Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Is hiedie 'n grap?
Re: Is hiedie 'n grap? [boodskap #22377] Sa, 10 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Wat my 'n bietjie pla is die skerphoekigheid wat sigbaar is op elke hoek en
ook tussen in waar die twee borde bymekaar kom. So al asof iemand die foto
'n bietjie gedokter het.
As ek weet waar kan ek dalk ry en die bord self afneem.

Groetnis

Johann
Bees wrote in message ...
> Iemand op 'n ander nuusgroep het hierdie foto geplaas - blykbaar naby
> Ventersdorp geneem.
>
> Het iemand anders al so 'n teken gesien?
>
> Bees
>
Re: Is hiedie 'n grap? [boodskap #22388 is 'n antwoord op boodskap #22377] So, 11 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Liewe "Oom Hans" het geskryf:

>
> In oubaas Huddlestone se era het die Britse persmanne destyds munte gemeng
> met asblikke se inhoud en dan die "arme kindertjies" verfilm wat na kos
> soek.
>
> Kameras lieg nie -------- hond se kierie.
> Omie

Daardie triek is regdeur die sewentiger- en tagtigerjare gebruik.

Maar soortgelykes word nou nog gebruik. 'n Paar weke gelede het 'n koerant
blykbaar 'n vreeslike exposê geplaas oor "slawerny" en ander
arbeids-wanpraktyk op aspersieplase in die Vrystaat. (Blykbaar is daar nou 'n
hofsaak oor aan die gang.)

Volgens een woordvoerder van die Vrystaatse Landbou-unie (op 'n radioprogram)
het die koerantfotograaf die werkers versoek om almal op die boonste bed van
die stapelbeddens in die "bunkhouse" te klim, want hy kon nie almal bo en
onder afneem nie (heel redelik). Die koerant plaas toe die foto met die
verduideliking dat die werkers drie in een bed moet slaap! Daar was heelwat
ander beweringe van soortgelyke aard.

(Ek verneem dat die aspersiebedryf in die Vrystaat massiewe verliese gely het
as gevolg van die reaksie in Europa op die artikel. Die gevolg is dat die
boere oorgeskakel het van wit aspersies na groen aspersies, wat veel minder
arbeid gebruik. Die totale arbeidsmag in die bedryf is nou afgeskaal van 72
000 na 6 000.)

Wat mens jou moet afvra is dit: As die mense, sedert Huddlestone, sulke trieks
moet gebruik om bruikbare berigte te kry om die wêreld in te stuur - waarom
sou 'n verantwoordelike enigiets glo wat hulle publiseer?

Groete, Leendert
Re: Is hiedie 'n grap? [boodskap #22389 is 'n antwoord op boodskap #22377] So, 11 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
'n Verdere puntjie :
Kyk na die skaduwee wat die onderste bordjie op die paaltjies gooi.
Daarvolgens sit die son omtrent 11 uur - half bo-oor die skouer van die
fotograaf.

Kyk dan na die skaduwees van die pale op die grond. Effens links van die
linkerkantse paal lê iets wat 'n skaduwee mag wees en daarvolgens is die son
in 'n 3 uur posisie VOOR die fotograaf. As dit nie 'n skaduwee is nie, is
daar niks anders wat sonlig verraai nie.

Die foto is dus 'n vervalsing - en ek sê dit met die ervaring van 20 jaar se
fotografiese donkerkamerwerk. Daar is ander puntjies ook wat dui op
redigering met 'n rekenaar - soos die dowwe donker reghoeke by al die
"rounded" hoeke van die bord.

In oubaas Huddlestone se era het die Britse persmanne destyds munte gemeng
met asblikke se inhoud en dan die "arme kindertjies" verfilm wat na kos
soek.

Kameras lieg nie -------- hond se kierie.
Omie

Johann de Jager wrote in message ...
> Wat my 'n bietjie pla is die skerphoekigheid wat sigbaar is op elke hoek en
> ook tussen in waar die twee borde bymekaar kom. So al asof iemand die foto
> 'n bietjie gedokter het.
> As ek weet waar kan ek dalk ry en die bord self afneem.
>
> Groetnis
>
> Johann
> Bees wrote in message ...
>> Iemand op 'n ander nuusgroep het hierdie foto geplaas - blykbaar naby
>> Ventersdorp geneem.
>>
>> Het iemand anders al so 'n teken gesien?
>>
>> Bees
>>
>
Re: Is hiedie 'n grap? [boodskap #22407 is 'n antwoord op boodskap #22377] Ma, 12 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ploegskaar wrote in message
...
> Hier's 'n ander een !
> Is hy ook na gemaak???
>

Mits die tweede foto ook van DIESELFDE padteken is, sê ek nou :

Regsomkeer vir my hierdie keer !!!!

Die tweede foto toon duidelik dat daar los wolke was en die wolkskaduwee was
ten tye van die afnemery oor die fotograaf (en padteken). Tussen die twee
fotos het die fotograaf ook van posisie verskuif.

Op foto een was die fotograaf êrens tussen 4 uur en 5 uur ten opsigte van
die teken en die kamera het NIE die sonlig (sigbaar op foto twee) gesien
nie. Die swak lig het veroorsaak dat die kamera outomatiese ligmeter die
lens wyd ooprek - vandaar die swak fokus wat die gedagte van "reworking"
versterk het. Omdat ek nou weet van die sonlig aan die regterkant van die
fotograaf ten tye van die eerste foto het ek weer die pale mooi bekyk. Die
donkerder "duskant" van die pale en die ligtere "anderkant" bevestig die
sonlig wat op foto twee sigbaar is.

Op foto twee het die fotograaf verskuif na 'n posisie tussen 6 uur en 7 uur
tov. die teken en nou het die kamera die sonlig in die agtergrond gesien wat
die ligmeter gebluf het om toe te knyp en dus die heelwat donkerder
voorgrond waarop die padteken is. Die kleiner lensopening het ook 'n
groot verskil gemaak aan die skerpte (fokus) en is dit nou duidelik dat daar
'n hoekige bord teenwoordig is. Foto een se uiters lae kontras as gevolg
van die swak lig en swak fokus veroorsaak dat die bord se wit hoeke
saamsmelt met die wit-blou agtergrond van die lug.

Sela
Re: Is hiedie 'n grap? [boodskap #22430 is 'n antwoord op boodskap #22377] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Dit wil voorkom asof hierdie "borde" in 'n grafiese program geskep word. Dit
word dan uitgesny en bo op 'n ander foto geplak. Wanneer jy sny in 'n
program
is die uitgesnede deel normaalweg langwerpig of vierkantig. Dit is dus die
agtergrond
van die skerm waarop die borde ontwerp is wat so pragtig en duidelik in
hierdie voorbeeld uitkom.
My beskeie opinie is dat hierdie foto ook gedokter is.

Ploegskaar wrote in message
...
> Hier's 'n ander een !
> Is hy ook na gemaak???
>
Vorige onderwerp: Anton Goosen
Volgende onderwerp: Vloekings en dyings :-))
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 22:53:34 MGT 2024