Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkiesing
Verkiesing [boodskap #22085] Do, 25 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Cobus Combrink  is tans af-lyn  Cobus Combrink
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Wat dink julle mense van die komende verkiesing. Watter Party sal Afrikaner
die beste verteenwoordig. Of is enige party ewe goed om 'n opposisie vir
die ANC te wees?

Mens sal dink dat dit die beste sal wees om vir die grootste party te stem
(Teenoor die ANC). Maar die vraag is watter party die grootste is. Die nuwe
NP? Louise Luit?
Re: Verkiesing [boodskap #22111 is 'n antwoord op boodskap #22085] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
subie  is tans af-lyn  subie
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Die tyd vir stem is verby!! Geeneen van die klein
worshondjie/hakskeenbyters partye kan enigiets vir die boervolk vermag nie.
Cobus Combrink wrote in message
...
> Wat dink julle mense van die komende verkiesing. Watter Party sal Afrikaner
> die beste verteenwoordig. Of is enige party ewe goed om 'n opposisie vir
> die ANC te wees?
>
> Mens sal dink dat dit die beste sal wees om vir die grootste party te stem
> (Teenoor die ANC). Maar die vraag is watter party die grootste is. Die nuwe
> NP? Louise Luit?
>
Re: Verkiesing [boodskap #22112 is 'n antwoord op boodskap #22085] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Mar 1999 18:39:56 GMT, "Cobus Combrink"
wrote:

|Wat dink julle mense van die komende verkiesing.

"Dit laat my koud" Hoewel ek nog familie in SA het en daar seker 'n
argument voor te maak is dat dit my plig is om te stem, voel ek ek
betaal nie meer in SA belasting nie, ek beplan nie om terug te gaan
nie en daarom het ek nie veel belang daarin om te stem nie.

Maar as ek net tydelik hier in die VSA was, sou ek baie bitter gewees
het omdat ek nie mog stem nie. Veral gedagtig aan die groot geskree
destyds met die '94 verkiesing toe die kamma familie van Mandela
oorsee die eerste sou wees om 'n stem uit te bring, ens. Miskien
besef die ANC dat 'n groot deel van sy kritici in die buiteland sit en
hy dus minder sal hoef te sweet in 'n verkiesing as hy net mense binne
die landsgrense laat stem.

| Watter Party sal Afrikaner
|die beste verteenwoordig.

Gee nou nie om wat jou idee van die NP is nie, maar solank daardie
stofpoepertjie van Schalkwyk die Chiwawa aan die neus rondlei, kan dit
net stemme mors wees om vir die NP te stem....

| Of is enige party ewe goed om 'n opposisie vir
|die ANC te wees?

Besef julle nie julle leef klaar in 'n eenpartystaat nie?!? Watter
effek het enige oposisie in wetgewing en administrasie van die land?
Beide die Afrikaner en die ander mense in SA is veels te
dwarstrekkerig om saam te staan om 'n ordentlike opposisie te vorm -
dit lyk nie eers of Roelf Meyer hulle se vliegtuig verder as die einde
van die aanloopbaan gaan kom nie.
|
|Mens sal dink dat dit die beste sal wees om vir die grootste party te stem
|(Teenoor die ANC). Maar die vraag is watter party die grootste is. Die nuwe
|NP?

Nuwe een?!?!? Vertel bietjie meer....!

| Louise Luit?
|
As ek daar was en my stem was belangrik sou ek darem wou stem vir
iemand na wie ek kon opsien - maar so swakgemanierde bullebak soos
Luyt? Nee sies.......!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Verkiesing [boodskap #22113 is 'n antwoord op boodskap #22085] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blue Peter  is tans af-lyn  Blue Peter
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Daar is nie so 'n ding soos 'n Boerevolk nie. Daar is net 'n klomp
onder-mekaar-aan-een-stryende Afrikaanssprekendes.
As jy nie stem nie, moenie kla nie. Jy is dan 'n draadsittende ouvrou met 'n
nat panty.
Kies jou ou en plant jou kruis.
Vir die ouens wat in ander lande 'n nuwe lewe begin het :
Moenie slimpraatjies verkoop nie. Jy help niemand nie. Gaan kies jou
politiek waar jy woon en "adapt".

subie wrote in message ...
> Die tyd vir stem is verby!! Geeneen van die klein
> worshondjie/hakskeenbyters partye kan enigiets vir die boervolk vermag nie.
> Cobus Combrink wrote in message
> ...
>> Wat dink julle mense van die komende verkiesing. Watter Party sal Afrikaner
>> die beste verteenwoordig. Of is enige party ewe goed om 'n opposisie vir
>> die ANC te wees?
>>
>> Mens sal dink dat dit die beste sal wees om vir die grootste party te stem
>> (Teenoor die ANC). Maar die vraag is watter party die grootste is. Die nuwe
>> NP? Louise Luit?
>>
>
Re: Verkiesing [boodskap #22160 is 'n antwoord op boodskap #22085] So, 28 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Mar 1999 11:32:52 +0200, "AMAC" wrote:

|Daar is nie so 'n ding soos 'n Boerevolk nie. Daar is net 'n klomp
|onder-mekaar-aan-een-stryende Afrikaanssprekendes.
|As jy nie stem nie, moenie kla nie. Jy is dan 'n draadsittende ouvrou met 'n
|nat panty.
|Kies jou ou en plant jou kruis.
|Vir die ouens wat in ander lande 'n nuwe lewe begin het :
|Moenie slimpraatjies verkoop nie. Jy help niemand nie. Gaan kies jou
|politiek waar jy woon en "adapt".
|
...en die wat tydelik in ander lande is....?

Johan, die ewige realis / optimis.
Vorige onderwerp: Die Kaf (was: Ek waag dit!)
Volgende onderwerp: Kosovo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 15:13:38 MGT 2024