Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Yeltsin
Re: Yeltsin [boodskap #22120] Vr, 26 Maart 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> Kyk, dis nou 'n ou wat ek jammer kry daardie. Die Russe het ou Lenin
> ten minste in sy graf laat lê en hom toe gebalsem (ek verneem dit is
> ook al 'n hele paar keer herhaal - die gebalsem). Maar Yeltsin het
> hulle nou al klaar gebalsem - kyk mooi hoe lyk die ou op TV - ek is
> seker hulle het so 'n stok in sy rug wat hom help regop hou ook - ek
> kan net nie uitmaak hoe hulle sy mond laat beweeg nie. Miskien help
> die Disney Studios daarmee..... Is net sy oë wat hulle nie meer veel
> lewe in kan kry nie - vandat hy so paar jaar terug daardie riel op die
> popkonsert gedans het, staan sy oë so stokstyf in sy kop....

Selfs in hierdie kondisie het Yeltsin
meer politieke savvy as wat ou P.W.
Botha gehad het (onthou jy jy het vir
hom gestem?) En die VSA het self iemand
gehad wat president was terwyl hy al aan
die eerste fase van Altzheimers gely het.
Nancy Reagan moes vir hom herinner aan
woorde as hy daar staan en 'n blank trek.

Gloudina
Re: Yeltsin [boodskap #22121 is 'n antwoord op boodskap #22120] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 26 Mar 1999 22:22:59 GMT, wrote:
| Selfs in hierdie kondisie het Yeltsin
| meer politieke savvy as wat ou P.W.
| Botha gehad het (onthou jy jy het vir
| hom gestem?)

Ek het en ek is nie skaam daaroor nie. Ek sou seker weer as al die
omstandighede dieselfde was.

| En die VSA het self iemand
| gehad wat president was terwyl hy al aan
| die eerste fase van Altzheimers gely het.
| Nancy Reagan moes vir hom herinner aan
| woorde as hy daar staan en 'n blank trek.

En hy het nogtans 'n beter job as enige demokraat gedoen! Haha ! Jy moet pasop
om nie te veel ouens aan te vat oor ouderdom nie, ou tante, jy weet jy is self
al aan die aanstap...... en het jou ma nie ook aliminium potte vir koskook
gebruik nie?????
Re: Yeltsin [boodskap #22122 is 'n antwoord op boodskap #22120] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Johan (In oortje gehapt!)" wrote:

> Kyk, dis nou 'n ou wat ek jammer kry daardie. Die Russe het ou Lenin
> ten minste in sy graf laat lê en hom toe gebalsem (ek verneem dit is
> ook al 'n hele paar keer herhaal - die gebalsem). Maar Yeltsin het
> hulle nou al klaar gebalsem - kyk mooi hoe lyk die ou op TV - ek is
> seker hulle het so 'n stok in sy rug wat hom help regop hou ook - ek
> kan net nie uitmaak hoe hulle sy mond laat beweeg nie.

Jy vergeet, Ronald Reagan is ook net 'n "animatronic" gewees (of hoe noem
die Hollywood-ouens hul monster-marionette?). Maar daar kan jy nou die
verskil tussen die Amerikaanse en die Russiese tegnologie sien. Reagan
kon beweeg en praat soos 'n *egte* mens -- dít ofskoon hy al twintig jaar
gelede gekonstrueer was (vergelyk bv. met die "Star Wars"-filme wat ook
in daardie tyd geproduseer is) -- die Yeltsin-pop lyk daarteenoor nogal
oneg, nè? Bowendien is daar 'n "major bugfix" nodig...

Groetnis, :-)

Thorsten
Vorige onderwerp: Websaaait
Volgende onderwerp: Die vierkleur wapper weer , Afrikaners kom in bewind ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 04:27:10 MGT 2024