Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Volkstaat - Een groot droom?
Die Volkstaat - Een groot droom? [boodskap #22381] Sa, 10 April 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kyk na die kaart op die web - http://www.vryheidsfront.co.za/page17.html
(Dis mos jou wereld Doudie?)

Nou, my vraag aan Leendert: Hoe is hierdie "kaart:" vereenselwigbaar met die
volgende:

1. Die huidige bevolking van hierdie gebied.

2. Hierdie stelling op dieselfde VF webblad:

"BEVOLKING
'n Staat vir 'n bevolking van sowat 600 000 tot hoogstens 1 000 000........
Daar is nie etniese minderhede wat na magsoorname strewe nie; 80% van die
bevolking is homogeen."

Sagte woorde vir "80% is Afrikaners." Dit wil se, 20% is nie. Of anders
gestel, 120,000 tot 200,000 mense (20% van 600,000 tot 1000,000) is nie
Afrikaners nie.

As jy na hierdie kaart kyk, wed ek jou 'n kernduikboot dat daar baie meer
nie-Afrikaners (wat is die definisie?) in die gebied woonagtig is . Hoe gaan
hulle hanteer word? Waar pas Afrikaanssprekende bruinmense in?

Onthou jy my opmerkings oor "ekslusiwiteit" in die konteks van Nunavut? Vir
jou verwysing, Nunavut het geen kwotas, of ander etniese "voorvereistes"
nie. Net die mense wat al eeue daar bly wat nou 'n volgende vlak van
selfbestuur demokraties verkry het. Begin jy nou die idee kry?

Bees
Re: Die Volkstaat - Een groot droom? [boodskap #22382 is 'n antwoord op boodskap #22381] Sa, 10 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes: > Kyk na die kaart op die web

- http://www.vryheidsfront.co.za/page17.html
> (Dis mos jou wereld Doudie?)

> Onthou jy my opmerkings oor "ekslusiwiteit" in die konteks van Nunavut? Vir
> jou verwysing, Nunavut het geen kwotas, of ander etniese "voorvereistes"
> nie. Net die mense wat al eeue daar bly wat nou 'n volgende vlak van
> selfbestuur demokraties verkry het. Begin jy nou die idee kry?
>
> Bees

Ek kon nie op die kaart kyk nie; (ons sagteware laat
my dit nie toe nie.) Ek neem egter aan dis omtrent waar
Orania besig is om te ontwikkel. Daardie is nie my węreld
nie. Selfs in die Noord-Kaap is ‘n mens se “węreld” baie
eng omskryf. My węreld is albei die oewers van die Gariep,
van omtrent Upington suidwaarts tot by die Aughrabies-
Valle. Die mense in “my węreld” eet perskes wat so groot
soos appels is, eet in die seisoen ‘n tros druiwe voor ontbyt,
en eet die beste waatlemoene in SA soos ‘n sakrament, elke
middag vier-uur onder ‘n doringboom.

Ek neem aan dat as die Volkstaters die omgewing van
Orania as hulle “tuisland” sal wil ontwikkel, twee dinge nodig
sal wees. Hulle sal die plase moet opkoop, sodat die land se
kaart en transport aan hulle behoort. Hulle sal ook die same-
werking van die Sentrale SA regering moet kry, wat bereid sal
moet wees om hierdie deel van die land as ‘n aparte provinsie
te verklaar. Dan sal die oorwegend-Afrikaner bevolking van die
streek ten minste hulle eie provinsiale regering kan domineer. Ek
het ‘n suspisie dat die ANC op die oomblik in hierdie rigting dink.

Of so ‘n stap deur die huidige ANC-gedomineerde regering
‘n goeie ding sal wees, is nog ‘n vraag. Dit sal kredensie gee aan
aan al die ander groepe in SA wat ook hulle “eie” “tuisland” wil
hę. Dit is presies dieselfde “fout” wat die Kanadese Federale
regering op die oomblik maak deur te verklaar dat Nunavut “vir
die Inuit” geskep is. Myns insiens moes hulle net verklaar het dat
hulle die NWT opsny in twee, en dat lokale inwoners voorkeur
behoort te kry in die vul van posisies in die regering. Alreeds is daar
onmin tussen die Inuit en die oostelike Dene First Nation oor waar
die grens tussen die N.W.T. en Nunavut moet wees.

Die VVO het in die afgelope week in ‘n rapport weer gekla oor
die behandeling wat die inheemse bevolking in Kanada moet verduur.
Hulle aanklag is natuurlik teen die sentrale en provinsiale regerings
wat basies gedomineer word deur die afstammelinge van immigrante
van buite, of hulle nou van Europa of Indië of Sjina af kom. Ek dink
die VVO wil hę dat die immigrante van oorsee die wette so moet
verander dat die inheemse stamme in hulle eie areas hulle eie wel
en wee kan uitwerk: hulle eie regstelsel beoefen, hulle eie onderwys-
sake reël, hulle eie vis in hulle eie riviere vang. Klink baie na ‘n
beleid van “tuislande” vir my.

Gloudina
Re: Die Volkstaat - Een groot droom? [boodskap #22400 is 'n antwoord op boodskap #22381] So, 11 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" wrote:
> Kyk na die kaart op die web - http://www.vryheidsfront.co.za/page17.html
> (Dis mos jou wereld Doudie?)

Goed. Maar daar is twee aspekte wat ter sake is met betrekking tot die
verwysing wat jy hier aanbied:

a) Die Vryheidsfront is nie naastenby die enigste politieke party (of
organisasie) wat 'n volkstaat voorstaan nie. Op sy beste verteenwoordig die
Vryheidsfront se idees dus die idees van slegs 'n deel van die "volkstaatidee"
wat jou so grief.

Ek self het jou natuurlik verwys na die webblad van die Volkstaatraad, 'n
statutêre liggaam, geskep ingevolge die grondwet van die land met die doel om
uitvoering te gee aan die wil van die oorgrote meerderheid van die bevolking
(soos beliggaam in die grondwet) om voorsiening te maak vir 'n bepaalde
etniese minderheid wat territoriale selfbeskikking en/of ander vorme van
kultuurregte wil hê.

b) Ek is geen woordvoerder vir die Vryheidsfront nie, en nie eens 'n lid van
die party nie. Ek kan dus nie met enige gesag op jou vrae hieronder reageer
nie, behalwe waar ek wel amptelike woordvoerder san die party kan aanhaal

>
> Nou, my vraag aan Leendert: Hoe is hierdie "kaart:" vereenselwigbaar met die
> volgende:
>
> 1. Die huidige bevolking van hierdie gebied.

Ek weet nie.

>
> 2. Hierdie stelling op dieselfde VF webblad:
>
> "BEVOLKING
> 'n Staat vir 'n bevolking van sowat 600 000 tot hoogstens 1 000 000........
> Daar is nie etniese minderhede wat na magsoorname strewe nie; 80% van die
> bevolking is homogeen."
>
> Sagte woorde vir "80% is Afrikaners." Dit wil se, 20% is nie. Of anders
> gestel, 120,000 tot 200,000 mense (20% van 600,000 tot 1000,000) is nie
> Afrikaners nie.

Dit klink baie dieselfde as die syfers vir Nunavut - daar is 85% van die
bevolking Inuit. Oftewel, 15% van die bevolking is _nie_ Inuit nie.

Maar, op dieselfde webblad van die Vryheidsfront beskryf hulle ook hul
vereistes vir 'n "volkstaat". Een van die kenmerke waarna hulle streef is die
volgende:

"Dit is 'n staat waarin alle permanente inwoners volle burgerregte geniet en
waar oop demokratiese verkiesings op volksregering uitloop."

Saamgelees met wat jy hierbo aanhaal, moet mens dus tot die gevolgtrekking kom
dat die Vryheidsfront, soos die bevolking van Nunavut, "public government"
binne die territoriale grense van die volkstaat voorstaan, waaraan ook die 20%
kan deelneem, en nie "ethnic government" waaraan slegs lede van 'n bepaalde
etniese groep kan deelneem nie - soos wat die geval is by die Nisga'a in
British Columbia.

>
> As jy na hierdie kaart kyk, wed ek jou 'n kernduikboot dat daar baie meer
> nie-Afrikaners (wat is die definisie?) in die gebied woonagtig is .

Ek het nie veel nut vir 'n kernduikboot nie. Sensussyfers sou in hierdie geval
meer oortuigend wees.

> Hoe gaan
> hulle hanteer word?

Ek weet nie. Vra die Vryheidsfront. As mens kyk na die voorbeeld van Orania,
moet mens aflei dat hulle bloot beplan om die eiendom te koop en daarvan besit
te neem. Ek dink ek het iewers gelees dat dit ook die VF se idee is.

> Waar pas Afrikaanssprekende bruinmense in?

Mens kan Constand Viljoen, as leier van die Vryheidsfront, seker beskou as 'n
gesaghebbende woordvoerder vir die party. 'n Week of twee gelede het Van Zyl
Slabbert hom hierdie vraag gevra in 'n radiodebat. Viljoen se antwoord was
dat enige persoon, ongeag sy velkleur, en insluitende Afrikaanssprekende
bruin- en swartmense, wat hom vereenselwig met die kultuur en geskiedenis van
die etniese Afrikaner, beskou moet word as Afrikaner. Van Zyl Slabbert se
reaksie was "daarmee het ek geen probleem nie".

>
> Onthou jy my opmerkings oor "ekslusiwiteit" in die konteks van Nunavut?

Ja. Ek verstaan egter nog nie jou probleem daarmee in die konteks van 'n
volkstaat nie.

> Vir
> jou verwysing, Nunavut het geen kwotas, of ander etniese "voorvereistes"
> nie. Net die mense wat al eeue daar bly wat nou 'n volgende vlak van
> selfbestuur demokraties verkry het.

Heeltemal korrek. Want 85% van die bevolking van Nunavut is Inuit. Hulle is
ook die enigste inboorlingvolk in Kanada wat gekies het vir "public
government", omdat hulle die enigste inboorlingvolk is wat in hierdie
voordelige demografiese posisie is (in hulle yswoestyn). Alle ander Kanadese
inboorlingvolke het (so ver ek kan agterkom) gekies vir "ethnic government".
Die Nisga'a, waarna jy verwys het, is verteenwoordigend hiervan.

Ter selfdertyd, as ek die geskiedenis moet glo van die Inuit se stryd om
selfregering, was hulle deurentyd gereed om die kaart van "ethnic government"
te speel indien dit nodig sou wees, en hou hulle dit steeds gereed. Die keuse
van "public government" is hulle huidige voorkeur, maar hulle het blykbaar
geen beswaar teen "ethnic government" nie.

> Begin jy nou die idee kry?

Ek het steeds geen idee waarom jy 'n afsku uitgespreek het aan "die idee van
'n volkstaat" nie, terwyl jy duidelik die idee van Nunavut heeltemal
aanvaarbaar vind.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Jewish involvement in intellectual and political movements:--are the Serbs next?
Volgende onderwerp: Re: Julle is sat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 20:43:26 MGT 2024