Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Weerberig
Weerberig [boodskap #22399] So, 11 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, Johan

Het julle weer intussen verander, hoe lyk dit by julle? Hier is dit besig
om kouer te word, saans teen 7 uur se kant en smôrens vroeg.

Ons gesin het intussen 2 Chow's ryker geword en saam met die ander twee wat
ons reeds 10 jaar het, geniet hulle die koeler weer baie.

Oom Hans, ten spyte van Namibië se warm somers, bly dit darem 'n land met
die lekkerste winters.

Ek wonder juis oor Hennerietjie, met die paaie wat so onbegaanbaar is wonder
ek of die winter die jaar ooit daat sal uitkom!

Groete

Shannon
Re: Weerberig [boodskap #22417 is 'n antwoord op boodskap #22399] Ma, 12 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 11 Apr 1999 20:41:15 +0200, "Shannon" wrote:

|Johan
|
|Het julle weer intussen verander, hoe lyk dit by julle? Hier is dit besig
|om kouer te word, saans teen 7 uur se kant en smôrens vroeg.

Ons dae rek geweldig vinnig - dit was al half ses soggens lig toe ons so week
terug ons oorlosies terug gestel het - ipv agt ure is ons nou sewe ure agter SA.
Dit rek die aande heerlik lank uit - die son gaan nou reeds hier by sewe uur
saans eers onder en binnekort sal dit sonskyn wees tot halftien saans.

'n Maand gelede het ons ons laaste 10" sneeu gehad en dit was binne drie dae
gesmelt - vandaar af het die temperatuur vinnig gestyg en ek vermoed op hierdie
stadium is ons weer en die van SA se hoëveld presies dieselfde. Snags daal dit
so na 5°C toe en bedags gaan dit op tot 22°C, min of meer.

Die afgelope maand het so verwagtende stilte geheers: Die sneeu is weg en die
lente is nog nie heeltemaal hier nie. Twee weke terug was een van die mylpale.
Vir drie of vier dae sien 'n mens die Kanadese ganse aangevlieg kom in reuse
V-vormasies - hulle kom sit op die gevriesde mere en binne 'n dag of twee begin
die ys oop kolle wys en dan is dit netso skaans om te sien hoe die ganse sommige
op die mere swem en ander op die (nog gevriesde) water staan!

Twee dae later is die mere ysvry. Hierdie verskynsel beweeg van die suide af
noord - in die noorde van Minnesota was daar die nawek nog sneeu en is daar nog
van die mere gevries.

Die afgelope naweek het ons begin reen kry - sommer so duim en 'n half oor drie
dae en nou verskyn die groen - eers het die grasperke die vaalheid afgeskud wat
begin kom het na die gras groen onder die sneeu uitgekom het. Die bome is ook
vol groen knoppe sso die blare wil verskyn en ek verwag binne dae dat die groen
sal ontplof - as dit soos verlede lente is, is dit 'n groen wat mens se oë
seermaak - ek vermoed dat omdat die groei seisoen so kort is, meeste plante baie
vinnig groei en daarom nie 'n baie diep donker groen word nie.

Die voëls het ook weer almal teruggekom en soggens klink dit soos 'n dieretuin
soos hulle buite baljaar - daar word nesgebou vir 'n vale en oral sien jy hulle
rondvlieg met slierte gras in die bekke.

Al ons huis se balngrike vensters is aan die suidekant gelee en bedags bak ons
huis heerlik warm - sodat ons al vensters kan oop maak - ons wil nou nog nie die
lugversorging aansit terwyl oop vensters die werk kan doen nie.
|
|Ons gesin het intussen 2 Chow's ryker geword en saam met die ander twee wat
|ons reeds 10 jaar het, geniet hulle die koeler weer baie.

Ons het ook 'n nuwe brak in die huis. Ons moes die ander twee in SA los - hulle
was al te oud vir die reis. Toe soek ons 'n brakkie wat by Amerikaanse
lewenswyse sal aanpas (ek gaan NIE met 'n plastieke sakkie loop en poe optel
nie!!). Ek wou 'n klein hondjie hê wat vir die seuns 'n troeteldier sal wees en
wat binneshuis sou tuis wees en gou uitdraf in die agterplaas vir besigheid
sonder om dieselfde landskapsaanpassing te doen as die Great Dane wat ek in SA
gehad het.

Maar die pryse!!!!! $450 vir 'n worshondjie of selfs iets aardig soos 'n
miniatuur Doberman! Besoeke aan die Humane Society was teleurstellend (die
fasilliteite is pragtig, maar die verskydenheid beskikbare honde baie min.) Dit
wil amper lyk asof daar 'n paar Labrador reune of tewe iewers 'n geheime Viagra
bron opgespoor het! 90% van al die honde wat huise soek is baster Labradors!
Sulke groot swart diere met die tipiese dik gladde pels.

Einde ten laaste gryp ons toe maat die koerant en daar is toe 'n honderas wat so
tussen $80 en $150 kos. Rat Terrier. Nie in my hondboeke nie. Na so paar
foonoproepe sou ek toe uitvind dis 'n splinternuwe honderas wat hier in Amerika
geteel is - dis 'n Foksterrier met korter bene en groter ore wat op die plase
van die knaagdiere moet ontslae raak - amper kan jy maar sê hy is vir ons
huishouding ontwerp.

So uur se ry uit die metropool uit het ons op 'n plaas gebring waar ons toe vir
Chippie vir net $90 gekry het.

By die volgende web site kan 'n mens sien hoe hulle lyk:

http://www.nrta.com/
Vorige onderwerp: Re: Psychometrics, Intelligence, and Public Perception by John B. Carroll.
Volgende onderwerp: Wilde families - nog meer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 01:34:48 MGT 2024