Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrees en eksklusiwiteit
Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22010] Di, 23 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> Leedert
>
> Ek sien dit so:
>
> a) Ek verduidelik my waarnemings en redes hoekom ek glo N en V is
> verskillend.

Die "waarnemings en redes" het neergekom op 'n bewering dat "die
volkstaatidee" gegrond is op "vrees en ekslusiwiteit" en die selfregering
van Nunavut nie.

Geen poging om enige substansie te gee aan hierdie suiwer subjektiewe idee
nie.

Net 'n bewering.

> b) Leendert kots bo-oor alles, maar gee nie regtig redes hoekom hy van my
> verskil nie.

Jy weet nie eens of Leendert van jou verskil nie. Leendert probeer nog
uitvind of jy enige gronde het vir jou bewerings.

>
> c) Ek daag hom uit om dit te doen

Leendert laat hom nie uitdaag van elkeen wat 'n paar vooroordele aanmekaar
kan string om ongegronde beweringe te sketter nie.

Wat Leendert wel gedoen het, was om Bees te vra om sy beweringe te staaf.

Bees probeer nie eens nie.

> d) Leendert sit met sy bek vol tande

Inderdaad ja. Danksy die mondhigienis en ondanks die tandarts.

Maar nou:

Ek stel dit vir bespreking (as iemand dit sou waag):

Dit nie juis Volkstaters wat deur "vrees en eksklusiwiteit" gemotiveer word
nie.

As mens die bydraes op die nuusgroep lees, dink ek daar is nogal 'n saak
voor uit te maak dat die "vrees en eksklusiwiteit" sit oorwegend by dié wat
emigreer na "veilige" samelewings waar hulle nie gebruike van ander kulture
hoef te akkommodeer nie.

> QED.

Inderdaad.
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22039 is 'n antwoord op boodskap #22010] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) wrote:

> Deel van die oorweging om na die VSA te kom was my "vrees" (nie werklik my eie
> woordkeuse nie - ek sou eerder gaan vir "kommer") vir my en my gesin se
> dag-tot-dag veiligheid.

Dis reg. Maar Bees reken dat die mense wat "die volkstaatidee" voorstaan wat
deur vrees gemotiveer word. Lyk my hulle is nie die enigste nie.

>
> Eksklusiwiteit? Weet nie waarvan jy praat nie. Wanneer ons oudSuidAfrikaners
> so eenmaal 'n maand bymekaarkom, dan is daar een of twee ouens wat so half
> vertroulik en onderlangs vir jou sal sê dat "ons boere moet bymekaarstaan". Dis
> gewoonlik die ouens wat oor hulle nuwe omstandighede kla omdat hulle nie wil
> intigreer nie. Dis die enigste opsig waar ek enige vorm van eksklusiwiteit
> waarneem.

Ek bedoel dis lekker maklik om jou in 'n situasie te gaan plaas waar jou eie
waardes deur die meeste mense om jou gedeel word. Jy het tog self al vir ons
daarvan vertel. Daardeur verwyder jy jou van 'n situasie (in SA) waar die
meeste mense om jou _nie_ jou waardes deel nie. Ek reken dit voldoen nogal aan
die betekenis van "eksklusief".

>
> "hoef nie die gebruike van ander kulture te akkomodeer nie". Verduidelik vir my
> wat jy hiermee bedoel, want soos dit hier staan is dit werklik niksseggend
> (onthou, ons weet nie watse gedagtes alles in jou kop rondhardloop as jy so iets
> neerskryf nie - soos my ouma altyd gesê het: "ek kan nie ruik wat in jou kop
> aangaan nie".)

Ja. Ek weet. Ek bedoel jy hoef nie met Afrikamense te werk en te leef nie. Jy
hoef hulle dus nie te akkommodeer nie. Het jy nie al hierdie argument gebruik
nie? Dennis Beckett reken blykbaar dat die meeste emigrante hierdeur
gemotiveer word.

> As ek nou hier saam met die Rotary klub gaan ontbyt eet, en ek eet Amerikaanse
> pannekoek en maplesyrup vir ontbyt, "akkomodeer ek dan die gebruike van 'n ander
> kultuur"?
> Hoekom sal ek dit nie wil doen nie? Hoekom sal so iets 'n beweegrede vir my
> wees om SA te verlaat?

Ek reken dis waarskynlik vir jou maklik en lekker om jou ontbyt by die Rotary
Club te gaan eet. Plaatkoekies en maple syrup is ook 'n smaak wat mens maklik
aanleer, reken ek. Ek dink dis gebruike wat waarskynlik maklik is om te
akkommodeer. My indruk is dat daar baie gebruike in Suid-Afrika is wat jy
moeilik vind om te akkommodeer. Dis hoekom jy in Amerika sit. Dis maklik om
daar gemeenskappe te vind waar mens eksklusief wit en westers kan leef. Selfs
die paar swartes in die buurt, as daar is, is waarskynlik heel "verwesterd".

Jy sien, Bees het beweer dat voorstanders van "die volkstaatidee" deur vrees
en eksklusiwiteit gemotiveer word. Ek reken dat die landsverlaters
waarskynlik tot veel groter mate deur daardie oorwegings gemotiveer word.

Dit lyk my, uit jou antwoord, asof my standpunt nie so sinneloos is nie.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22040 is 'n antwoord op boodskap #22010] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> Eksklusiwiteit? Weet nie waarvan jy praat nie. Wanneer ons oudSuidAfrikaners
> so eenmaal 'n maand bymekaarkom, dan is daar een of twee ouens wat so half
> vertroulik en onderlangs vir jou sal sê dat "ons boere moet bymekaarstaan". Dis
> gewoonlik die ouens wat oor hulle nuwe omstandighede kla omdat hulle nie wil
> intigreer nie.

O, so daar is oud-Suid Afrikaners wat oor
die nuwe omstandighede in die VSA kla? Ek
het dan gedink dit is maanskyn en rose, veral
in Minnesota!

> As ek nou hier saam met die Rotary klub gaan ontbyt eet, en ek eet Amerikaanse
> pannekoek en maplesyrup vir ontbyt, "akkomodeer ek dan die gebruike van 'n ander
> kultuur"?
> Hoekom sal ek dit nie wil doen nie?

Omdat maple-syrup (die regte of die sintetiese?)
en pannekoek sleg is vir jou gesondheid.

Leendert bedoel dat jy heelwaarskynlik nie
jouself integreer met die groepe van mense
wat in jou staat bly maar wat anders as jy
is nie. Ons het al jou vooroordele gehoor
oor die swartes in Chicago en die luiheid
van die mense wat jy Rooi Indiane noem, asook
jou minagting vir die Pennsylvania Dutch.
Ek beveel aan - hou op met die pannekoek
(wat nie pannekoek is nie) en die maple
syrup( wat heelwaarskynlik nie die ware
jakob is nie) en kyk na daardie deel van
jou omgewing wat nie omo-land is nie.

Gloudina
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22041 is 'n antwoord op boodskap #22010] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Mar 1999 08:49:00 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|As mens die bydraes op die nuusgroep lees, dink ek daar is nogal 'n saak
|voor uit te maak dat die "vrees en eksklusiwiteit" sit oorwegend by dié wat
|emigreer na "veilige" samelewings waar hulle nie gebruike van ander kulture
|hoef te akkommodeer nie.
|
Jy flans groot woorde aanmekaar Leendert, en jy beindruk werklik net jouself.
Jou sinne raak so lank en lomp dat jy helfte van jou rede in sinneloosheid
verloor. Byvoorlbeeld die posisie van die woord "sit" hierbo.

Maar terug na die punt toe wat jy so sukkel om hierbo te maak: Watter vrees
dink jy "sit by my"?
Deel van die oorweging om na die VSA te kom was my "vrees" (nie werklik my eie
woordkeuse nie - ek sou eerder gaan vir "kommer") vir my en my gesin se
dag-tot-dag veiligheid.

Eksklusiwiteit? Weet nie waarvan jy praat nie. Wanneer ons oudSuidAfrikaners
so eenmaal 'n maand bymekaarkom, dan is daar een of twee ouens wat so half
vertroulik en onderlangs vir jou sal sê dat "ons boere moet bymekaarstaan". Dis
gewoonlik die ouens wat oor hulle nuwe omstandighede kla omdat hulle nie wil
intigreer nie. Dis die enigste opsig waar ek enige vorm van eksklusiwiteit
waarneem.

"hoef nie die gebruike van ander kulture te akkomodeer nie". Verduidelik vir my
wat jy hiermee bedoel, want soos dit hier staan is dit werklik niksseggend
(onthou, ons weet nie watse gedagtes alles in jou kop rondhardloop as jy so iets
neerskryf nie - soos my ouma altyd gesê het: "ek kan nie ruik wat in jou kop
aangaan nie".)
As ek nou hier saam met die Rotary klub gaan ontbyt eet, en ek eet Amerikaanse
pannekoek en maplesyrup vir ontbyt, "akkomodeer ek dan die gebruike van 'n ander
kultuur"?
Hoekom sal ek dit nie wil doen nie? Hoekom sal so iets 'n beweegrede vir my
wees om SA te verlaat?
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22072 is 'n antwoord op boodskap #22010] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Mar 1999 22:21:31 GMT, wrote:
| O, so daar is oud-Suid Afrikaners wat oor
| die nuwe omstandighede in die VSA kla? Ek
| het dan gedink dit is maanskyn en rose, veral
| in Minnesota!

Dit is vir my, Gloudina, maar ek is nie al oudSAner wat hier bly nie - en dis
enkelinge wat kla, meesal ouens wat in SA baie regs was en nie nou oopkop genoeg
is om te wil "verAmerikaans" nie.
|
| Omdat maple-syrup (die regte of die sintetiese?)
| en pannekoek sleg is vir jou gesondheid.

Nee, weet jy, baie meer stupid redes! Ek sit gewoonlik net een van die
pannekoeke in, wan hulle is darem maar walglik soet as jy te veel eet. En die
ander rede is dat Amerikaners ontbyt eet soos wat kinders op Voortrekkerkampe
eet - alles in een bord - soet en sout bymekaar ("alles gaan mos in een gat af,
oom.") Nou ja, om daardie regte Maple Syrup so tussen 'n omelet en bacon te
laat deurloop sit my redelik maklik af.
|
| Leendert bedoel dat jy heelwaarskynlik nie
| jouself integreer met die groepe van mense
| wat in jou staat bly maar wat anders as jy
| is nie. Ons het al jou vooroordele gehoor
| oor die swartes in Chicago

waarvoor ek verskoning gevra het.....

| en die luiheid
| van die mense wat jy Rooi Indiane noem,

wat hulle self vir my eerstehands vertel het, en Rob en Ann gebruik altwee self
die term Indian.....

| asook
| jou minagting vir die Pennsylvania Dutch.

Nee, ek het nog nooit die Pennsylvania Dutch teegekom nie - wel die Amish van
Minnesota....

| Ek beveel aan - hou op met die pannekoek
| (wat nie pannekoek is nie)

Ek bak dit self ook - Betty Crocker en Jiffy maak dit so maklik - maar nie vir
ontbyt saam met eier nie. Ons noem dit plaatkoekies....

| en die maple
| syrup( wat heelwaarskynlik nie die ware
| jakob is nie)

...ek hou nie van sintetiese goed nie....kom kuier dan gaan wys ek vir jou waar
hulle nou maples tap en die stroop uitkook.

| en kyk na daardie deel van
| jou omgewing wat nie omo-land is nie.
|
Ek probeer eerder na die hele land kyk, sonder vooroordele, sonder oogklappe, en
ek sê nie ek kry dit heeltemaal reg nie, maar ek probeer hard....
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22073 is 'n antwoord op boodskap #22010] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Mar 1999 22:52:21 GMT, oos...@geocities.com wrote:
|Ek bedoel dis lekker maklik om jou in 'n situasie te gaan plaas waar jou eie
|waardes deur die meeste mense om jou gedeel word. Jy het tog self al vir ons
|daarvan vertel. Daardeur verwyder jy jou van 'n situasie (in SA) waar die
|meeste mense om jou _nie_ jou waardes deel nie. Ek reken dit voldoen nogal aan
|die betekenis van "eksklusief".
|
Ek gaan nie daarmee heeltemaal saam nie - alles wat jy hierbo sê is waar, maar
die semantiek van die woord eksklusief is waar my probleem lê. Die woord sê vir
my dat jy mense uitsluit uit jou omgewingskring. Die samelewing waarin ek my
nou bevind het baie minder "grense" om eksklusiwiteit mee te bewerkstellig.
||>
|Ja. Ek weet. Ek bedoel jy hoef nie met Afrikamense te werk en te leef nie. Jy
|hoef hulle dus nie te akkommodeer nie. Het jy nie al hierdie argument gebruik
|nie?

Dis 'n reuse bonus om hier die foon op te tel en te weet jy SAL antwoord kry en
jy SAL gehelp word - al is dit dan deur 'n rekenaar aan die anderkant. Een van
die ander oud-SAners kla nou die dag teenoor my oor die gepraat met rekenaars
wat jy baie keer hier doen. Net 'n dag later kry hy rede om SA toe te bel en na
'n hele oggend (1.00vm tot 6.00vm) se baie duur gestoei oor die foon om iets reg
te kry, kom vertel hy toe vir my dat hy ge"cure" is en weer uitsien daarna om
met die Amerikaanse rekenaars op die foon te doen te hê.
|
|Jy sien, Bees het beweer dat voorstanders van "die volkstaatidee" deur vrees
|en eksklusiwiteit gemotiveer word. Ek reken dat die landsverlaters
|waarskynlik tot veel groter mate deur daardie oorwegings gemotiveer word.
|
Ek kan net vir myself praat: Wegkom van die swak toestande in SA was vir my een
van baie oorwegings. Die toekoms van ons twee seuns was ook daarmee ingemeng.
Die grootste beweegrede was finansies in SA wat begin knyp het en 'n baie goeie
werksaanbod wat ek uit die VSA ontvang het.

Ek kan met groot oortuiging sê dat enige soort van gedagte oor eksklusiwiteit
nooit by ons 'n oorweging was nie. Inteendeel in al ons oplees oor Amerika voor
ons gekom het, was dit maar te duidelik dat ons as Afrikaners vreemdelinge binne
'n groot mengelmoes sou wees - geen sprake van enige iets eksklusief hoegenaamd
nie.

Ek dink ook nie 'n mens kan landsverlating en 'n Volkstaat vergelyk nie... Wat
is die vergelyking tussen 'n reisiger en 'n boere omie wat 'n laer trek?
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22198 is 'n antwoord op boodskap #22010] Wo, 31 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 1999 21:02:24 GMT, oos...@geocities.com wrote:

|In article ,
| "Simon van der Schans" wrote:
|
|> Taal, tradisies, en kultuur is insidenteel in
|> hierdie verband, en jy gebruik dit nou maar net om 'n parallel te probeer
|> trek waar daar geen parallel bestaan nie. Taal, tradisies, en kultuur word
|> op ander maniere behou.
|
|Wat is hierdie ander maniere?

Ek dink dit is deur dit te gebruik....
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22199 is 'n antwoord op boodskap #22010] Wo, 31 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 31 Mar 1999 15:39:24 +0200, j...@gmx.net (JLR) wrote:
|OK, dis nie my stry hierdie nie, maar ek kan nie help om te sien:

Ek hoop plasings hier kan meer besprekings word as wat dit stryerye sal wees....
|
|1. Vrees.
|Dis 'n geldige oorweging as jy emigreer.
|Dis nie 'n geldige oorweging as jy binne Suid-Afrika vir jou gesin 'n
|veiliger/kommervryer situasie wil skep nie.
|
|2. Eksklusiwiteit.
|As die Inuit hulle taal, tradisies en kultuur wil behou is dit
|prysenswaardig.
|As Afrikaners (wat dit waarskynlik daagliks nader aan die lyf voel gebeur
|as enige Eskimo) dieselfde wil doen is dit verkeerd ?
|
Baie goed saamgevat, Johan. Ek kon dit nie beter bewoord nie.
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22200 is 'n antwoord op boodskap #22010] Wo, 31 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het e...@dot.com die
volgende te sê gehad ...

OK, dis nie my stry hierdie nie, maar ek kan nie help om te sien:

1. Vrees.
> Deel van die oorweging om na die VSA te kom was my "vrees" (nie werklik my eie
> woordkeuse nie - ek sou eerder gaan vir "kommer") vir my en my gesin se
> dag-tot-dag veiligheid.
Dis 'n geldige oorweging as jy emigreer.
Dis nie 'n geldige oorweging as jy binne Suid-Afrika vir jou gesin 'n
veiliger/kommervryer situasie wil skep nie.

2. Eksklusiwiteit.
As die Inuit hulle taal, tradisies en kultuur wil behou is dit
prysenswaardig.
As Afrikaners (wat dit waarskynlik daagliks nader aan die lyf voel gebeur
as enige Eskimo) dieselfde wil doen is dit verkeerd ?

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
(dubbele standaarde, al die pad)
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22201 is 'n antwoord op boodskap #22010] Wo, 31 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:

> Taal, tradisies, en kultuur is insidenteel in
> hierdie verband, en jy gebruik dit nou maar net om 'n parallel te probeer
> trek waar daar geen parallel bestaan nie. Taal, tradisies, en kultuur word
> op ander maniere behou.

Wat is hierdie ander maniere?

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22202 is 'n antwoord op boodskap #22010] Wo, 31 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
JLR wrote in message ...
> In skrywe het e...@dot.com die
> volgende te sê gehad ...
>
> OK, dis nie my stry hierdie nie, maar ek kan nie help om te sien:
>
> 1. Vrees.
>> Deel van die oorweging om na die VSA te kom was my "vrees" (nie werklik my eie
>> woordkeuse nie - ek sou eerder gaan vir "kommer") vir my en my gesin se
>> dag-tot-dag veiligheid.
> Dis 'n geldige oorweging as jy emigreer.
> Dis nie 'n geldige oorweging as jy binne Suid-Afrika vir jou gesin 'n
> veiliger/kommervryer situasie wil skep nie.

'n Mens hoef nie 'n "geldige oorweging" te hê om uit Suid-Afrika te emigreer
nie. Dit is 'n vry land en jy kan, as jy wil, emigreer omdat jy voel die
son skyn te baie. (Of 'n ander land jou as 'n immigrant wil hê is natuurlik
'n ander saak.) Om op 'n vreedsame manier binne Suid-Afrika 'n situasie te
skep wat anders is as die een wat tans heers het jy die samewerking van jou
landsgenote nodig, maak nie saak hoe "geldig" jy voel jou oorweging daarvoor
is nie. Jy sê nou nie spesifiek wat jy beoog om 'n "veiliger/kommervryer"
situasie vir jou gesin in Suid-Afrika te skep nie, maar dalk stem jou idees
hieroor nie ooreen met dié van jou buurman nie.

>
> 2. Eksklusiwiteit.
> As die Inuit hulle taal, tradisies en kultuur wil behou is dit
> prysenswaardig.
> As Afrikaners (wat dit waarskynlik daagliks nader aan die lyf voel gebeur
> as enige Eskimo) dieselfde wil doen is dit verkeerd ?

Ek waag nou hier 'n wilde raaiskoot, maar ek sou sê dat daar twee dinge in
Kanada gebeur het voordat daar besluit is dat daar moet gebeur wat daar nou
blykbaar (is dit môre?) gaan gebeur. Nommer een, die meerderheid van die
bevolking van die hele Kanada het besluit dat hulle wil hê dit moet gebeur
en, nommer twee, die meerderheid van die bevolking (of dit nou "Inuit" of
wat ookal is) wat in die gebied van Nanavut woon het besluit dat hulle wil
hê dit moet gebeur. (Miskien kan diegene wat meer hiervan weet as ek my
reghelp as ek verkeerd is.) Taal, tradisies, en kultuur is insidenteel in
hierdie verband, en jy gebruik dit nou maar net om 'n parallel te probeer
trek waar daar geen parallel bestaan nie. Taal, tradisies, en kultuur word
op ander maniere behou.

Simon
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22256 is 'n antwoord op boodskap #22010] Do, 01 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon

Jy slaan een spyker so op die sweet spot:

> die meerderheid van die bevolking (of dit nou "Inuit" of
> wat ookal is) wat in die gebied van Nanavut woon het besluit dat hulle wil
> hê dit moet gebeur.

Hierdie enorme stuk aarde word al eeue deur die Inuit bewoon. Hulle het nou
gestem dat hulle graag 'n groter mate van self-regering wil he as tevore,
hulle het deur 'n behroorlike konstitisionele proses gegaan, en dit
demokraties verkry. Eenvoudig mense wat al lankal daar was, wat hulle eie
ding doen. Hulle ontneem niemand niks nie.

En dan kan Leenduhhh nog steeds nie sien dat die proses en die motivering
wesentlik verskil met wat die SA volkstaters in gedagte het nie.

Bees
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22257 is 'n antwoord op boodskap #22010] Do, 01 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...

> Hierdie enorme stuk aarde word al eeue deur die Inuit bewoon. Hulle het nou
> gestem dat hulle graag 'n groter mate van self-regering wil he as tevore,
> hulle het deur 'n behroorlike konstitisionele proses gegaan, en dit
> demokraties verkry. Eenvoudig mense wat al lankal daar was, wat hulle eie
> ding doen. Hulle ontneem niemand niks nie.
>
> En dan kan Leenduhhh nog steeds nie sien dat die proses en die motivering
> wesentlik verskil met wat die SA volkstaters in gedagte het nie.
>
> Bees

Wat het die SA volkstaters in gedagte, Bees?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Vrees en eksklusiwiteit [boodskap #22258 is 'n antwoord op boodskap #22010] Do, 01 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message [/color]
> Ek waag nou hier 'n wilde raaiskoot, maar ek sou sê dat daar twee dinge in
> Kanada gebeur het voordat daar besluit is dat daar moet gebeur wat daar nou
> blykbaar (is dit môre?) gaan gebeur. Nommer een, die meerderheid van die
> bevolking van die hele Kanada het besluit dat hulle wil hê dit moet gebeur
> en,

Wel, ingevolge die SA grondwet, het 'n bepaalde groep in 'n bepaalde gebied
'n grondwetlike reg om te nunavut.

Ek reken die SA grondwet verteenwoordig so min of meer die wil van die
meerderheid van die bevolking van die hele SA?

Persoonlik dink ek daar is ruimte vir 'n hele klompie Nisgas in SA.
Vorige onderwerp: 'n Bietjie van van 'n boomerang, sou ek se
Volgende onderwerp: ASKARRE (Ook bekend as Oscars)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 23:25:06 MGT 2024