Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Engelse poskodeboek
Engelse poskodeboek [boodskap #22008] Di, 23 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Castet  is tans af-lyn  Castet
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Na onlangse berigte is die enigste gebruikstaal in die Poskantoor nou
Engels. Afrikaanse bordjies en kennisgewings en dokumentasie word
verwyder uit alle takke van die poskantoor.

Logika sê dat die poskodeboek gevolglik ook eersdaags net in Engels
sal
verskyn. Kan enigeen dit aub vir my bevestig? Van die woorde wat
Afrikaanse / Engelse weergawes in die poskodeboek het verskyn
hieronder.

Dit sal 'n verlies vir 'n ieder en 'n elk in hierdie land wees om dit
te verloor. Is ek die enigste persoon in hierdie land wat sterk
hieroor
voel? Dit sal wees asof 'n ledemaat van die hele Suid-Afrikaanse
kultuur afgesaag is, laat staan nog die verlies vir Afrikaans.

Alexanderbaai / Alexander Bay
Bantrybaai / Bantry Bay
Barkley-Oos / Barkley East
Barkley-Wes / Barkley West
Beaconbaai / Beacon Bay
Beaufort-Wes / Beaufort-West
Bellavista-Suid / Bellavista-South
Bettysbaai / Betty's Bay
Booth Aansluiting / Booth Junction
Buffeljagsrivier / Buffeljags River
Buffelsrivier / Buffels River
Bulgerivier / Bulge River
Bosbokrand / Bushbuckridge
Boskoppies / Bushkoppies
Boesmansriviermond / Bushmans River Mouth
Caledonplein / Caledon Square
Cambridge-landgoed / Cambridge estate
Kaapstad / Cape Town
Elsiesrivier / Elsies River
Vishoek / Fish hoek
Visrivier / Fish river
Gordonsbaai / Gordon's Bay
Groot-Brakrivier / Great Brak River
Hondeklipbaai / Hondeklip bay
Hospitaalpark / Hospital park
Jeffreysbaai / Jeffreys bay
Kalkbaai / Kalk bay
Klaas Voogdsrivier / Klaas Voogds River
Kleinrivier / Klein river
Kromrivier / Krom river
Lambertsbaai / Lamberts bay

Wat van plekname soos hieronder, en hoe lank voor hulle vertaal of
verander word?

Baardskeerdersbos
Bergbron
Bergsig
Bergvliet
Blikfontein
Blinkpan
Bloekombos
Boesmanskop
Boesmansriviermond
Daniëlskuil
Daniëlsmond
Derdepoortpark
Drie Riviere
Garsfontein

Wat as van die bostaande name met inheemse Afrika benamings vervang
word?
Is die bogenoemde plekname nie ook inheemse Afrika benamings nie? Nou
is
ek omgekrap en wil nie verder vir plekname soek nie.

Wat sal gebeur as daar verskillende benaminge vir 'n plek in beide
Khosa
en So-Sotho is (as voorbeeld?) Sou die poskantoor nie altwee
benaminge
geplaas het nie? Hoe voel ander Afrikaanssprekendes daaroor?

Dit is een ding om in 'n algemeen verstaanbare taal bedien te word en
heeltemal 'n ander ding om die Afrikaanse erfenis en kultuur van die
land prys te gee.

My gevoel is dat Afrikaanssprekendes sal hand en tand moet veg vir 'n
iedere en elke Afrikaanse pleknaam. Anders is daardie woorde wat sê
dat
Afrikaans 'n sterwende taal is, profetiese woorde.

Binne die volgende weke moet ek 'n rekenaarprogram wat ek in '92
geskryf
het hersien. Die program bevat die volle poslys en ek sal poog om 'n
lys van al die Afrikaanse benaminge in die poskodeboek (nog 'n woord
wat
sal verval) op te stel. Al wys ons die lys eendag net vir ons nasate
sodat hulle kan sien hoe Suid-Afrika eens op 'n tyd benoem was.

Tjeers

Casper
Re: Engelse poskodeboek [boodskap #22009 is 'n antwoord op boodskap #22008] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
cas...@act.co.za (Casper) writes:
>
> Dit is een ding om in 'n algemeen verstaanbare taal bedien te word en
> heeltemal 'n ander ding om die Afrikaanse erfenis en kultuur van die
> land prys te gee.
>
> My gevoel is dat Afrikaanssprekendes sal hand en tand moet veg vir 'n
> iedere en elke Afrikaanse pleknaam. Anders is daardie woorde wat sê
> dat
> Afrikaans 'n sterwende taal is, profetiese woorde.

> Tjeers
>
> Casper

Weet jy, ou Casper, waaroor ek my die
MEESTE bekommer? Dat jou naam CASPER
gespel word. Hoekom is jou naam op die
Engelse manier gespel, Casper? Hoekom
gebruik jy die Engelse woord Cheers aan
die einde van jou brief. Weet jy wat
die oorsprong van jou naam is? Dit kom
van "Gaspard" en dis 'n goeie Franse
naam, wat ons Hugenote-voorsate in SA
ingebring het. Hoekom, om vadersnaam
hoekom, word jy CASPER genoem? Jou
taal-verraaier!

Tant Hessie, van die taalkomitee van
die derde kuber Boere-staat wat besig
is om tot stand te kom in die Derde
Vryheidsoorlog om die siel van die
Afrikaner te bevry van domgeit en
agterafgeit.
Re: Engelse poskodeboek [boodskap #22070 is 'n antwoord op boodskap #22008] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
matilda  is tans af-lyn  matilda
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Newwermaaind wat die plek se naam is, wees net dankbaar as jou posstuk daar
uitkom, deur die Genade. Ek dink baie dae jy staan 'n beter kans as jy 'n
vent met 'n mikstok stuur liewer as om jou brief in 'n posbus te gooi.
Re: Engelse poskodeboek [boodskap #22071 is 'n antwoord op boodskap #22008] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
matilda wrote in message ...
> Newwermaaind wat die plek se naam is, wees net dankbaar as jou posstuk daar
> uitkom, deur die Genade. Ek dink baie dae jy staan 'n beter kans as jy 'n
> vent met 'n mikstok stuur liewer as om jou brief in 'n posbus te gooi.
>
Ek verstaan in watter sin jy jou opmerking bedoel. Afrikaans is 'n
wonderlike taal, daar is plekname wat rol op jou tong, wat jy in jou
geestesoog kan sien, proe of ruik!

Hoe jammer dat ons taal genoem word 'die taal van die onderdrukker' Maar ek
wonder hoe groot persentasie van ons swartmense beskou dit ook in daardie
lig, of is dit 'n geval van dit word aan hulle voorgehou en hulle volg dit
onwillekeurig na.

En tog blyk dit praat die bruinmense dit sonder 'n probleem. Beskik iemand
ander oor ander inligting?

Ek is teen naamsveranderings wat links en regs plaasvind, tog moet hulle
tegemoetkom word. Gits, wat gaan hulle in die poskodeboekie maak met die
naam Soekmekaar! Dan is daar nog name van Nederlanse afkoms: Zondereinde,
ek neem aan dat Steinkopf, Duits is.
Vorige onderwerp: Die Koring (Was: Ek waag dit!)
Volgende onderwerp: BOEREWORS EXPRESS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 05:20:39 MGT 2024