Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Homebrew
Homebrew [boodskap #22420] Di, 13 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Leon du Plessis  is tans af-lyn  Leon du Plessis
Boodskappe: 14
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Is daar enige tuisbierbrouers tussen julle daar in die buiteland? Uit die
homebrew NGs lei ek af die mense in veral die VSA en Australie is ons ver
vooruit. Ek stel veral belang om te verneem hoe vergelyk die koste van 'n
pint ordentlike tuisgebroude bier met die van 'n gekoopte een. Hier in SA
is die differential nie so waffers nie (homebrew miskien net meer as helfte
die prys van 'n Castle) terwyl dit daar in die buteland 'n "mere fraction"
is.
Re: Homebrew [boodskap #22421 is 'n antwoord op boodskap #22420] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Leon du Plessis [hdu...@tmecl.co.za] skryf...

> Is daar enige tuisbierbrouers tussen julle daar in die buiteland?. . .

> Ek stel veral belang om te verneem hoe vergelyk die koste van 'n pint
> ordentlike tuisgebroude bier met die van 'n gekoopte een. Hier in SA is
> die differential nie so waffers nie (homebrew miskien net meer as helfte die
> prys van 'n Castle) terwyl dit daar in die buteland 'n "mere fraction" is.

Leon,

Ek is nie 'n tuisbierbrouer nie, want ek drink nie baie bier nie. Alhoewel
dit seker differensieel-lonend is vir 'n bierverbruiker, lê my komparatiewe
voordeel by wynmaak, want ek is wel 'n wyndrinker.

Ek kan 'n bottel Zonnebloem C.S. hier vir ongeveer C$11.50 (R44) koop. Die
goedkoopste winkelwyne kos ongeveer C$7.00 (R28). Wat kos dit om dit tuis
te maak ? Dit hang af van die gehalte. Die goedkoper tuiswyne werk uit
teen omtrent C$1.60 per opgetooide bottel, terwyl die beter gehalte (duurder)
soorte my omtrent C2.40 (R9.60) uit die sak uit jaag. Dis nou afgesien van
die appelwyn wat ek van my agterplaasappels maak.

Hjalmar Gerber - in Edmonton, Alberta, Kanada (53 grade noord)
_______________
Re: Homebrew [boodskap #22422 is 'n antwoord op boodskap #22420] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leon du Plessis skrywe:

> Hier in SA
> is die differential nie so waffers nie (homebrew miskien net meer as helfte
> die prys van 'n Castle) terwyl dit daar in die buteland 'n "mere fraction"
> is.

Hey ou Leon

Wie gee om? Home brew proe soos Q#@#!$^!!

Mag ek nooit so desperaat word nie.

Bees
Re: Homebrew [boodskap #22434 is 'n antwoord op boodskap #22420] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Leon du Plessis"

Nie heeltemal dieselfde nie, maar tog in dieselfde ballpark - een van die dinge
wat ek veral hier in amerika geniet is die talle mikrobrouerye. Wanneer ek
reis, maak ek 'n punt daarvan om elke stad se microbrews te proe - en elke stad
hier blyk ten minste een te he ('n artikel in 'n onlangse tydskrif plaas die
aantal mikrobrouerye in die vsa op 350 !). Toe ek laas in suid-afrika was het
dit gelyk asof mikrobrouerye ook daar posvat. Ek weet Mitchells in knysna het
jare gelede al die ding begin, maar ek het ook in kaapstad twee sulke brouerye
gesien (firkins in loopstraat is een - ek vergeet die naam van die ander).
Enige ander addisionele mikrobrouerye?

leswin
Re: Homebrew [boodskap #22435 is 'n antwoord op boodskap #22420] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon du Plessis  is tans af-lyn  Leon du Plessis
Boodskappe: 14
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Bees wrote in article ...
>
>
> Wie gee om? Home brew proe soos Q#@#!$^!!

Dis waar jy 'n fout begaan. Homebrew is deesdae baie meer gestofistikeerd
as in my varsity dae toe tusigebroude bier selfs erger as Q#@#!$^!! geproe
het. Hedendaagse "homebrew kits" (bloot 'n stroop waarby jy suiker, water
en gis voeg) word deur beroepsbrouers berei, en solank jy alles higienies
hou, sal jy met 'n bier vorendag kom wat so lekker is dat selfs 'n
lewenslange Castle apostel soos ek dit verkies. Al wat my verhoed om
uitsluitlik homebrew te drink, is pure luiheid. Die bottelary was aan die
begin lekker sports, maar dit het nou 'n absolute "chore" geword.

>
> Mag ek nooit so desperaat word nie.
>
Deesdae is dit uit desperaatheid dat ek Castle of Windhoek drink!
Re: Homebrew [boodskap #22451 is 'n antwoord op boodskap #22420] Do, 15 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leon du Plessis wrote in message
...
>
> Mitchells se produkte is landwyd beskikbaar. Hulle behoort nou aan 'n
> Britse maatskappy. Daar is steeds 'n hele paar mikrobrouerye in die Kaap.
> Hier in die Baai was daar 'n ruklank in die hawe een genaamd Harbour
> Tavern, in afwagting van Port Elizabeth se antwoord op die
Victoria and Albert Waterfront. ...

Dis die "Victoria and Alfred". Albert was die man en Alfred 'n
seun (wat, soos die man, op vroeë leeftyd gesterf het)

Swart Simon
Re: Homebrew [boodskap #22452 is 'n antwoord op boodskap #22420] Do, 15 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon du Plessis  is tans af-lyn  Leon du Plessis
Boodskappe: 14
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hjalmar wrote in article
...
> Leon du Plessis [hdu...@tmecl.co.za] skryf...
>
>
> Ek is nie 'n tuisbierbrouer nie, want ek drink nie baie bier nie. Alhoewel
> dit seker differensieel-lonend is vir 'n bierverbruiker, lê my komparatiewe
> voordeel by wynmaak, want ek is wel 'n wyndrinker.
>
> Hjalmar Gerber - in Edmonton, Alberta, Kanada (53 grade noord)
> _______________
>
>

Sover ek weet is die fokus van tuiswynmaak meer op ongewone wynsoorte wat
nie kommersieel beskikbaar is nie. Amateur wynmakers maak byv. appelwyn
(soos jy), perskewyn ens. Een gewilde tuiswynsoort in Brittanje gebruik
byv. roosblomblare as basis. Hoewel tuisbrouery op die meer gevorderde vlak
ook hoogs ingewikkeld kan wees, is dit moontlik vir 'n beginner met die
allerminste toerusting om met 'n eerste probeerslag 'n bier te brou wat
lekker genoeg is om hom aan te moedig om dit weer te doen. Wynmaak is 'n
ander storie. Gespesialiseerde toerusting is daar baie belangrik, en daar
is min leemte vir foute. Ek het so 25 jaar gelede probeer appelwyn maak,
maar weens agtelosigheid het dit in asyn ontaard.

Hoeveel grade is jy van Gloudina af?
Re: Homebrew [boodskap #22453 is 'n antwoord op boodskap #22420] Do, 15 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leon du Plessis  is tans af-lyn  Leon du Plessis
Boodskappe: 14
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
ProPacem wrote in article
...

> aantal mikrobrouerye in die vsa op 350 !). Toe ek laas in suid-afrika was het
> dit gelyk asof mikrobrouerye ook daar posvat. Ek weet Mitchells in knysna het
> jare gelede al die ding begin, maar ek het ook in kaapstad twee sulke brouerye
> gesien (firkins in loopstraat is een - ek vergeet die naam van die ander).
> Enige ander addisionele mikrobrouerye?
>
> leswin
>

Mitchells se produkte is landwyd beskikbaar. Hulle behoort nou aan 'n
Britse maatskappy. Daar is steeds 'n hele paar mikrobrouerye in die Kaap.
Hier in die Baai was daar 'n ruklank in die hawe een genaamd Harbour
Tavern, in afwagting van Port Elizabeth se antwoord op die Victoria and
Albert Waterfront. Sedert die Bay Waterfront sowat drie of vier jaar
gelede met trompetgeskal aangekondig is het daar nog niks gebeur nie,
behalwe dat die Baai se enigste mikrobrouery genoodsaak is om te sluit
omdat niks gebeur nie!
Re: Homebrew [boodskap #22468 is 'n antwoord op boodskap #22420] Vr, 16 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Coetzee, Jacob Carl"

>> Enige ander addisionele mikrobrouerye?
>
> Daar is een by Rawdon's .........

Klink asof hier vrugbare grond is vir 'n projek - om 'n pamflet of "platters
guide to suid-afrikaanse bier" aanmekaar te timmer. Miskien kan so 'n
enterprising persoon selfs bie vir 'n toelaag van SATOER vir so 'n projek. Wat
dink die bierliefhebbers?

leswin
Re: Homebrew [boodskap #22479 is 'n antwoord op boodskap #22420] Sa, 17 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hier is minstens een mikrobrouery in Westelike Australië waarvan ek
weet. Daar is 'n tavern in die hawestad van Fremantle wat hul eie ding
doen.

Alwyn
Vorige onderwerp: Re: Kindergarten - dispuut
Volgende onderwerp: Re: Interested in Bird Watching? Come to South Africa's Eastern Cape
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 10:04:13 MGT 2024