Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Weskus-Verse" deur PAULA MAUD
"Weskus-Verse" deur PAULA MAUD [boodskap #22465] Do, 15 April 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
WESKUS-VERSE
Paula Maud

Churchhaven

Kit-Nôi se kind
foutou teen die muur
het ver van die Kleinsee
op 'n ysskip loop werk
getrou vir sy ma 'n geldjie gestuur
tot die dag toe die boiler gebars het

sy pensioen dié bly sy kry
uit Amsterdam
lang jare se sorg
louter die pyn
met haar daaglikse brood
en bôkkoms en wyn.
Vorige onderwerp: "Mirakel in die Agterplaas" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Die Bloei van Tyd" deur MARLISE JOUBERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 07:14:52 MGT 2024