Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Groenspreeu" deur P.W. BUYS
"Groenspreeu" deur P.W. BUYS [boodskap #22175] Di, 30 Maart 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
GROENSPREEU
P.W.BUYS

"Die digter is 'n leuenaar wat altyd die
waarheid praat." Jean Cocteau

Jy kan die groenspreeu nie vertrou,
hy lieg die aarde pimpelblou.

Hy fluit die hemel lowergroen,
paljas 'n pruim tot perlemoen.

Hy tierelier die suring soet,
die katjiepiering swart soos roet.

Hy vonkel, konkel, toor die son
tot 'n ranonkelrooi ballon.

Die groenspreeu is 'n kunstenaar -
soms lieg hy selfs die waarheid waar.
Vorige onderwerp: Nog oor Ikone
Volgende onderwerp: Toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 14:10:55 MGT 2024