Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert
Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert [boodskap #21946] Sa, 20 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Nationalist News Agency  is tans af-lyn  Nationalist News Agency
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Na aanleiding van die komende debat oor die lot van die ou volkie ...
"
Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach,
Coetzee, van Zyl Slabbert
--
In die koerante lees ons dat daar waarskynlik binnekort 'n openbare
debat in die Parlement gaan kom, ingelei deur Thabo Mbeki, oor "die
Afrikaner". Hierdie debat, wat seker as rigtinggewend gesien moet
word van Mbeki se beoogde hantering van die Afrikaners, vloei glo
voort uit 'n reeks gesprekke tussen hom en "verteenwoordigende" of
"invloedryke" Afrikaanse instansies en individue. Die inisiatief en
die uitlig van die vraagstuk herinner aan soortgelyke pogings van
voorheen en elders in die geskiedenis (soos bv. "die Joodse kwessie
. . .", "die Koerdiese kwessie . . .) - wat nie beteken dat dit
vergelykbaar is nie. Maar watse Afrikaners en wie se Afrikaners is
hier sprake van? Ons weet nie wat hierdie groepsdier, "die
Afrikaner" is nie. Ons weet slegs dat ons ons nie herken in vroeëre
"gangbare" definisies nie, want dié was gebaseer op uitsluiting en
stereotipering. Nou is dit interessant om te sien dat dit presies
dieselfde instansie is wat vantevore die norme bepaal het en tans
as lakeie die saak probeer skik met die toekomstige president.
Hierdie mense se essensiële bemoeienis was natuurlik nog altyd
hulle verhouding met en toegang tot mag (en aldus voorregte). Dit
pas die toekomstige president blykbaar om die vorige ortodoksie
(FAK, AB, ATKV, Suid-Afrikaanse Akademie en dergelike) te
legitimeer en bestendig. In ons land verkies mag altyd om self sy
interlokuteurs en gespreksgenote te kies. Dis immers hoe die vorige
bedeling die Hendrickses en Mantanzimas en ander Mangope's
aangestel het as segsmanne van hulle onderskeie volke. Maar hierdie
windeiers en kramppense is nie deur ons of enige ander "Afrikaners"
wat ons respekteer afgevaardig of gemandateer nie; ons herken en
vereenselwig ons geensins met wat hulle ook al vir mekaar te sê mog
gehad het nie en sal ons nie daardeur gebonde voel nie. En tussen
hierdie "onse" is daar bruin en bleek, kommuniste en Boere en
boere en bittereinders en liberale, Dakar pelgrims en agnostici en
Boeddhiste en afvalliges en wederstrewiges en skrumskakels en
alkoholiste en kerkmuise en kultuurkokkerotte en moffies en
mekênnieks en vissermense sonder kwotas en vorige grensvegters en
boepbewoners en nihiliste en diakens en gesellinne en filosowe en
koffiedrinkers - kortom, daardie ruie en ongetemde maar
lewenskragtige verskeidenheid onafhanklikes en bywoners en
sinmakers en useful idiots wat met reg daarop aanspraak kan maak
dat hulle die "meerderheid" Afrikaners is (maar nooit so
aanmatigend sal wees om te dink hulle is "verteenwoordigend" nie).
Vir ons is om Afrikaner te wees - of Afrikaans as moedertaal te hê
- nie 'n fataliteit of 'n kondisionering nie; dis 'n
self-bepalende, ondersoekende, bevraagtekenende, veelkleurige en
oop verbasteringsproses wat groei uit baie wortels. En ons is
trots op ons spesifisiteite en vermoëns. Maar ons is ook
Suid-Afrikaners en Afrikane. Want om Afrikaner te wees is geen smet
nie. Ter illustrasie (en nie vergelykenderwys nie): die Nazi's was
ook Duitsers, Idi Amin en Bokassa en Mobutu was ook Afrikane. Dis
waarom ons weier om gemeng met die semels op dié manier aan die
Parlement opgedis te word. Dat daar besin moet word oor onopgeloste
kwessies soos 'n staatsbestel wat genoegsaam ruimte laat (en krag
daaruit put) vir beide diversiteit en eenheid, vir uiteenlopende en
tog bindende geskiedenisse, vir die voortgesette ontwikkeling van
Afrikaans as wetenskaps- en tersiêre taal, vir 'n herwaardering van
openbare etiek, vir die omvormende funksie van kreatiwiteit, vir
demokrasie . . .is onomstootlik. Dat daar egter in die Parlement
gegorrel gaan word oor die "Afrikaner" (ten aanhoor van die
geroggel op opposisiebanke) na aanleiding van gesprekke gevoer met
mense wat lankal nie meer die Afrikaners verteenwoordig nie, is
onaanvaarbaar en dalk selfs moedswillig. BREYTEN BREYTENBACH
ANDRÉ P. BRINK AMPIE COETZEE FREDERICK VAN ZYL SLABBERT
"
--
Skaamteloos geplagiariseer uit Die Burger, 20 Maart 1999:
http://news.24.com/osv/pdviewer.asp?www=http://news.24.com/a frikaans/die_burger/die_burger.asp
Re: Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert [boodskap #21968 is 'n antwoord op boodskap #21946] So, 21 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
no-...@home.net (Koki) writes:
ons nie herken in vroeëre

In ons land verkies mag altyd om self sy
> interlokuteurs en gespreksgenote te kies. Dis immers hoe die vorige
> bedeling die Hendrickses en Mantanzimas en ander Mangope's
> aangestel het as segsmanne van hulle onderskeie volke. Maar hierdie
> windeiers en kramppense is nie deur ons of enige ander "Afrikaners"
> wat ons respekteer afgevaardig of gemandateer nie;

Hoor, hoor. Die stem van die vrye
Afrikaners.

Gloudina
Re: Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert [boodskap #21988 is 'n antwoord op boodskap #21946] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> @igs.net wrote in message ...
>> no-...@home.net (Koki) writes:

>> In ons land verkies mag altyd om self sy
>>> interlokuteurs en gespreksgenote te kies. Dis immers hoe die vorige
>>> bedeling die Hendrickses en Mantanzimas en ander Mangope's
>>> aangestel het as segsmanne van hulle onderskeie volke. Maar hierdie
>>> windeiers en kramppense is nie deur ons of enige ander "Afrikaners"
>>> wat ons respekteer afgevaardig of gemandateer nie;
>>
>>
>> Hoor, hoor. Die stem van die vrye
>> Afrikaners.
>
>
> Hmmm....
>
> Afrikaners (vier digters en 'n "demokraat") wat nie deur Mbeki geraadpleeg
> is nie.
>
> En wat reken dat hulle geraadpleeg moes gewees het.
>
> En wie se egos 'n moerse dip gevat het toe hulle nie geraadpleeg word nie.
>
> Niks nuuts nie.

Wel, ou Leendert, jy het jou beste gedoen
om in die afgelope maande vir my te probeer
wysmaak dat Breytenbach en Brink en andere
nou ook "bekeer" is en anti-ANC is, dus na
"jou kant" oorgeloop het. Hier sien ons nou
die onwaarheid van sulke beweringe. Hier sien
ons nou die (baie welkome) breeklyn tussen
die selfsugtige magsugtige witvelle wat nou
alweer probeer inkruip by die plek waar die
mag is en vra dat hulle gehoor word, en die
mense wat Afrikaans praat en hulleself Afrikaners
noem, maar wat niks te doen wil hê met die
geestes-nageslag van die apartheidsvarke nie.
Ek neem aan dis 'n strategie van Mbeki, om
uit te vind wie is wie.

Gloudina
Re: Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert [boodskap #21989 is 'n antwoord op boodskap #21946] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> no-...@home.net (Koki) writes:
> ons nie herken in vroeëre
>
> In ons land verkies mag altyd om self sy
>> interlokuteurs en gespreksgenote te kies. Dis immers hoe die vorige
>> bedeling die Hendrickses en Mantanzimas en ander Mangope's
>> aangestel het as segsmanne van hulle onderskeie volke. Maar hierdie
>> windeiers en kramppense is nie deur ons of enige ander "Afrikaners"
>> wat ons respekteer afgevaardig of gemandateer nie;
>
>
> Hoor, hoor. Die stem van die vrye
> Afrikaners.

Hmmm....

Afrikaners (vier digters en 'n "demokraat") wat nie deur Mbeki geraadpleeg
is nie.

En wat reken dat hulle geraadpleeg moes gewees het.

En wie se egos 'n moerse dip gevat het toe hulle nie geraadpleeg word nie.

Niks nuuts nie.
Re: Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert [boodskap #21990 is 'n antwoord op boodskap #21946] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 20 Mar 1999 20:38:00 GMT, no-...@home.net (Koki) wrote:

gegorrel gaan word oor die "Afrikaner" (ten aanhoor van die[/color]
> geroggel op opposisiebanke) na aanleiding van gesprekke gevoer met
> mense wat lankal nie meer die Afrikaners verteenwoordig nie, is
> onaanvaarbaar en dalk selfs moedswillig. >>

He, he...
Re: Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert [boodskap #21991 is 'n antwoord op boodskap #21946] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hulle mag wél my nie verteenwoordig nie, maar ek sluit aan by wat hulle sê.

Ons is nie almal bedeel met die kuns om met woorde te toor nie, of om
politiese stellings
kwyt te raak nie, maar logika en die waarheid het self 'n manier om altyd
die gehoor se aandag te trek.

Soos iemand eendag gesê het: 'The Truth lasts forever, and a lie for only a
short time'

Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:7d3rmh$8or$3@news3.saix.net...
>
> @igs.net wrote in message ...
>> no-...@home.net (Koki) writes:
>> ons nie herken in vroeëre
>>
>> In ons land verkies mag altyd om self sy
>>> interlokuteurs en gespreksgenote te kies. Dis immers hoe die vorige
>>> bedeling die Hendrickses en Mantanzimas en ander Mangope's
>>> aangestel het as segsmanne van hulle onderskeie volke. Maar hierdie
>>> windeiers en kramppense is nie deur ons of enige ander "Afrikaners"
>>> wat ons respekteer afgevaardig of gemandateer nie;
>>
>>
>> Hoor, hoor. Die stem van die vrye
>> Afrikaners.
>
>
> Hmmm....
>
> Afrikaners (vier digters en 'n "demokraat") wat nie deur Mbeki geraadpleeg
> is nie.
>
> En wat reken dat hulle geraadpleeg moes gewees het.
>
> En wie se egos 'n moerse dip gevat het toe hulle nie geraadpleeg word nie.
>
> Niks nuuts nie.
>
Re: Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert [boodskap #22029 is 'n antwoord op boodskap #21946] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message >
>
> O, noudat jy nie meer vir Breyten of Andre
> Brink kan kwout as synde aan jou kant van
> die streep nie, nou is hulle skielik nie
> meer so goed in jou boeke nie.

Ag, jou arme mens!

Jy wat nie kan verdra as ek Biko "kwout" nie.

Ek dink jou beeld van my kant en jou kant van "die streep" onthul beter as
enigiets anders hoe infantiel jy oor hierdie sake dink.

> Nee wat, ou
> Leendert, daar is honderd-duisende Afrikaners
> wat niks te doene wil hê met al die omies
> en tannies en nefies en niggies wat nou weer
> wil nesskop erens nie. En ek hoop Thabo besef
> dit en speel politiek. Ek dink nie hy sal val
> vir die idee dat alle Afrikaners so ontdaan
> voel van hulle historiese reg om apart te wees
> nie. Ek dink dis maar net sy ekwivalent van
> Mandela wat by Betsie tee gaan drink.

Hierdie gewarra-warra op jou pulpit, Gloudina. Dit kom duidelik uit die
gewarra-warra in jou kop.

Probeer 'n paar van jou prostrasies en matras. Dalk help dit.
Re: Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert [boodskap #22030 is 'n antwoord op boodskap #21946] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Afrikaners (vier digters en 'n "demokraat") wat nie deur Mbeki geraadpleeg
> is nie.
>
> En wat reken dat hulle geraadpleeg moes gewees het.
>
> En wie se egos 'n moerse dip gevat het toe hulle nie geraadpleeg word nie.
>
> Niks nuuts nie.

O, noudat jy nie meer vir Breyten of Andre
Brink kan kwout as synde aan jou kant van
die streep nie, nou is hulle skielik nie
meer so goed in jou boeke nie. Nee wat, ou
Leendert, daar is honderd-duisende Afrikaners
wat niks te doene wil hê met al die omies
en tannies en nefies en niggies wat nou weer
wil nesskop erens nie. En ek hoop Thabo besef
dit en speel politiek. Ek dink nie hy sal val
vir die idee dat alle Afrikaners so ontdaan
voel van hulle historiese reg om apart te wees
nie. Ek dink dis maar net sy ekwivalent van
Mandela wat by Betsie tee gaan drink.

Gloudina
Re: Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert [boodskap #22031 is 'n antwoord op boodskap #21946] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"

>> @igs.net wrote in message ...
>>> no-...@home.net (Koki) writes:

>>> In ons land verkies mag altyd om self sy
>>>> interlokuteurs en gespreksgenote te kies. Dis immers hoe die vorige
>>>> bedeling die Hendrickses en Mantanzimas en ander Mangope's
>>>> aangestel het as segsmanne van hulle onderskeie volke. Maar hierdie
>>>> windeiers en kramppense is nie deur ons of enige ander "Afrikaners"
>>>> wat ons respekteer afgevaardig of gemandateer nie;

>> Hmmm....

>> Afrikaners (vier digters en 'n "demokraat") wat nie deur Mbeki geraadpleeg
>> is nie.

>> En wat reken dat hulle geraadpleeg moes gewees het.

>> En wie se egos 'n moerse dip gevat het toe hulle nie geraadpleeg word
nie.

>> Niks nuuts nie.

> Wel, ou Leendert, jy het jou beste gedoen
> om in die afgelope maande vir my te probeer
> wysmaak dat Breytenbach en Brink en andere
> nou ook "bekeer" is en anti-ANC is, dus na
> "jou kant" oorgeloop het. Hier sien ons nou
> die onwaarheid van sulke beweringe.

Wat sien jy wat onwaar is, Gloudina? Al wat ek sien is dat Breytenbach en
Brink die ANC kritiseer. Is dit nie wat ek gesê het nie?

(Lyk my jy's so oorstuur, jou kop kap heeltemal aan!)

> Hier sien
> ons nou die (baie welkome) breeklyn tussen
> die selfsugtige magsugtige witvelle wat nou
> alweer probeer inkruip by die plek waar die
> mag is en vra dat hulle gehoor word, en die
> mense wat Afrikaans praat en hulleself Afrikaners
> noem, maar wat niks te doen wil hê met die
> geestes-nageslag van die apartheidsvarke nie.
> Ek neem aan dis 'n strategie van Mbeki, om
> uit te vind wie is wie.

Dit is inderdaad 'n strategie van Mbeki. Maar hy weet lankal wie's wie.

Die strategie is nou reeds 'n baie bekende een. Ons heremeesters "consult"
links en regs en doen dan soos hulle lekkerkry. En regverdig wat hulle ookal
doen, met die verskoning "It was an inclusive process".

Dis maar al waarmee Mbeki hier besig is.

En dis maar al wat die vier digters en die "demokraat" uitwys. Dis wat die
verwysing na die Matanzimas en die Mangopes beteken. Hulle wys daarop Mbeki
is besig om 'n nuwe generasie puppets te kweek. Puppets of the ANC-regime,
hierdie keer.

Die feit dat hulle dit met soveel onnodige emosie doen, demonstreer maar
weereens net dat hulle dit nie van die ANC verwag het nie. Hulle reken hulle
moes geraadpleeg word, soos wat hulle in die 70's "die stem van die
Afrikaner" vir die ANC was.

'n Afskeidneem van 'n residuele hoop dat daar tog iets goeds in die spul
"thugs" gesit het?

En sê my, Gloudina? Watter % van die onderwysers in swart onderwys was
swartnerwe in 1948, en hoe vergelyk dit met 1994?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Alan Boesak
Volgende onderwerp: een Nederlander???
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:09:53 MGT 2024