Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kameras - nog truuks
Kameras - nog truuks [boodskap #22413 is 'n antwoord op boodskap #22414] Ma, 12 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Wanneer 'n spreker afgeneem moet word :

Gebruik altyd 'n elektroniese flits. Dit vries beweging.

As hy jou opponent is:
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
Alle fotos hier MOET nabyfotos wees.
Alle gesigte het 'n goeie kant en 'n minder goeie kant. Posisioneer jouself
aan sy swak kant.
Hurk op die vloer - neem hom af vanuit 'n hoek laer as sy kop. Sy neusgate
vertoon dan mooi groot en swart.
Wag dat hy sy mond oopmaak en druk dan die knoppie. Hier is die
moontlikhede onbeperk. Die lippe se momentele beweging met woordvorming,
gevries deur 'n goeie elektroniese flits, lewer 'n skat van karikature op.
Neem hom minstens 30 keer af. Die aanhoudende geflits sal hom kort voor
lank irriteer en hy gaan dan frons. Lekker. Nou het ons al 'n frons,
swart, oop neusgate en 'n oop mond.
Neem hom af as hy vingers wys.........
As jy hom nog kan vang dat hy wegkyk of opkyk, (baie wit van die oë) is jou
dag gemaak.

Selfs nie eens die mees gesoute politikus is opgewasse teen 'n fotograaf wat
sy akkers ken nie.

Moet 'n hou teen M-Net inkry hier. As sommige aanbieders tog maar net
hulself kan sien - dis onmoontlik om tandevertoon ("stage smile") en praat
te kombineer maar hulle hou aan probeer.

As hy my man is :
^^^^^^^^^^^^^^^^^

Stel jou vervoerbare ateljeeflitse, kompleet met sambrele, "soft box" en
"spots"
op rondom die spreker en reel vooraf met hom om mooi na jou kant toe te
glimlag as hy merk jy lig jou kamera op. Neem net twee of drie fotos en gee
dan die man kans om sy sê te sê. Moenie die "opponent" dinge met hom
aanvang nie. Publiseer dan net sy foto as dit regtig MOET. Moenie
vergeet om tien afdrukke te maak en dit aan hom te skenk nie.......en stuur
die goeie fotos aan al die opposisiekoerante ingeval hulle fotograaf s'n
dalk 'n flop was.

Omie.

(Gloudie, onthou jy hoe ek jou probeer verbeeld het ?? Dit was maar net
die fotograaf in my. Hokaai, ek raak al weer moedswillig pleks van dankie
sê vir komplimente wat uitgedeel is...........)
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22414 is 'n antwoord op boodskap #22413] Ma, 12 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Hans" writes:


> (Gloudie, onthou jy hoe ek jou probeer verbeeld het ?? Dit was maar net
> die fotograaf in my. Hokaai, ek raak al weer moedswillig pleks van dankie
> sê vir komplimente wat uitgedeel is...........)

Oom Hans, moenie jouself moeg maak nie.
Ek het nie 'n goeie of slegte kant nie.
Albei is ewe fotogenies. Dieselfde kan
gesê word van my binnekant.

Ek kan in alle geval nie enige van die
prente sien wat op die nuusgroep gepos
word nie. Ons Model-T laat dit nie toe
nie. (En moenie vir my vry advies probeer
gee oor hoe om die nuwe eeu in te gaan
nie. Die moeilikheid is dat enige nuwe
tipe rekenaar se aankoop sal veroorsaak
dat die Japannese "environment" wat
ingebou is in ons huidige rekenaar, weer
van vooraf moet ingesit word, en daarvoor
sien ons op die oomblik nie kans nie.)

So ek wens julle wil vir my beskryf waaroor
die onlangse bespreking van 'n padteken
gaan. In woorde. Ek weet nou al dat Oom
Hans dink dis gedokter.

Gloudina
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22432 is 'n antwoord op boodskap #22414] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
On 12 Apr 1999 18:53:06 GMT, wrote:
> Ek kan in alle geval nie enige van die
> prente sien wat op die nuusgroep gepos
> word nie. Ons Model-T laat dit nie toe
> nie.
> So ek wens julle wil vir my beskryf waaroor
> die onlangse bespreking van 'n padteken
> gaan. In woorde. Ek weet nou al dat Oom
> Hans dink dis gedokter.
>

Daar is 'n foto van 'n padteken wat sê: "Beware you are entering
hijack area". Die padteken is self reghoekig maar effens rond om die
hoeke. Die hoeke het egter 'n donker skakering wat moontlik dui op
die feit dat die foto's gedokter is... of dat daar miskien net 'n
metaalplaat agter die padteken is en dit dus nie gedokter is nie. Jy
moet die foto's sien om die idee te kry.

- Oor jou "Model T" situasie -
Jy moet miskien 'n ander benadering volg deur:
1) uit te vind hoe om jou nuusleser in staat te stel om foto's te
besigtig want selfs die ouer modelle kan dit doen maar mense weet
gewoonlik nie hoe nie,
2) indien nie, jou nuusleser op te gradeer na een wat kan.

Jy kan Free Agent aflaai by www.forteinc.com
Dit wys die foto's heel maklik (kliek op die betrokke artikel,
regs-kliek en kies "decode binary file"). Om die program te
installeer is regtig maklik. Nadat jy die FAgent lêer afgelaai het,
"double click" jy net op die lêer en dit installeer basies self.

Pos jou "Model-T" se naam en "version". Miskien is daar 'n nog
makliker oplossing alhoewel die Free Agent opsie dit in elk geval sal
oplos.

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22433 is 'n antwoord op boodskap #22414] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:7etfei$2rm$1@news.igs.net...
Die moeilikheid is dat enige nuwe
> tipe rekenaar se aankoop sal veroorsaak
> dat die Japannese "environment" wat
> ingebou is in ons huidige rekenaar, weer
> van vooraf moet ingesit word, en daarvoor
> sien ons op die oomblik nie kans nie.)
>

Hey Doudie

Daar is iets van rekenaars wat jy lyk my nie verstaan nie. 'n Ou rekenaar
(se maar voor 1997) is min of meer waardeloos. So hou julle ou rekenaar met
die japanese dingetjies daarop vir julle japanese kommunikasie, en koop nog
een met die nuutste dinge en sagteware.

Bees
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22443 is 'n antwoord op boodskap #22414] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:7f284s$aal$1@news.igs.net...
> Ou Bees, daar's sekere dinge wat jy nie verstaan
> nie. As mens in Japannees epos wil ontvang en
> op die Net in Japannees wil surf, dan het jy
> telefoon-konneksie daarvoor nodig. Stel jy voor
> dat ons twee telefoon-lyne laat insit?

Yup.

Sal jy
> daarvoor betaal?

Nope.

Het jy al ooit op 'n rekenaar
> gewerk met twee environments?

Yup.

Nie net 'n rekenaar
> met 'n paar programme in 'n ander westerse taal
> nie, maar 'n rekenaar wat so ingestel is dat die
> fonts die andersoortige stelsel kan hanteer?

Yup.

>
> En die Japannese environment bestaan nie net uit
> "'n paar Japannese dingetjies" nie. Dit het 'n
> uitstekende wordprocessor en 'n massiewe woordeboek
> ingebou. Kom, vertel my nou, het jy al ooit op
> 'n rekenaar gewerk wat 'n environment het wat
> vreemde fonts benodig?

Yup. Turkse fonts.

Dit is die punt. Dit is heeltemal te moelik om twee (baie) verskillende "
omgewings" te akkomodeer op een rekenaar (soos somer en winter in een
agterplaas).

So koop nog een. Heeltemal onafhanklik. Dit is nie baie waarskynlik dat
albei rekenaar gereeld op dieselfde tyd die telefoon lyn sal beset nie. En
as dit so is, kry nog 'n lyn.

Bees - Istanbull bees.
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22444 is 'n antwoord op boodskap #22414] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
> Ek kan in alle geval nie enige van die
> prente sien wat op die nuusgroep gepos
> word nie. Ons Model-T laat dit nie toe
> nie.

Het zijn echt leuke plaatjes. En echt, volgens mij. Het zou jammer zijn als
je ze moest missen, dus heb ik er een klein paginaatje voor gemaakt:

http://www.caiw.nl/~hagenaa/za/hijack.htm

Groeten,
Arthur
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22445 is 'n antwoord op boodskap #22414] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:

> Gloudina heeft geschreven...
>> Ek kan in alle geval nie enige van die
>> prente sien wat op die nuusgroep gepos
>> word nie. Ons Model-T laat dit nie toe
>> nie.
>
> Het zijn echt leuke plaatjes. En echt, volgens mij. Het zou jammer zijn als
> je ze moest missen, dus heb ik er een klein paginaatje voor gemaakt:
>
> http://www.caiw.nl/~hagenaa/za/hijack.htm
>
> Groeten,
> Arthur


Baie dankie, Arthur. So mooi duidelik
ook.
Hoekom dink ek jy is nou in Duitsland?

Gloudina
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22446 is 'n antwoord op boodskap #22414] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes: >

> Hey Doudie
>
> Daar is iets van rekenaars wat jy lyk my nie verstaan nie. 'n Ou rekenaar
> (se maar voor 1997) is min of meer waardeloos. So hou julle ou rekenaar met
> die japanese dingetjies daarop vir julle japanese kommunikasie, en koop nog
> een met die nuutste dinge en sagteware.
>
> Bees

Ou Bees, daar's sekere dinge wat jy nie verstaan
nie. As mens in Japannees epos wil ontvang en
op die Net in Japannees wil surf, dan het jy
telefoon-konneksie daarvoor nodig. Stel jy voor
dat ons twee telefoon-lyne laat insit? Sal jy
daarvoor betaal? Het jy al ooit op 'n rekenaar
gewerk met twee environments? Nie net 'n rekenaar
met 'n paar programme in 'n ander westerse taal
nie, maar 'n rekenaar wat so ingestel is dat die
fonts die andersoortige stelsel kan hanteer?

En die Japannese environment bestaan nie net uit
"'n paar Japannese dingetjies" nie. Dit het 'n
uitstekende wordprocessor en 'n massiewe woordeboek
ingebou. Kom, vertel my nou, het jy al ooit op
'n rekenaar gewerk wat 'n environment het wat
vreemde fonts benodig? Bestudeer bietjie die
probleem deur met 'n Japannees te praat oor wat
moet gebeur voordat jy 'n Japannese environment
in jou rekenaar kan kry sodat jy in Japannees
epos kan ontvang en stuur, en dan praat ons weer.

Gloudina-san
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22460 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 15 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
> "Arthur Hagen" writes:

>
> Hoekom dink ek jy is nou in Duitsland?
>

Ik verzamel gratis e-mail adressen :)

Voorheen had ik usa.net, maar die bieden niet langer het gratis forwarden
van e-mail aan. Topmail wel.

Groeten,
Arthur
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22461 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 15 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...
>
>
> Die Turkse / Arabiese ortografie is vir my die mooiste wat daar is.
>
> Net jammer ek verstaan die nie :-)

?? Bedoel jy dalk kalligrafie? As jy nie Turks / Arabies
verstaan nie dan kan jy kwalik die ortografie daarvan beoordeel.

Swart Simon
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22462 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 15 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
>> Dit is die punt. Dit is heeltemal te moelik om twee (baie) verskillende "
>> omgewings" te akkomodeer op een rekenaar (soos somer en winter in een
>> agterplaas).
>
> Hier verskil ek van jou. Dis heel maklik
> om die twee environments op een rekenaar
> te akkomodeer. Dis soos twee kamers met
> 'n deur tussenin. As my man die rekenaar
> in die Japannese kant gelos het, tik Dom
> Doudie net "switch" en "yes" in en dan
> gaan dit oor na die Engelse environment.
> Die probleem lê by die installasie. Dit
> lyk nie vir my baie sogenaamde rekenaars-
> deskundiges wat net in Engels werk, weet
> hoe om die dinge te hanteer nie. Ons moet
> 'n Japannese vriend wat nou in Toronto bly
> kry om dit vir ons te kom doen, en selfs
> hy sweet soms. Nadat hy dit die laaste keer
> ingesit het, vind my man dat hy die Japannees
> op die Internet kan lees, maar dit nie kan
> uitdruk op die printer nie.
> Hy moes dit die tweede keer kom insit,
> omdat ons, volgens ons een seun, meer memory
> moes kry. Toe gee ons maar in, gaan na die
> mense wat hy aanbeveel, en hulle mors die
> ding so op dat dit nie eens in die Engelse
> environment wil werk nie. Toe sê hulle ons
> het 'n virus. Toe vee hulle alles uit en sit
> weer alle sagteware nuut in - die Engelse
> sagteware.
> Nou karring my seun aan ons om 'n nuwe
> rekenaar te kry, want Dell se pryse is dan
> nou so laag soos dit ooit kan gaan. Maar
> dan kyk ek net in sy o"e en sê die een woord
> "Peach" (die naam van die besigheid wat laaste
> so 'n gemors veroorsaak het) en dan bly hy
> weer stil vir 'n maand.

Hey Doudie

Lees weer: "Dit is die punt. Dit is heeltemal te moelik om twee (baie)
verskillende "
>> omgewings" te akkomodeer op een rekenaar"

Staaf jou storie hierbo nie my punt nie? Lyk so vir my.

> Het jy in Turkye gewerk?
> Vertel waar.

Nie permanent nie, maar ek was baie daar om te werk op 'n projek naby
Beypazari. Meeste van die tyd in Ankara en Istanbul deurgebring met
burokrate. Probleem was, hulle het elke 6 maande gewissel -eers Miesies
Ciller se lotjie, toe Mesut Yilmaz se horde, toe die Erbakan bende, toe
raak ons moeg vir die speletjie. Al was die Bosporus een van die mees
aangerypende dinge was ek ooit gesien het. En die Blou Moskee. En St
Sofia's....

Bees
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22463 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 15 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> skryf in boodskap news:7f284s$aal$1@news.igs.net...
>> En die Japannese environment bestaan nie net uit
>> "'n paar Japannese dingetjies" nie. Dit het 'n
>> uitstekende wordprocessor en 'n massiewe woordeboek
>> ingebou. Kom, vertel my nou, het jy al ooit op
>> 'n rekenaar gewerk wat 'n environment het wat
>> vreemde fonts benodig?
>
> Yup. Turkse fonts.

Die Turkse / Arabiese ortografie is vir my die mooiste wat daar is.

Net jammer ek verstaan die nie :-)
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22464 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 15 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

Kom, vertel my nou, het jy al ooit op
>> 'n rekenaar gewerk wat 'n environment het wat
>> vreemde fonts benodig?
>
> Yup. Turkse fonts.
>
> Dit is die punt. Dit is heeltemal te moelik om twee (baie) verskillende "
> omgewings" te akkomodeer op een rekenaar (soos somer en winter in een
> agterplaas).

Hier verskil ek van jou. Dis heel maklik
om die twee environments op een rekenaar
te akkomodeer. Dis soos twee kamers met
'n deur tussenin. As my man die rekenaar
in die Japannese kant gelos het, tik Dom
Doudie net "switch" en "yes" in en dan
gaan dit oor na die Engelse environment.
Die probleem lê by die installasie. Dit
lyk nie vir my baie sogenaamde rekenaars-
deskundiges wat net in Engels werk, weet
hoe om die dinge te hanteer nie. Ons moet
'n Japannese vriend wat nou in Toronto bly
kry om dit vir ons te kom doen, en selfs
hy sweet soms. Nadat hy dit die laaste keer
ingesit het, vind my man dat hy die Japannees
op die Internet kan lees, maar dit nie kan
uitdruk op die printer nie.
Hy moes dit die tweede keer kom insit,
omdat ons, volgens ons een seun, meer memory
moes kry. Toe gee ons maar in, gaan na die
mense wat hy aanbeveel, en hulle mors die
ding so op dat dit nie eens in die Engelse
environment wil werk nie. Toe sê hulle ons
het 'n virus. Toe vee hulle alles uit en sit
weer alle sagteware nuut in - die Engelse
sagteware.
Nou karring my seun aan ons om 'n nuwe
rekenaar te kry, want Dell se pryse is dan
nou so laag soos dit ooit kan gaan. Maar
dan kyk ek net in sy o"e en sê die een woord
"Peach" (die naam van die besigheid wat laaste
so 'n gemors veroorsaak het) en dan bly hy
weer stil vir 'n maand.

> So koop nog een. Heeltemal onafhanklik. Dit is nie baie waarskynlik dat
> albei rekenaar gereeld op dieselfde tyd die telefoon lyn sal beset nie. En
> as dit so is, kry nog 'n lyn.
>
> Bees - Istanbull bees.


Het jy in Turkye gewerk?
Vertel waar.

Gloudina
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22475 is 'n antwoord op boodskap #22414] Vr, 16 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

>> Het jy in Turkye gewerk?
>> Vertel waar.
>
> Nie permanent nie, maar ek was baie daar om te werk op 'n projek naby
> Beypazari. Meeste van die tyd in Ankara en Istanbul deurgebring met
> burokrate. Probleem was, hulle het elke 6 maande gewissel -eers Miesies
> Ciller se lotjie, toe Mesut Yilmaz se horde, toe die Erbakan bende, toe
> raak ons moeg vir die speletjie. Al was die Bosporus een van die mees
> aangerypende dinge was ek ooit gesien het. En die Blou Moskee. En St
> Sofia's...

Ek ontmoet so baie mense wat ekstaties
raak oor Turkye. Wat maak die Bosporus
aangrypend?

Gloudina.
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22476 is 'n antwoord op boodskap #22414] Vr, 16 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 15 Apr 1999 20:51:21 +0200, "Arthur Hagen"
wrote:

> Gloudina heeft geschreven...
>> "Arthur Hagen" writes:
>
>>
>> Hoekom dink ek jy is nou in Duitsland?

> Ik verzamel gratis e-mail adressen :)
> Voorheen had ik usa.net, maar die bieden niet langer het gratis forwarden
> van e-mail aan. Topmail wel.

Ek gebruik self www.email.com vir die aanstuur van my e-pos na my
korrekte adres. Dit werk goed. Die voordeel is natuurlik dat indien
jy ooit van Internet diensverskaffer wou verander, dat jou e-pos
adres altyd dieselfde sal bly. Dus minder moeite omdat jy nooit weer
vir die mense in jou adresboek van enige adresveranderinge te laat
weet nie. Jy het ook die ekstra voordeel dat indien jy iemand is wat
tuisblaaie vir die net ontwikkel(en dus soms ongevraagde besoekers
kry), jy dan maklik van "spammers" ontslae kan raak omdat jy nooit
jou ware e-mail adres gebruik nie. Jy kan dus die "forwarding" adres
afsit as dit 'n probleem raak.

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22508 is 'n antwoord op boodskap #22414] Ma, 19 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Bees" writes:
> Hier verskil ek van jou. Dis heel maklik
> om die twee environments op een rekenaar
> te akkomodeer. Dis soos twee kamers met
> 'n deur tussenin. As my man die rekenaar
> in die Japannese kant gelos het, tik Dom
> Doudie net "switch" en "yes" in en dan
> gaan dit oor na die Engelse environment.
> Die probleem lê by die installasie.
> Gloudina

Mevrou,
Ek het gedink die onderstaande advertensie mag u intereseer, omdat u so in
alles en nog wat belangstel. Groete aan mnr. Nippon.

Granny Smith - New York

Ad seen in the New York Times
FOR SALE BY OWNER
Complete set of Encyclopaedia Britannica.
45 volumes. Excellent condition.
$1,000.00 or best offer.
No longer needed.
Got married
Wife knows #@$%*&# everything.
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22509 is 'n antwoord op boodskap #22414] Ma, 19 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Kobus Pietersen" writes:
>
>> Mevrou,
>> Ek het gedink die onderstaande advertensie mag u intereseer, omdat u so in
>> alles en nog wat belangstel. Groete aan mnr. Nippon.
>
> Geagte Meneer Pietersen,
> Dankie vir u spitsvondigheid. U verwar
> spitsvondigheid en intellek. U verwar
> snipperigheid en intellek. Ek is jammer
> vir enigiemand wat spitsvondigheid en
> snipperigheid met intellek verwar, want
> hulle is gewoonlik 'n pyn in die
> derriere, soos ons hier in Kanada sê.
> Ons is mos tweetalig, weet u.
> Gelukkig is ek geseen met 'n man
> wie se I.K. ten minste twintig kerwe
> ho"er is as myne,
>
> Dom Doudie
>
>
Ditsem, Doudie!

Tik hom oor die vingers met 'n glimlag aan die mond. Mans wat nie kan
hanteer dat dames wel meer as hulle kan weet nie, is self maar eng van
verstand.

Groete

Shannon
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22510 is 'n antwoord op boodskap #22414] Ma, 19 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Apr 1999 20:33:31 +0200, "Shannon" wrote:

|Ditsem, Doudie!
|
|Tik hom oor die vingers met 'n glimlag aan die mond. Mans wat nie kan
|hanteer dat dames wel meer as hulle kan weet nie, is self maar eng van
|verstand.
|
Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?

Daar word so baie groot deel van die vroulike brein opgbruik vir regterbrein
funksies (emosies) dat daar werklik min oorbly om te gebruik vir "die weet van
volumes dinge".

Politieke korrektheid het ook hier 'n wanbeeld begin skep - die gelykheid van
die geslagte. Vroumense is anders, baie anders - en ek praat nie eers van die
fisiese nie. Waarom stry teen iets wat geneties vasgelê is?

Vroumense is gemaak om swanger te wees, mans nie.
Vroumense kan nie met verbeelding kook nie, mans kan.

Omdat mans hulle anders hanteer as wat hulle hulle "buddies" hanteer, dink
vroumense hulle is minderwaardig. Dit is nie die mans wat so dink nie - mans
erken bloot die geslagsverskille. Vroumense sit hulle eie minderwaardigheid
voort.
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22511 is 'n antwoord op boodskap #22414] Ma, 19 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes:

> Mevrou,
> Ek het gedink die onderstaande advertensie mag u intereseer, omdat u so in
> alles en nog wat belangstel. Groete aan mnr. Nippon.

Geagte Meneer Pietersen,
Dankie vir u spitsvondigheid. U verwar
spitsvondigheid en intellek. U verwar
snipperigheid en intellek. Ek is jammer
vir enigiemand wat spitsvondigheid en
snipperigheid met intellek verwar, want
hulle is gewoonlik 'n pyn in die
derriere, soos ons hier in Kanada sê.
Ons is mos tweetalig, weet u.
Gelukkig is ek geseen met 'n man
wie se I.K. ten minste twintig kerwe
ho"er is as myne,

Dom Doudie
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22512 is 'n antwoord op boodskap #22414] Ma, 19 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

Aarde Johan - net wanneer ek dink dis veiliger in Minnesota, kom jy vorendag
met sulke onbesonne uitlatings.

> Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?

Dis nou al oor en oor bewys dat die grootte van die menslike brein nie
beduidend met intelligensie korrelleer nie. Einstein se brein was self kleiner
as die gemiddelde.

> Daar word so baie groot deel van die vroulike brein opgbruik vir regterbrein
> funksies (emosies) dat daar werklik min oorbly om te gebruik vir "die weet
> van
> volumes dinge".

Absolute snert. Benewens die oeroue en simplistiese vraag na die mate waartoe
sosiaal gebonde geslagsrolle die groter emosionalitet ingee, het talle neuroloe
(waaronder Luria en Vygotsky seker die mees invloedrykste) duidelik aangetoon
hoedat die brein IN INTERAKSIE met die omgewing ontwikkel sodat simplistiese
fisiologie nie 'n absolute antwoord verskaf nie.

> Vroumense is gemaak om swanger te wees, mans nie.
> Vroumense kan nie met verbeelding kook nie, mans kan

Was die jukstaposisionering nie so hartseer nie, het ek my 'n papie gelag.

> Dit is nie die mans wat so dink nie - mans
> erken bloot die geslagsverskille. Vroumense sit hulle eie minderwaardigheid
> voort.

En swartes was verantwoordelik vir hul eie onderdrukking - o, en laat ons nie
gays vergeet nie, ook verantwoordelik vir hul eie onderdrukking. Dan kan mens
seker ook die vrou wat verkrag word blameer vir die kort rokkie wat sy dra, of
die kossovars vir die feit dat hulle nou in Albanie of Macedonie sit. Ek dink
nie eers aan hierdie laaste pos van jou as seksisties nie, Johan, maar as 'n
nuwe laagtepunt in dwaasheid.
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22513 is 'n antwoord op boodskap #22414] Ma, 19 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Geagte Meneer Pietersen,
> U verwar spitsvondigheid en intellek. U verwar
> snipperigheid en intellek.
Ek moet sê dit is soms verwarrend om tussen u en u eggenoot te onderskei.
Een van u is nie 'n bobbejaan nie, en die ander is nie onder 'n kalkoen uit
gebroei nie.
Vergewe my onkunde, sal u?

Ek is jammer
> vir enigiemand wat spitsvondigheid en
> snipperigheid met intellek verwar, want
> hulle is gewoonlik 'n pyn in die
> derriere, soos ons hier in Kanada sê.
U selfbejammering so ver van die huis neem soms ongekende afmetings aan,
mevrou Soutie.
Maar laat ons nou nie die bobbjaan agter die bult gaan haal nie.

> Ons is mos tweetalig, weet u.
Ons besig ook slegs twee tale hier in Babel.

> Gelukkig is ek geseen met 'n man
> wie se I.K. ten minste twintig kerwe
> ho"er is as myne.
Maak dit 21 kerwe, aangesien u nog steeds verkies om op DOS6 te
werk.
Wees verseker dat dit inaggeneem word wanneer met u gekommunikeer
word. Maar kom verby mevrou, ek is seker u man se IK word ten minste met
50 kerwe verhoog wanneer u u kleurvolle Doppler-effek so mildelik toepas.
So inderwaarheid het u slegs 'n veronderstelde agterstand deur u tegniek.

> Dom Doudie
Ek hou van u. U herinner my aan die dae toe ek nog jonk en onnosel
was.
Nou is ek ouer, maar die hoop beskaam nie.

Nogmaals baie dankie vir u tyd en geduld.
Dommer Kobie :-)
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22527 is 'n antwoord op boodskap #22414] Di, 20 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Mon, 19 Apr 1999 20:33:31 +0200, "Shannon" wrote:
>
> |Ditsem, Doudie!
> |
> |Tik hom oor die vingers met 'n glimlag aan die mond. Mans wat nie kan
> |hanteer dat dames wel meer as hulle kan weet nie, is self maar eng van
> |verstand.
> |
> Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?
>
> Daar word so baie groot deel van die vroulike brein opgbruik vir regterbrein
> funksies (emosies) dat daar werklik min oorbly om te gebruik vir "die weet van
> volumes dinge".

Leendert, vind jy enige stats om hierdie onbesonne uitlating te bevestig?!

Johan, jou bg. reaksie is ondeurdag. 'n Vrou se redenasie vermoë is eerder
emosioneel gekleurd.

>
> Politieke korrektheid het ook hier 'n wanbeeld begin skep - die gelykheid van
> die geslagte. Vroumense is anders, baie anders - en ek praat nie eers van die
> fisiese nie. Waarom stry teen iets wat geneties vasgelê is?
>
> Vroumense is gemaak om swanger te wees, mans nie.
> Vroumense kan nie met verbeelding kook nie, mans kan.

:-)))) skies dat ek so uitbars van die lag!

>
> Omdat mans hulle anders hanteer as wat hulle hulle "buddies" hanteer, dink
> vroumense hulle is minderwaardig.

Twak!

Dit is nie die mans wat so dink nie - mans
> erken bloot die geslagsverskille. Vroumense sit hulle eie minderwaardigheid
> voort.

Hierdie opmerkings is vanuit jou verwysingsraamwerk en jou laaste sin is
ietwat kortsigtig.

Verwys na Leswin se opmerkings, op jou skrywe, waarmee ek deels saamstem.

Leswin, sien jy hoe maklik spring mans en dames in 'n 'vuisgeveg'? Elkeen
sal vir sy kant veg, al stem hulle nie altyd met alles t.o.v. hulle bepaalde
groep saam nie. Net so sal mens steeds kry swart teen wit, Afrikaner teen
Engelsman, seuns teen dogters, landsgenote teen ander lande ens. Darem
bitter jammer dat die swart teen wit as so 'n verkeerde ding beskou word en
die woord rasis onmiddelik nader gepluk word en jy selfs met die wetboeke
gegooi kan word.

Groete

Shannon
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22528 is 'n antwoord op boodskap #22414] Di, 20 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
>> e...@dot.com (Johan)

> Aarde Johan - net wanneer ek dink dis veiliger in Minnesota, kom jy vorendag
> met sulke onbesonne uitlatings.

>> Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?

> Dis nou al oor en oor bewys dat die grootte van die menslike brein nie
> beduidend met intelligensie korrelleer nie. Einstein se brein was self kleiner
> as die gemiddelde.

>> funksies (emosies) dat daar werklik min oorbly om te gebruik vir "die weet
>> van
>> volumes dinge".

> Absolute snert. Benewens die oeroue en simplistiese vraag na die mate waartoe
> sosiaal gebonde geslagsrolle die groter emosionalitet ingee, het talle neuroloe
> (waaronder Luria en Vygotsky seker die mees invloedrykste) duidelik aangetoon
> hoedat die brein IN INTERAKSIE met die omgewing ontwikkel sodat simplistiese
> fisiologie nie 'n absolute antwoord verskaf nie.

>> Vroumense is gemaak om swanger te wees, mans nie.
>> Vroumense kan nie met verbeelding kook nie, mans kan

> Was die jukstaposisionering nie so hartseer nie, het ek my 'n papie gelag.

>> Dit is nie die mans wat so dink nie - mans
>> erken bloot die geslagsverskille. Vroumense sit hulle eie minderwaardigheid
>> voort.

> En swartes was verantwoordelik vir hul eie onderdrukking - o, en laat ons nie
> gays vergeet nie, ook verantwoordelik vir hul eie onderdrukking. Dan kan mens
> seker ook die vrou wat verkrag word blameer vir die kort rokkie wat sy dra, of
> die kossovars vir die feit dat hulle nou in Albanie of Macedonie sit. Ek dink
> nie eers aan hierdie laaste pos van jou as seksisties nie, Johan, maar as 'n
> nuwe laagtepunt in dwaasheid.

Lesley, ek stem heeltemal saam met jou, ek kon dit self nie beter gesê het !

Johann, lewe jy nog in 'n ander eeu en glo jy REGTIG wat jy skryf ??? Ek kry
jou jammer !

Hilda.

--
E- mail :gervaas...@ping.be
Homepage: http://www.ping.be/hilda-gervaas en
http://www.oocities.org/SoHo/Square/7005 en
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22537 is 'n antwoord op boodskap #22414] Wo, 21 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote in message ...
> Shannon wrote in message
> ...
>>
>> @igs.net wrote in message ...
>>> "Kobus Pietersen" writes:
>>>> Mevrou,
>>>> Ek het gedink die onderstaande advertensie mag u intereseer,
>
>>> Ek is jammer
>>> vir enigiemand wat spitsvondigheid en
>>> snipperigheid met intellek verwar, want
>>> hulle is gewoonlik 'n pyn in die
>>> derriere,
>
>> Ditsem, Doudie!
>> Tik hom oor die vingers met 'n glimlag aan die mond. Mans wat nie kan
>> hanteer dat dames wel meer as hulle kan weet nie, is self maar eng van
>> verstand.
>> Shannon
>
Kobus, ek het reageer op Doudie se skrywe van die 19e. (asook die aanloop
van Gloudina se verduideliking van hul rekenaarstelsel)

> Jis sus, jy mis die bus.
> 'n Goeie woord het 'n halwe begrip nodig.
> Die bedoeling was as volg:
>
> Shannon
> Het u man goeie navrae op sy onderstaande advertensie gehad?
>
> Complete set of Encyclopaedia Britannica.
> No longer needed.
> Got married
> Wife knows #@$%*&# everything.
>
> Die man gee juis toe dat die vrou sy meerdere is.
> Jy volg?
>
Verstandelik was ek wel daar toe in staat om bg. grappie te volg, te
verstaan en te geniet.

Aan die ander kant die grappie kan ook op 'n ander wyse interpreteer word.
:-)
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22538 is 'n antwoord op boodskap #22414] Wo, 21 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Shannon wrote in message
...
>
> @igs.net wrote in message ...
>> "Kobus Pietersen" writes:
>>> Mevrou,
>>> Ek het gedink die onderstaande advertensie mag u intereseer,

>> Ek is jammer
>> vir enigiemand wat spitsvondigheid en
>> snipperigheid met intellek verwar, want
>> hulle is gewoonlik 'n pyn in die
>> derriere,

> Ditsem, Doudie!
> Tik hom oor die vingers met 'n glimlag aan die mond. Mans wat nie kan
> hanteer dat dames wel meer as hulle kan weet nie, is self maar eng van
> verstand.
> Shannon

Jis sus, jy mis die bus.
'n Goeie woord het 'n halwe begrip nodig.
Die bedoeling was as volg:

Shannon
Het u man goeie navrae op sy onderstaande advertensie gehad?

Complete set of Encyclopaedia Britannica.
No longer needed.
Got married
Wife knows #@$%*&# everything.

Die man gee juis toe dat die vrou sy meerdere is.
Jy volg?
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22539 is 'n antwoord op boodskap #22414] Wo, 21 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Apr 1999 19:17:33 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:
||
|Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?
|
Nou moet ek maar erken - ek word pateties. Skryf ek oor iets moois of
gee 'n uitdaging oor Letterkunde is daar geen reaksie nie - en as ek
trol, dan vang ek net vier slap visse....

Ek't nou regtig gedink dit staan soos 'n paal bo water dat ek met my
tong in die kies praat - en daar word ek so ernstig opgeneem!

Nou kan ek net weer sien as ek nou sê dat alles wat ek oor die
vrouegeslag kwytgeraak het, presies die teenoorgestelde is as wat ek
regtig oor die sakie voel, ek weer uitgeskel gaan word vir 'n
manteldraaier en so aan.....

Kyk net hoe wilde gevolgtrekkings maak Leswin sommer al weer - kies
sommer koers so skuins in en vaar uit teen sommer 'n reeks dinge. Kom
af aarde toe Leswin - soos die vorige keer staan jy met jou pote
viekantig in die bees poe. Jy het alweer daarin getrap.

Net ou Gloudinatjie het niks gesê nie - sy was seker New York toe vir
haar jaarlikse inligtingsessie oor hoe sleg Amerika is.
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22540 is 'n antwoord op boodskap #22414] Wo, 21 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Kan julle nie vir Matt Nuenke kry om die kwessie op te los nie? Hy is mos
hoeka so doenig met metings van koppe....

Daniel
(wat al lankal lurk, maar nou eers die pos ding regkry)

<snip 'n bietjie hier>

> >>Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?

>> Dis nou al oor en oor bewys dat die grootte van die menslike brein nie
>> beduidend met intelligensie korrelleer nie. Einstein se brein was self kleiner
>> as die gemiddelde.

<Snip 'n bietjie daar>

> Johann, lewe jy nog in 'n ander eeu en glo jy REGTIG wat jy skryf ??? Ek kry
> jou jammer !
>
> Hilda.

<snip nog so 'n paar>
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22561 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 22 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com

> Nou kan ek net weer sien as ek nou sê dat alles wat ek oor die
> vrouegeslag kwytgeraak het, presies die teenoorgestelde is as wat ek
> regtig oor die sakie voel, ek weer uitgeskel gaan word vir 'n
> manteldraaier en so aan....

Humor, satire, parodie, ironie het almal skryfswyses en meganismes waarmee die
leser daardie skrywe as sodanig kan beoordeel. Wat, vra ek jou Johan, in jou
skrywe kon ek gebruik om 'n beoordeling daarvan te maak as humor, satire,
parodie of ironie? Voorts - insoverre ek trol verstaan as 'n pos wat 'n
reaksie ontlok, het jou skrywe presies dit gedoen. Niks om oor te kla nie.

> soos die vorige keer staan jy met jou pote
> viekantig in die bees poe.

Ek stem saam met jou beskrywing van jou pos as beespoe.

> Ek't nou regtig gedink dit staan soos 'n paal bo water dat ek met my
> tong in die kies praat

Ek wil dit baie graag glo en reik graag 'n apologetiese hand uit indien dit die
geval is

leswin
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22562 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 22 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan over die see wrote in message ...
> On Mon, 19 Apr 1999 19:17:33 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:
> ||
> |Meer kan weet? Met 'n kleiner brein?
> |
> Nou moet ek maar erken - ek word pateties. Skryf ek oor iets moois of
> gee 'n uitdaging oor Letterkunde is daar geen reaksie nie - en as ek
> trol, dan vang ek net vier slap visse....
>
> Ek't nou regtig gedink dit staan soos 'n paal bo water dat ek met my
> tong in die kies praat - en daar word ek so ernstig opgeneem!
>

Maar jy weet self daar is sekere onderwerpe wet mens nie tong in kies in 'n
gesprek mag aanpak nie, veral nie op die ng nie. Onthou maar volgende keer
die ;-) en :-)) om die regte luim te skep!

> Nou kan ek net weer sien as ek nou sê dat alles wat ek oor die
> vrouegeslag kwytgeraak het, presies die teenoorgestelde is as wat ek
> regtig oor die sakie voel, ek weer uitgeskel gaan word vir 'n
> manteldraaier en so aan.....
>
> Kyk net hoe wilde gevolgtrekkings maak Leswin sommer al weer - kies
> sommer koers so skuins in en vaar uit teen sommer 'n reeks dinge. Kom
> af aarde toe Leswin - soos die vorige keer staan jy met jou pote
> viekantig in die bees poe. Jy het alweer daarin getrap.

Leswin is al so uitgehonger na 'n lekker geselsonderwerp dat hy nes ons
ander na enige strooihalmpie gryp.

>
> Net ou Gloudinatjie het niks gesê nie - sy was seker New York toe vir
> haar jaarlikse inligtingsessie oor hoe sleg Amerika is.
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22563 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 22 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Shannon"

> Leswin, sien jy hoe maklik spring mans en dames in 'n 'vuisgeveg'? Elkeen
> sal vir sy kant veg, al stem hulle nie altyd met alles t.o.v. hulle bepaalde
> groep saam nie.

Ek stem saam dat dit baie maklik is om kant te kies bloot op grond van een of
ander askriptiewe (ek hoop daar is so 'n woord - vanaf ascriptive) identiteit
soos geslag, ras, of etnisiteit en ofhanklik van die meriete van die argument.
Tog dink ek nie dis 'n gegewe nie, nog minder dat ons dit fatalisties aanvaar
as "feit". "My kant" KAN in ander terme, soos "menswaardigheid" of
"regverdigheid" of "die waarheid", of "moraliteit", en so meer gedefinieer
word. Die Joe Slovo's, Beyers Naude's, Wilberforce's, Gandhi's, Mead's en so
meer van hierdie wereld behoort as voorbeeld te dien. .

> Darem
> bitter jammer dat die swart teen wit as so 'n verkeerde ding beskou word en
> die woord rasis onmiddelik nader gepluk word en jy selfs met die wetboeke
> gegooi kan word.

Ek verstaan nie so mooi wat jy hiermee probeer se nie.
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22564 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 22 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote in message ...
>> Shannon"
>
>> Leswin, sien jy hoe maklik spring mans en dames in 'n 'vuisgeveg'? Elkeen
>> sal vir sy kant veg, al stem hulle nie altyd met alles t.o.v. hulle bepaalde
>> groep saam nie.
>
> Ek stem saam dat dit baie maklik is om kant te kies bloot op grond van een of
> ander askriptiewe (ek hoop daar is so 'n woord - vanaf ascriptive) identiteit
> soos geslag, ras, of etnisiteit en ofhanklik van die meriete van die argument.
> Tog dink ek nie dis 'n gegewe nie, nog minder dat ons dit fatalisties aanvaar
> as "feit". "My kant" KAN in ander terme, soos "menswaardigheid" of
> "regverdigheid" of "die waarheid", of "moraliteit", en so meer gedefinieer
> word. Die Joe Slovo's, Beyers Naude's, Wilberforce's, Gandhi's, Mead's en so
> meer van hierdie wereld behoort as voorbeeld te dien. .
>
>> Darem
>> bitter jammer dat die swart teen wit as so 'n verkeerde ding beskou word en
>> die woord rasis onmiddelik nader gepluk word en jy selfs met die wetboeke
>> gegooi kan word.
>
> Ek verstaan nie so mooi wat jy hiermee probeer se nie.

In NSA as iemand iets teen iemand anders sê en die persoon is per ongeluk
van die 'teenoorgestelde' ras, word daar geweldig gou gesê jou opmerking is
rassisties, in so 'n mate dat mense mekaar selfs met die hof dreig.(wetboeke
gooi)
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22565 is 'n antwoord op boodskap #22414] Do, 22 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Apr 1999 01:25:14 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|Humor, satire, parodie, ironie het almal skryfswyses en meganismes waarmee die
|leser daardie skrywe as sodanig kan beoordeel. Wat, vra ek jou Johan, in jou
|skrywe kon ek gebruik om 'n beoordeling daarvan te maak as humor, satire,
|parodie of ironie?

Die blote oordrewenheid daarvan - wat ek geskryf het, hoort inderdaad tot 'n
ander tydperk of geloofsoortuiging. Soos in Amish of Moslem....

| Voorts - insoverre ek trol verstaan as 'n pos wat 'n
|reaksie ontlok, het jou skrywe presies dit gedoen. Niks om oor te kla nie.

Dan voel ek nie meer so sleg nie - net jammer daar was so min dames wat hewig
ontsteld was - maar nou kan ek al net hoor wat hulle sal sê: "O nee, ons het
dwarsdeur jou gesien!"
|
|>soos die vorige keer staan jy met jou pote
|>viekantig in die bees poe.
|
|Ek stem saam met jou beskrywing van jou pos as beespoe.

Goeie bemesting, maar as jy die een is wat so vierkantig daarin trap, is dit jou
skoene wat vuil is.
|
|>Ek't nou regtig gedink dit staan soos 'n paal bo water dat ek met my
|>tong in die kies praat
|
|Ek wil dit baie graag glo en reik graag 'n apologetiese hand uit indien dit die
|geval is

Handgeskud en bly ons kan op 'n meer opgevoede vlak kommunikeer!
Re: Kameras - nog truuks [boodskap #22596 is 'n antwoord op boodskap #22414] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Shannon"

> In NSA as iemand iets teen iemand anders sê en die persoon is per ongeluk
> van die 'teenoorgestelde' ras, word daar geweldig gou gesê jou opmerking is
> rassisties, in so 'n mate dat mense mekaar selfs met die hof dreig.(wetboeke
> gooi)
>

So 'n reaksie is tog baie verstaanbaar, gegee ons geskiedenis. Dit sal 'n hele
rukkie neem voordat suid-afrikaners (almal van ons) ras as verduideliking vir
gedrag laer plaas op die prioriteitslys. Nou, egter, het ons rekoers tot 'n
juridiese sisteem wat definisies van rassisme in ag neem en wetlike standaarde
handhaaf (so al word jy met die wetboeke gedreig, is dit slegs 'n oortreding as
dit 'n oortreding is). My ouers en ek het nie dieselfde regte geniet vir al
die tye dat ons diens geweier was, uit ons huise geskop was, en uitgekryt was
as kaffir (gewoonlik my pa), hotnot (gewoonlik ek), en mevrou (gewoonlik my lig
van kleur ma).

leswin
Vorige onderwerp: Re: EISTEDDFOD Cancelled
Volgende onderwerp: Watter deel van die VSA ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 04:51:52 MGT 2024