Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lurk - lurk
Lurk - lurk [boodskap #22406] Ma, 12 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Janee oom Hans,

ik ben er nog, inderdaad onkruit vergaat niet, maar ik "lurk"
nu een beetje op de NG. Trouwens wat is Liebestein?
En drinkt men in Suidwes geen brandewijn uit flessen,
maar uit karton? En Leendert verklaart nog wel dat de
Hollanders maar zuipen (en vloeken) maar deze Afrikaners
lusten ém ook wel. En willen ook wel vloeken, wil ik wedden!

Maar ik ben benieuwt naar het effect van de Robbertse koelvloeistof
op de radiateur van díe auto. Wat een volkje, die Robbertse-clan!

Baie dankie vir die lekkere storie, oom Hans!

Met vriendelijke groet,

Robbert

Oom Hans wrote:

> Robert Zijlstra -
>
> Waar's die Hollander dan nou ?? Ek wil 'n stukkie van die Outjo
> Robbertses se beskuit in die nuusgroep koffie doop en jy loop rond. JY
> het gesit en "alstublief, alstublief oom Hans" en nou sien mens jou nie meer
> hier nie. Strandjakkals (alias.......toemaar ek sal nie sê nie) behoort
> ook die noot te vat (die Hartseerwals) by die aanhoor hiervan. Dis mos hy
> wat onthou het hoe die Robberts "clan" hulle slaggoedjies saamkarwei het
> Torrabaai toe .......
>
> Ewenwel.
>
> Die pad Torrabaai toe vanaf Kamanjab loop oor Dopsteekhoogte. Wie die
> plek die eerste keer so genoem het, weet niemand meer nie maar dit maak ook
> nie saak nie. Feit is dat hy steil en klipperig is en dat vervloë dae se
> motors en bakkies gekook het dat hulle bars teen die tyd wat hulle die kruin
> bereik het. Stop moes jy stop dat die spulletjie eers kon afkoel en dis dan
> waar die verversings uitgehaal is.
>
> Die Robbertses het normaalweg twee Torrabaai togte aangepak. Een wat NET
> die mans gegaan het en die ander waar vrouens en kinders kon saamgaan. In
> hierdie storie is almal by - familie en skoonfamilie, oupas en oumas, ooms
> en tantes - en dis 'n goeie persentasie van die Outjo distrik. So land
> die prosessie bo-op Dopsteekhoogte en daar word halt geroep. Daardie tyd
> het bakkies nie enjinkappe gehad nie - hulle het "bonnets" gehad. Almal
> maak bonnets oop vir die groot afkoel. Die vrouens en kinders bewonder die
> gesig en die mans groepeer vir hulle afkoel rondom die eerste bakkie se
> voorraad brandewyn. (Die Robbertses drink net brandewyn en water en daardie
> jare ook Lieberstein)
>
> Halfpad deur die karton brandewyn raak die water op.

Als je Hollandse jenever drinkt, heb je geen water nodig. Dat is zo
mild!

> Nou wat nou ? Die
> naaste boer met water is MYLE terug en so lank kan hulle nie wag nie. Maar
> 'n Robberts maak 'n plan. Tap die eerste bakkie (Oupa s'n nogal) se
> verkoeler leeg. Hy't mos klaar afgekoel. Gee aan die volgende bottel.
>
> Teen hierdie tyd het die vrouens al begin geduld verloor en was waarskynlik
> warmer as die verkoelerwater. Toe die manne die tweede bakkie se verkoeler
> wou tap, skree die vrouens blou moord en die manne besluit wyslik om maar
> liewers op Torrabaai dit wat hulle begin het, voort te sit. Net een klein
> probleempie - een bakkie staan sonder water. Hoe gaan hulle nou ry ???
>

En hebben die dronkemannen gestuurd? Of de vrouwen? Ik denk dat
ik het antwoord al weet. No equal opportunity
in Robbertse-land!

> Van kampeer kon jy die Robbertses niks vertel nie. Hulle was INGERIG tot
> in die fynste. Selfs die tradisionele erde "geriefie" vir onder die bed
> moes saam see toe. Een kleintjie bekla luidkeels sy "ek moet NOU gaan"
> nood by sy ma en toe "drop" die pennie vir een van die meer nugteres. Die
> "koos" word opgediep van êrens onder die vrag en doen die rondte. Met een
> groot familiepoging is die verkoeler volgemaak en die span kon verder
> Torrabaai toe...................
>

Wat is een "koos"?
Re: Lurk - lurk [boodskap #22428 is 'n antwoord op boodskap #22406] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Strand Jakkals  is tans af-lyn  Strand Jakkals
Boodskappe: 13
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Oom Hans wrote in message ...
>
> Robbert Zijlstra wrote in message ...
>
>> Trouwens wat is Liebestein?
>
> "Lieberstein" was die "brand name" van 'n goedkoop, maar heel drinkbare,
> halfsoet wit wyn wat in die laat vyftiger jare op die mark verskyn het.
> Vir die eerste keer kon 'n student binne sy "budget" bly EN dronk word ook.
> Was baie gewild gewees.

Ai-ja-jai en hoe!!! Dit was veral goed gemeng met "lemonade", dan kon
jy darm die bottel laat rek.

>> Wat is een "koos"?
>>
> Dis oumense het die ding snags gebruik omdat die &*^% huisie buite die huis
> gestaan het en die vroumense bang was vir goggas wat in die donker
> rondloop. My tante (op die plaas) het nie gedink dis snaaks toe iemand 'n
> paar eetlepels Enos Fruit Salts in haar "koos" geplant het nie. Sy was juis
> so bang vir goeters wat blaasgeluide kan maak.........Ons seuns was amper 'n
> week sonder kos en moes boonop nog elkeen 'n goeie dosis kasterolie sluk vir
> die episode.

Ha-ha-ha-haaaa!!! ja-nee my omie, ek ken daai streek ook. My g%@*&velle
was omtrent afgetrek oor die storie. Jy sien, my pa sevriend het van die
States
kom kuier met sy opreg Jo-burg vrou wat geen plaas ken nie. Nou om die
storie kort te maak,
sy gebruik ou Koos toe mos en die ou beginne oorkook !! In plaas van bly in
die kamer,
kom sy daar uit soos 'n hond wat leeu geruik het. Om haar enkels was die
fynste ou
nag dingetjie wat ek in daardie dae nog gesien het, en die laat haar daar in
die
gang oor ma se blomtafel neuk. Pa storm die gang in om te sien wat die
remoer
veroorsaak het toe ma hom daar betrap met die half nakende vrou. Geen
verskoning
van my pa se kant wou op daai oomblik werk nie. Toe almal uit eindelik by
Koos uitkom en die oorblyfsels sien was die gort gaar. As my geheue my nie
in
die steek laat nie, was dit my enigste loesing net na middernag.:o))

Sê maar net,
Die strandjakkals
Re: Lurk - lurk [boodskap #22429 is 'n antwoord op boodskap #22406] Di, 13 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Robbert Zijlstra wrote in message ...

> Trouwens wat is Liebestein?

"Lieberstein" was die "brand name" van 'n goedkoop, maar heel drinkbare,
halfsoet wit wyn wat in die laat vyftiger jare op die mark verskyn het.
Vir die eerste keer kon 'n student binne sy "budget" bly EN dronk word ook.
Was baie gewild gewees.

> En drinkt men in Suidwes geen brandewijn uit flessen,
> maar uit karton?

Die Robberses het brandewyn by die karton gekoop. 'n Karton het 12 bottels
bevat.

> Maar ik ben benieuwt naar het effect van de Robbertse koelvloeistof
> op de radiateur van díe auto. Wat een volkje, die Robbertse-clan!
>

"Anti freeze" moes nog uitgevind word daardie tyd. Gewone damwater moes
maar die masjiene koud hou en ek skat as mens genoeg brandewyn bygooi, sal
die roes / olie smaak darem nie te erg wees nie........

> Wat is een "koos"?
>
Dis oumense het die ding snags gebruik omdat die &*^% huisie buite die huis
gestaan het en die vroumense bang was vir goggas wat in die donker
rondloop. My tante (op die plaas) het nie gedink dis snaaks toe iemand 'n
paar eetlepels Enos Fruit Salts in haar "koos" geplant het nie. Sy was juis
so bang vir goeters wat blaasgeluide kan maak.........Ons seuns was amper 'n
week sonder kos en moes boonop nog elkeen 'n goeie dosis kasterolie sluk vir
die episode.

Blasende groete
Omie
Re: Lurk - lurk [boodskap #22441 is 'n antwoord op boodskap #22406] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Strand Jakkals" Ai-ja-jai en hoe!!! Dit was veral goed gemeng met "lemonade"

lemonade? ons het hom met gemmerbier - die stoney variety - gemeng.
Vorige onderwerp: Vloekings en dyings :-))
Volgende onderwerp: Anglo Boere Oorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 03:56:34 MGT 2024