korrekte spelling is foeter (opfoeter,
opgefoeter, moenie daar foeter nie). Volgens my woordeboek beteken dit soms ook
peuter, lol, pla, maar foeter is seker die een met meer "skop".
Eric
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22521 is 'n antwoord op boodskap #22482] Di, 20 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven...
>
> Dankie, Eric, dat jy my foeter as
> ek 'n fout maak. Waar dink jy kom
> die woord "foeter" vandaan?
>

Als je naar 'n archaische vorm van het Afrikaans (i.h.c. Nederlands) kijkt,
vindt je het woord ook: foeteren :)
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22522 is 'n antwoord op boodskap #22482] Di, 20 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Eric writes: >

> Gloudina,Net 'n regstelling: die korrekte spelling is foeter (opfoeter,
> opgefoeter, moenie daar foeter nie). Volgens my woordeboek beteken dit soms ook
> peuter, lol, pla, maar foeter is seker die een met meer "skop".
> Eric


Dankie, Eric, dat jy my foeter as
ek 'n fout maak. Waar dink jy kom
die woord "foeter" vandaan?

Gloudina
Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22556 is 'n antwoord op boodskap #22482] Do, 22 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Eric writes: >
Gloudina,Net 'n regstelling: die korrekte
spelling is foeter (opfoeter, opgefoeter,
moenie daar foeter nie).

Gloudina: Dankie, Eric, dat jy my foeter as
ek 'n fout maak. Waar dink jy kom die woord
"foeter" vandaan?

Hannes: Gloudien, jy behoort teen dié tyd te
weet dat jy versigtig moet wees. Wil jy
regtig weet? Met so 'n draai uit Nederlands
uit Frans uit Latyn futuere "koïtus hê".
Dis soos om die woord neuk in Nederlandse
geselskap te gebruik.
Groetnis

...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Vorige onderwerp: Re: Ook die klein mensies
Volgende onderwerp: Spitsvondige Kobus & others
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:29:07 MGT 2024