Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ASKARRE (Ook bekend as Oscars)
ASKARRE (Ook bekend as Oscars) [boodskap #22259] Do, 01 April 1999 00:00
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nou ja, synde ons is waar ons is, het ek gedink ek sal die ASKAR aand
aanbied...

Eers gou die paneel en beoordelaars:

Voorsitter: Bees
Nominasies: Bees
Lid vir regverdigdigheid en objektiwiteit: Bees
Finale arbitrasie: Bees

Opgevoer en opgemoer deur: Bees

En nou.....

;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--)

Die spesiale Wolraad Woltemade Askar vir deursettingsvermoe en dapperheid
gaan aan...

Girts,,,,girts,,,,girts

Johan! (In gat gehapt, in oortje gehapt, en min-of-meer orals anders
gehapt)

Min mense kan so gou opstaan na 'n venynige tjank-aftrap deur Gloudina.

;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--)

Die Askar vir byklanke, agtergrond geraas en useless one-liners gaan aan....

Girts,,,,girts,,,,girts

Alwyn! (Is hy nog met ons?)

;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--)

Die Askar vir kostuums gaan aan....

Girts,,,,girts,,,,girts

Doudie!! (Dit is nou Gloudina vir die van julle wat haar nog nie so intiem
ken nie.)

Niemand anders kan erotika so geloofwaardig opdress as kuns nie.

;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--)

Die Askar vir grimering gaan aan.....

Girts,,,,girts,,,,girts

Leenduhhh. 'n Persoon met die ongekende talent om absolute snert toe te verf
met verbale diarree, en dit dan voor te hou as rasionele redenasie.

;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--)

Die spesiale Kuber-Taalpolisie Askar gaan aan.....

Aag bliksem, wat is die punt. Almal weet wie die Askar oor en oor verdien,
dag na dag, nag na nag...

;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--)

Die Spesiale SagMoerige Neelsie Askar gaan aan....

Girts,,,,girts,,,,girts

Omie (Oom Hans).

Ja, voorkoms kan mislei. Leendert (ook bekend as Leenduhh) dog hy kan met
omie skroef - hy noem hom toe "dear". Daar trap oom Hans hom toe vas, gee
hom op sy moer, en sy vir hom hy stink soos 'n dooie rob. Einde vannie
storie. (Leendert het daarna 'n patetiese gatkruip-poging aangewend by oom
Hans, sonder sukses.)

;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--)

Die Askar vir doelbewuste onnosel-moedswillige hardkoppigheid gaan aan....

[Hierdie was 'n probleem. Na 'n groot gestry tot laat in die nag tussen die
voorsitter van die paneel en die lid vir objektiwiteit, het die paneel
besluit om die Askar te deel.]

Girts,,,,girts,,,,girts

Die twee varkies - Apartheidsvark, en Piggy op die Rideau. (Leendert en
Godina, ook bekend as Gloudina)

;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--)

Die laaste Askar vir die aand, die vir die akteur wat al die lankste belowe
om af te tree, maar nie so ver kom nie, gaan aan......

Girts,,,,girts,,,,girts

Die stupid flippin knaagdiertjie, ons eie nie-so-secret squirel.

(Hy belowe nou al vir maande hy gaan nooit weer terugkom nie, en hou aan
knaag met met sy skisofreniese, krypto-rassistiese snert. Bye, tot
siens, cheers, voetsek, f.....)

;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--) ;--) ; --) ;--) ;--)

Baie dankie aan almal namens al die lede van die paneel.

Aan almal wat offended is - tough.
Bees.

1 April 1999.
Re: ASKARRE (Ook bekend as Oscars) [boodskap #22260 is 'n antwoord op boodskap #22259] Do, 01 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
>
> Omie (Oom Hans).
>
> Ja, voorkoms kan mislei. Leendert (ook bekend as Leenduhh) dog hy kan met
> omie skroef - hy noem hom toe "dear". Daar trap oom Hans hom toe vas, gee
> hom op sy moer, en sy vir hom hy stink soos 'n dooie rob. Einde vannie
> storie. (Leendert het daarna 'n patetiese gatkruip-poging aangewend by oom
> Hans, sonder sukses.)

Hmmm.....

Ek sou bietjie verbaas wees as Hans 'n beskaafde teregwysing sou aansien vir
"gatkruip".

Dat jy dit so sou aansien, bevestig bloot dat dit by jou heeljaar 1 April is.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: ASKARRE (Ook bekend as Oscars) [boodskap #22261 is 'n antwoord op boodskap #22259] Do, 01 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:


> Die Askar vir kostuums gaan aan....
>
>
>
> Girts,,,,girts,,,,girts
>
>
>
> Doudie!! (Dit is nou Gloudina vir die van julle wat haar nog nie so intiem
> ken nie.)

Dames en Here,
Dis so onverwags. Ek weet nie wat
om te sê nie. Ek wil net my ouers
bedank wat gesorg het dat ek op die
mooiste plek op aarde gebore is
('n eiland in die Gariep, ook bekend
as Eyn).( Vergeet nou maar dat hulle
eers die oorspronklike inwoners moes
uitskop uit daardie Paradys. As hulle
voorvaders nie in SA te lande gekom
het nie, as die Katolieke die Hugenote
nie uit Frankryk uitgeskop het nie,
as die Nederlanders nie kom nesskop het
aan die Kaap van Storms nie, dan was
ek miskien erens in Europa gebore, en
daarvan sou ek nou nie gehou het nie.)
Ek wil egter kapsie maak teen die
Askarre se besluit om vir my hierdie
toekenning te gee op die basis van my
bydraes tot die erotiek. My kostumes
het tog seker 'n wyer draagkrag.

Tant Hessie en haar witperd
Die tannie van die Derde Volkstaat
Die tannie met die kappie, voorsitster
van die taalkomitee van die Derde
Boerestaat wat ontstaan het na die
Derde Vryheidsoorlog om die onware
Afrikaners onder ons uit te roei
(en die Fred Rundles, en hulle lakeie
die Frikkies en so voort en so voort
en so voort.)
Vorige onderwerp: Vrees en eksklusiwiteit
Volgende onderwerp: Re: Thanks Fred....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 06:39:39 MGT 2024